●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Santie van der Merwe

Results 1 to 7 of 7
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799396515

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
R 225You save R 25
Hoe oorleef 'n mens tragedie ná tragedie?
Neil Viljee vlug Australië toe ná ʼn tragedie, maar hy kom terug toe sy ma hom laat weet sy pa is terminaal siek: om afskeid te neem en sy ouers by te staan. Dis egter nie sy ma wat hom inwag nie. Hy tref sy pa, ʼn familievriendin en sy niggie se ontwrigte tienerdogter aan, want sy ma is onverwags dood aan ʼn hartaanval.
Neil besef dat hy in Australië net sy vroeëre rouproses uitgestel het, en die verlies aan sy ma dwing hom om die verwoestende gebeurtenis wat hom landuit laat vlug het in oënskou te neem. Karel probeer Neil help midde-in sy eie droefheid en fisieke agteruitgang. Millie skep orde terwyl sy ʼn besluit probeer neem oor haar huwelik wat in gevaar is. Charlie weet dat sy nie terug kan gaan na haar bedenklike huislike omstandighede nie, en sy probeer haar agterstallige skoolwerk inhaal en ʼn toekoms op haar eie karteer.
Elkeen verwerk die geliefde Lea se dood op ʼn eiesoortige manier. Innerlike konflik word na die oppervlak gedwing en geheime en waarhede word ontbloot. Hulle vorm ʼn unieke gesin, wat mekaar dwing tot selfondersoek, maar wat mekaar veral ondersteun en bystaan, en elkeen vind ʼn mate van vrede.
Hierdie is veral 'n storie oor die genesing van ou emosionele wonde. Die manlike hoofkarakters dryf die roman en gee insig in die manlike psige, terwyl die altyd teenwoordige kat in die skrywer se romans (byna soos in die Frans-Joodse kunstenaar Marc Chagall s'n) al sinoniem is met haar werk en al haar handelsmerk geword het.
'n Goeie jaar vir rose is Santie van der Merwe se sewende roman. Die laaste drie boeke wat dit voorafgegaan het, is: Ver in die wêreld Kittie, Die einde van die storie en Al wat oorbly.
Publication date: 2019-08-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799390322

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
R 225You save R 25
Is dit moontlik om geluk te vind in 'n huwelik wat twee stiefkinders insluit?
Julia Meiring het haar ma verloor toe sy ses jaar oud was. Haar pa is dadelik weer getroud, en sy is deur 'n ongenaakbare stiefma grootgemaak wat byna die teenoorgestelde was van haar liefdevolle ma wat feitlik al haar aandag aan haar laatlammetjie gewy het.
Julia vind die liefde van haar lewe in haar buurman, Wynand du Toit. Hy is 'n geskeide man, en die pa van twee kinders maar Julia laat haar deur die verhouding meesleur want Wynand se kinders woon in die Kaap by hul ma, en sy kan hulle heeltemal vermy.
Omstandighede dwing Wynand se eks en haar gesin terug Gauteng toe, en Julia verbreek summier hulle verhouding. Sy sien nie kans om ʼn ma te wees nie, en nog minder ʼn stiefma.
Haar drakoniese stiefma sterf, en Julia besef weer eens hoe min sy van haar eie ma weet. Sy probeer ʼn beeld van haar ma saamflans uit die herinneringe wat haar veel ouer sibbe half onwillig met haar deel. Stadig maar seker besef sy dat haar ma nie ʼn engel was nie, dat haar stiefma nie inherent boos was nie, en dat die liefde tussen haar en Wynand nie te ruste gelê kan word nie.
Publication date: 2018-09-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385694

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
R 125You save R 125
Lizzie de Villiers dink sy het haar man, Marthinus nie meer lief nie. Sy neem haar lewe en hulle huwelik van 28 jaar in oënskou. Wanneer het hulle uitmekaar begin dryf? Sal sy hulle ou liefde weer kan laat ontvlam? As sy nie kan nie, moet sy in hulle liefdelose, maar gemaklike huwelik bly, of moet sy maar haar eie paadjie stap? Marthinus stem nie met Lizzie saam nie. Volgens hom is daar niks verkeerd nie, en hy wil gewis hê Lizzie moet bly, lief vir hom of nie. Die konflik tussen Lizzie en Marthinus veroorsaak konflik tussen Lizzie en hulle dogter Estelle, wat op die ouderdom van vier en twintig skielik soos 'n tiener optree. Beide Lizzie en Marthinus voel daar is fout, maar sy bly afsydig en byna vyandig, veral teenoor Lizzie. Lizzie se vertwyfeling bring haar egter nader aan die ander vroue in haar lewe. Hulle word groter bondgenote, elkeen met 'n unieke perspektief. 'n Geleentheid om afstand te kry tussen Lizzie en Marthinus duik op, en Lizzie gryp dit met albei hande. Sy bevraagteken gou haar oënskynlike onafhanklikheid, en Marthinus word gedwing om hand in eie boesem te steek. Sal hierdie huwelik die toets deurstaan?
Publication date: 2017-09-09
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799382631

