●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Lina Spies

Results 1 to 5 of 5
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316476

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 175
Sulamiet is 'n bundel oor medemenslikheid, liefde, die wisseling van seisoene, die skoonheid van die natuur en die kunste in 'n land en 'n wêreld van geweld. Die titel Sulamiet verwys na die vroulike spreker in die Bybelboek Hooglied waarin die verlore tuin van Eden ná die sondeval deur die liefde herskep word. Die verse in die bundel handel oor die liefde in vele vorme, die belewenis van die religieuse en die skoonheid van die natuur en die kunste waaraan altyd 'n tekort verbonde bly weens menslike ontoereikenheid. Binne die perspektief van die herwonne paradys staan Jesus nie sentraal as die Gekruisigde en die Wonderwerker nie, maar as die Joodse rabbi wat die koms van die Koninkryk reeds op aarde verkondig het. God is transendent: die hiëroglief, die ontwykende aan wie ons verbonde is in ons woordeloosheid en deur die musiek.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198244

Fiksie: Romans

Translator: Lina Spies
Fiksie  -  Romans
R 250
Daar was 'n tyd toe Jörgen Hofmeester alles gehad het: 'n vrou, 'n adres, 'n redakteurspos by 'n gesiene literêre uitgewery, twee talentvolle dogters, 'n stewige Switserse bankrekening en die satisfaksie van huurbaas speel oor 'n gedeelte van sy spogeiendom.

Terwyl voorberei word vir die partytjie wat hy gereël het om sy oogappel-jongste, Tirza, se laaste skooldag te vier, leer die leser egter gaandeweg dat alles nie pluis is nie en dat Hofmeester eintlik verbete vasklou aan die laaste bietjie wat hy nog van sy skyngeluk oorhet. Eers het sy vrou hom vir 'n jonger minaar verlaat, toe is Ibi landuit agter 'n kêrel en 'n beroep aan wat Hofmeester teen die bors stuit - en toe stort die ekonomie in duie en hy verloor sy werk én sy neseier.

Met Tirza as sy enigste oorblywende anker in 'n groeiende gespartel om sy identiteit te behou, is dit vir Hofmeester erg genoeg om 'n vriend soos Choukri in haar lewe te moet aanvaar. Maar dat die twee 'n wegbreekjaar na die Donker Kontinent beplan - sou enige pa opgewasse wees teen só 'n vonnis?

'Die roman wat elke skrywer graag sou wou skryf.' (NRC Handelsblad)

'Grunberg se meesterwerk is meedoënloos, tragies en dikwels skreeusnaaks. Meesleurend van die begin tot by die mokerhou van 'n slotsin.' (De Tijd)

'... the story never falls flat, unraveling with humor and poignancy until the end.' (Publisher's Weekly)

OOR DIE OUTEUR:
Arnon Grunberg (1971) is gebore in Amsterdam word wyd erken as een van die belangrikste Nederlandse skrywerstemme van die afgelope dekades. Hy woon en werk in New York, van waar hy as rubriekskrywer en joernalis gereelde bydraes tot die Nederlandse De Volkskrant en internasionale publikasies soos die New York Times, The Times of London en Bookforum lewer.
Publication date: 2013-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869193836

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 160
Tydelose gety lewer Lina Spies verse wat spreek van 'n positiewe lewensuitkyk, wat wil uitstyg 'bo alles wat vals is en stereotiep'. Selfs vir die sewentigjarige hou die lewe nog 'n volheid in en kan die vervulling van die liefde beleef word. Sy bring hulde aan groot figure soos Nelson Mandela, weer eens aan Anne Frank en aan 'n onbekende oorlewende van die holocaust wat met oop gordyne slaap om elke nuwe dag te verwelkom.
Publication date: 2010-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798151443

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 260
Lina Spies se debuutbundel, Digby Vergenoeg (1971), is destyds bekroon met sowel die Ingrid Jonker- as die Eugène Marais-pryse. Hierdie keur is 'n erkenning en bevestiging van 'n belangrike en beleë digterskap wat oor byna 40 jaar strek. Lina Spies skryf 'n gedig wat onmiddellik as haar eie geëien kan word. Sy skryf 'n persoonlike liriek met sterk biografiese inslag waarin onder meer familiefigure en jeugherinneringe sterk figureer.
Publication date: 2010-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191887

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Translator: Lina Spies
Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 160
Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die wêreld. Hierin vertel die tienderjarige Anne die aangrypende verhaal van die Joodse gesin Frank se lotgevalle toe hulle tydens die Tweede Wêreldoorlog in Amsterdam vir die Duitse besetters moes wegkruip. Anne het die dagboek op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, present gekry.
Publication date: 2008-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.