●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Jan Vermeulen

Results 1 to 8 of 8
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639601809

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
R 176You save R 44
Hondegevegte en doodsdreigemente! Baster is die storie van Karel, 'n seun wat met honde kan praat, en Hêppie, 'n liefdevolle brak wat gedwing word om 'n straatvegter te word. Die verhaal vertel die storie van al die honde waarvoor Karel lief is, maar ook die hartverskeurende verhaal van die hondegevegte en geweld wat sy samelewing verskeur. Die pragtige maar soms wrede verhoudings tussen mense en honde sal alle lesers se hartsnare roer. Temas soos grootword, selfidentiteit en sukkelende verhoudings met ouers of met die teenoorgestelde geslag word aangespreek.
Publication date: 2020-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600338

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
R 216You save R 54
Port Elizabeth is die Mekka van Goth-vampiere in Suid-Afrika. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul onskuldige fantasieë uitleef. Maar 'n versteurde siel wat die vampier-fantasie dodelik ernstig opneem, sluip in die donker stad rond. Die Holy Hunchback Vampire Slayer glo hy is 'n heilige wat die stad se vampiere moet uitwis. Sy eerste slagoffer vermoor hy met 'n houtpen deur die hart op die verhoog tydens die opvoering van die riller-drama, Die Boggelrug Vampierjagter. Doktor Olaf Demeyer en sy vriendin adjudant Beth Jordaan is ooggetuies saam met 104 toeskouers. Olaf se dogter Franci vertolk 'n rol in die drama.
Beth stem in om die aanvanklike ondersoek te lei. Heel gou veroorsaak die besluit spanning tussen haar en Olaf, aangesien sy vir Franci as 'n medepligtige verdink. Olaf roep die hulp van 'n privaat ondersoeker in en ontdek so dat Franci betrokke is by die Port Elizabeth Gothic Vampire Society. Hulle is opwindingsoekers wat bloot hul vampier-fantasieë uitleef. Hy vind ook uit dat daar in die stad 'n kring van 'real life' vampiere is. Nie vampiere soos in films uitgebeeld word nie; hul toestand word in die psigologie as Kliniese Vampirisme gedokumenteer.
Dit lyk vir Olaf of die boggelrug die meeste van sy slagoffers uit die twee groepe vampiere kies. Maar wanneer hy die moordenaar se ware motief ontdek, besef hy honderde onskuldiges in die stad se lewe word bedreig.
Publication date: 2020-07-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389319

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
R 189You save R 21
Wenner van LAPA se Jeugromankompetisie 2017!

Soms vind harte mekaar selfs oor eeue heen …
Sewe maande ná haar hartoperasie begin Madelaine Taaibosch vermoed daar is iets verkeerd. Sy is seker die skenkerhart wat in haar borskas klop, is 'n gebroke hart. Die dokters verseker haar daar is niks met die hart verkeerd nie, maar sy begin vreemde dinge sien. Dinge uit die verlede. Dinge wat in die toekoms gaan gebeur.
Dis wanneer Madelaine op haar antieke hemelbed lê dat die Franssprekende Camille verskyn en sy in die verlede terugreis. Dis wanneer sy Koba word en verlief raak op Buks, wat sterf wanneer hy haar tydens die Anglo-Boereoorlog teen die Engelse beskerm; dis wanneer sy Madelaine Taillefert word en haar lewe nog eens deur haar beminde, Hildebrand von Solms, gered word …
En dan is daar Brand, die rekenaar- en geskiedenisboffin wat graag navorsing oor sy stamboom doen. Hy vind uit Buks was sy pa se oupagrootjie en dat Hildebrand von Solms ook een van sy voorvaders was. Brand se oorlede meisie se hart klop nou in Madelaine se bors …
Terwyl Madelaine en Brand die geheime van die verlede stadig maar seker ontrafel, is hulle gewikkel in 'n stryd teen tyd voordat die hart in Madelaine se borskas ophou klop …
Hierdie asemrowende jeugroman deur die bekroonde skrywer Jan Vermeulen laat die grense tussen droom en werklikheid, hede en verlede meesterlik vervaag in 'n wegholrit van 'n liefdesverhaal wat jou meesleur tot op die laaste bladsy.

'n Uitdagende, boeiende roman vir jong volwassenes; temas soos sterflikheid, orgaanskenking, tweede kanse, reïnkarnasie, tydreise en tienerromanse word ondersoek.
'n Vorige roman deur Jan Vermeulen wat die LAPA Jeugromankompetisie in 2015 gewen het, is Asem.
Publication date: 2019-08-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394283

