●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Joyce Meyer

Results 1 to 15 of 26
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415341728

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 170
R 153You save R 17
Neem beheer oor jou negatiewe gedagtewêreld en begin om 'n oorvloedige lewe in Christus te ervaar.
Die stryd in jou gedagtes deur Joyce Meyer wys hoe jy beheer kan neem oor jou negatiewe gedagtewêreld, en begin om 'n oorvloedige lewe in Christus te ervaar. Dit sal jou toerus om oorwinning te kry oor woede, verwarring, skuldgevoelens, vrees en twyfel. Hierdie insigte sal jou help om te sien wat die vyand se strategie is en sy leuens te ontmasker, om destruktiewe gedagtepatrone te verander, jou denke te vernuwe, krag en bemoediging te verkry en bo alles, die stryd in jou gedagtes te wen.
Publication date: 2020-03-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415341735

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 127
R 114You save R 13
Leef voluit en vreesloos sal jou help om vandag te bou aan 'n lewe met selfvertroue.

Vroue in vandag se samelewing gaan gebuk onder gevoelens van onsekerheid. Om daarvoor te vergoed is hulle geneig om 'n vals beeld van sekerheid en selfvertroue te projekteer, wat uiteindelik tot gevoelens van skaamte lei. Hierdie gebrek aan selfvertroue veroorsaak probleme in alle verhoudings, en in huwelike kan dit selfs tot egskeiding lei. In Leef voluit en vreesloos (in sy nuwe gerieflike kleiner formaat) ondersoek Joyce die sewe kenmerke van 'n vrou met selfvertroue, waaronder 'n vrou wat weet dat sy geliefd is, wat weier om in vrees te lewe, en wat nie leef deur haarself met ander te vergelyk nie. Ware selfvertroue is om geloof in Christus te hê en bereid te wees om te leer. zscVroue is 'n kosbare geskenk van God aan die wêreld. Dit is ook waar van jou. Leer hoe om vrees te oorkom en met vertroue 'n opwindende, betekenisvolle en doelgerigte lewe tegemoet te stap.
Publication date: 2020-03-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781546017745

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 160
R 144You save R 16
90 Inspirations for Overcoming Your Emotional Wounds

Healing the Soul of a Woman delved deeply into Joyce Meyer's personal story and the journey of healing for all women. Despite suffering from years of abuse, abandonment, and betrayal by those closest to her, Joyce firmly believes a woman who has been deeply hurt by life's circumstances can be healed, heart and soul. Her steadfast claim comes from living her own journey of soul healing, and from seeing so many women who don't believe they can fully overcome their pain--or even know where to begin--find the guidance they need in the life-changing wisdom of the Bible. Now, in this companion devotional, Joyce will guide you through 90 daily readings to encourage you through whatever obstacles may be holding you back from finding your true destiny.
Publication date: 2019-10-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340776

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 200
R 180You save R 20
Genesing vir elke vrou lei die leser deur dit wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus.

Kan 'n vrou wat diep seergemaak is deur die lewe in haar hart en siel genees word? As sy verwond is deur 'n man wat sy vertrou het, kan sy weer liefde vind? As 'n vrou wat self jare se misbruik, verwerping en verraad moes verduur van dié naaste aan haar, kan Joyce Meyer met 'n weergalmende “Ja!” antwoord. Sy put inspirasie uit haar eie geskiedenis van mishandeling om te wys hoe Jesus Christus se verlossende liefde vroue se emosionele wonde kan genees en vreugde terugbring in hul lewe. Joyce se positiwiteit spruit uit haar eie lewensreis, en omdat sy al soveel vroue gehelp het wat gedink het hulle kan nie hul pyn ten volle oorkom nie - of selfs weet waar om te begin nie. Dit doen sy deur vroue te rig na die Woord en die lewensveranderende wysheid wat daarin te vinde is. Elke hoofstuk lei die leser deur wat dit ook al is wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus. God kan al jou pyn wegneem!

