Christelik - Kinders
Aktiwiteitsboeke

Results 1 to 15 of 16
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307402

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 150
Is jy ʼn bobaasspeurder? Het jy arendsoë?

Hierdie boek is 'n skatkis vol gedetailleerde illustrasies van stories uit die Bybel. Jy sal ure van pret hê terwyl jy mense en voorwerpe probeer soek.

Toets jou vermoë om dinge wat ander miskyk raak te sien en leer meer van die Bybel.
Publication date: 2017-10-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307396

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 150
Hierdie boek is 'n skatkis vol gedetailleerde illustrasies van die tyd wat Jesus op aarde was. Jy sal ure van pret hê terwyl jy mense en voorwerpe probeer soek.

Toets jou vermoë om dinge wat ander miskyk raak te sien en beleef van die grootste gebeurtenisse in die lewe van Jesus
Publication date: 2017-10-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617425

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 20
Meer as 30 prettige speletjies gebaseer op geliefde Bybelstories.
Kinders se gedagtes is altyd besig en reg vir 'n speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op 'n prettige manier van die Bybel te leer nie?
Speel-speel deur die Bybel bevat meer as 30 speÂ-letjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie geÂ-liefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié sameÂ-stelling is propvol met opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616510

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 90
Leer ken die Ou Testament deur bondige stories en opwindende aktiwiteite.

Nou kan kinders die Ou-Testamentiese stories op 'n vermaaklike en kreatiewe maÂ-nier leer ken.

Die 34 stories in Die groot Bybel vir klein hartjies (OT) Inkleur-en-aktiwiteitsboek bied elk 'n

· mini-weergawe van 'n bekende Ou-TestaÂ-menÂ-tiese storie
· bladsy om in te kleur
· aktiwiteit om te voltooi

Die aktiwiteite, geskik vir kinders tussen 5 en 8 jaar oud, sluit in: ontsyfer die geheime boodskap, verbind pasmaats, soek woorde, soek verskille en nog vele meer. Die antwoorde kom agter in die boek voor

Die stories en meegaande aktiwiteite sal verÂ-seker dat kinders 'n fees het terwyl hulle meer leer van God se Woord.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Big Bible, Little Me Old Testament Coloring and Activitiy Book.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616503

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 90
Nou kan kinders die Nuwe-Testamentiese stories op 'n vermaaklike en kreatiewe maÂ-nier leer ken.

Die 26 stories in Die groot Bybel vir klein hartjies (NT) Inkleur-en-aktiwiteitsboek bied elk 'n

· mini-weergawe van 'n bekende Nuwe-TestaÂ-menÂ-tiese storie
· bladsy om in te kleur
· aktiwiteit om te voltooi

Die aktiwiteite, geskik vir kinders tussen 5 en 8 jaar oud, sluit in: ontsyfer die geheime boodskap, verbind pasmaats, soek woorde, soek verskille en nog vele meer. Die antwoorde kom agter in die boek voor.

Die stories en meegaande aktiwiteite sal verÂ-seker dat kinders 'n fees het terwyl hulle meer leer van God se Woord.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Big Bible, Little Me New Testament Coloring and Activity Book.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617562

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 30
64 pragtige illustrasies van Genesis tot Openbaring vir kleingoed om in te kleur.

Wat 'n avontuuur! Jou kinders kan met hulle inkleurkpotlode deur die Bybel reis - van Genesis tot Openbaring.
Prentjies geneem uit My eie inkleur-Bybel met teksÂ-verse neem kinders op 'n reis deur die Bybel terwyl hulle leer van God se liefdevolle sorg. Hierdie inkleurboek sal kleingoed se verbeelding en kreatiwiteit stimuleer en terselfdertyd liefde vir hulle hemelse Vader aanmoedig met 64 pragtige illustrasies om in te kleur.
Inkleur-pret uit die Bybel is die ideale geskenk vir 6- tot 10-jariges om die wêreld van die Bybel te verken.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616176

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 50
Word speel-speel 'n held vir Jesus.

Superhelde - Aktiwiteitsboek is 'n opwindende, interÂ-aktiewe speletjiesboek wat seuntjies speel-speel sal leer van groot Bybelhelde uit die Ou en Nuwe TestaÂ-ment soos Adam, Noag, Moses, Simson, Dawid, Daniëlen die seuntjie wat sy kos met Jesus gedeel het.

