●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●

Search results: Zelda Bezuidenhout

Results 1 to 10 of 10
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624091929

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 140
Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai.
By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se 'skwad' en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer.

Soos Uncle Kaz altyd sê: 'Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te hê, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien.'
Publication date: 2022-02-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607092

Children: Fiction teens

Children  -  Fiction teens
R 200
When Arnelia moves to a new town in the middle of the year, she decides to recreate herself. New town. New school. Operation new Arnelia. She can be the mysterious, worldly New Girl. But within days, everyone sees right through her fake new persona. And guess what, a couple of kids actually like the real Arnelia. Like Dewald Fourie, whose crooked smile does weird things to her heart. She becomes the brain behind the school's exciting new food truck and for a while life is sweeter than a chocolate brownie. But nothing good lasts forever. Especially if you're a milky white redhead with a name that sounds like a medicinal ointment.
Publication date: 2021-08-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250387

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 200
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale is soms romanties, soms snaaks, soms alledaags, soms buitengewoon ... en die eindes meestal gelukkig. Die bundel is ryk aan diversiteit en bied 'n verskeidenheid wat betref identiteit, karakters en agtergronde.
Publication date: 2021-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795710308

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 295
Wanneer Magdaleen 'n onwaarskynlike vriendskap met 'n eksentrieke wetenskaplike smee, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing. Sy kan haar oorlede tweelingsuster nie terugbring nie, tog kan sy 'n verskil aan ander se lewens maak. Maar als kom teen 'n prys. En soms is die prys van een mens se lewe 'n ander se dood.
Publication date: 2021-07-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639602370

Kinders: Tieners

Translator: Zelda Bezuidenhout
Kinders  -  Tieners
R 195
Wie het Demi Crowley vermoor?
Ses vriende woon 'n musiekfees in die Cederberg by. Net vyf kom terug. Vir haar sewentiende verjaarsdag nooi Demi Crowley haar vyf beste vriende saam met haar na 'n musiekfees vir die partytjie van die dekade. Maar wat veronderstel was om die beste nag van hulle lewens te wees, verander in 'n nagmerrie wat nie een van hulle ooit sal vergeet nie. Skerwe is 'n holderstebolder, wegholverhaal oor liefde, verlies en vriendskap wat jou lank gaan bybly.
Publication date: 2021-03-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250325

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Ek en Azlynn kyk vir mekaar. Dis nou interessante nuus. Daar's 'n nuwe meisie in die buurt, sy's so oud soos ons en boonop gaan sy in ons skool wees. Ek kan sien hoe opgewonde dit vir Azlynn maak. Haar oë vonkel en sy glimlag breed.
Maar ek is meer bang as opgewonde. Wat as dit 'n simpel meisie is? Of nog erger, wat as dit 'n wonderlike, superslim, vriendelike meisie is wat dadelik Azlynn se beste vriendin word? Wat as ek my graadsewejaar stoksielalleen moet deurgaan? My maag voel skielik hol...
Publication date: 2021-02-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776250240

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 210
Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van 'n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.

Toe ons oneindig was, is die verhaal van 'n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in 'n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis 'n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van 'n meisie op 'n selfontdekkingsreis - die soort reis wat in 'n Hollywoodfliek hoort.
Publication date: 2020-06-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395846

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
Dit voel asof Thomas se lippe uiteindelik hul regte doel ontdek het … om Ella s'n te soen
Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in 'n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander …
Ella van der Spuy kan 'n klein entjie die toekoms in sien - 'n talent wat sy wens sy nié gehad het nie. Boonop is sy 'n ietwat rare verskynsel: 'n rykmanskind wat geen waarde aan geld heg nie. Toe sy aan die einde van haar graad elfjaar vir Thomas Edeling ontmoet, verander haar lewe ingrypend. Thomas het 'n passie vir motorfietse. Ella wil modeontwerp in Milaan gaan studeer. Thomas woon saam met sy familie op 'n kleinhoewe. Ella het amper nie familie nie. Om die waarheid te sê, is Thomas alles wat Ella nie is nie. Tog is daar onmiddellik 'n vonk tussen hulle. En die gebeure wat in die ses weke na hul ontmoeting afspeel, kon selfs Ella met haar derde oog nie voorspel het nie.
Hierdie besonderse jeugroman, vertel deur beide Ella en Thomas se perspektiewe, is 'n humoristiese en aangrypende verhaal oor 'n somer romanse tussen twee jongmense wat uit verskillende wêrelde kom.

