●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Susan Olivier

Results 1 to 8 of 8
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385762

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
R 89You save R 196
Aanloklike proposisie - Susan Olivier
Rene sal enigiets doen om hul familiebesigheid uit vreemde hande te hou. Sy sal selfs die nuwe eienaar se proposisie oorweeg: dat sy sy minnares word ... Hy is immers onweerstaanbaar, hoe kwaad hy haar ook al maak.

Goudgeel liefde - Santi Neven
Salome is 'n opkomende skilder wat op die weeklikse kunsmark 'n bestaan probeer maak. Tot 'n vreemdeling met grysblou oe vir haar 'n uitstalling reel. Maar hy is eintlik slegte nuus, te veel soos haar eksman. Of is hy?

Goedgenoeg vir Mienke - Erika Swart
Die testament bepaal Mienke moet Goedgenoeg verdien deur na 'n jaar wins te toon. Daarvoor sien Mienke kans. Waarvoor sy nie kans sien nie, is haar buurman. So dierbaar en behulpsaam as wat hierdie Ruben-man is wanneer hy op sy perd die werf inkom, so kan sy buie wissel. Mienke weet nie genoeg om dit te verklaar nie. Maar sake word wel duidelik toe die modelmooi en bedorwe vroumens en die se ma op die buurplaas aankom, al twee vasberade om Ruben se ring aan die modelletjie se vinger te kry - of niks te erf nie.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391411

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 165
Sy wens sy kon omdraai …
Anja kon haar geluk nie glo toe sy die vakature by die Hoë Prestasiesentrum in Pretoria in haar inboks sien nie. Dis so reg in haar kraal. Hulle soek ʼn fisioterapeut wat deel is van ʼn span medici en sportkundiges wat met belowende sportsterre werk. Nie alleen het sy die vereiste kwalifikasies nie, maar sy was in eie reg ʼn sportster. Vir jare was sy die junior nasionale vrouetenniskampioen in die land. Dis ook hoekom die Universiteit van Kalifornië haar ʼn sportbeurs aangebied het. Helaas het die opkikkerskandaal ʼn einde aan haar sportdrome gebring. Die saak is wel in haar guns geskik, maar teen ʼn duur prys. Haar dryfveer vir groot tennis is weg, en sy gaan lank aan die regskoste afbetaal. Hierdie is die geleentheid waarna sy soek, en sal haar in staat stel om weer in Suid-Afrika 'n nuwe begin te maak.
Maar toe gaan haar tannie Amelia dood, en sy moet terugkeer na haar geboortedorpie in KwaZulu-Natal, Glenville, om toe te sien dat die boedel afgehandel word. Sy ervaar baie konflik want haar eksverloofde, sy vrou en kind bly in die huis langs haar tannie. Anja het hom en die vrou in 'n vurige omhelsing betrap weke voor hulle sou trou, en is toe landuit. En nou gaan sy weer Henk se ouer broer, Riekert moet sien. Die man wat altyd met sy broeiende blik en donker oë regdeur haar kon sien ...
Publication date: 2018-12-04
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799390162

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Nadia het haar oog op 'n gewone outjie, sy soek standvastigheid en reken hy sal dit kan bied. Human kom gooi egter al haar plannetjies deurmekaar. Gaan Human slegs tydelike opwinding bied, of is hy die een vir haar?
Publication date: 2018-09-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799387834

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 225
Bod op 'n biljoenêr.
Kylie se keuse
Verborge obsessie.

Bod op 'n biljoenêr:
Die gelukkige tye saam met Nico was geleende tyd, dit het Eva destyds al besef. Sy het nie in sy rykmanswêreld ingepas nie. En al het sy geweet hulle verskil doodeenvoudig te veel, was sy platgeslaan toe hy agtien maande gelede uit haar lewe verdwyn.
Sy het intussen op haar eie sukses behaal, en sodra die egskeiding afgehandel is, gaan sy finaal van hom vergeet en aangaan met haar lewe. Maar toe Nico skielik weer sy opwagting maak en sak en pak in hulle woonstel terugtrek, is Eva glad nie meer so seker dat sy wil skei nie.
Want Nico is nog net so onweerstaanbaar en hy noem haar steeds 'my Eva' ...

Kylie se keuse:
Hy sit op haar stoel, agter haar pa se lessenaar, in haar pa se pos … die pos waarvoor sý grootgemaak is. Met sy irriterende kuiltjie en oorrompelende glimlag.
Alex du Preez is heel tuis as baas van haar pa se maatskappy. Dit waarvoor Kylie ná jare in die buiteland - en die hoeveelste verbreekte verlowing - teruggekom het. Sy verpes hom, maar werk tog saam met hom. Die ongerymdhede en vraagtekens oor die maatskappy se finansies moet sy uitpluis.
As hy die sondaar is, sal sy hom aan die kaak stel. Sy moet net verby daardie glimlag, die heuningmond, die tintelende afwagting in sy teenwoordigheid kyk. Hy bly die vyand.

Verborge obsessie:
Sy't geglo sy het sy verraad en haar vernedering ontgroei. Maar toe hy ná jare weer sy opwagting maak, pluk die herinneringe Sonika onderstebo. En kyk Michael Meskin deur haar asof sy nie bestaan nie.
Asof sý die skuld dra vir die pyn van destyds. Vir sy swakheid toe hy die omkoopgeld aanvaar het, die pad gevat het. Landuit.
Skielik is doktor Michael Meskin, wêreldbekende sakeman, haar prokureursfirma se kliënt.
Hy bly haar straf, verneder, om die bos lei. En al skemer die Michael wat sy destyds liefgehad het nou en dan deur, worstel sy om tussen die bedrog, die web van leuens by die waarheid uit te kom.
Publication date: 2018-04-10
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799379525

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 90
Mari vertrou nie mooi mans nie. Hulle beteken net een ding en dis moeilikheid! Maar hoe gemaak met Henk Gouws... Die nuwe, onmoontlik aantreklike pediater op die dorp wat haar knieë lam maak?
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799371871

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Aptyt vir liefde - Susan Olivier - Rusie met die bure, met haar suster, haar pa ... Hiervoor is Nicolette sat. Dis haar pa se vete, sy wil nie langer haar liefde vir Ryno Matthee ontken nie.

Liefdesweb - Annetjie van Tonder - Hector Terbruch vra Zilna om 'n portret van sy dogter te skilder. Sy verwag 'n ou man op die suikerplaas in KwaZulu-Natal, maar Hector is jonk, begeerlik, oorrompelend, onaantasbaar, en speel graag kat en muis met haar

Verskietende ster - Anna Penzhorn - Verrinneweer vlug Bianca van haar verloofde se woordgeweld, sy stilstuipes, sy ysigheid. En naby die bosse tussen die lietsjieboorde wag Rouel Meyer, 'n nog groter fout, al weet sy die heelal het hulle bymekaargebring.
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799375138

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Teen haar beterwete is Janie gefassineer deur Darren. Sy bagasie kan egter enige verhouding kompliseer. En gaan sy swaer nie boonop hulle verhouding 'n vinnige dood laat sterf nie?
Publication date: 2015-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9780799369724

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 85
Helga se bestuurder verwag dat sy oornag 'n kêrel moet vind. Net omdat sy nuwe vrou haar as 'n bedreiging sien. Sy seun is die ideale kandidaat, maar sy vertrou glad nie sy motiewe nie.
Publication date: 2014-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.