Daar is Bybelverwysing sodat seuntjies die storie kan gaan soek in die Bybel - hulle heel beste helde-gids. Seuntjies tussen 5 en 8 sal ure se pret hê met die inkleurprentjies, geskomÂ-melde woorde, paadjies om te volg en ander speleÂ-tjies.

Laat die pret begin vir Jesus se klein helde!
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431607204

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 150
101 opwindende stories wat kinders se oë sal oopmaak vir die klein én groot wonders in die wêreld.

Die lewe is 'n groot avontuur - veral as jy nog 'n kind is wat elke dag nuuskierig na nuwe dinge soek.

Lizette Murray herinner kinders aan hul grootÂ-ste Reisgenoot in 101 avonture saam met God. Met die 101 oordenkings nooi Lizette Murray kinders saam met haar op 'n reis van stories vol opwinding wat hulle oë sal oopmaak vir die klein én groot wonders in die wêreld. Die kort stories wys op hulle vlak vir kinders hoe God in elke avontuur - goed of sleg - saam met ons is. Die boek sluit ook af met en 'n paar lekker speletjies.

101 avonture saam met God sal kinders inÂ-trek in die avontuur wat God spesiaal vir hulle gemaak het.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel 101 adventures with God

Oor die outeur

Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van 'n kind. Sy is die medeskrywer van 'n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun begin sy die rubriek 'Henri stap aan' in Lééf - met hart & siel. In 2008 word hierdie rubrieke as boek uitgegee. Lizette is tans 'n vryskut-skrywer vir Lééf - met hart & siel en behartig 'n paar rubrieke in dié tydskrif, onder andere 'My hart se punt', wat deur CUM-uitgewers as bundel uitgegee is. Haar huwelik met George, 'n bedryfsingenieur, is vir Lizette 'n veilige hawe - en steeds 'n avontuur.
Publication date: 2016-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613212

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 90
Jesus maak 'n verlamde man gesond word eenvoudig oorvertel en pragtig geillustreer deur Gill Guile.
Die verhaaltjie is gebaseer op die Nuwe-Testamentiese vertelling van Jesus se wonderwerk (Markus 2). Die boekie het 4 legkaarte met 16 stukkies elk. Kleingoed se vingertjies sal sinvol besig wees terwyl die storie van Jesus se wonderwerk voor hulle oe ontvou met ure se opvoedkundige pret.
Kinders sal die kleurvolle, vrolike illustrasies geniet en die stewige handvatseltjieis perfek om die boekie oral saam te vat
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613229

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 90
Jesus maak die storm stil word eenvoudig oorvertel en pragtig geillustreer deur Gill Guile.
Die verhaaltjie is gebaseer op die Nuwe-Testamentiese vertelling van Jesus se wonderwerk (Markus 4). Die boekie het 4 legkaarte met 16 stukkies elk. Kleingoed se vingertjies sal sinvol besig wees terwyl die storie van Jesus se wonderwerk voor hulle oe ontvou met ure se opvoedkundige pret.
Kinders sal die kleurvolle, vrolike illustrasies geniet en die stewige handvatseltjie is perfek om die boekie oral saam te vat
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431612369

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 130
My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Nuwe Testament sal kinders geliefde Bybelstories laat ervaar in 'n wêreld van kleur en detail deur helder kunswerk.
Die 5 stories uit die Nuwe Testament word oorvertel in maklik verstaanbare taal en is gevul met karakters, diere en voorwerpe vir kinders om te soek. Sleutelitems om voor te soek word gelys op die groot flappe wat kinders kan oopmaak waar daar ook ekstra soek-aktiwiteite voorkom. Kinders kan ook leer om die maklike woorde te spel wat gekies is vir die items wat gesoek moet word.
Die stories in My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Nuwe Testament sluit in: Jesus word gedoop; Jesus verander water in wyn; Deur die dak om tot by Jesus te kom; Die storie van die boer en sy saad; en Jesus en Saggeus.
Ouers kan ook saamspeel en kyk wie eerste die voorwerpe raaksien terwyl hulle vir hulle kinders lees uit die Bybel en vertel wat in die prentjies aangaan.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431612376

