●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Prinsloo

Results 1 to 15 of 23
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799397246

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
R 252You save R 28
Hoe gemaak as jy vastrapplek moet kry tussen die Hemel en die Hel? Kliek. En jou lewe verander. Onomkeerbaar.

So sal Markus Meyer en Regardt Muller, twee avontuurlustige vriende wat ná matriek by die Britse Weermag aansluit en as lede van die gerespekteerde 3 Valskermregiment in Afghanistan diens doen, weldra leer.

Dit is egter eers wanneer stilte oor die slagveld neersif en die gevolge van konflik beredder moet word, dat die wáre vegters na vore sal tree. En daardie slagveld is nie noodwendig in ʼn oorlogsgeteisterde gebied waar die droë hitte iets lewendigs is nie; soms lê dit ook tussen kamerade, gesinslede en verál midde-in die liefde.

Want selfs ʼn soen is by tye ʼn landmyn wat afgetrap word ...

Vegters is die merkwaardige verhaal van uitdaging, lojaliteit en deursettingsvermoë. ʼn Verhaal wat die leser deur drie valleie sal neem: van die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap na die Sanginvallei langs die Helmandrivier in Afghanistan, tot die Vallei van ʼn Duisend Heuwels in KwaZulu-Natal waar die wêreldbekende Dusi-kanomarathon die twee vriende tot die uiterste sal beproef. Wees gereed om oorbluf te word.

Hierdie boek is nie `n Sondagmiddagpiekniek nie - dis `n ontsnappingsroete deur `n slagplaas.

Vegters moet nie verwar word met 'n hedendaagse oorlogboek nie. Die kontraste tussen die drie wêrelde in die teks is hemelsbreed.

Die leser word gelawe met die idiliese Gamtoosvallei, net om weer om sy gemaksone geruk te word na die hel van 'n oorloggeteisterde Afghanistan. Nog min het twee werelde so baie verskil waar die skrywer dit regkry om beide te versoen. 'n Nuwe blik word gegee oor die oorlog in Afganistan, uit die oogpunt van twee Afrikaanse soldate in die Britse leer.

Dis 'n verhaal van hoop en versoening. Dis mooi. Dis bitter. Dis `n emosionele wipplankrit. Daar is oomblikke van teerheid,maar voor jy te gemaklik raak, word jy aan die bek geruk deur die twee hoofkarakters se ervarings in Afghanistan. Maar dat dit jou gaan by bly en uit jou gemaksone ruk, is gewis.

Redigeerder Louis Esterhuizen ”Hierdie werk is by verre een van die mees indrukwekkende tekste wat ek tot nog toe die voorreg gehad het om te hanteer.”
Publication date: 2019-08-27
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868901760

Nie-fiksie / Non-fiction: Dictionaries & Reference / Woordeboeke & Naslaanbronne

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Dictionaries & Reference / Woordeboeke & Naslaanbronne
R 260
R 234You save R 26
"Hierdie splinternuwe boek deur dr. Anton F. Prinsloo beskryf hoe die oorspronklike betekenisse van ongeveer 1 000 Afrikaanse woorde metterjare só verander het dat die betekenisse wat ons vandag ken, byna hoegenaamd nie sin maak nie.

So byvoorbeeld het die woord ambisie eeue gelede niks met 'n sterk strewe na sukses en vooruitgang te doen gehad nie. As iemand in daardie eeue ambisie gehad het, het dié persoon soos 'n bedelaar van huis tot huis geloop.

En die betekenis van die Nederlandse dyk was toentertyd allermins dié van 'hoë wal by die see om water uit te hou'. Die woord het juis nie na die wal vewys nie, maar na die sloot wat gegrawe is om grond te kry om die wal, wat die land teen die see moes beskerm, mee te bou.

As ons vandag van 'n kandidaat praat, sou ons nie dink dat dit iemand is wat 'n verpligte wit rok sou moes aanhê nie.

Vandag is 'n wurm vir ons 'n klein, kruipende diertjie. Toentertyd kon dié woord na 'n maaier, slang, skerpioen of draak verwys het.

Dié boek verskil van 'n tradisionele boek oor die herkoms van woorde (die etimologie) deurdat dit net woorde behandel waarvan die betekenis erg prettig (en skelm) deur die tyd skeefgetrek is."
Publication date: 2018-05-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307686

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 275
R 248You save R 27
Marthie Voigt (nooi Prinsloo) is in 1931 in Suidwes-Afrika gebore; die vierde van ses kinders. Wat volg is 'n groot avontuur. Marthie word groot in die wye en ongetemde vlaktes van Angola. Die Prinsloo-gesin trek baie rond agter goeie weiding en gesonder toestande aan. Die lewe in ongerepte Angola het ook sy gevare en Marthie beleef groot hartseer toe haar sussie op 19 sterf aan malaria. Nadat Marthie trou met Carl-Wilhelm Voigt en hulle hul gevestig het op haar skoonouers se koffieplaas, begin die onheil in Angola roer. Ongelukkig breek daar oorlog uit en die Voigts moet hulle plaas net so los. Hulle speel 'n groot rol daarin om vlugtelinge uit Angola te versorg. Marthie Voigt het haar ongelooflike herinneringe aan hierdie historiese en persoonlike gebeurtenisse neergeskryf sodat wanneer 'n mens dit lees, dit glashelder voor jou geestesoog afspeel. 'n Wonderlike lewensverhaal uit die pen van 'n sterk, intelligente vrou.

