●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Riana Scheepers

Results 1 to 15 of 17
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799351699

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 230
R 207You save R 23
Katriena, die char van die halwe huis in Tamboerskloof, is terug!
Met Katriena het Riana Scheepers 'n onvergeetlike karakter geskep wat almal in Suid-Afrika laat lag het - vir onsself. En nou is die ontstuitbare Katriena terug met nóg meer kwinkslae en stories.
Katriena is 'n vrou met 'n knieg aan haar, en somtyds ook 'n rug en 'n elmboog, maar sy is ook 'n vrou met 'n hart. 'n Ruim hart vol deernis met die wêreld: vir bergies en wedevroue en vroue wat alleen die wêreld moet aandurf, maar veral vir die mêrrem van die halwe huis en haar twee onhebbelike seunskinders.
Publication date: 2020-02-05
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780798158329

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 270
R 243You save R 27
Die heel beste kortverhale uit Riana Scheepers se oeuvre, die bundels Die ding in die vuur (1990), Dulle Griet (1991), 'n Huis met drie en 'n half stories (1994), Feeks (1999) en Katvoet (2009)] word hier saamgevat.
Dit sluit onder meer verhale in wat die fokus plaas op liefde en sensualiteit in hul vele vorme, asook Afrika-mistiek. Die storie wat aan die bundel sy titel verskaf - 'n verwysing na Jeanne d'Arc - is 'n splinternuwe, boeiende toevoeging tot dié skrywer se oeuvre.
Publication date: 2018-05-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624079361

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 150
R 135You save R 15
Gideonette onthou alles van die dag toe sy gebore is tot in die fynste besonderhede. Hoe almal gesê het hulle het nie hoop vir hierdie bondeltjie sprinkaanbene nie. En hoe sy besluit het sy WIL LEWE en hulle almal verkeerd bewys het. Dit is dan ook die eienskap wat haar deur haar kinderjare en grootwordjare kenmerk: haar veggees. Selfs wanneer rampe die gesin tref en die mense van die omgewing weer onder mekaar begin fluister van die vloek wat op die familie rus. Deur alles heen veg sy voort vir 'n beter lewe, en op die ou einde is die leser saam met haar bly wanneer dit duidelik word dat die lewe vorentoe vir haar gaan glimlag. 'n Buitengewone boek propvol lewe en vitaliteit.

ATKV-kinderboekprys vir 10-12 jaar (2003)
Publication date: 2018-04-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084303

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 260
R 234You save R 26
Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so 'n stormnag ontmoet Jana vir !X'uri. !X'uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.
Publication date: 2018-02-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624081920

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 325
R 293You save R 32
Hierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle Rympies vir Pikkies en Peuters wat in 2015 verskyn het. Met sy prettige volkleur-illustrasies bied dit 'n keurversameling verse spesiaal saamgestel vir drie- tot vyfjariges. Digby 400 rympies deur meer as 100 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van klein kinders se leefwêreld - in heerlike, maklike, sprankelende Afrikaans. Aangesien die bundel sorgvuldig beplan is om aan nasionale opvoedkundige vereistes te voldoen, vorm dit 'n onmisbare hulpmiddel vir opvoeders en versorgers in speelskole, met 'n nuttige gebruiksgids agter ingesluit. Rympies vir Kleintjies en Kleuters sal egter ook tuis wees in elke huis - om nie te praat van kuiertyd by Ouma en Oupa nie!
Publication date: 2017-11-20
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799382754

Nie-fiksie / Non-fiction: Food & Drink / Kookboeke

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Food & Drink / Kookboeke
R 380
R 342You save R 38
Drie uiteenlopende karakters, drie vriendinne: 'n Bemarker, 'n radioloog en 'n skrywer. Hulle is so verskillend soos komyn en kaneel, maar al drie is wêreldswerwers, kunstenaars en passievol verknog aan die eeu-oue wonderwerk van kosmaak. In die kombuis bruis hul vriendskap, of soms nié - want een is morsig met meel en heeltemal te oordadig as dit kom by rissies en peperkorrels, die ander meet alle mates presies af en swaai die houtlepel-septer van botter tot bobotie. Eeu-oue familieresepte en hartsgeheime word gedeel. Hulle het 'n neus vir nuwe neigings in die kulinêre wêreld, en dié word beproef, getoets en eie gemaak. Nuwe geregte word geskep, veral as dit diepnag is en jy jou sielgenote om jou het. Dit is dán wanneer die kokke dans. Hierdie drie vroue kuier en kook van die Weskus tot die Karoo, in die woud en die stad, oor die aardbol heen. Hulle deel hul liefde vir 'n kombuis, salf die wonde wat die lewe slaan, drink wyn, luister magiese musiek - en vier die lewe. Die resultaat van hierdie unieke vriendskap, en die geregte wat daaruit voortspruit, kan net SMEUL ... Smeul bevat ou bekende resepte, opgekikker in 'n nuwe moderne baadjie, maar ook 'n hele paar nuwe smake en interessante kombinasies uit die drie formidabele vroue se kombuise. Die boek bevat 110 resepte en bestaan uit vier afdelings. Weergalose Weskus, met resepte soos: Swartmossels met lekker bros brood; Braaisnoek op die kole; smoorsnoek én viskoekies; Calamari-, kiwivrug-en-kruisementslaai; oondpatat met suurroom en pikantrissies en veldkool Karooland, hartland, met resepte soos: Waterblommetjiesop; bruin wildvleissop met jenewerbessies en jenewer; pampoentert met lemoensjokolade; bolmakiesiepastei; Marietjie se Karoowors; ontbeende, gevulde skaapkop en biltongpatee Diep, diep in die donker woud met resepte soos: Botterskorsie-en-soetpatatsop met grondboontjiebotter; sampioenrisotto; ertjiemousse met kruisement; brandnetelbredie; malva-gemmerpoeding met appels; rolkoekpoeding met pere en witsjokolade en nastergalkaaskoek Sprokie vir 'n stadskind met resepte soos: beesstertsop met 'n Thaise kinkel; Marokkaanse lensies; artisjokke; oondgebakte kwartels; hupse hamburgers op roosterkoek; frikkadelle met plomp tamatiepuree op Afrika-polenta; kantkoekies en mooikoek
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624074281

