●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Milan Murray

Results 1 to 7 of 7
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620891622

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Wipper en Dapper is beste vriende. Hulle is ook Husse ; Husse met lang ore. Husse word gewoonlik blameer waneer dinge onverklaarbaar vreemd is en dit is presies wat vandag gebeur. Die Goedemoed landgoed se wingerde is oornag verwoes en die skuldige het spoorloos verdwyn. Terwyl Wipper en Dapper uit die werfhond se kake probeer bly, soek hulle na antwoorde. Wie het die wingerde verniel? En wie se klein spoortjies lê die hele plaas vol? Die Husse moet hulle onskuld bewys, maar hoe?
Publication date: 2020-11-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639927411

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 200
Hierdie bundel kinderverhale bevat 13 stories geskryf deur bekende Afrikaanse kunstenaars.

Hul bydraes wissel van kort gediggies soos YOMA se “My Ouma doen'it vir my” tot Gys de Villiers se fabel, “Mooiloop”. Arno Carstens raak spiritualiteit aan in sy storie “Gawie se Gesie” en Jana Cilliers se “Nulniks se nulle”, is vol simboliek en kinderlike verwondering.

Antoinette Louw se “Die avonture van Arrie en Lollie”, vertel die verhaal van 'n dogtertjie se middernagtelike reise saam met 'n vriendelike tarantula en Nathan Trantraal se “Waa's my skoene”, skilder die komiese prentjie van twee susters se wedywering oor wie se lyding nou eintlik die grootste is.

Milan Murray skryf in 'Daniël se kopklip' oor 'n ma wat 'n klip op haar kleuter se kop wil sit en Diaan Lawrenson se gedig 'Jaap die knaap' handel oor 'n woelige, rooikop seuntjie met 'n aardige humeur. In Gielie Hoffmann se ''n Wolk mis' gaan ondersoek die kleine Rozanne wat anderkant die mis lê en in HemelBesem se verhaal 'Kokkenotch vir jou' leer 'n jong seun by sy Oupa wat die vreemde woord 'Kokkenotch' nou eintlik beteken.

Bibi Slippers skep in 'Rafi en Rocky' 'n onderwater wêreld kompleet met seebrommers, seekomkommers, see-koeie en 'n see-kat.
Publication date: 2019-09-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639927404

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Die mense van Kromkieriefontein loop almal met 'n krom rug en hangskouers, geboë soos 'n kierie. Hulle hou hulle oë op die grond en kyk nie juis verder as hulle volgende tree nie. Dit was maar nog altyd so in hierdie dorp waar dagdroom en lees verbode is.

Almal behalwe juffrou Kiertsregop wat penorent staan voor die graad 2A-klas van Laerskool Kromkierie. Dahlia Dolgraag loer vir dié juffrou wat so anders is as die res, en besluit net daar die Hoepelkrombende moet uitvind wat aangaan. Sy weet net waar om te begin… die hemelhoë huis op die bult waar juffrou Kiertsregop elke Vrydag by haar geheimsinnige vriendin gaan kuier.

In Kop in die wolke in Kromkieriefontein gaan Dahlia, Bella, Tienie en Tamara op 'n avontuur wat wys hoe wonderlik 'n wêreld vol drome en verbeelding kan wees.

Kop in die wolke in Kromkieriefontein is die derde boek in Murray & Me se gewilde idioom-reeks - perfek vir selflees én saamlees. Hierdie reeks maak Afrikaanse idiome vir kinders lewendig deur Milan Murray se lekkerlees-stories met betowerende illustrasies deur Marisa du Toit.


Kop in die wolke in Kromkieriefontein is die derde boek in Murray & Me se gewilde idioom-reeks - perfek vir selflees én saamlees. Hierdie reeks maak Afrikaanse idiome vir kinders lewendig deur Milan Murray se lekkerlees-stories met betowerende illustrasies deur Marisa du Toit.
Publication date: 2018-03-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620772167

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Thomas and the Trumpet
Thomas is a typical, adventurous boy who loves to explore and discover new things. One day his world changes forever when he is diagnosed with asthma.
What does this mean for Thomas?
Can he still have dreams and goals?
Can he still go on crazy adventures?
Most importantly, what about his plans for Granddad's trumpet?