Kan 'n vrou wat diep seergemaak is deur die lewe in haar hart en siel genees word? Genesing vir elke vrou lei die leser deur dit wat hulle terughou in die lewe en om hul ware identiteit op te eis as geliefde van Christus. God kan al jou pyn wegneem!
Publication date: 2019-04-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415337257

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 190
R 171You save R 19
Ek kan aan geen belangriker onderwerp dink as vertroue in God nie, want wanneer ons die keuse maak om God te vertrou, is daar ongelooflike voordele daaraan. Om God te vertrou is een van die wonderlikste maniere om eer aan Hom te betoon.

Reg aan die begin van hierdie boek wil ek beklemtoon dat vertroue nie 'n verpligting is wat ons aan God verskuldig is nie; dit is 'n voorreg wat Hy tot ons beskikking stel. Ons word genooi om God te vertrou. Wanneer ons dit doen, maak ons die deur oop na 'n lewe van vrede, vreugde en vrugbaarheid.

As ons 'n gesonde porsie vertroue in God by alles meng wat ons doen, sal ons sonder bekommernis, vrees, redenasie of verlammende stres kan leef. Ek vertrou byvoorbeeld dat God my sal help om hierdie boek te skryf. Dit beteken ek erken dat ek nie alles weet wat ek moet weet oor vertroue in Hom nie en dat ek oortuig is dat hierdie boek niks werd sal wees sonder Hom nie. God wil hê ons moet te alle tye en in alle dinge op Hom vertrou, want wat sy kinders betref, is niks vir God te nietig om by betrokke te raak nie.
Publication date: 2018-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415339206

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 200
R 180You save R 20
Die daaglikse lewe kan uitdagend wees; ons aandag word maklik afgelei deur soveel dinge wat belangrik lyk. Maar om die lewe te leef wat God vir jou beplan het, moet jy tyd maak vir dit wat die belangrikste is, en die fondament van 'n vervulde lewe - jou verhouding met Hom.
Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm My tyd met God , 365 dagstukkies wat die leser intieme insig gee in Joyce se geestelike reis.

Met hierdie boek bied sy 'n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring. Die dagstukkies bevat oordenkings wat spruit uit Joyce se lewe, opbouende verklarings en relevante Skrifgedeeltes om groter nabyheid met God aan te moedig. Die Bybelverse en persoonlike stories wat sy deel sal jou help om groter vreugde en vrede te ervaar danksy jou spesiale tyd met God. Jy sal meer doeltreffend deur die lewe kan gaan, beter besluite kan neem en die wonderlike lewe wat jy bestem was om te hê, vir jouself toeëien.
Publication date: 2018-10-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781546035503

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 245
R 221You save R 24
Internationally renowned Bible teacher Joyce Meyer draws on her own history of abuse to show women how Christ's redeeming love heals emotional wounds and brings joy to life.
Can a woman who has been deeply hurt by life's circumstances be healed, heart and soul? If she has been wounded by a man she loved and trusted, can she love and trust again? As a woman who endured years of abuse, abandonment, and betrayal by those closest to her, Joyce Meyer can answer with a resounding 'yes!'

Meyer's positivity comes from living her own journey, and from seeing so many women who don't believe they can fully overcome their pain--or even know where to begin--find the guidance they need in the life-changing wisdom of the Bible.

Meyer's bestseller Beauty for Ashes told of her personal story of healing. Now, with the passage of more time, HEALING THE SOUL OF A WOMAN delves deeper into Joyce's story and the journey of healing for all women. Each chapter guides you through whatever obstacles may be holding you back to find your true destiny as God's beloved. God can heal all pain, and He wants to do this in you. Let HEALING THE SOUL OF A WOMAN be the first step toward the wonderful, joyful future God intends for you.
Publication date: 2018-09-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415339381

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 250
R 225You save R 25
Kragtige denke vir elke dag bied 366 dagstukkies wat lesers sal help om die krag van hul denke en woorde te verstaan en te implementeer. Dit sal lesers help om negatiewe denke te oorkom deur hul gedagtes op die positiewe dinge in God se Woord te rig. Die dagstukkies is nie bedoel om net gelees te word nie, maar om te gebruik.
Kragtige denke vir elke dag voorsien jou van lewensveranderende waarhede direk uit God se Woord wat jy deel kan maak van jou gedagtes en elke dag van die jaar oor jou lewe kan verklaar. Oordink hierdie waarhede deur die loop van jou dag en jy sal meer positief begin dink, praat, optree en selfs voel, namate jy kies om jou lewe elke dag te geniet.

