●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776354436

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Illustrator: Cristy Zinn
Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 145
Hy is sterk en slim.
Hy is reg vir avontuur.
Hy hou nie van boelies nie.
Hy is 'n seun wat sonder 'n pa grootgeword het.
Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet.
Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe.
Theseus is 'n superheld wat in Antieke Griekeland geleef het. Hy het sonder 'n pa grootgeword maar op sy agtiende verjaarsdag vertel sy ma vir hom dat sy pa eintlik 'n koning is wat hom nie wou gehad het nie. Die enigste manier om sy pa se hart sag te maak, is om 'n paar sandale en swaard wat onder 'n reuseklip versteek is vir sy pa te vat. Sy pa soek 'n seun wat sterk en magtig is. Met sy superkrag kry Theseus die sandale en swaard en beplan om sy pa te gaan ontmoet, maar die pad soontoe is besonders gevaarlik. Theseus moet 'n klomp boewe verslaan en uiteindelik raak hy beroemd vir sy krag en goeie dade.

Theseus is 'n moderne hervertelling van 'n ou klassieke verhaal, soortgelyk aan Perseus, wat in Junie 2021 verskyn het.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776354412

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in 'n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in 'n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in 'n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en 'n vyand wat net nie wil los nie. En dan is daar Colden Breakspear. Die donkerkop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen? Hartklop is die eerste boek in 'n opwindende nuwe fantasiereeks vir jong volwassenes deur 'n belowende debuutskrywer. Die reeks bevat 'n pragtige liefdesverhaal, aksie, intrige en 'n magiese wêreld en is perfek vir aanhangers van skrywers soos Cassandra Clare, Holly Black, Leigh Bardugo en Sarah J Maas.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352296

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Een soen kan jou lewe verander Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Sy het hoë mure om haar hart en baie slotte aan haar voordeur om seker te maak sy is veilig en kry nie weer seer nie. Alles verloop seepglad totdat Hardus Steyn, 'n hartebreker en wingerdboer, haar soen. Hardus is 'n man wat dinge wil doen, probleme oplos en sy geliefdes beskerm en help. Trou en kinders kry was egter nog nooit deel van sy toekomsplanne nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen. Skielik het hy 'n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352579

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Kan liefde alle struikelblokke oorkom?
Anika was maar al te bly toe Ivan, haar vriend, so vinnig vir hul albei werk gekry het by die magtige eiendomsmagnaat, EVS. Dinge het aanvanklik goed begin, totdat die ontwikkelaar, Hugo, Anika se voete onder haar uitslaan. Anika sukkel om ʼn balans te vind tussen haar nuwe werk en haar gevoelens vir Hugo. Wat sy nie besef nie, is dat daar veel meer in die familiebesigheid skuil. Hugo is nie wie hy sê hy is nie, en Ivan is nie die vriend wat sy gedink het sy ken nie. Boonop is daar ʼn ondersoek na bedrog geloods en Anika is die hoofverdagte. Hoe sal die nuutgevonde liefde die stryd wen tussen al die misverstande, leuens en korrupsie?
Die verhaal speel af in 'n korporatiewe omgewing en het witboordjiemisdaad en geskende vertroue tussen geliefdes as onderliggende temas.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352456

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Liefde kom onverwags Anabel Verhage is die enigste dogter van welgestelde ouers en het pas klaar studeer. Sy gaan kuier by haar tante Jinni op die Seychelle terwyl sy werk soek op die internet, min wetende dat sy meer as net werk op die eiland gaan ontdek. Dokter Jerome D`Espeville is geskei en het ʼn vyfjarige dogtertjie. Hy woon saam met sy geliefde stiefma, Jinni, in ʼn groot plantasiehuis op die eiland. Hy is nie haastig om weer te trou nie, al het sy teatersuster haar oog op hom. Anabel se teenwoordigheid in die huis kom krap Jerome se kop heeltemal deurmekaar. Saam met haar ontdek hy weer die ligter sy van die lewe en begin hy weer in liefde hoop. Maar sal Anabel sy verlede en kind aanvaar en 'n kans op geluk waag?
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351473

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 280
Dis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan. Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk. Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776354887

