DISCOUNT ONLY ON ONLINE PURCHASES ●●● FREE Pargo delivery on orders above R350

Search results: SCM

Results 1 to 4 of 4
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9781415332306

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 130
R 117You save R 13
God se oneindige verrassings - afgelei van die immergewilde Daily Guideposts Devotional wat lesers al vir baie jare inspireer - is 'n betroubare metgesel wat lesers help om te groei en hul geloof uit te leef in hul daaglikse lewens.
God se oneindige verrassings bied vir elke dag 'n kort Skrifgedeelte om oor te besin, vergesel deur 'n dagstukkie, wat bestaan uit 'n ware verhaal, geskryf in die eerste persoon in 'n informele gesprekstyl. Dit handel oor die maniere waarop God met ons praat deur die alledaagse gebeure van die lewe, en dan volg 'n kort gebed om die leser se eie gebede te help fokus en om die dag se boodskap toe te pas. Vir diegene wat meer Skriftuurlike diepte in hul stiltetyd soek, bied die 'delf dieper' stukkie bykomende Bybelverse wat verband hou met die dag se stukkie.
In net vyf minute per dag sal God se oneindige verrassings lesers help om elke dag van die jaar geestelike diepte in hul lewens te kry.
Die tema van 'oorvloedige vreugde' bevestig op elke bladsy God se aanbod van sy liefde en leiding vir elke dag.
Stel jou voor: 'n jaar gevul met liefde en goedheid - van die oggend tot die aand. 'n Hele 365 dae wat voor jou uitstrek, elkeen nuut en vars, sinryk en volmaak. Jou 52 reisgenote in God se oneindige verrassings gaan jou help om elke oggend die dag vol geleenthede te verwelkom en aan te gryp. Hierdie 52 bydraers gaan hul oorwinnings en worstelinge met jou deel, en hand aan hand saam met jou deur die jaar stap. Al die bydraes weerspieël vanjaar se tema: 'Oorvloedige vreugde'.
'Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!' (Rom 15:13). Hierdie Skrifgedeelte belowe dat God se oneindige liefde jou onderhou. Al voel jy afgerem, uitgeput of oorweldig deur probleme, wil jou geestelike reisgenote in God se oneindige verrassings jou nader aan God bring sodat Hy jou hart met vreugde en vrede kan vul omdat jy op Hom vertrou. Begroet elke dag met dankbaarheid en lof, want jou seëninge is hier! God se beloftes hou altyd stand, sy liefde verander nooit nie en sy voorraad raak nooit uitgeput nie.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9781415330043

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
R 225You save R 25
Dit is die Bybel oorvertel vir jonger kinders in 365 geliefde stories. Dit bied 'n deurlopende verhaal van Genesis tot Openbaring in kronologiese volgorde en word geïllustreer deur 'n verskeidenheid van gewilde kunstenaars. Elke storie sluit die betrokke Bybel verwysing sodat lesers verder kan verken as hulle wil.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9781415334911

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 180
R 162You save R 18
Word verkwik en bemoedig deur krag te put uit tyd in God se teenwoordigheid.

Wanneer die lewe veeleisend raak, is dit belangrik om steeds tyd in te ruim vir 'n paar oomblikke van vrede.

Oomblikke met God vir vroue kan 'n groot verskil in jou dag maak, en jou voorsien van Goddelike wysheid en insig om jou geloof te versterk en jou te bemoedig. Bring elke dag tyd deur in God se teenwoordigheid en vind nuwe hoop, vrede, vreugde en krag in hierdie oordenkings en Skrifgedeeltes.
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge

Out of print

9781415328989

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 200
R 180You save R 20
Bybelstories vir kleuters, geskryf deur 'n span voorskoolse kerkonderrig-kundiges, laat die Bybel lewe vir jong kinders.
- Die belangrikste stories van die Bybel (Ou en Nuwe Testament) word oorvertel op so 'n manier dat jong kinders dit maklik
kan verstaan en onthou. Ná elke storie is daar ook 'n Bybelvers wat hulle maklik kan memoriseer.
- Die dinamiese, kleurvolle illustrasies wat op elke bladsy verskyn, sal kinders se verbeeldings aangryp, terwyl dit 'n lewenslange
liefde vir God se Woord in hulle kweek.
- Behalwe die oorvertellings, sluit elke storie prettige, maklike aktiwiteite in wat ouer en kind saam kan doen. Die aktiwiteite
help die kinders om die stories te onthou en deel van hulle lewe te maak.
Publication date: 2014-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.