●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Marita van der Vyver

Results 1 to 15 of 31
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624091516

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 264You save R 66
Nuwe uitgawe - Herdruk

In die skemer van haar lewe kry Colette Cronjé 'n brief van 'n lank vermiste familielid. Dit kom uit Portugal en dit dwing haar om alles te onthou wat sy 'n leeftyd lank probeer vergeet het. Want wat 'n halwe eeu gelede in Portugal gebeur het, het haar eie lewe asook dié van die volgende twee geslagte onherroeplik verander.

Haar dogter, Nandi, se verset teen haar ouers en haar afkoms is so verreikend dat sy haar kind vir aanneming weggee, alleen oorsee vlug en alle bande met haar familie verbreek. Haar kleindogter, Tina, word groot sonder om haar bloedfamilie te leer ken. Maar bloed bly bloed, jou familie bly jou familie, jou taal bly jou taal. Daarom word dit die verhaal van 'n Afrikaanse familie, van drie opeenvolgende geslagte wat reageer op mekaar en op hul tyd, van drie vroue wat leef in die spanning tussen weggaan en moet bly, tussen vergeet en móét onthou.
Publication date: 2020-10-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485903796

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 252You save R 28
Die brief wat Theresa tussen haar eksman Theo se besittings ná sy dood ontdek, skeur haar lewe oop. Jare lank het sy haar rug op Theo gedraai, 'n man wat sy laaste twee dekades in 'n inrigting moes deurbring. Só ook het sy die land se verlede weggestoot, die tyd toe tienerseuns gestuur is om aan die grens te veg - 'n plek en 'n oorlog waarvan mense tuis bitter min geweet het. Vir Theresa self was dit 'n tydperk van eerste liefdes, disko's en vakansies by die see.

Theresa besef gou die brief is deur 'n Kubaanse soldaat aan sy kind geskryf - iemand wat, indien hy of sy nog leef, nou minstens veertig jaar oud sal wees. Theresa weet in haar siel sy moet Kuba toe: om die soldaat se kind te soek, om die brief te besorg, om boete te doen vir Theo se dade en vir haar eie onkunde.

In swoel, afgeleefde Kuba, tussen kleurryke motors uit die vyftigerjare en geurige sigaarrook, word Theresa se soektog intiem vervleg met die lewens van mense wat in Angola as “die vyand” gebrandmerk is. Só ontrafel sy wat dit beteken het om groot te word in die Suid-Afrika van daardie tyd.
Publication date: 2019-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485903819

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 280
R 252You save R 28
A letter among her deceased ex-husband's belongings rips open Theresa's world. For years she has turned her back on Theo, a man who spent the last two decades of his life institutionalised, and on their shared past in a country where teenage boys were conscripted to fight on 'the Border' in a war that those back home knew little about. Least of all Theresa, who spent her days dreaming of discos and first kisses.

Realising that the letter was written by a Cuban soldier and addressed to his child - who, if still alive, would be at least forty years old - Theresa heads for Cuba: to search for the soldier's child, to deliver the letter, to atone in some way for Theo's deeds and for her own ignorance.

In sultry Cuba, amid its picturesque 1950s cars and the fragrant smoke of its cigars, Theresa's search connects her intimately with those branded 'the enemy' during the war in Angola as she begins to unravel what growing up in the South Africa of that time really meant.
Publication date: 2019-10-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395761

Children: Fiction teens

Children  -  Fiction teens
R 200
R 180You save R 20
“I'm dazed and confused, and messed up too That's all I know, it's tough and it's true”

You're furious at the world. And your only weapon is a backpack full of words.
Gabriel is fifteen years old. Fifteen going on fifty, his mom used to tease. But after her death, he's no longer sure where he is supposed to fit in. The psychologist wants Gabriel to talk about his feelings. But how do you explain to her that it's been easier to cope with anger than with tears these past few months? How do you explain the fact that your so-called “mixed blood” makes you different than everyone else at school?
How do you explain that things between you and your dad have changed since he's in a mental institution, learning to deal with his loss, while you have to find a way to go on with your life? How do you explain the fact that, since the accident, you've tried cutting your wrists ... twice? So, Gabriel loses himself in the world of performance poetry, where he learns to stick his hand deep inside his backpack of words and fling those words at an audience, like red-hot coals.
Then he meets Sasha, who's prettier than Snow White and knows a thing or two about poetry ...
A truly South African story about a struggling father-and-son relationship and the healing power of words. Van der Vyver writes convincingly and engagingly about the world of performance poetry and Gabriel's desperate attempts to make sense of life's challenges after the death of his mom.