Christelik / Christian: Bereavement & Counselling / Troos & Berading

Christelik / Christian  -  Bereavement & Counselling / Troos & Berading
R 300
Spel-, aktiwiteits-, lees- en gespreksidees vir all ouderdomsgroepe 'n Toeganklike gids en aktwiteitsboek wat ouers, familie, onderwysers en vriende van kinders van alle ouderdomsgroepe sal help om met verlies om te gaan en dit te verwerk. 'n Mens wil glo dat kinders nie verdriet ervaar nie, maar hulle beleef dit wel. Selfs as 'n mens dit regkry om kinders teen die ergste hartseer te beskerm, sal daar tog 'n keer kom wat hulle een of ander vorm van verlies ervaar en daaroor sal rou. Die dood van hetsy 'n maat, familielid of troeteldier, is nie die enigste vorm wat verlies aanneem nie. Ook as ouers skei, verander 'n kind se lewe dramaties en kan sy nét sulke heftige emosies beleef soos wanneer iemand sterf. Kinders is veerkragtig en kan met hulp weer hul lewens voortsit. Dié boek bevat wenke, idees en 'n leesgids vir ouers, onderwysers, familie en vriende van kinders van alle ouderdomme. Die aktiwiteite in die boek help om spelenderwys 'n ruimte vir heling vir kinders te skep. Die pragmatiese en sensitiewe raad het ook ten doel om volwassenes 'n woordeskat te gee wanneer verdriet hulle tot stilte ruk. Die boek is spesifiek vir geskryf vir die Suid-Afrikaanse konteks.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322944

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 235
“U is soggens se opstaan en saans se gaan slaap. Dankie vir vanjaar se reisplanne. Ek volg in u spoor.” Uit die Beek gee al vir amper 100 jaar daaglikse geestelike leiding en inspirasie aan generasies van gelowiges, tog bly dit vars en relevant. Dit is steeds geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2023 sit ons ons poging voort om die Bybel in vier jaar deur te lees. Ons lees uit Levitikus, Deuteronomium, I en II Konings, 'n klompie Psalms en Spreuke, die eerste deel van Esegiël, asook Daniël, Obadja, Jona, Miga, Nahum, Habakuk en Sefanja. In die Nuwe Testament lees ons uit Lukas, Galasiërs, Kolossense, I en II Petrus en Judas. Groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351459

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 300
Engele bestaan werklik, al kan ons hulle gewoonlik nie sien nie. Maar wat doen engele, waar woon hulle en watter rol gaan hulle in die toekoms speel? Die onsienlike wêreld van engele fokus nie net op die heilige engele nie, maar ook op Satan en sy gevalle engele wat ná hul skepping téén die Skepper gekies het. Hierdie boek neem die leser op 'n opwindende reis deur die Bybel: die kosmiese oorlog wat sedert Satan se val in die onsienlike wêreld van engele afspeel. Elke mens speel 'n rol in hierdie worstelstryd, veral in die laaste tye. Uitverkore engelwesens bly naby die troon van God in die derde hemel, maar soos wat die “dag van die Here” nader kom, is goeie én veral slegte engele toenemend by wêreldgebeure betrokke. Wanneer die Here van die leërskare in sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, sal die onsienlike dan sienlik word? Die skrywer poog met hierdie boek om vir die leser meer Bybelse kennis oor die onsienlike wêreld van engele te gee. Die doel is dat dit van praktiese hulp in die geestelike worstelstryd sal wees, en sluit praktiese Bybelstudie vrae vir elke hoofstuk in. Jaco Scholtz (MTh [Nuwe Testament]) is 'n navorsingsgenoot van die Departement Ou en Nuwe Testament aan die Universiteit van Stellenbosch, die skrywer van 'n tiental geakkrediteerde artikels, en hy blog vir FaithEquip. Die onsienlike wêreld van engele is Jaco se derde boek.
Publication date: 2022-08-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322814

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 240
Het jy jou geloof verloor of het dit gegroei en verander? Is daar ander maniere om te dink oor waarheid, God, die Bybel en kerk as die tradisionele manier? Vandag se mense wil nie in allerhande dogmatiese belydenisskrifte vir antwoorde krap nie en die kerk beïndruk hulle beslis nie. Dikwels stap mense weg van hulle jarelange geloof. Dit is nie 'n klein, maklike besluit nie. Hierdie boek is nie veronderstel om vol antwoorde te wees nie, dit is 'n gids op jou geloofsreis. Dit wys dat daar 'n ander manier is om te dink oor geloof, God en godsdiens. Dit is 'n uitnodiging om vrae te vra en te twyfel, te stoei en teen God se bors te slaan. Want Hy is daar en Hy bestaan en Hy het jou oneindig lief.
Oor die skrywer: Pierre du Plessis is die leraars by InVia gemeente in Rondebosch, Kaapstad. Hy is onlangs as leraar in die NG kerk bevestig. Hy dra by tot verskeie blogs en sy praatjies oor kreatiwiteit en hoe om te leef en te werk in 'n vinnig veranderende wêreld is gewild. Hy ontvang die Gerrit Brand-Desmond Tutuprys vir Jesus ruik na mirre en stof.
Publication date: 2022-08-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928363125