Plaaslik val hierdie boek in dieselfde kategorie as Zelda Bezuidenhout se vorige jeugroman, As mens geluk kon proe. Dit kan ook vergelyk word met Die meisie op die dak deur Cecilia Steyn. Internasionaal val hierdie boek in dieselfde kategorie as kontemporêre jeugromanses soos To all the boys I've loved before en Always never yours.
Publication date: 2019-09-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795708992

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
Jare lank al is Lauretta Blom 'n gedienstige huisvrou in haar beige paleis, die eggenoot van Tobias Blom, 'n suksesvolle sakeman met belange in Johannesburg én die Kaap. Maar met hulle seunskinders wat nou groot en uit die huis uit is, begin die stilte en die pynlike netheid van Retta se praghuis in die Johannesburgse sekuriteitslandgoed haar vasdruk. En sy wonder oor al die dinge wat sy nié gedoen het nie en hoe dit haar lewe gevorm het.

Wanneer sy boonop begin vermoed dat Tobie vir haar iets wegsteek, besluit sy dat dit tyd is om dié dinge te doen wat sy nooit tevore aangedurf het nie.

Eerste op die lys is 'n road trip Kaap toe saam met haar hond, Charlie, en haar kunstenaarsvriendin, Leigh. Die reis lei na die ontwaking van 'n nuwe Retta op 'n kleinhoewe buite Bethulie, maar ook na onthullings in die Kaap wat haar hele lewe omverwerp.
Publication date: 2019-06-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389470

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
NAASWENNER VAN LAPA SE JEUGROMANKOMPETISIE 2017
Soms is geluk soos 'n vergete peperment in jou skoolbaadjiesak.
Toe Arnelia en haar ma van Kaapstad na Potchefstroom verhuis, besluit sy dit is die ideale geleentheid om die draaiboek van haar lewe te herskryf. 'n Nuwe dorp en 'n nuwe skool is die perfekte geleentheid om haarself te herontwerp. 'n Nuwe blaadjie om te slaan. Operasie Nuwe Arnelia. Oprah sal trots wees.
Ongelukkig loop haar planne sommer uit die staanspoor skeef toe sy by die skool se entrepreneursdag pens en pootjies neerslaan met arms vol kos. Boonop is daar 'n groepie meisies wat duidelik vasbeslote is om die lewe vir haar moeilik te maak. Dankie tog vir nuwe vriende soos Dineo en Ilana wat die daaglikse dramas van haar lewe ietwat draagliker maak.
En dan is daar Dewald. Die donkerkop-boerseun met die skewe glimlag wat weet hoe om crêpes suzette, tiramisu en uiekonfyt te maak. Hy laat Arnelia se hart vreemde dinge doen, al weet sy hy sal nie twee keer na 'n meisie soos sy kyk nie. Toe Dewald se lewe egter onverwags op sy kop gekeer word, gryp Arnelia en haar vriende in. Danksy 'n ou goudgeel kombi, 'n winkelpop genaamd Saartjie en 'n klomp fantastiese resepte begin hulle 'n mobiele snoepie by die skool. Die Snoeperheroes het die skool op hol met allerlei opwindende pousekos en prettige idees.
Maar toe Arnelia uit die bloute 'n groot rol in die skool se produksie van Hairspray losslaan, word haar nuwe vriendskappe tot die uiterste beproef, en sy word gedwing om haar moeilike verhouding met haar pa reguit in die oë te kyk …
'n Heerlike tienerverhaal propvol humor en deernis, wat bewys dat geluk dikwels in die klein dingetjies skuil.
Publication date: 2018-08-28

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.