Oor die Skrywer

Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste predikers en is 'n kenner op verskeie gebiede wat fokus op emosies, houdings en gemoedstoestande. Sy het ongeveer 'n honderd boeke geskryf wat in meer as 'n honderd tale vertaal is. Joyce borg ook Hand of Hope, 'n welsynsorganisasie wat fondse skenk aan weeshuise en mediese sorg bied vir minder bevoorregtes. Haar topverkopers sluit in Waag dit al is jy bang, Die stryd in jou gedagtes en Herbedraad jou denke.
Publication date: 2018-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415336052

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 200
R 180You save R 20
Joyce Meyer bied kragtige woorde vir elke dag as katalisator vir 'n dieper verhouding met God.
Ontwaak Met Die Woord bevat kragtige woorde - een vir elke dag van die jaar - wat jou sal help om nader aan God te leef.

Joyce Meyer begin elke dagstukkie met 'n sleutelwoord om oor na te dink. Hierdie woorde, saam met gepaste Skrifgedeeltes en praktiese raad, sal jou lewe positief verander. Dit sal jou help om 'n inniger verhouding met God te ervaar en die wonderlike dinge wat Hy vir jou beplan jou eie te maak.

Deur daaglikse bemoediging en gebede, en Joyce se gestruktureerde plan om jou geloof te laat groei, kan jy leer om God se krag in jou lewe te laat werk, so die struikelblokke in jou lewe oorkom en jou potensiaal bereik.
Publication date: 2016-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415336090

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 250
R 225You save R 25
New York Times topverkoperskrywer Joyce Meyer wys hoe ons elke dag doelgerig kan aanpak en die goeie dinge wat God vir ons beplan vir onsself kan toeëien.Vandag is geen gewone dag nie. Jy volg jou roetine, voel dalk ongeïnspireerd of miskien het jy net nie hoop vir vandag nie. Vandag kan egter die belangrikste dag van jou lewe wees, dit hang net af wat jy daarmee maak.
Joyce moedig jou aan om nie 'n minuut langer te mors nie. Daar is iets spesiaals, iets kosbaars in elke dag wat jy net moet raaksien. Wanneer jy daagliks tyd maak vir God en Hom vra om jou te help, sal jy die wonderlike doel wat Hy met jou lewe het, ontdek. Wanneer jy God toelaat om jou te lei, en nie jou teleurstellings bloot passief aanvaar nie, sal jy ontvanklik wees vir groter geluk en seën as wat jy ooit sou kon droom. Met meer as 40 jaar se ondervinding om ander te help om vervulling te ervaar, deel Joyce Bybelse insig en stories uit haar eie lewe wat jou sal help om elke oomblik ten beste te benut en elke dag wat vir jou voorlê, met albei hande aan te gryp.
Publication date: 2016-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415333082

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 180
R 162You save R 18
Ons gedagtes het groot krag - dit wat ons dink, het 'n uitwerking op ons woorde, ingesteldheid, besluite en gevoelens. Dit beïnvloed hoe ons optree teenoor onsself, ander mense en teenoor God. Ons kan onsself hartseer, kwaad of bly maak deur wat ons dink en hoe ons praat. Ons denke is soos die brandstoftenk in 'n motor. Die motor sal goed loop, of dalk glad nie loop nie, na gelang van die soort brandstof wat daarin gegooi word. Net so sal ons lewensgehalte verstommend verbeter as ons ons gedagtes versigtig kies. Ons moet die goeie gedagtes behou en die wat ons lewens vergiftig, verwerp. Ons het die geleentheid om te dink soos God dink, dit te ontvang wat God vir ons in gedagte het, te doen wat Hy wil hê ons moet doen, en te wees soos Hy wil hê ons moet wees.
Publication date: 2015-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415332481