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 130
My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Ou Testament sal kinders geliefde Bybelstories laat ervaar in 'n wreld van kleur en detail deur helder kunswerk.
Die 5 stories uit die Ou Testament word oorvertel in maklik verstaanbare taal en is gevul met karakters, diere en voorwerpe vir kinders om te soek. Sleutelitems om voor te soek word gelys op die groot flappe wat kinders kan oopmaak waar daar ook ekstra soek-aktiwiteite voorkom. Kinders kan ook leer om die maklike woorde te spel wat gekies is vir die items wat gesoek moet word.
Die stories in My groot soek-en-vind-Bybel: Stories uit die Ou Testament sluit in: Noag se wonderlike ark; Die uittog: vlug deur die see; Die muur van Jerigo; Dawid en Goliat; en Jona en die groot vis.
Ouers kan ook saamspeel en kyk wie eerste die voorwerpe raaksien terwyl hulle vir hulle kinders lees uit die Bybel en vertel wat in die prentjies aangaan.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431612390

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 200
Aktiwiteit-Bybel vir kinders leer kinders wat God se Woord sê terwyl hulle aan prettige aktiwiteite en uitdagings deelneem. Die boek bou voort op die sukses van sy voorganger - My aktiwiteit-Bybel.
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 100 Bybelstories wat vir 8-12-jariges geskryf is. Elke storie word afgerond met uitdagende woordspeletjies en blokkiesraaisels of ander lekker speletjies, insluitend kolletjies om te verbind en verskille om te soek. Die pragtige volkleur-illustrasies help om God se storie vir kinders lewendig te maak. Dit handel oor God se liefde vir die mensdom van die vroegste tye met Adam en Eva, tot die latere lewe, dood en opstanding van Jesus.
Aktiwiteit-Bybel vir kinders se opvoedkundige speletjies sal kinders leer en fassineer. Terwyl kinders die waarhede van die Bybel leer het hul terselfdertyd pret deur deel te word van elke storie.
Publication date: 2015-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920593193

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

Illustrator: Magriet Brink
R 100
Hierdie unieke interaktiewe kleurvol geïllustreerde storieboek Bybel wil met die hulp van twee kinderkarakters, Sammy en Amy, kinders tussen die ouderdom 7- 10 jaar help om 'binne in die Bybel te klim' asof hulle self daar saam met die Bybelkarakters is. Op hierdie verbeeldingryke manier sal kinders ontdek hoe relevant die Bybel vandag nog vir hulle lewens is, hoe sinvol geloof is én hoe wonderlik dit is om 'n kind van God te wees.

Die konsep vir hierdie Bybel is gebaseer op die volgende:
1. Kinders tussen die ouderdomme van 7 en 10 jaar leer die beste deur doen. Alle kinders leer die beste deur te speel.
2. Kinders leer op verskillende maniere - volgens hulle temperament tipe.
3. Kinders leer deur positiewe toepassing en herhaling.

Aktiwiteite in Kom Speel & Leer Bybel:

Soek en Leer
Vind die Bybel Daar is 'n Bybel wat in elke Bybelverhaal se illustrasie versteek is. Daar is ook 'n tema wat die Bybelse beginsel in die storie
beklemtoon. Die illustrasies is so geskep dat dit die kind ure se pret en plesier verskaf soos hulle elke keer nuwe details raaksien.
Onthou die Bybel storie
Hierdie aktiwiteit help die kind om dit wat hulle gelees het in die Bybelstorie te verwoord. Dit help hulle ook om die emosies van diegene in die Bybelstorie uit te druk. Dit beklemtoon weereens die Bybelse beginsel d.m.v. die storie oorgedra wil word aan die kind.
Gebed
Daar is 'n gebed wat die kind bid. Dit help hulle om te verbind met God en met God te praat oor wat hulle ontdek en geleer het uit die Bybelstorie.
Pret aktiwiteite
Laastens is daar 'n paar pret aktiwiteite. Dit is alles daarop ingestel om die Bybelse beginsel te versterk. Die kind word aangemoedig om met ander te deel wat hulle geleer het. Die hoofdoel is om uiteindelik om die kind nader aan God te lei.
Publication date: 2015-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920593537

Christelik - Kinders: Aktiwiteitsboeke

R 19
Inkleurboek.

Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybelstorie Reeks is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur 'n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook 'n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. 'n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur 'n vreugde-vervulde lewe te lei.
Publication date: 2013-12-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development