●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Kerneels Breytenbach

Results 1 to 5 of 5
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798179294

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 297You save R 33
Fleur de Villiers is nie 'n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel Maurice Kumalo haar vra om 'n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025?
Daar wag 'n groot verrassing op Fleur. Want in die domein van Jaap Schvantz en sy eggenoot Krystle, aan die hoof van Corpus Christi se kolossale besigheid (deesdae is die kerk en rugby één), is daar 'n klankie in die lug. En Fleur, ervare joernalis wat sy is, kry gou snuf in die neus. Hond se gedagte is 'n hoogtepunt in Kerneels Breytenbach se oeuvre. Dit is 'n roman wat spreek tot rugbykenner en rugbyleek. Want wat is rugby anders as 'n metafoor vir die lewe - net een span kan wen, en nie almal volg altyd die reëls nie...
'n Verrassende, hoogs vermaaklike roman.
Publication date: 2019-10-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798167956

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 285
R 257You save R 28
'n Meesleurende roman oor 'n verbode passie en 'n politieke intrige. Dis gebaseer op 'n werklike historiese insident, en die gevolge daarvan: Die ontmoeting in 1940 tussen Dr DF Malan en 'n Duitse spioen, mev Thyra Denk. Nou, in 1946, kry Dieter Bergman, 'n senior polisieman, instruksies om mev Denk per trein van Windhoek na Kaapstad te vergesel, waar sy voor 'n Gekose Komitee van die Parlement moet getuig. As daar bewys kan word dat Malan met die Nazi's meegewerk het tydens die Tweede Wêreldoorlog, kan hy van hoogverraad aangekla word en sal dit die einde van sy politieke loopbaan beteken. Tydens die lang reis per trein ontstaan daar 'n verhouding tussen Bergman en die beeldskone spioen. Op die trein is egter ook ene adv Doerkstra. Sy missie: hy moet die spioen in die geheim te sien kry en haar oorrreed om nie met haar getuienis Malan se loopbaan te vernietig nie...
Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798156035

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 320
R 288You save R 32
Wanneer Joshu Gumbo probeer om Sonja Griessel se 4x4 te kaap, vermoor hy per ongeluk haar ouers -- en verander vir ewig die verloop van hulle lewens. Tydens die mislukte kaping skuur sy lippe teen Sonja s'n en Joshua is oortuig sy het hom van sy mojo beroof. Sonja vlug uit Gauteng en gaan woon op die kus.
Publication date: 2014-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624053897

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 215
R 194You save R 21
'n Wetenskaplike van Cardiff-Universiteit het 'n formule gevind om te bereken wanneer 'n blou Maandag mens gaan tref. Hy sê dit is die weer minus jou skuld, vermenigvuldig met die dae wat verby is sedert Kersfees, wat dan gedeel moet word die som van jou lae motiveringsvlakke en jou behoefte om aksie te neem. Daarvolgens was 25 Januarie vanjaar die amptelike, wetenskaplik bewese Blou Maandag. Die dag waarop mense regtig lelik depressief geraak het.
Publication date: 2011-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798150729

Nie-fiksie / Non-fiction: Humour / Humor

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Humour / Humor
R 235
R 212You save R 23
'n Versameling grappe wat Kerneels Breytenbach uit alle oorde versamel het om die oorlog tussen die geslagte behoorlik te dokumenteer. Die grappe wissel van die doodonskuldige tot dié wat jou ouma dalk sal laat bloos. Elke grap is egter sorgvuldig uitgekies om lesers en hul vriende lekker te laat lag. Met illustrasies deur Fred Mouton is hierdie 'n lekker geskenk nét betyds vir Kersfees.
Publication date: 2009-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.