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 200
R 180You save R 20
is dit jou hartsbegeerte om groter vreugde, meer vertroue en 'n inniger verhouding met God te ervaar? Die lewe is veeleisend, en dit is maklik om te begin fokus op so baie dinge wat belangrik lyk. Om egter 'n vervulde lewe te lei, moet jy meer tyd maak vir wat waarlik belangrik is - jou verhouding met God. In Dag vir dag nader aan God help Joyce Meyer jou met praktiese maniere om 'n inniger verhouding met God te ontwikkel. Sy deel kragtige Skrifgedeeltes en persoonlike stories oor wat jou sal help om die vrede te ervaar wat net 'n innige verhouding met God kan bewerkstellig. Word daagliks geïnspireer om elke dag beter besluite te neem, meer produktief te wees en 'n vreugdevolle lewe te lei soos God dit bedoel het.
Publication date: 2015-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415330456

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 100
R 90You save R 10
In haar warm, persoonlike styl, wys Joyce Meyer ons hoe om die gehalte van ons lewens te verbeter. Sy begin met een van die basiese waarhede wat alle gelowiges - jonk en ervare - moet onthou: God het jou lief en wil net die beste vir jou hê.
Elke dagstukkie bevat 'n spesiaal uitgesoekte Bybelvers en praktiese toepassing.
Onderwerpe sluit in:
Maak jou drome werklikheid
Verstaan jou emosies
Die prys van vrede
Selfvertroue en vasberadenheid
Vier die lewe
Hierdie kort, klassieke dagstukkies sal jou siel verkwik, hernude lewenskrag gee, jou bemoedig en wys hoe om vrede en blydskap te ervaar te midde van struikelblokke en frustrasies.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415333020

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 100
R 90You save R 10
Forgive with God's help.

An unforgiving heart, resentment and bitterness are spiritual maladies that keep you from living a Spirit-filled life. Is it difficult to forgive? Absolutely, but the rewards are well worth it.

Joyce Meyer reveals that when you choose to forgive others, you release yourself from sin's power. Forgiveness is the power that will change a life of defeat into one of victory. The 48 short, powerful devotions focus on six major areas that will help you to discover how - with God's help - you can forgive and become free to truly live again.

The Power of Forgiveness is small enough to fit into your handbag or briefcase, and the devotions short enough to read in the midst of your busy schedule.

Also available in Afrikaans with the title Die krag van vergifnis

About the Author

Joyce Meyer is one of the world's leading practical Bible teachers. A New York Times bestselling author, her books have helped millions of people find hope and restoration through Jesus Christ. Through Joyce Meyer Ministries, she teaches on a number of topics with a particular focus on the mind, mouth, moods and attitudes. Her candid communication style allows her to share openly and practically about her experiences so that others can apply what she has learned to their lives.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781415333075

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 100
R 90You save R 10
Jy het die keuse om nie toe te gee en moed op te gee nie!

Ons raak almal van tyd tot tyd moedeloos - die vyand sorg daarvoor. Maar volgens Joyce Meyer is dit juis die tyd om te besef waar daardie gedagtes vandaan kom en dit te verwerp. Ongeag watter struikelblokke jy ook al op jou pad teëkom, jy het die keuse om nie toe te gee en moed op te gee nie!

Hierdie 48 kort maar kragtige oordenkings fokus op ses areas wat jou sal help om jouself beter te verstaan en te ontdek hoe jy met God se krag kan volhard en in oorwinning kan leef.

Die boek is klein genoeg om in jou handsak of aktetas te pas, en die dagstukkies is kort genoeg om iewers in jou besige program te lees.

Ook beskikbaar in Engels met die titel The Power of Perseverance
Publication date: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.