This book is a translation of the Afrikaans edition, Al wat ek weet.
Publication date: 2019-08-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310129

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
R 248You save R 27
Die Kapenaars Hester Human en haar argitekman, André, het besluit om 'n verwaarloosde huis op 'n plattelandse dorp in Frankryk te koop en te restoureer as 'n vakansiehuis. 'n Jaar in Provence sal hulle en hul twee kinders, Manon en Emile, net goed doen. Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander. Die huisrestourasie gaan voort, maar die gesin spartel om te verwerk wat gebeur het.
Publication date: 2019-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310112

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 315
R 284You save R 31
(Hersiene uitgawe)
Yvette, Paul, Mila, Emma, Adriaan, Liane, Max, Bobby, Ralph, Philip: Tien karakters wie se verhouding in Wegkomkans oor 'n tydperk van tien jaar eb en vloei soos die getye van die see wat telkens die agtergrond vir hulle “wegkomkanse” vorm. Vanaf die politieke noodtoestand in die jare tagtig tot die demokratiese bevryding in 1994: Dié vriendekring se samesyn bly die konstante in 'n andersins veranderende wêreld waarin die ontnugterings en teleurstellings van die werklikheid soms met niks anders as goeie kos, goeie wyn en 'n stewige skeut selfspot getemper kan word nie. Soos hulle jeugdrome vervorm en hulle naïewe optimisme oor die lewe verdof, groei en verander die vriendskap. Verhoudings kom en gaan, ouerskap word 'n al hoe prominenter onderwerp van bespreking, die jeugdige passie oor 'n “nuwe” Suid-Afrika word 'n neutraler, meer besadigde gelatenheid oor wat nié verander kan word nie. “Verlore liefde tussen twee mense,” verklaar een van die karakters, “kan so tragies wees soos verlore menseregte vir miljoene.” Uiteindelik is dit vriendskap wat die aanslag van tyd en trauma deurstaan; wat 'n skans teen verlies vorm.

In die nuwe Slotwoord tot hierdie roman, skryf Marita van der Vyver: “Hierdie roman, so vertel hulle my, kan 'n nuwe geslag lesers help begryp hoe Afrikaanse stedelinge in die laat jare tagtig en vroeë jare negentig, tussen die laaste stuiptrekkings van die Ou Suid-Afrika en die skrikwekkende geboortepyne van die Nuwe Suid-Afrika, dit reggekry het om op die rand van 'n afgrond te bly dans.”

Wegkomkans bied op hoogs vermaaklike dog erg simpatieke wyse insig in Suid-Afrikaners se versugtinge en ontnugterings - wat byna 20 jaar nadat die teks oorspronklik verskyn het nog net so relevant is soos destyds.
Publication date: 2018-10-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799384796

Fiksie: Rubrieke

Fiksie  -  Rubrieke
R 275
R 248You save R 27
Op reis saam met Marita van der Vyver, van Pretoria tot Provence!
Retoer: Pretoria - Provence is 'n bundel van dié bekroonde en immergewilde skrywer se beste rubrieke, sketse en essays wat nog nie voorheen in bundelformaat uitgegee is nie. Dit sluit in 'n rubriek oor seksuele teistering waarvoor sy in 2018 met 'n ATKV-Mediaveertjie vereer is.
Dié “meisie van die suburbs”, soos sy haarself beskryf, neem die leser op reis deur haar lewe en wêreld: Van haar jeugherinneringe - haar oumas, haar eerste juffrou en die kind wat sy was - tot haar dae op Stellenbosch, Pretoria en natuurlik die Franse platteland. Sy raak nostalgies oor 'n tiekieboks, die karre van haar kleintyd ('n bruin Opel en 'n geel kewer),en laat die leser tegelyk skater en verlang.
Met haar kenmerkende humor, deernis en eerlikheid skryf sy oor die ouderdom, tienerstreke, Calvinisme, David Bowie, vegetariërs en die verskriklike vrees vir “verdagte knoppies”.
Haar woordkuns neem die leser van die alledaagse na die eksotiese, van die skreeusnaakse na die hartverskeurende, van die lyflike na die geestelike.
'n Tema wat soos 'n paar voetspore deur Retoer loop, is dié van reis: Die reis na heerlike, onbekende plekke en die meer onstuimige, dikwels vreesaanjaende reis na die self.
Retoer sal jou hardop laat lag en trane in jou oë laat opwel terwyl dit jou boei, ontroer en op 'n sielsreis neem.

