Discount only on online purchases

Christelik - Kinders
Bybels

Results 1 to 15 of 19
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415339473

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 180
R 162You save R 18
Die My aksie-storiebybel nooi gesinne met jong kinders om God se verlossingsverhaal te verken - van die aarde se skepping, magtige konings wat oor Israel geheers het tot die wonderlike geskenk van ewige lewe danksy Jesus, en saam kan gesinne die avontuur van die Bybel ervaar.
Die boek se interaktiewe kenmerke sluit in:
• 15 sleutelepisodes uit die Woord - elkeen bevat verskeie stories asook 350 splinternuwe illustrasies.
• Kort en maklik om te lees - vir kinders agt jaar en jonger met ryk, boeiende illustrasies.
• Lewe, geloof, aksie! -kenmerke - sluit elke episode af waar ouers en kinders gesels oor hoe God in die storie gewerk het, hoe om sy hand in jou lewe raak te sien, hoe om jou geloof aan die werk te sit, en hoe om met God te praat deur 'n modelgebed.
• Heldesaal visuele indeks - die plek om gunsteling-Bybelkarakters op te soek, jou ooreenkomste met hulle te ontdek en hulle in die stories te vind.
Publication date: 2018-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415339398

Christelik - Kinders: Bybels

Translator: Reinata Thirion
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 200
R 180You save R 20
'God se groot plan vir my' neem kinders op 'n 40-dae-reis deur die Bybel om 'n dieper verhouding met God te bou en die doel vir hul lewe te ontdek.
Dit is gebaseer op die 40 dae in Rick Warren se boek, Die doelgerigte lewe. Nou kan kinders ook leer wat God vir hul lewe wil hê danksy die 40 Bybelstories in dié boek.
Elke dag bevat:
'n Oordenking oor die dag se tema
'n Bybelverhaal wat daarby aansluit
'n Gedagte vir die dag
'n Byblevers om te onthou
'n Vraag om oor na te dink
Die 40 Bybelstories volg die chronologiese orde waarin dit in die Bybel verskyn. God se groot plan vir my is dus ook 'n Kinderbybel in eie reg.
Die boek is ook pragtig en kleurryk geillustreer.
Publication date: 2018-11-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618118

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
R 225You save R 25
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige jong mans te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publication date: 2017-11-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617227

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 250
R 225You save R 25
366 temas ondersteun deur teksverse en 'n unieke kerngedagte om gelowige meisies te bemoedig.

Die Sakpas-Bybel-reeks is bedoel vir almal, ongeag waar jy jou in jou geloofreis bevind. Dit roer onder­werpe aan wat alle gelowiges raak, van versekering van ver­lossing tot 'n geesdriftige lewe vir God.

Elk van die 366 temas word ondersteun met verskeie teksverse en 'n unieke kerngedagte. Die Sakpas-Bybel-reeks bestaan uit vier uitgawes spesiaal vir mans, vroue, meisies en jong mans. Die kerngedagtes is ge­skryf deur Stephan Joubert (mans), Norma Rossouw (vroue) en Johan Smith (meisies en seuns). Agter in die Bybel is daar ook 'n tematiese indeks ingesluit wat dit maklik maak om temas soos aanvaarding, besluitne­ming, geloof en doel op te spoor.

Die Sakpas-Bybel is die ideale Bybel vir enige om­standighede, of jy nou reis of dit op jou bedtafeltjie hou, en vir elke lewensseisoen.
Publication date: 2017-11-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868294411

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 300
R 270You save R 30
'Byna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.
Die kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee.
In Die Kinderbybel word die mooiste verhale van die Bybel boeiend oorvertel sodat elke kind dit sal verstaan en onthou
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920679170

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 80
R 72You save R 8
Die boekie het 'n sagte skoonvee omslag, stewige bladsye en prettige kleurprente.
Hierdie stewige kartonboekie is 'n uitstekende inleiding tot die Bybel vir babas en kleuters. Bekende Bybelverhale is met sorg uitgekies en geillustreer om God se boodskap met kleintjies te deel
Publication date: 2017-06-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431615995

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 400
R 360You save R 40
Kom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. Die Aksie-Bybel bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot 'n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.

