●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Susan Coetzer

Results 1 to 9 of 9
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge

15

9780796322784

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 260
R 208You save R 52
Die wêreld het meer sonneblommense nodig - mense wat hulle koppe na die Son toe draai, mense wat meer soos Hy wil wees. Transformasie begin as ons ons deel begin doen en verantwoordelikheid aanvaar om ons negatiewe gedagtes bewustelik by die alomteenwoordige Son te vernuwe. Kom ons maak dit ons doel om elke dag 'n rapsie meer na Jesus se voorbeeld van christenskap en menswees te lyk. Met hierdie 260 sonneblom dagstukkies nooi Susan jou uit na 'n avontuur van sonsoek - al agter die Son aan.
Publication date: 2021-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798180573

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 325
R 260You save R 65
Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is 'n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis 'n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar huis rondjaag en die gevoel van onheil soos 'n uil op die dak kom sit, dokter sy graag die kompulsief obsessiewe simptome met 'n glasie wyn of twee . . .
Publication date: 2021-06-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321398

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 230
Koeke en terte gee jou skreeusnaakse wenke oor die verskille tussen mans en vroue en verskillende tipe vroue. Dit is geskik vir almal wat 'n goeie humorsin het - en veral vir hulself kan lag. Susan takel ernstige onderwerpe soos dat jy as vrou is goed genoeg is, jy nie so hard op jouself moet wees nie en jy is genoeg vir God net soos jy is. Sy help jou om jouself te leer waardeer en jou eie gawes te ontwikkel en om by jouself en ander te leer.
Publication date: 2019-09-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320490

Christelik / Christian: Devotionals Women / Dagstukke - Vroue

Christelik / Christian  -  Devotionals Women / Dagstukke - Vroue
R 270
In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerlees-dagstukkieboek is daar elke dag 'n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe - om jou innerlik te versterk as mens. Dit is 'n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat jy (en ek) meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit en probleme.
Publication date: 2018-07-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798176569

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 335
“Ek wil 'n enkelkaartjie bespreek,” fluister Selma aan die man agter die toonbank in Flight Centre.
“Waarnatoe?” vra hy en kyk op.
“Geen idee nie,” sê Selma en lek oor haar droë lippe. “Solank dit baie ver van Johannesburg is.”

Selma Barnard se hele lewe het soos 'n kaartehuis inmekaargetuimel. Eers verloor sy haar man, toe haar kinders, en nou is haar hart van nuuts af gebreek deur 'n sogenaamde ridder op 'n wit perd. Hoe kon sy haar so misgis het? En waar was Louise, haar hartsvriendin van veertig jaar? Hoekom het sý haar nie gewaarsku nie. Indië toe, dis waarheen sy sal vlug, besluit Selma. Sy sal al haar durf en moed bymekaarskraap, vrou-alleen op die vliegtuig klim Mumbai toe, en 'n nuwe mens terugkom. À la Eat Pray Love.

Solank sy net daai stemmetjie binne haar kan ignoreer wat sê Alles is nie pluis nie …
Publication date: 2018-05-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432206741

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 289
Soetgoed vir die siel is ʼn samestelling van drie van Susan Coetzer se verhale oor die soeke na soetgoed vir jou siel.
Die 3-boeke-in-1 sluit in: Oros vir die Siel, Custard vir die Siel en Tjoklits vir die Siel.

Oros vir die siel:
Op die ouderdom van twee-en-veertig het Kyle van Aswegen oënskynlik alles: 'n skatryk man, twee normale tienerkinders, 'n weelderige huis en moody copper highlights in haar hare. Maar die man praat feitlik niks, die kinders toon aweregse neigings, die huis raak al hoe meer soos 'n tronk en die highlights voel net moody.
Vir meer as dertig jaar probeer Kyle om die gat in haar binneste vol te maak . Die gat wat oopgeruk is toe sy haar ma met onsiende oë langs die geel linoleumtafel aangetref het. So lank al probeer sy die Oros vir die siel vind wat haar ma voortdurend ontwyk het - in drank, dwelms, seks, geld ... tot sy op die dag van haar man se vyftigste verjaarsdag besef dat daar te veel pointers is om die uitnodiging langer te ignoreer: Sy sal die kerkding probeer. En die Here praat met haar, reguit en duidelik. By Hom kan sy die swaar tas afgooi en die inhoud uitskud, kry sy die moed om alles uit die kas te laat kom wat haar lewe so moeilik gemaak het. Maar dis nie 'n quick fix nie , en die grootste toets lê nog voor...

