Fiksie
Kortverhale

Results 1 to 15 of 94
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795707988

Fiksie: Kortverhale

R 220
R 176You save R 44
'n Versameling stories oor die lewe in 'n bruin woonbuurt op die Kaapse Vlakte. Dit dek identiteit, rassepolitiek en kultuur, en bevraagteken die Suid-Afrika van vandag. Dit is gevul met galgehumor, rou eerlikheid en hartverskeurende vertellings. Diep persoonlik en 'n ontstellend waar weergawe van die lewe aan die ander kant van die spoor.
Publication date: 2018-02-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798152570

Fiksie: Kortverhale

R 210
R 79You save R 131
'n Keur uit die kortverhale van Welma Odendaal
Publication date: 2017-12-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624072256

Fiksie: Kortverhale

R 250
Dana Snyman is volksbesit. Hy reis rond deur Suid-Afrika en skryf oor sy ontmoetinge met mense langs die pad, die trokdrywers, die meisie wat in matriek swanger geraak het, donkie-eienaars, die vrou wat haar seun in die grensoorlog verloor het, Cliffie van Epping, oom Pik Botha in Pretoria ...
Sy stories tref mens in die binnegoed. Soms is dit hartseer, maar soms ook skreeusnaaks, soos die storie oor sy ma wat sweer dat sy vanjaar 'net iets ligs' vir die Kers-ete gaan bedien.
In sy nuutste boek het Dana 100 van sy ware ontmoetings geboekstaaf - ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge - die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate.
Die stories het hy aanvanklik op Facebook, waar hy duisende volgelinge het, gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is nou hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.
Publication date: 2017-11-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798144858

Fiksie: Kortverhale

R 265
Snyman se humoristiese pen breek weg na plattelandse cafés met juke-bokse en seven singles, besoeke aan die 'Monnemint' en Boeregrafte, in 'n tyd dat Valiants en Zephyrs nog bekende name was.
Publication date: 2017-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624082736

Fiksie: Kortverhale

R 250
R 200You save R 50
In hierdie bundel sal jy vergeefs soek na voorspelbaarheid. Want die liefde het vele gesigte, en nie almal is mooi nie.
Kerneels Breytenbach, Christine Barkhuizen Le-Roux, Erika Murray-Theron, Helene de Kock, Keina Swart, Jaco Jacobs en vele meer skryf oor die liefde in al sy vele gedaantes: moederliefde, onvoorwaardelike liefde, gewelddadige liefde, verbode liefde, erotiese liefde, liefde tot die dood toe ...
Want die liefde verdra alles, maar die liefde het dikwels tande.
Publication date: 2017-10-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798171113

Fiksie: Kortverhale

R 325
Met Stoffel: die beste stories, bring Human & Rousseau Christiaan Bakkes se beste Afrikaanse verhale byeen in 'n nuwe bundel. Hier val die klem op Bakkes se 'Stoffel'-stories: verhale waarin Bakkes as Stoffel Mathysen figureer, maar wat op ware gebeure gebaseer is. In sy kenmerkende styl verken Bakkes - gesogte wildbewaarder en gerekende safarigids - wildernisse en vlaktes met eerlikheid en 'n fyn sin vir humor. 'n Keur uit die skrywer se oeuvre, geskik vir gesoute sowel as nuwe Bakkes-lesers.
Publication date: 2017-09-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798176422

Fiksie: Kortverhale

R 190
Vrikkie Visser is 'n fiktiewe karakter wat die mense se harte gesteel het met sy briewe aan sy 'Antie', in Volksblad en op Facebook. Vrikkie vertel van sy wedervaringe met sy oom Vissie, sy vriend Bra Pietie en sy antie Velti, en praat oor alles van dieet tot rugby en landsake. Vrikkie, al kan hy nie spel nie, se briewe is vol menslikheid en baie humor. Dis storievertel op sy beste.
Publication date: 2017-09-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624077176

Fiksie: Kortverhale

R 250
Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroeë, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798164979

Fiksie: Kortverhale

R 235
Krokodil aan my skouer is Christiaan Bakkes se boeiende vertelling oor sy vroeë vormingsjare. In ses bundels sedert 1998 het lesers hom leer ken deur sy Stoffel Mathysen-persona. Vandag is hy bekend as 'n gesogte safarigids en gerespekteerde natuurbewaarder, maar mense onthou hom steeds as die man wie se arm in die Krugerwildtuin deur 'n krokodil afgebyt is - 'n gebeurtenis wat sy lewe verander het. Vir die eerste maal vertel Stoffel ook die volle verhaal van sy jaar grensdiens in die Wes-Caprivi en ontbloot só 'n stuk geheime geskiedenis uit die bosoorlog. En hy kondig sy nuwe oorlog aan: die stryd teen renosterstropery.