Nie-fiksie / Non-fiction: Animals / Diere

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Animals / Diere
R 695
R 556You save R 139
VELD Birds of Southern Africa: The complete photographic guide incorporates the latest photographs, and research and atlas information on, all species of birds recorded in southern Africa to date. This comprehensive field guide contains almost 2 000 beautiful colour photographs, as well as:
• the latest information on all 991 bird species in southern Africa
• concise entries focusing on identification, behaviour, possible confusion and habitat, along with differences in sex, age, colour morphs and subspecies
• at-a-glance information on each species' size, food, status and sociality
• brand-new, colour-coded distribution maps reflecting each bird's status and abundance
• full-length and quick indexes
• an app providing bird calls and additional photographs of plumage variations.
An essential companion, whether you're out in the field or on the
couch at home.
Publication date: 2022-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928363132

Nie-fiksie / Non-fiction: Animals / Diere

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Animals / Diere
R 695
R 556You save R 139
VELD Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto's, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige
kleurfoto's, asook:
• die nuutste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
• bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
• opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
• bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
• 'n volledige en verkorte register
• 'n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto's van kleurvariasies.
Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids 'n onontbeerlike metgesel.
Publication date: 2022-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781474612487

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 215
Thousands of years ago the inhabitants of Mesopotamia became the first to use numbers. Since then, mathematics has been unstoppable. It's behind almost everything, from search-engines to cruise-control, from coffee-makers to timetables. But now that we hardly ever need to do arithmetic, how relevant is mathematics to everyday life? Pluses and Minuses demonstrates the role mathematics plays in human endeavour. It answers questions such as: What is life without numbers? Is the usefulness of mathematics mere chance? How can we get a grip on uncertainty? Stefan Buijsman's richly entertaining guide makes connections between philosophy, psychology and history, while explaining the wonderful world of mathematics for absolutely everyone.
Publication date: 2022-07-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781529380941

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 215
Make a wish . . . 'An unputdownable fairy tale' Kerri Maniscalco, New York Times bestselling author of Kingdom of the Wicked From the #1 Sunday Times bestselling author of the Caraval series, the first book in a new series about love, curses, and the lengths that people will go to for happily ever after. For as long as she can remember, Evangeline Fox has believed in happily ever after. Until she learns that the love of her life is about to marry another, and her dreams are shattered. Desperate to stop the wedding, and heal her wounded heart, Evangeline strikes a deal with the charismatic, but wicked, Prince of Hearts. In exchange for his help, he asks for three kisses, to be given at the time and place of his choosing. But after Evangeline's first promised kiss, she learns that bargaining with an immortal is a dangerous game - and that the Prince of Hearts wants far more from her than she pledged. He has plans for Evangeline, plans that will either end in the greatest happily ever after, or the most exquisite tragedy . . . 'Enchanting, intriguing, and delightfully whimsical' Brigid Kemmerer, New York Times bestselling author of the Cursebreaker Series 'Enchanting and mysterious' Renee Ahdieh, New York Times bestselling author of The Wrath and the Dawn 'A dazzling mix of mystery, romance, and magic' Karen M. McManus, #1 New York Times bestselling author of One of Us Is Lying 'A deadly, addictive, and utterly enchanting fairy tale. Loaded with magic and steamy slow-burning romance, I couldn't put it down' Mary E. Pearson, New York Times bestselling author of Vow of Thieves 'Stephanie Garber spins a spellbinding tale' Sabaa Tahir, author of New York Times bestseller Ember In the Ashes
Publication date: 2022-07-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781801108607

Fiction: Novels

Fiction  -  Novels
R 230
'A sharply written story with messy, deeply moving characters' Taylor Jenkins Reid 'I was captivated by the writing from page one... Powerful' Lizzie Damilola Blackburn 'The story of Kemi, Muna and Brittany-Rae - Black women hoping to start anew in a society that does not see them - is a story for these times' Chika Unigwe 'A sexy, surprising, searing debut about love, loss, desire, and the many dimensions of Black womanhood. Timely and terrific!' Deesha Philyaw Three very different women are desperate for their lives to change. Though strangers, they are drawn to the same place: Stockholm, a city famed for its egalitarianism. But beneath the city's glittering surface lurk challenges old and new. Challenges that threaten to tear them down once and for all...
Publication date: 2022-07-31

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.