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 330
R 297You save R 33
'n Paar jaar ná Nuwe Kinderverseboek, saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh, word Gertie Smit, opvoedkundige van Wellington, deel van die span. Hierdie bundel bied 'n keurversameling verse vir die heel kleintjies (1 tot 3 jaar) en is saamgestel volgens nasionale opvoedkundige vereistes. Die rympies dek al die onderwerpe wat deel is van kleintjies se leefwêreld - in maklike, sprankelende Afrikaans.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799356472

Nie-fiksie / Non-fiction: Food & Drink / Kookboeke

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Food & Drink / Kookboeke
R 505
R 455You save R 50
Die titel van die boek, Vallei van melk en heuning, sê dit alles: die oorvloed van eenvoudige dinge. Riana maak kos uit die oorvloed van wat haar tuin en die vrugbare vallei haar bied. Sy sê: 'Ek het grootgeword met die idee dat niks verlore mag gaan nie en niks word gemors nie; daarom is dit 'n kookboek met resepte (en stories) van hierdie plaas.'

Die Wamakersvallei is 'n streek van uiterstes: van sidderende somerhitte tot snerpende sneeuwinters. Dit is boomryk en waterryk en geil. Die vreugde en die ellende, alles gebeur in oormaat, onder die wakende oog van die Sewe Susters van die Hawekwa-berge. Hierdie boek is die resultaat: van die oorvloed uit haar tuin.

Vallei van melk en heuning word opgedeel in seisoene en die produk wat op daardie tydstip op die plaas en uit die omgewing beskikbaar is. Dit sluit 'n wye spektrum van resepte in: van geurige elke-dag-kos, tot uithaler gebak om enige gas mee te beïndruk. Maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus. Tussendeur die resepte vertel Riana stories, en maak dié meer as net 'n resepteboek, inderwaarheid 'n inspirerende lekkerlees boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.

Hierdie is Riana Scheepers se eerste kookboek.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799360318

Nie-fiksie / Non-fiction: Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Biography & Autobiography / Biografie & Outobiografie
R 265
R 239You save R 26
As skrywers het hulle reeds naam gemaak; hulle het literêre pryse gewen, die harte van lesers verower, diep spore getrap in die Afrikaanse kultuurwêreld ... Ons ken hulle as openbare figure, as skeppers van verhale en romans en rubrieke, maar wat is die intiemste, mooiste en selfs pynlikste jeug herinneringe van ons bekendste Afrikaanse skrywers? Was hulle as kinders reeds sensitiewe waarnemers, kunstenaars in wording? Hoe het hulle hul jeug beleef? En hoe word hierdie jeug herinneringe verwerk in hul tekste as gesofistikeerde skrywers?

Riana Scheepers en Leti Kleyn (samestellers van die trefferboek Die Afrikaanse Skryfgids) het skrywers gevra om hul kinder- of jeug ervarings te woord te stel. Daar was geen beperkings of voorskrifte nie, maar slegs gepubliseerde skrywers is om bydraes gevra.

Die resultaat is 'n unieke bloemlesing van 36 skrywers met die evokatiewe titel Spoorvat. Saam met ons skrywers vat ons die spoor terug na die verlede; 'n verlede wat net so kleurvol, vrolik, hartseer, innig en uiteenlopend is soos die mense van hierdie land.

Spoorvat is 'n belangrike bloemlesing, nie net omdat dit voortreflike tekste bevat van skrywers wat reeds hul kleim afgesteek het nie, maar omdat dit terselfdertyd ook unieke outobiografiese sketse is. Die leser kry 'n intieme en eerlike blik op die leefwêreld van 'n jong kind wat later in sy/haar lewe groot hoogtes bereik het.