Dit is Van der Vyver se eerste versamelbundel wat nie slegs in Provence afspeel nie, maar in al die plekke van haar jeug en volwasse lewe - van daar Provence én Pretoria in die titel. Die hoofstuktitels is ook die titels van haar vorige boeke, soos Wegkomkans en Misverstand, wat bydra tot die gevoel dat dit 'n reis is deur haar lewe.
Publication date: 2018-09-18
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624064305

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 265
R 239You save R 26
"Groot was my vreugde toe my uitgewer my die dag laat weet dat die voorloper van hierdie boek, Die hart van ons huis, tweede op die Suid-Afrikaanse topverkoperlys vir boeke in alle tale is. Net onder (heelwat onder, moet ek in alle beskeidenheid byvoeg) die internasionale treffer The Da Vinci Code. Maar terwyl ek nog wik en weeg of dit 'n geldige verskoning is om 'n bottel regte-egte Franse sjampanje oop te maak, sien ek dat dit die topverkoperlys vir fiksie is.
En Die hart van ons huis - soos 'n Fontein voor ons deur - is nie-fiksie. Of is dit?
Ek weet regtig nie op watse rak 'n Fontein voor ons deur hoort nie. As ek gedwing word om dit in een (erg onwetenskaplike) frase op te som, sal ek sê dis nog 'n lighartige relaas oor my onidilliese lewe in 'n idilliese landskap, 'n verdere poging om die Provensaalse legende van laventel en pastis te ondergrawe, 'n trekstorie met vele Franse kinkels. Anders gestel, liewe leser, Griet het lankal nie meer tyd om sprokies te skryf nie. Die 'regte' lewe het 'n veeleisende, uitputtende, immer verrassende, nimmer vervelige sage geword.
Besluit maar self op watter rak jy dáárvoor gaan soek!"
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624046677

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 275
R 248You save R 27
Dis somer in Provence - en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het.
Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provençaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar 'interessante', aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vlieë in die salf soos skoolgaan in Frankryk.
Haar boek met kort sketse gaan eintlik oor die vrese en vreugdes van bestaan: oor Franse mans se waardering vir ouer vroue en vroue se vrees vir muise. Oor 'n Afrikaanse vriendin in Frankryk en skuldgevoelens oor die skade aan die omgewing. En oor hoe sy in te midde van tipies Europese Kersvieringe meteens oorweldig word deur 'n verskriklike verlange na die sweterige 'kamma-Kersfeeste' van haar kinderdae.
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624079194

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 279You save R 31
Griet skryf 'n sprokie is die verhaal van Griet Swart, wat deur die traumas van miskrame kindersterfte en egskeiding gedryf word tot die punt waar sy een aand haar kop in 'n gasoond druk. 'n Dooie kakkerlak in die oond red haar, want vir die res van die aand maak sy oond skoon. As terapie raai haar shrink haar aan om oor haar ervarings te skryf. En so kry die storie van Griet gestalte, 'n storie van seerkry en woede, maar verlig deur haar onvernietigbare sin vir humor.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780624082439

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
R 266You save R 29
Hierdie verhaal speel af op 'n fiktiewe dorp: Vergenoeg. Dit kan dalk "verweg genoeg" beteken, of miskien ook "tevrede genoeg". Maar dit maak nie veel saak nie. Want dit gaan oor dogters, susters en moeders - 'n boek wat uitnemend gerig is op vroue.

Bella is die jonger, 'sondige' dogter. Sy is 'n chanteuse in Parys. Sy het 'n groot naam in Suid-Afrika. In Parys, is sy egter net nog 'n "performer". Haar ouer, verantwoordelike suster, is San, die een wat die huishouding en die gemeenskap aan die gang hou - die goeie een.
Hul moeder sterf aan kanker. Nou gaan die twee susters haar tot die einde versorg in die ou huis op Vergenoeg.

Op 'n vars manier word die keersy van die twee vroue se uiterlike blootgelê: die eksotiese Bella lei eintlik 'n armoedige lewe in Parys as sangeres in 'n nagklub, terwyl die perfek-versorgde en beheersde San 'n drankprobleem het. Dit is veral in die onvermydelike konfrontasie tussen die twee susters dat hierdie ontluistering 'n belangrike rol speel om hulle met mekaar, en ook met die dood van hulle ma, te versoen.