OOR DIE OUTEUR
Marthie Voigt is 86 jaar oud en woon in Namibië.
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780627035821

Nie-fiksie / Non-fiction: Business / Besigheid

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Business / Besigheid
R 280
R 252You save R 28
Performance information is playing a bigger and bigger role in the public service environment. Governments worldwide increasingly realise that without reliable, useful performance information, no government or manager can plan for and monitor the success of programmes and projects. Managers must therefore be able to develop, implement and maintain a performance information system, based on the business cycles of the organisation, and internal auditors must have the knowledge to audit it. Performance information for managers and internal auditors sets out best practice based on the Framework for Managing Programme Performance Information and other relevant frameworks published by the South African government in its drive towards establishing a government-wide monitoring and evaluation system. The principles provided for internal auditing can serve as the basis for developing audit programmes. Performance information for managers and internal auditors is aimed at managers who are responsible for implementing a performance information system within government, and internal auditors who have to assist management in its role.
Publication date: 2017-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781432305109

Christelik - Kinders: Bybels

Illustrator: Marie Prinsloo
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 150
R 135You save R 15
Bybelstories vir Kinders bevat kort stories uit die Ou en Nuwe Testament en word op 'n eenvoudige en vars manier geskryf. Die stories is geskik vir selflees of voorlees deur 'n ouer persoon.

Bybelstories vir Kinders is 'n plaaslike skepping deur die skrywer en illustreerder waarmee Suid-Afrikaanse kinders dus maklik kan identifiseer. Die Bybelfeite is steeds korrek maar die outeur se moderne aanslag is heel wat anders as die stereotipiese Bybelstorietaal wat dikwels gebruik word.

Die stories is ontwerp om God as vaderfiguur te voor te stel, kinders toe te rus om goed aan ander te doen en om hulle aan te moedig om naasteliefde en deernis te betoon. Dit spreek ook alledaagse probleme aan wat kinders bekommerd en bang maak. Elke storie sluit af met 'n eenvoudige gebed wat betrekking het op die les wat uit die storie voortspruit.

Also available in English
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781432306052

Christian - Children: Age 6 to 8

Illustrator: Marie Prinsloo
Christian - Children  -  Age 6 to 8
R 150
R 135You save R 15
Bible Stories for Children includes a selection of short stories from the Old and New Testaments, retold in a simple and fresh style that will be enjoyed by young children.

These adaptations of well-loved Bible stories are suitable for parents or carers to read to children, or for young readers to read on their own. They have been given local settings and visual references to which South African children will relate. Although the Biblical facts are correct, the author's very modern approach sets it apart from other stereotypical Bible story treatment.

The stories maintain a focus on God as a father figure, and encourage children to be considerate and show love and compassion for others. Everyday problems facing children, which may cause them anxiety or fear are also tackled. Every story ends with a simple prayer, relevant to the lesson in the story.

Ook beskikbaar in Afrikaans
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920290573

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 80
R 72You save R 8
Die Here Jesus het ses moordende ure aan die kruis gehang, van nege-uur die oggend tot drie-uur die middag. In daardie ses ure het Jesus sewe keer van die kruis af gepraat. Ons noem dit 'die sewe kruiswoorde'.
Die sewe kruiswoorde word in twee dele opgedeel: Die eerste vier kruiswoorde het betrekking op ander mense, en die laaste drie het betrekking op Homself.
Niemand wat by die kruis kom staan en luister wat daar gesê word en waarneem wat alles daar gebeur, kan ooit weer dieselfde daar weggaan nie. Die boodskap van die kruis het 'n lewens-veranderende krag. Dit raak vriend en vyand, niemand word onaangeroer gelaat nie.
'Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê'. Joh. 3:16
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920290351

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
R 108You save R 12
Die studie oor die twaalf dissipels van Jesus het opnuut weer 'n appèl op my eie lewe gemaak. Dit was vir my tot soveel seën dat ek jou ook wil uitnooi en uitdaag om, wanneer jy hierdie boek lees, saam met hierdie manne te stap, hulle lewens dop te hou en deur hulle oë na ons Here en Meester, Jesus Christus te kyk.




Die dissipels het werklik legendes geword. Nooit weer sou daar 'n groep manne opstaan wat so 'n impak op die wêreld en sy mense sou hê soos hulle nie. Manne wat deur Jesus self geroep, opgelei, bekragtig en uitgestuur is. Hierdie manne het die wêreld verander.