Bakkes se skryfstyl vol ironie en lakonieke humor bly 'n plesier, maar dis veral sy eerlike en openhartige blik op homself en die lewe wat van hom so 'n gewilde skrywer maak.
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624074731

Fiksie: Kortverhale

R 250
Hierdie bundel bevat vreesaanjaende grilverhale oor spoke, welgeeste, goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en alles wat onverklaarbaar is.
Laat gerekende spekskieters soos Kerneels Breytenbach, Henning Pieterse, Jaco Jacobs, Marion Holm en Marié Heese jou die Skrik op die Lyf jaag. Heelparty bonatuurlikwoordbegaafde bangmakers debuteer ook hier"
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624069881

Fiksie: Kortverhale

R 230
Diepsee is 'n keur uit al die kortverhaalbundels van E. Kotze wat sedert 1982 verskyn het.

Dié uitsonderlike vertellings handel oor die harde lewe aan die dorre Weskus van Suid-Afrika, en soos die eerste bundel se flapteks dit gestel het: 'Dit is tydlose verhale waarin die wesenlike aard van die mens met skerp insig en met deernis blootgelê word.' Daar is verlate soutpanne waar mense ná jare se saamwoon mekaar eindelik leer ken; wraaksugtige vuurgeeste wat besweer moet word en huwelikspaaie vol duwweltjies om te bewandel; 'n jong man wat vreemde draaie op land en see loop om die Nagmaalvieringe te kan bekostig. Die swaar lot van vroue en kinders in dié onherbergsame wêreld, in 'n tyd toe die beskawing nog ver kon voel, word subtiel en treffend geteken. So ook die swaarkry van 'n vissermanslewe, maar altyd met die oog ook op die mooie, die humoristiese. Die unieke landskap is aan dié verteller en mensekenner so intiem bekend dat die leser moeiteloos saamreis daarheen.
Publication date: 2017-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624082583

Fiksie: Kortverhale

R 250
Hierdie boeiende versameling kortverhale bevat skryfwerk van ervare misdaadskrywers en bekendes in ander genres. 'n Reeks geslepe misdadigers kom te staan teen hul eweknieë aan die ander kant van die gereg: polisiemanne, privaatspeurders of net doodgewone mense in ongewone omstandighede. Met verhale deur o.a.  Karin Brynard, Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Martin Steyn, Jacques Steenkamp, Nathan Trantraal en Deborah Steinmair. Saamgestel deur Rudie van Rensburg.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624082552

Fiksie: Kortverhale

R 240
Hierdie versameling kortverhale bied 'n histeriese kykie op alledaagse situasies: 'n tango-les in die platteland; die tannie so "eenvoudig soos 'n ses-stuk legkaart"; 'n besoek aan 'n tandarts en sy assistent wat meer as net 'n spreekkamer deel. Lloyd Zandberg se debuut is 'n boek vol deernis en humor, met vriendelike gebruiksaanwysings vir mense wat nie so goed lees nie. Kyk één keer deur sy oë na die lewe, en niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795801358

Fiksie: Kortverhale

R 240
'n Kinderlose ma op 'n Griekse eiland, die helder kleure vir háár oë grys. 'n Tuisnywerheid-bakker trek sy mansklere uit, word Aisha en skik sy kopdoek voor sy aflewerings; by die tuisnywerheid beloer twee seuns mekaar oor die lemon meringues. Op 'n brandstapel sterf 'n jong heilige. Die deurlopende draad: Wat het gebeur op die vlammenag? Verwikkelde verhale vorm 'n onthutsende eenheid in Nicole Jaekel Strauss se tweede bundel.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624082408

Fiksie: Kortverhale

R 240
'n Langverwagte versameling van Hennie Aucamp se beste kortverhale. Aucamp was by uitstek 'n kortverhaalskrywer, en is in 1982 met die Hertzogprys vir sy prosawerk bekroon. Hierdie versameling bevat sy eie keuse uit die vele kortverhale waarmee hy lesers oor die dekades heen geraak en vermaak het. Die keuse is so interessant soos die verhale self - daar is voorspelbare bekende verhale, en ook minder bekendes waarvoor hy 'n spesiale toegeneëntheid gehad het. Saamgestel deur Johann de Lange.
Publication date: 2017-03-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development