Custard vir die siel:
Op die vooraand van haar 25ste huweliksherdenking behoort Isabella se lewe goed te wees. Sy is getroud met Herman, 'n bekende sielkundige, en het twee tienerseuns en 'n mooi huis.
Maar eintlik is haar lewe besig om uitmekaar te val. Dit maak dat sy haar toevlug neem tot soetgoed en Ingrid Jonker se somber poësie. En sy het die verskriklikste vermoede ... Dan verras Herman haar met 'n reis na haar geboorteland. Dit is 'n reis wat haar eers naak stroop - en dan haar pyn in purpose omskep. Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar...

Tjoklits vir die siel:
Vier vroue in hul veertigs. Aan die buitekant all glitz and glam, maar onder draai die duiwel rond... Suzanne, pleaser wat sloof vir haar man en drie tieners. Sy druk maar ore toe vir die menopause-wolf wat aan haar voordeur hamer en 'n spook wat oor haar Monet-roostuin buite die kombuis venster sweef...water Johan se mond dalk vir groener weivelde? Christel, haar kinderlose, wyser-as-die-wereldsuster, is drop dead beautiful en 'n celeb op Italiaanse spykerhakstewels. Die uiteinde van haar Mario se flings met systringemodelle is 'n skeipaartie waar die bird of Paradise 'n paar glans groen vere verloor... Adri, koel sakevrou en mik na die Who's Who Map. Franco mag nou wel werkloos wees, maar is steeds 'n beeld van 'n man en hou darem die twee tieners aan die gang. Haar beste vriend is botox - en haar verhouding met haar man en kinders is ewe leeg en sonder siel. Lisa, dromerige ontwerper van vloeiende skeppings vir vroue, het haar hart vir straathonde en bedelaars behou... al boelie haar welaf Stephen Covey-man haar...
Publication date: 2017-03-03
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781432205959

Christelik / Christian: Women's Interest / Vroue

Christelik / Christian  -  Women's Interest / Vroue
R 119
Hoe kry jy dit reg om jouself te herlaai en net asem te skep as alles wat moontlik verkeerd kan loop op een slag gebeur?

Ousus het met 'n dik mond uit die bed geklim, die melk is net genoeg vir een koppie koffie, en daar is nog drie ander wat ook moet kry! By die werk laat weet boetie sy taak lê nog by die huis en hy het dit nou nodig of dis 'n nul vir gisteraand se laat werk. En boonop verstaan jou kollega by die werk nie dat jy eintlik baie besig is nie.

As jy al sulke dae beleef het, weet jy dat daar nie sommer iets is wat dit kan omkeer nie. Die issues raak net groter en jou irritasievlakke skiet deur die dak. Later byt jy almal se koppe af en selfs die hond loop wye draaie om jou. Dan is dit tyd dat jy Susan Coetzer se nuwe boek, Mamma het 'n breek nodig, vir jou koop.

Sy sal jou op haar humoristiese manier vertel dat sy ook sulke dae beleef en hoe jy dit beter kan maak. Of dit nou is met 'n lekker stappie om die blok, 'n glas wyn of om terug te grom vir die probleme. Susan se boek sal jou dag beter maak.

Sit terug en lees lekker
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781770312807

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 149
Vier vroue in hul veertigs. Aan die buitekant all glitz and glam, maar onder draai die duiwel rond... Suzanne, pleaser wat sloof vir haar man en drie tieners. Sy druk maar ore toe vir die menopause-wolf wat aan haar voordeur hamer en 'n spook wat oor haar Monet-roostuin buite die kombuis venster sweef...water Johan se mond dalk vir groener weivelde? Christel, haar kinderlose, wyser-as-die-wereldsuster, is drop dead beautiful en 'n celeb op Italiaanse spykerhakstewels. Die uiteinde van haar Mario se flings met systringemodelle is 'n skeipaartie waar die bird of Paradise 'n paar glans groen vere verloor... Adri, koel sakevrou en mik na die Who's Who Map. Franco mag nou wel werkloos wees, maar is steeds 'n beeld van 'n man en hou darem die twee tieners aan die gang. Haar beste vriend is botox - en haar verhouding met haar man en kinders is ewe leeg en sonder siel. Lisa, dromerige ontwerper van vloeiende skeppings vir vroue, het haar hart vir straathonde en bedelaars behou... al boelie haar welaf Stephen Covey-man haar.
Publication date: 2012-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770311602

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 149
Op die vooraand van haar 25ste huweliksherdenking behoort Isabella se lewe goed te wees. Sy is getroud met Herman, 'n bekende sielkundige, en het twee tienerseuns en 'n mooi huis.
Maar eintlik is haar lewe besig om uitmekaar te val. Dit maak dat sy haar toevlug neem tot soetgoed en Ingrid Jonker se somber poësie. En sy het die verskriklikste vermoede ...
Dan verras Herman haar met 'n reis na haar geboorteland. Dit is 'n reis wat haar eers naak stroop - en dan haar pyn in purpose omskep.
Nou moet sy leer om haar vryheid te aanvaar ...
Publication date: 2009-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.