Discount only on online purchases

Christelik - Kinders
Prenteboeke

Results 1 to 8 of 8
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621279

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 72You save R 18
Kinders tussen 3 en 6 jaar ontdek die seën van gebed met behulp van Psalm 34 en die Ons Vader-gebed.
God hoor wanneer jy bid is 'n wonderlike bekendstelling aan Psalm 34 en die Ons Vader-gebed uit Matteus 6 vir kinders tussen 3 en 6 jaar.
Terwyl kinders die maklik verstaanbare parafrases saam met die oorspronklike Bybelgedeeltes lees, sal hulle ontdek waarvoor hulle alles kan bid en hóé God wil hê hulle moet bid. Die helder illustrasies en prettige karakters sal ouers en kinders se verbeelding aangryp en kinders sal besef hoe baie God daarvan hou om met hulle te praat.

Ook beskikbaar in Engels onder titel God Hears When You Pray
Publication date: 2019-04-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621293

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 90
R 72You save R 18
Kinders tussen 3 en 6 jaar ontdek met behulp van Psalm 121 en Psalm 91 dat God altyd by hulle is en vir hulle omgee.

God is altyd by jou is die perfekte bekendstelling aan Psalm 121 en Psalm 91 vir kinders tussen 3 en 6 jaar. Dit verseker hulle van God se belofte dat Hy hulle altyd by hulle is en vir hulle omgee.

Klein hartjies sal hierdie psalms beter leer ken terwyl hulle die maklik verstaanbare parafrases saam met die oorspronklike Bybelgedeeltes lees. Die helder illustrasies en prettige karakters sal ouers en kinders se verbeelding aangryp terwyl kinders God se hand in hulle lewe sal leer sien.

Ook beskikbaar in Engels onder titel God Is Watching Over You.
Publication date: 2019-04-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620296

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Translator: Elzere Poley
Illustrator: Heather Heyworth
Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 70
R 63You save R 7
'n Prentjie-storieboek wat klein dogtertjies 'n Bybelse leer oor hoe om dapper te wees.

Klein dogtertjies hou van prinsesse met hulle tiaras, balrokke en alles wat blink is. Hierdie pragtige prentjie-storieboek leer dogtertjies hoe om soos 'n ware prinses en dogter van die Koning op te tree.

In My prinses leer om dapper te wees word Grace en Hope geboelie deur 'n seun op hulle gunsteling glyplank by die parkie. Gaan hy hulle keer om pret te hê? Die meisies leer 'n kosbare les oor dapperheid - by koningin Ester uit die Bybel.

Die storie begin met 'n rympie oor prinses-wees en sal ure se leesgenot vir klein prinsessies wees.
Publication date: 2018-10-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620289

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Translator: Elzere Poley
Illustrator: Heather Heyworth
Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 70
R 63You save R 7
'n Prentjie-storieboek wat klein dogtertjies 'n Bybelse leer oor hoe om te deel.

Klein dogtertjies hou van prinsesse met hulle tiaras, aandrokke en alles wat blink is. Hierdie pragtige prentjie-storieboek leer dogtertjies hoe om soos 'n ware prinses en dogter van die Koning op te tree.

In My prinses leer om te deel hou Grace en Hope daarvan om mooi klere aan te trek en te speel, maar wat gebeur wanneer al twee die pragtige pienk rok wil aantrek? Hulle leer 'n kosbare les - by die Bybelse storie van 'n klein seuntjie.

Die storie begin met 'n rympie oor prinses-wees en sal ure se leesgenot vir klein prinsessies wees.
Publication date: 2018-10-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616152

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 85
R 77You save R 8
Oom Angus en Snowy deel stories oor die lewe op die plaas en die lewe saam met Jesus.


Spring in die saal vir 'n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy perd Snowy. Snowy is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Hulle is beste maatjies en werk hard saam op die plaas.
Snowy deel plaasstories waarby kinders sal aanÂ-klank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe Snowy vriende wou maak met Big Stuff, 'n baie kwaai en knorrige perd. Of die keer toe Snowy bang was om deur die rivier te gaan en oom Angus hom gehelp het om sy vrees te oorkom.
Elke storie word gekomplementeer met 'n teksvers, gebed en prettige aktiwiteit met 'n plaastema. Die aktiwiteite sluit in legkaarte, soek die verskil en doolhowe.
Die 11 stories met hulle avontuurlike aktiwiteite sal Snowy sommer gou 'n gunsteling maak van kinders tussen 5 en 8 jaar.
Publication date: 2017-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431614028

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 120
R 108You save R 12
Drie immergewilde Pinkenolsie-stories nou in een handige omnibus.

Hierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die im­mer­ge­wilde Pinkenolsie. Dit bring 'n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis 'n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wan­neer hulle al groot is.

Jy is spesiaal

Die Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en ta­lent­vol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oor­tuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle be­sef dat hulle self ook kosbaar is vir God.

Jy is myne

Die behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy 'n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kos­baar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.

Die heel beste

Wanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil al­mal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met 'n doel gemaak soos ons is.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel Max Lucado Children's omnibus.

OOR DIE OUTEUR

Max Lucado is met meer as 100 miljoen produkte in druk een van die gewildste outeurs in Amerika. Hy en sy vrou, Denalyn, bly in San Antonio, Texas, waar hy by die Oak Hills Church in die bediening is.
Publication date: 2015-10-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920475697

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 50
R 45You save R 5
24 Desember 1818. Oukersaand. 'n Klein dorpie in Oostenryk. Armoede vier hoogty.

'n Hulppriester, Joseph Mohr en 'n onderwyser, Franz Xaver Gruber, wil die mense 'n spesiale geskenk op die heilige aand gee - 'n geskenk van troos en hoop.

So ontstaan die lied 'Stille nag, heilige nag' en word nog dieselfde aand in die kerk van Oberndorf/Salzburg uitgevoer.

Sy oorsprong is aangrypend vir oud en jonk en die resultaat 'n ware gesinsboek.

Mathys Roets is welbekend en sy sang geliefd - sy besondere interpretasie van die lied en ook sy inspirerende vertelling is vasgevang op die spesiale CD wat deel vorm van hierdie pragboek.
Publication date: 2012-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920460334

Christelik - Kinders: Prenteboeke

Christelik - Kinders  -  Prenteboeke
R 100
R 90You save R 10
Carike, Ghoempie en Ghoeghoe verwelkom kinders terug in Kinderland - die kleinspan word op 'n Ghoempie en Ghoeghoe verbeeldingsreis geneem, terwyl hulle na pragtige geïllustreerde stories en pretliedjies luister. Een avontuur lei na die ander een met waardevolle lewenslesse saam met Ghoempie en Ghoeghoe!
Publication date: 2012-09-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.