This picture book aims to educate young children about the truths and myths of asthma. It explains how anyone with asthma can live a normal and exciting life.
Publication date: 2017-12-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620768399 

Children: Picture books

Illustrator: Marisa du Toit
Children  -  Picture books
R 150
MURRAY & ME's idiom series is a delightful resource to help children cross the bridge from concrete to abstract thoughts.
Pete Twiddlefeet and Heart on his Sleeve:
Adults seldom carry their hearts on their sleeves. They prefer to hide it, keeping secrets. Children, on the other hand, bravely and honestly show how they feel.
When exactly do we become so self-conscious about our inner lives?At what moment do we decide to put up our shields and hide our hearts away?
No, Pete thought. Who would want to walk with his heart in his shoe?
I'd rather carry mine proudly on my sleeve!
For the first time in weeks, a big smile spread across Pete's face.
The smile was so big he could hook it around his ears.
He had made a decision. He never wanted to feel too shy to show what he was feeling ever again.
Publication date: 2017-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620723831

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Die tweede boek in Murray&Me se idioom-reeks, 'Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers', is pas vrygestel en is 'n noodsaaklike toevoeging tot enige kinder-boekrak. Die boek is geskryf deur die aktrise Milan Murray en kleurvol illustreer deur Marisa du Toit.

Die afwesigheid van idiome in kinders se wêreld, was die motivering vir die reeks. Die boek is in rym geskryf met 'n fokus op alliterasie, assonansie en metrum. Die eerste idioom-boek 'Pieter Kokkewieter en die Hart op sy Mou' het verlede jaar verskyn en bykans 2000 eksemplare is reeds verkoop.

Die Murray&Me idioom-reeks is prenteboeke gerig op 6-9 jariges. Die stories poog om Afrikaanse idiome aan die jongspan bekend te stel om verdere gesprek oor lewensvaardighede en waardes aan te moedig. Die karakters is jong kinders wat die wêreld om hulle ervaar en bevraagteken en dus goed aanklank vind by jong lesers.

Die uitgewers is Milan en die entrepreneur Charmaine Nolte, wat verlede jaar die kinderboek-maatskappy Murray&Me, begin het.

Milan vertel: 'Ons sien elke dag hoe idiome uit ons kinders se spreektaal verdwyn. Dis egter Prof. Betsie van der Westhuizen van die PUK, wat benadruk het hoe belangrik idiome is as 'n oorbrugging tussen konkrete- en abstrakte denke.'

Die boek word reeds deur vak-adviseurs in skole gebruik, omdat die waarde van idiome nie onderskat moet word nie, maar dikwels in leerplanne oorgesien word.

Linda Bredenkamp, kurrikulum-aanbeveler en 'n graad 5 onderwyser, was die taal-adviseur op die projek. Sy het reeds voor die manuskrip drukkers toe is, begin om die Hetta-manuskrip in haar klasse te gebruik.

Sy glo: 'Hierdie pragtige prenteboeke help ouers en onderwysers om deur voorlees en selflees lewensvaardighede op prettige wyse saam met jonger kinders te verken. Selfs lesers in graad 4-6 wat nog nie gemaklik lees nie, sal aanklank vind by die toepaslike temas, rymende teks en kreatiewe illustrasies.'

'Ons kies letterlik idiome wat prentjies in ons kop ontketen,' sê Milan, 'en ook idiome wat temas aanraak, waaroor ons sterk voel, soos onder meer individualisme, of die belangrikheid van gesprek, of die destruktiewe invloed van boelies.'

In 'Hetta Elizabetta en die Wêreld op haar Skouers' dra Hetta Elizabetta baie swaar. Op dié sewejarige se skouers rus 'n enorme wêreld van probleme en bekommernisse.

'Sy wonder - Kry branders ook seer as hulle breek?
En wat gaan als swel as 'n by haar sou steek?
Dink jy die tandemuis
Het 'n woonstel of 'n huis?
En kom AL die muise sáám om ons tande te bespreek?'

'Daar's ook 'n paar GROTER goed wat haar pla
Wat sy stoksiel-alleen op haar skouers moet dra.
Haar maatjies se baklei
En haar ouers wat stry
En die donker wat haar elke nag bang maak en jaag.'
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620681759

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Pieter Kokkewieter is 'n ongewone seuntjie wat met sy hart op sy mou loop. Letterlik. Maatjies vind dit vreemd om dag na dag die vriendelike rooi hart op Pieter Kokkewieter se hempsmou te sien, maar is tog ook dankbaar dat hulle nie hoef te raai hoe Pieter voel nie.
Pieter hou van sy hart waar hy is. Sy ouers waarsku hom teen moontlike gevare en dat hy baie blootgestel is, maar hy hou voet by stuk. Sy hart hoort op sy mou.
Dis egter waneer Boelie Schmoelie Pieter se hart breek, dat Pieter begin wonder of hy nie tog maar soos almal sy hart veilig in sy bors moet bêre nie.
Dis eers waneer Pieter opmerk dat Boelie Schmoelie se hart in sy skoen afgesak het, dat Pieter finaal besluit waar hy sy eie hart wil hou. Stewig op sy mou.

Hierdie prenteboek is die eerste boek in 'n reeks oor idiome en bied vir ouers en kinders die geleentheid om die idioom 'jou hart is op jou mou' te ontgin en te bespreek.
Publication date: 2016-02-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.