Spoorvat is gekies as deel van die 2013 ATKV-gratisboekprojek en sal wye blootstelling ao deur die Taalgenoot ontvang.
Publication date: 2013-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799360059

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 235
R 212You save R 23
Purper en kaneel, komyn en smarag, die kunsboek oor die lewe en werk van die kunstenaar Hannetjie de Clercq wat in 2012 verskyn het, was oombliklik 'n wegholsukses. Riana Scheepers se teks, geskryf in 'n liriese narratief, in kombinasie met haar kunstenaarsvriendin se skilderye, het beide lesers en resensente gaande gehad.

'n Uitsonderlike afdeling van dié boek was die gedigte wat Scheepers spesiaal geskryf het vir 'n tiental skilderye wat in die boek opgeneem is - 'n unieke simbiose van kunsvorme wat dié twee kunstenaars se talente ten beste ten toon stel.

'n Luukse weergawe van hierdie pragboek het einde 2012 verskyn. Die boek, in 'n eksklusiewe en eenmalige oplaag van net 100 boeke, het dadelik 'n versamelaarsitem geword en is gretig deur kunsversamelaars en letterkundiges opgeraap. Wat dit so gesog gemaak het, is dat elkeen van die genommerde eksemplare 'n oorspronklike miniatuurskildery van die kunstenaar bevat, met 'n gedig wat die skrywer spesiaal vir elke skildery geskryf het. Die toonaard van verse sluit aan by die mistieke kleure, die nostalgiese verlange na die misterie en die ontwykende geheimenisse van vroue ... temas wat eie en uniek is aan die skilderwerk van Hannetjie de Clercq.

Talle mense wat die miniatuurskilderye en verse op uitstalling gesien het, maar nie 'n boek in die hande kon kry, of bekostig nie, het die kunstenaar en die skrywer versoek om dié 100 miniature en verse in boekvorm beskikbaar te stel. Die stilte in myself is die eindresultaat. Dit is 'n boek wat op treffende wyse die intimiteit, wysheid en die enigmatiese spektrum van emosies van vroue uitbeeld; van die jong meisie wat met 'n rooi mond die wêreld uitdaag, tot die misterie van 'n vrou wat agter 'n masker skuil; van die vrou wat vir die voetstap van haar minnaar wag, tot die aartsmoeder wat haar verbonde voel aan die aarde, en die hemel.

Die stilte in myself is 'n boek wat die leser deurgaans laat wonder of 'n vrou werklik 'n vrou is, of dalk 'n engel?
Publication date: 2013-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799356489

Nie-fiksie / Non-fiction: Arts & Architecture / Kuns & Argitektuur

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Arts & Architecture / Kuns & Argitektuur
R 510
R 459You save R 51
'As ek skilder voel dit asof my siel geborge is in die romantiek van Middeleeuse ikone. Mistieke kleure, 'n nostalgiese verlange na die misterie van die verlede, die ontwykende geheimenisse van vroue ...'
Hannetjie de Clercq is 'n kunstenaar wat haarself misterieus agter sluiers versteek. Intens privaat en beskeie is sy, bekend daarvoor dat sy nie oor haar kuns praat nie. 'Laat my skilderye self praat,' sê sy. In die onthullende dans van sewe sluiers is hierdie uitsonderlike kunstenaar des te meer verleidelik, veral as die sluierwaas in 'n ligte bries effens lig om aan die buitestaander 'n glimps te gee op haar ryk en geskakeerde wêreld, wat kortstondig sigbaar is.
Publication date: 2012-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780143530152

Nie-fiksie / Non-fiction: Dictionaries & Reference / Woordeboeke & Naslaanbronne

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Dictionaries & Reference / Woordeboeke & Naslaanbronne
R 260
R 234You save R 26
Wil jy skryf? Het jy kundige en ervare skrywers se hulp nodig om jou ideaal te verwesenlik? Die Afrikaanse Skryfgids, 'n hulpmiddel vir voornemende (en reeds gepubliseerde) skrywers, kan die wonderwêreld van woorde vir jou open.
Publication date: 2012-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624046769

Kinders: Versamelbundels

Kinders  -  Versamelbundels
R 385
R 347You save R 38
Hierdie bundel bevat, soos die titel aandui, 'n versameling heeltemal nuwe en oorspronklike gedigte. Dit bou voort op die wonderlike tradisie van DJ Opperman se Kleuterverseboek en Klein Verseboek, en dek onderwerpe wat met die destydse bundels nog nie deel was van kinders se leefwêreld nie, soos rekenaars, selfone, e-pos, internet en sms.
Publication date: 2009-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780636070516

Fiksie: Kortverhale

Fiksie  -  Kortverhale
R 203
R 183You save R 20
Die hersiene uitgawe van hierdie titel sluit 'n wye verskeidenheid outentieke kortverhale in. Die bundel bevat splinternuwe kortverhale wat vir die eerste keer gepubliseer word. Daar is opsommings, verklarende aantekeninge, vrae, aktiwiteite en wenke vir elke verhaal.
Publication date: 2008-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191467

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 150
R 135You save R 15
In 'n groot, groen woud met bome wat honderde jare oud is, woon daar 'n heks wat net so oud as die bome is -'n heks met groen hare. Haar naam is Arboreta. Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wêreld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of 'n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie.
Publication date: 2007-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.