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 300
R 270You save R 30
Kittie Barnard bevind haarself werkloos en in 'n finansiële verknorsing in Londen, en vind uit haar Engelse verloofde is oneerlik en ontrou. Voordat sy kan besluit wat om te doen, kry sy 'n oproep van haar ouer suster dat hulle ma, Gertruida, 'n tweede beroerte gehad het. Sy het hulp en versorging nodig. Gertruida is 'n pensioentrekker, met geen ander bron van inkomste nie. Kittie se suster en broer het probleme van hulle eie, en hulle voel dit is Kittie se beurt om te help. Kittie voel verwond en verbitter, en het nêrens anders om heen te gaan nie. Sy is fanaties oor haar eie onafhanklikheid, en sy en haar ma het nog nooit langs dieselfde vuur gesit nie. Nou is sy vasgevang in die huis waarvan sy so gou as wat sy kon, weggevlug het. Gertruida is vasgevang in 'n liggaam wat haar om elke hoek en draai in die steek laat, en oorgelaat aan die genade van die dogter oor wie sy soveel skuldgevoelens het. Beide Kittie en Gertruida word gekonfronteer met spoke uit die verlede, en het 'n lang pad na herstel, maar het uiteindelik 'n kans om hulle verhouding te red.
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799380231

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 257You save R 28
'n Motorongeluk ruk Anneleen Gericke uit die hede uit, in die verlede in. Geheueverlies wis die laaste vier en twintig jaar uit, en sy kan ook nie onthou dat sy getroud is en kinders het nie. Sy soek antwoorde, maar daar duik voortdurend meer vrae op. Hoekom het sy die keuses gemaak wat sy gemaak het? Kan sy 'n ma wees vir die nuuskierige elfjarige seun en die opstandige, moeilike, agtienjarige dogter? En bowenal, kan sy Christiaan weer liefkry? Het sy hom ooit liefgehad?
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799375657

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 257You save R 28
Dis die tweede boek in die tweeluik wat begin met Gelyke kans. Jessica en Anton de Lange besef dat die huwelik wat hulle die afgelope paar maande aan mekaar probeer plak het, nie redbaar is nie. Die noodlot gryp in, en ruk Anton finaal weg. Jessica bly agter, van voor af verpletter. Sy moet staande bly ter wille van haar drie kinders, en haar florerende besigheid wat soveel ander mense se lewe raak.
Toe sy besef haar jeugliefde, Joe Verster het moed opgegee om haar liefde te probeer wen, is dit vir haar 'n dubbele verlies. Joe het 'n kontrak geteken om vir 'n jaar by 'n kliniek in Kenia te werk. Hy gaan terugkom, verseker hy haar. Dit sal haar tyd gee om haar verlies te verwerk, om haar lewe in oënskou te neem.
Sal Jessica en Joe se liefde die toets van tyd deurstaan? Is dit ooit ware liefde, of bloot versotheid? En sal hulle ooit ontslae wees van die spook van Anton de Lange?
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799373615

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 285
R 257You save R 28
Nadat haar kinders uit die huis is, het Jessica de Lange haar hart en siel in haar nuwe oudhedebesigheid gestort. Haar lewe het weer rigting en betekenis gehad. Die toekoms saam met Anton, haar man van baie jare, het rooskleurig gelyk, maar toe ruk Anton die mat onder haar voete uit: Daar is iemand anders in sy lewe, en Jessica moet opsy staan.
Verward, gekrenk en verneder vlug sy na hulle strandhuis, om haar wonde te gaan lek, en haar toekoms alleen in oënskou te neem. 'n Onverwagse ontmoeting met 'n jeugliefde ontspoor haar egter weer. Tussen haar en Joe vat 'n passie vlam wat al die jare smeulend bly lê het. Maar Jessica weet sy moet eers die vorige hoofstuk in haar lewe afsluit, dat sy eers 'n egskeiding moet kry voordat sy en Joe enige kans op geluk kan hê. Intussen begin Anton se verhouding met die jonge Esmie krakies wys. Dis 'n bestiering toe hy 'n vergete kontrak, wat hy en Jessica jare gelede gesluit het, tussen hulle persoonlike dokumente vind. Dit stipuleer dat hulle mekaar nog 'n kans sal gee indien een van hulle iemand anders sou vind. Anton besef hy het die grootste fout van sy lewe gemaak, en hy pleit dat Jessica hulle ou kontrak sal eer. Jessica stem huiwerig in, maar sy bly wonder of daar hoegenaamd nog iets is om te red?
Sal sy ooit weer vir Anton kan vertrou? Bowenal - het sy hom ooit werklik liefgehad?
Publication date: 2015-03-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.