●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Jaco Thom

Results 1 to 5 of 5
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432207854

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 139
R 125You save R 14
God se storie, my storie gee tienermeisies die geleentheid om die Nuwe Testament in 'n jaar deur te lees, en te verstaan! Jaco Thom het die teks in storie-formaat geskryf, sodat dat op 'n interessante manier met meisies se harte sal praat. Die nuwe benadering maak dit ook makliker om te lees en ook om te verstaan.
Vir elke dag vir die week is daar 'n dagstukkies en 'n verwysing vanuit die Bybel. Aan die ander gedeelte van die bladsy kry die leser kans om te dink en te skryf oor die joernaalvrae wat gegee word. Op so 'n manier skryf elke meisie ook haar eie storie. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat sy aan die einde van die jaar of selfs oor 'n paar jaar kan terug gaan en kyk hoe haar lewe op daardie oomblik gelyk het en ook hoe sy geestelik gegroei het.

Hierdie is beslis 'n nuwe uitkyk op 'n Bybeldagboek. Dit is nie net nog 'n dagstukkie wat deur iemand geskryf is nie, dit is 'n dagstukkie uit God se pen vir jou!
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781432204266

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 129
R 116You save R 13
Wat is jou spesifieke behoefte? Troos en gerusstelling? Met watter probleem worstel jy? In 52 uitgesoekte psalms verander Jaco Thom die rigting van die gesprek. Hier kom God self aan die woord en beantwoord al jou vrae en gee jou troos ...
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204891

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 124
R 112You save R 12
Lukas Malherbe is jou tipiese 'verlore seun'. Ontnugter deur die besef dat hy nie 'n toekoms op die familiewynplaas het nie, vra hy sy erfporsie by sy pa en vat die pad na die Groot Stad - die plek van Groot Kanse en Groot Geld.

Hy het 'n aanvoeling vir die finansiële markte, en vir poker, waaraan die verleidelike Claire hom bekend stel. Sy winste met beide is groot. Maar hoe lank gaan sy geluk met geld en kaarte - en vroue - hou?

Want daar is ook Linda, die besadigde een, wat hom nie alles vertel nie. Wat gaan haar rol in sy lewe wees?

En wie gaan seerkry as gevolg van sy dwase besluite?

Die verhaal is oorbekend; die tragedie en verlies is rou vir elke nuwe gesin wat dit beleef. Meer as een seun of dogter verlaat die huis en beland op die verkeerde pad. Vir baie is daar 'n pa en 'n ma na wie hulle kan teruggaan; iemand wat sal sê: 'Jy is ons kind.' Vir talle ander is daar nie.

Maar vir almal is daar hulle hemelse Pa wat altyd in die pad afgehardloop sal kom om hulle terug te verwelkom.

Bloedband is gegrond op die draaiboek deur Japie Teunissen en Lida Meyer vir die Engelse film, Bond of Blood.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781432202149

Christelik / Christian: Bibles / Bybels

Christelik / Christian  -  Bibles / Bybels
R 249
R 224You save R 25
Die verhale in die Ou en Nuwe Testament handel nie in die eerste plek oor mense nie. Dit handel oor God, wat hierdie wereld so hartstogtelik liefhet, dat Hy ons nooit kan los nie. Nou word God se storie in hierdie boek so vertel, met teksverwysings, dat die leser deur die oe van die mense in die Bybel vir God aan die werk kan sien.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781432207908

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 129
R 116You save R 13
52 van die mooiste Bybelstories word vertel, elkeen met 'n bypassende inkleurprentjie vir kinders om in te kleur en 'n oudio CD word ook ingesluit.
Die 52 mooiste Bybelverse is 'n interaktiewe Bybeldagboek vir kinders. Die stories is maklik genoeg om te kan verstaan. Jaco Thom het 52 van die beste stories gekies en in storie-formaat geskryf vir elke klein lesertjie.

Elke storie het 'n prentjie wat die storie uitbeeld, maar wat ook ingekleur kan word wanneer die storie klaar gelees is.

Daar is ook ekstra prentjies ingesluit om in te kleur en aktiwiteite om te voltooi. Op hierdie interaktiewe manier leer die kinders nie net om te luister nie, maar ook om die boek hul eie te maak en elke aspek van die storie weer te gee deur dit in te kleur
Publication date: 2006-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.