In hierdie dissipelgroep van 12 manne wat Jesus geroep het, was daar uiteenlopende persoonlikhede. Onder hulle vind ons 'n verskeidenheid van temperamente, geaardhede, agtergronde en karakters. Hulle was nie nabootsings of duplikate van mekaar nie. Hulle het almal van mekaar verskil. Hulle was en is verteenwoordigend van alle persoonlikhede, temperamente en geaardhede wat ons vandag op aarde kan aantref. Ons kan onsself duidelik in ten minste een of twee van hierdie manne sien. God gebruik verskillende mense, so kan Hy jou en my ook gebruik!
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920290023

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
R 108You save R 12
Daar is min dinge so opwindend soos 'n studie van Bybelse profesieë, want dit vertel die geskiedenis vooruit. Bybelse profesieë wys vir ons waarheen die wêreld en sy mense oppad is. Dit toon aan wat in die toekoms moet gebeur. Die koerant vertel jou wat gister gebeur het, die TV vertel jou wat vandag gebeur het, maar, Bybelse profesieë vertel jou wat môre en oormôre en in die toekoms sal plaasvind.
Dr. Jerry Falwel defineer Bybelse profesieë soos volg: 'Bybelse profesieë is God se plan met die wêreld en sy mense vir die toekoms.'
Die Bybel is 'n boek vol profesieë. Uit die 8,325 profetiese tekste in die Bybel is daar 1,800 tekste wat net oor die wederkoms van Christus en aanverwante eskatologiese gebeure handel. Dit beteken dat 22% van al die Bybel se profetiese tekste net oor die wederkoms van Christus handel. Net in die Nuwe Testament alleen is daar 318 profesieë wat direk na die wederkoms van Christus verwys.
Die wêreld staan voor 'n groot en drastiese gebeurtenis 'n gebeurtenis wat 'n invloed op elke mens op aarde se lewe sal hê en die gewone gang van sake in die wêreld ingrypend sal verander. Dié gebeurtenis is die persoonlike wederkoms van Jesus Christus na hierdie wêreld!
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928202837

Christelik / Christian: Bible Study / Bybelstudie

Christelik / Christian  -  Bible Study / Bybelstudie
R 120
R 108You save R 12
Revelations is an extremely important document. It is the last Bible Book inspired by the Holy Spirit. Therefore, and correctly, it was placed as the last book in the Bible. Just like the first four Gospels in the New Testament open with the good news about the first arrival of Christ, Revelations ends the New Testament with the general theme of the second coming of Christ.
Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780627030994

Education: General

Education  -  General
R 385
R 347You save R 38
A review of contemporary 'best practice' related to various aspects of school safety and discipline. Considers the significance and the application of human rights in the field of education; school safety, discipline and bullying; and the creation of a classroom environment conducive to a culture of teaching and learning. Aimed at educators, parents and all other stakeholders in the education of children. Contents include the following: The relationship between rights and obligations; Duty of care; Dealing with violence, bullying and victimisation; Basic legal principles pertaining to disciplining learners; Examples of positive disciplinary actions; Classroom values, principles and rules; Guidelines for good classroom communication and for establishing harmonious relationships.
Publication date: 2013-01-04
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781868901296

Nie-fiksie / Non-fiction: Dictionaries & Reference / Woordeboeke & Naslaanbronne

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Dictionaries & Reference / Woordeboeke & Naslaanbronne
R 370
R 333You save R 37
Het jy geweet dat die titel Macbeth van Shakespeare nie in 'n teater in die Verenigde Koninkryk genoem word nie? Dit sal ongeluk oor die opvoering bring. Daarom staan dié klassieke werk dáár as die Skotse Drama bekend. Dié naslaanbron is die eerste omvattende Afrikaanse woordeboek oor bygelowe wat in Suid-Afrika verskyn.
Publication date: 2012-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869194635

Nie-fiksie / Non-fiction: Language & Literature / Taal & Letterkunde

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Language & Literature / Taal & Letterkunde
R 275
R 248You save R 27
Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar 'n aap in jou koffie is? Waarom staan 'n mens se strottehoof
bekend as 'n adamsappel? Is die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem omdat
die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het?
Publication date: 2011-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780627028120

Nie-fiksie / Non-fiction: Business / Besigheid

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Business / Besigheid
R 355
R 320You save R 35
Performance auditing can play a vital role in ensuring that taxpayers' money is spent economically, efficiently and effectively. Yet because it is difficult to explain its complexities to newcomers in the field in a way that makes sense the first time round, and because no two audits are identical, there is little practical guidance on the topic available in South Africa at present. Performance auditing: a step-by-step approach fills this gap. Performance auditing: A step-by-step approach focuses, step-by-step, on those elements that are relevant to all performance audits and can be applied easily and successfully. The second edition includes, among other things, a new section on strategic planning, additional illustrations of planning working papers on efficiency and economy, and updated terminology in line with that used in publications by the Presidency and the National Treasury of the Republic of South Africa. The numerous practical examples and case studies in the book make it ideal for hands-on use as a training guide. Performance auditing is aimed at practitioners, trainers and students in auditing.
Publication date: 2011-01-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869193706

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 190
R 171You save R 19
Baie min historiese feite is bekend oor St Lukas, die evangelis, maar in hierdie goed-nagevorste roman is 'n geloofwaardige verhaal geweef rondom hierdie Bybelse figuur.
Publication date: 2010-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.