Die aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in Die Aksie-Bybel kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en 'n volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.
Internasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.
Hierdie is die verhaal van God se verlossing - in aksie!
Publication date: 2016-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620632973

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 130
R 117You save R 13
Kinders sal versot wees op die Bybelstorie in hierdie geliefde versameling vir jong lesers. Hierdie tydlose stories word getrou oorvertel en kleurvol en prettig geïllustreer. My eerste bybelstories kan saam deur volwassenes en kinders gelees word.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432207854

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 139
R 125You save R 14
God se storie, my storie gee tienermeisies die geleentheid om die Nuwe Testament in 'n jaar deur te lees, en te verstaan! Jaco Thom het die teks in storie-formaat geskryf, sodat dat op 'n interessante manier met meisies se harte sal praat. Die nuwe benadering maak dit ook makliker om te lees en ook om te verstaan.
Vir elke dag vir die week is daar 'n dagstukkies en 'n verwysing vanuit die Bybel. Aan die ander gedeelte van die bladsy kry die leser kans om te dink en te skryf oor die joernaalvrae wat gegee word. Op so 'n manier skryf elke meisie ook haar eie storie. Wat dit nog meer spesiaal maak is dat sy aan die einde van die jaar of selfs oor 'n paar jaar kan terug gaan en kyk hoe haar lewe op daardie oomblik gelyk het en ook hoe sy geestelik gegroei het.

Hierdie is beslis 'n nuwe uitkyk op 'n Bybeldagboek. Dit is nie net nog 'n dagstukkie wat deur iemand geskryf is nie, dit is 'n dagstukkie uit God se pen vir jou!
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431615599

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 230
R 207You save R 23
Fassinerende stories, onvergeetlike karakters en ongelooflike wonderwerke.
In Die prentjie-Bybel vir jong lesers word uit­ge­soek­te Bybelstories lewendig met oulike, kleurvolle illustra­sies.

Hierdie boek met sy 11 Ou-Testamentiese stories en 15 Nuwe-Testamentiese stories wys vir kleuters wie God is en wat Hy gedoen het. Dit is spesiaal ont­wikkel met kort stories vir jong lesers.

Die prentjie-Bybel vir jong lesers sal kleintjies op­gewonde maak oor God se wêreld.
Publication date: 2016-08-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796318541

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 240
R 216You save R 24
Ons eie Kleuterbybel is 'n pragtige bundel verhale vir kleuters, ouers en oumas en oupas. Dit is kleurvol en vrolik geillustreer deur bekende en bekroonde kunstenaar, Johann Strauss, wat met sy unieke, dog deernisvolle illustrasies, die stories aanvul en ophelder. Hierdie Kleuterbybel is 'n onontbeerlike toevoeging tot jou kind se geloofsvorming.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415330067

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 200
R 180You save R 20
Die Bybel geïllustreer vir kinders.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415330081

Christelik - Kinders: Bybels

Illustrator: Estelle Corke
Christelik - Kinders  -  Bybels
R 85
R 77You save R 8
My eie Bybel is die perfekte geskenk. My eie Bybel bevat 'n versameling van al die klassieke, gewildste Bybelstories, insluitende al die immergroen gunstelinge wat by almal byval vind. Die stories word op 'n eenvoudige manier deur Bethan James aangebied sodat die kleinspan dit sal kan verstaan. Al die stories is kleurvol geïllustreer deur die ervare kinderboek-illustreerder, Estelle Corke
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660215

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 150
R 135You save R 15
Kort stories met eenvoudige teks en kleurvolle illustrasies verseker dat ouers en kinders hierdie Bybel ewe veel sal geniet. Elke storie pas op 'n dubbelbladsy in, met 'n kort gebedjie daarby! Perfek vir slapenstyd of enige ander tyd wanneer kinders wil opkrul vir 'n storie of twee.
Publication date: 2015-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920593476

Christelik - Kinders: Bybels

Christelik - Kinders  -  Bybels
R 60
R 54You save R 6
Hierdie kleurvolle geïllustreerde Bybel is spesiaal vir Vreugde! Kleuters geskep. Elke verhaal word vergesel deur 'n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook 'n Christelike waarde wat die storie versterk. Hierdie boek help kinders om Vreugde! Kleuters te wees. 'n Vreugde! Kleuter vier die vreugde van Jesus deur 'n vreugde-vervulde lewe te lei.
Publication date: 2013-12-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.