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225You save R 25
Die hulp van die forensiese profileerder, doktor Olaf Demeyer, word ingeroep toe voetslaners aan die voet van Bosberg op die naakte lyk van 'n vrou afkom. Sy is vasgemaak teen 'n jong bloekom. Verskeie meswonde ontsier haar liggaam.
Maar Olaf sien nie kans nie. Hy het sy praktyk gesluit, want “Ek is oor die muur. Ek het vir te lank te veel oor hierdie soort afgronde van mense gehang, om te probeer help. Toe my eie dogter deur 'n reeksmoordenaar ontvoer word, het ek oor my eie afgrond gedonder. Tot onder in die hel. Nooit weer nie. Ek kan nie meer nie. Ek het genoeg gehad.”
Maar so maklik is dit nie om sy rug op hierdie trauma te draai nie. Die slagoffer teen die bloekom is kaptein Jasmyn Oktober, die vrou vir wie hy lief geword het. Sy het uit sy lewe gestap toe sy agterkom sy verwag sy kind. Cor is nou twee maande oud en hy ly aan 'n ernstige hartdefek. Hy moet dringend in die Kaap kom vir 'n operasie, maar hy het verdwyn. Hy word vermoedelik deur sy ma se moordenaar aangehou. Sy uurglas is besig om leeg te loop.
“Jy het jou dogter se lewe gered,” soebat adjudant Jordaan van Somerset-Oos vir Olaf. “Kom help ons nou om jou babaseun ook te red.”

Kwessies soos geestesversteuring, seksverslawing en kannibalisme word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong vroue grusaam vermink word voordat hulle sterf en hulle babas verdwyn. Ondier is die skrywer se tweede volwasse roman en volg op Die Vyfde Aspoester.
Publication date: 2019-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387544

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225You save R 25
'n Donkerkopmeisie se liggaam word in 'n agteraf hotel in 'n Aspoester-uniform gevind. Haar linkervoet se tone is afgesny sodat die voet in die glasskoen kon pas. Haar oë is netjies verwyder. Daarna is haar nekaar gekloof sodat sy haar kon doodbloei.
“Hoe sal jy voel as ek dieselfde met jóú dogter doen? Haar naam is mos Franci?”
Dit is wat die elektronies vermomde stem vir doktor Olaf Demeyer, forensiese profileerder, vra terwyl hy die dossierfoto's van die moordtoneel bestudeer.
“Hoekom sou jy dieselfde met my dogter wou doen?”
'n Koggellaggie klink op. “Dit is wat jy moet uitvind, Doktor. Kom ons kyk of jy werklik so baie vir verontregde vroue omgee soos wat die media beweer. En kom ons kyk of jy my betyds met jou agtste sintuig kan uitoorlê.”
Die lyke van nog drie meisies word binne 'n paar dae gevind. Olaf besef hy sal baie diep in sy eie donker profiel moet delf na die waarheid as hy wil verhoed dat sy enigste dogter die vyfde slagoffer van die Aspoestermoordenaar word. Herinneringe aan sy traumatiese kinderjare, sy oordrewe skuldgevoelens en sy fobie vir lemme, maak nie sy taak vir hom ligter nie. Intussen voel hy hoe die uurglas baie vinnig vir Franci leeg loop.

Hierdie sielkundige riller delf in die lewenslange invloed wat gesinsgeweld, asook geweld in die algemeen, op die psige van 'n mens kan hê.
Dit ondersoek ook die invloed wat geweld teen vroue en kinders op die samelewing het.
Kwessies soos pedofilie, geestesversteuring en seksverslawing word aangespreek teen die agtergrond van 'n reeks bisarre misdade waarin jong meisies grusaam vermink word voordat hulle sterf.
Publication date: 2018-03-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624081968

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176You save R 19
2017 Sanlam Prys vir Jeuglektuur - Silwer

Peet Rautenbach het 'n donker geheim: sy obsessie met die blonde juffrou Reynolds. En die stem in sy kop. Hy hoor dit al sy lewe lank. Toe die polisie begin vrae vra oor meisies wat verdwyn en gerugte van 'n reeksmoordenaar die rondte begin doen, is immer-voorbeeldige Peet skielik die middelpunt van die ondersoek. Hy leer ken Port Elizabeth se Goth-onderwêreld, waar die makeup en maskers meer as net die identiteit van die partytjiegangers toesmeer, en waar Peet se stem uiteindelik 'n naam kry.
Publication date: 2017-11-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799379037

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176You save R 19
In hierdie aangrypende grootword-verhaal vir tieners takel die gesoute jeugboekskrywer Jan Vermeulen moeilike temas kaalvuis. Dit is 'n boeiende storie oor verslawing, tweede kanse en wat dit beteken om jouself waarlik te vind. 'n Kragtoer van 'n boek wat nooit die leser met maklike antwoorde onderskat nie. Asem hoort op elke tiener se boekrak.
Asem was die eerstepryswenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015. Hier is een van die beoordelaars se mening oor die roman:
* "'n Grinterige, uitdagende en bowenal hoopvolle jeugverhaal wat jou tot op die laaste bladsy boei. Barries se smeulende woede en selfvernietigingsdrang word net so eerlik en oortuigend soos sy pad na herstel uitgebeeld. Hierdie is 'n moet-lees-boek."
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624039273

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 153
R 138You save R 15
Claudette Minnaar se pa, wat 'n kaptein in die polisie was, moet eersdaags voor die Waarheidskommissie verskyn. Die Minnaars se tuinier, John-John Mgwegwe, het twaalf jaar gelede verdwyn, en nou beweer Minnaar se oudkollegas dat hy teenoor hulle erken het dat hy John-John vermoor en in sy tuin begrawe het.
Publication date: 2000-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.