Vergenoeg is veral 'n roman oor die lyflike ervaring - ook van siekte en dood. Daar is aangrypende tonele waarin Dollie Plaatjies vir die siek Adèle sleep-dra na die badkamer, of San wat die liggaam van haar gestorwe ma omarm soos wat sy dit in haar lewe nie kon doen nie. Tog verstaan Marita van der Vyver hoe om met 'n ligte hand selfs die swaarste dinge aan te raak. Die sekstonele met Karel Kat - 'n vroeëre skoolkys wat Bella weer in die dorp raakloop - het steeds die lyf as fokus, maar verlig die intensiteit.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485903505

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 200
R 180You save R 20
'Misverstand' vertel die verhaal van Willem Prins, 'n middeljarige Suid-Afrikaanse skrywer wat na jare sonder veel sukses in Suid-Afrika in Parys is om 'n boekie erotika, wat hy tot sy skaamte onder 'n skuilnaam geskryf het, bekend te stel. Hier ontmoet hy vir Jackie, 'n jong Suid-Afrikaner wat as au pair werk. Dit is Jackie wat saam met hom is dié Vrydagaand die dertiende toe terreur in Parys losbars.
Van der Vyver se roman is nuuswaardig en aangrypend, maar ook humoristies en teer. 'Misverstand' wys waarom dié skrywer sedert die verskyning van 'Griet skryf 'n sprokie' een van die gewildste skrywers in Afrikaans is.
Publication date: 2017-03-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485903536

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 200
R 180You save R 20
Willem Prins wanders the streets of Paris, disillusioned and glum. Once, he showed great promise as a South African writer of distinction, but years of disappointment have left their mark. Drowning himself in the Seine may well be the only option left to drive up his book sales.

His reason for being in Paris - the French translation of an erotic novel he wrote under a pseudonym - is not exactly something to be proud of. He is no stranger to Paris. An ex-wife of his (one of three) lives in the city with his eldest son, a young man who barely knows his father.

Willem finds an unlikely companion in Jackie, a young South African working as an au pair in the city, a woman old enough to be his daughter. Together, the two of them will face the chaos of the terror attacks on Friday the thirteenth in Paris.

You Lost Me is bestselling author Marita van der Vyver's thirteenth novel, a story about life's thunder clouds and the bonds between us that offer shelter. It is a tale of disillusionment and loss, told with warmth and wicked humour.
Publication date: 2017-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624080190

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 330
R 297You save R 33
Ons is ses wat in die kliphuis woon: ek en my Franse man Alain, en vier kinders tussen die ouderdomme van drie en sewentien. Syne, myne, ons s'n.

Dis ons. Maar dis nie al nie. In die somer word ons getalle op 'n daaglikse basis aangevul. Provence in die somer is soos Stilbaai in Desember: groot pret vir vakansiegangers, minder pret vir permanente inwoners. Laas somer het ons drie maande lank elke enkele nag oorslaapgaste gehad. Soms tot vyf, ses op 'n slag. Saam met on ses gesinslede, die tienderjarige Neef uit die Noorde wat elke somer hier deurbring, en Daniel se maats wat soos potplante voor die Playstation in sy slaapkamer rondhang, beteken dit gróótskaalse etes elke dag.

Kos soos vir 'n kerkbasaar. Gelukkig hou Alain van koskook. Gelukkig is hy die soort kok wat met drie uie en 'n wortel 'n pot sop vir twintig mense kan optower. Ek het ook geleer om van koskook te hou (wat anders kon ek doen?), maar ek háát alles wat daarmee saamgaan.

Die inkopies voor die tyd, die skoonmaak na die tyd, die skottelgoed, die skottelgoed, die skottelgoed.

Dis ons. Dis nie so erg soos dit klink nie.

Aangename kennis.
Publication date: 2016-07-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624080039

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 310
R 279You save R 31
'Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad.'
Met dié woorde lei die mooi, rebelse Dalena van Vuuren haar nuwe vriendin, Mart Vermaak, 'n wêreld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. Vir Mart is dit die begin van 'n inisiasieproses wat met opwinding maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Deur die traumas van vroeë swangerskap, dwelms en selfmoord in haar vriendekring leer sy hoeveel guts dit kos om te lewe en te bly glo. Veral te midde van grootskaalse politieke leuens en die verminking, fisiek én geestelik, van jong mans in die grensoorlog.

Die dinge van 'n kind is 'n onthutsende eerlike boek oor die begin van vrouwees, en die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.

'In die Afrikaanse prosakuns ... is Marita van der Vyver uniek in dié opsig dat sy, oënskynlik inspanningloos en amper nonchalant ... dit regkry om aanhangers te hê wat strek van die puntenerige leser tot die Kreti en die Pleti.'

Stephan Bouwer, Rapport

'Hier is nie speels-erotiese beskrywings vanuit 'n volwasse perspektief nie, maar realistiese beskrywings van tienerseks soos verwonderd waargeneem en vertel deur 'n skooldogter.'

Ena Jansen, De Kat

'As dit kom by behendige én intelligente komposisie, en by doodgewoon léésbare, genietbare skryfwerk, hou min by Marita van der Vyver kers vas.'

Abraham H de Vries, Die Burger
Publication date: 2016-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.