●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Search results: Tessa Afshar

Results 1 to 3 of 3
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620579

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207You save R 23
Lidia is die dogter van 'n purperhandelaar. Haar hele wêreld draai om drie dinge: haar pa, die grond van haar voorgeslagte en die pers kleurmiddel. Dan verloor sy bykans alles deur ondraaglike verraad.

Met net haar pa se geheime formules vlug Lidia na Filippi en werp alles in die stryd om haar eie besigheid te vestig. Volharding en mense wat sy onverwags op haar pad leer ken, help haar om een van die stad se beste purperhandelaars te word.

Maar vrees skuil in elke skadu, totdat Lidia die apostel Paulus ontmoet en sy boodskap van hoop hoor en só die eerste Christen in die hele Europa word. Tog kan Lidia nie haar geheime vir ewig begrawe hou nie. Wanneer verlede en hede mekaar ontmoet, moet sy kies om óf sterk te staan en op haar jong geloof te vertrou óf te swig voor die vrees wat haar lewe nog altyd oorheers het.
Publication date: 2018-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616596

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
R 135You save R 15
Voordat Christus haar aangespreek het as 'my dogter', voor sy genesing gesteel het deur aan die punt van sy kleed te raak, was sy 'n vrou met 'n hart wat gebloei het ...
Elianna word as jong meisie verteer deur skuldgevoelens. Haar enigste boetie sterf terwyl sý na hom moes kyk. Sy probeer vergifnis verdien deur haar werk in haar pa se materiaal-besigheid en deur vir die gesin te sorg. Ná nog 'n tragedie is Elianna in beheer van die besigheid en haar taÂ-lent as ontwerper bring groot sukses, maar nooit die vrede waarna sy hunker nie. Wanneer haar wêreld aan skerwe spat, verbreek sy haar verlowing aan die enigste man wat sy ooit sal liefhê. Dan kom die hartverskeurende siekte wat haar isoleer en alles wat sy oorgehad het van haar af wegÂ-vat.
In Tessa Afshar se 'n Nuwe môre lyk dit vir Elianna of daar geen einde aan haar lyding is nie. Dan hoor sy van die Man wat deur blote aanraking genesing kan bring. Is dit moontlik vir een Man om ná soveel jare van lyding en teÂ-leurstelling die wonde van die liggaam én die siel te genees?
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge

SUPPLIER OUT OF STOCK

9781431612758

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 180
R 162You save R 18
Verlate en hartseer trek Rut na Israel met niks meer om aan vas te hou as Naomi se liefde nie. Sy voer 'n stryd om oorlewing.
God het egter 'n plan vir haar. Rut word as 'n vreemdeling behandel, en is verbaas dat een van die mees gerespekteerde mans van Juda haar guns betoon. Boas is lank reeds 'n wewenaar en vasberade dat dit nie gaan verander nie. Tog word hy aangetrek na die uitlandse vrou met die hartseer oë. Hy vertel homself dat hy net bedagsaam is teenoor sy niggie Naomi se skoondogter wanneer hy uit sy pad gaan om haar te beskerm, maar sy hart weet van beter.
Gebaseer op die Bybelse verhaal van Rut is Die tweede kans die storie van 'n liefde wat uiteindelik die toekoms van die wêreld verander.
Publication date: 2015-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.