●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Current Affairs / Aktuele Sake

Results 1 to 15 of 121
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799396195

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 280
R 224You save R 56
Die debat oor emigrasie is so oud soos Suid-Afrika se demokrasie self. Toe die “nuwe Suid-Afrika” in 1994 aangebreek het, het talle mense die land verlaat uit vrees vir wat 'n meerderheidsbewind sou inhou. Nog meer het in die jare sedertdien getrek opsoek na 'n beter lewe en Suid-Afrikaanse gemeenskappe is nou in plekke soos Kanada, Engeland en Australië te vinde. Vandag, 25 jaar ná demokrasie en in die lig van kwynende optimisme oor die toekoms van die land, is daar nuwe lewe in die debat oor emigrasie. Hierdie keer word dit nie net in reaksionêre kringe gevoer nie, maar om die eetkamertafels van meerdere Suid-Afrikaners. Met die realiteit van nege vermorste jare wat aan ons beursies en toekomsmoontlikhede knaag, en die aanloklike geleenthede wat die globale ekonomie bied, vra al hoe meer mense, “Moet ek waai?”
In Moet ons waai? takel meer as 20 van Suid-Afrika se voorste meningsvormers, insluitend Piet Croucamp, Dana Snyman, Melanie Verwoerd en Jonathan Jansen, hierdie vraag. Dit is poging tot insig oor 'n kwessie wat swaar weeg op ons kollektiewe psige, en 'n uitdaging aan elke persoon wat dit oorweeg om te waai, reeds gegaan het of besluit het om te bly om te floreer as Suid-Afrikaners waar ook al hulle hulself mag bevind.

Alet Law is die nuusbrief- en leserbetrokkenheidsredakteur by News24 en voormalige meningsredakteur. Sy het 'n PhD in politieke kommunikasie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.
Publication date: 2020-10-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799396157

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 270
R 243You save R 27
Waldimar Pelser se politieke kruisverhoor
Hy noem Julius Malema 'n “rassis, diktator en fascis”, die ANC “ 'n spul kripvreters” en oudpres. Jacob Zuma 'n “korrupte, seksistiese politieke tsotsi”.
Waldimar Pelser ontsien niks en niemand nie. Week ná week neem hy politici en besluitnemers onder kruisverhoor. In sy vreeslose en vlymskerp inleidings tot kykNET Verslag se aktuele TV-program In Gesprek laat hy maghebbers behoorlik deurloop - ook pres. Cyril Ramaphosa en DA-leier Mmusi Maimane het al hul beurt gekry.
In Gesprek met Waldimar is 'n versameling van die 100 beste, lekkerste en dapperste van hierdie inleidings. In forensiese detail pak Pelser elke gek en skurk wat wil keer dat ons land floreer. Hy wys hoe naby ons aan die afgrond was en hoe ons wéér daar kan beland as ons nie dié in beheer tot verantwoording roep nie.

Waldimar Pelser is redakteur van die Sondagkoerant Rapport. Hy is al drie keer met 'n ATKV-Mediaveertjie as beste aanbieder van 'n nuus- of aktualiteitsprogram bekroon. Voor sy joernalistieke loopbaan het hy in die regte en die joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer en daarna 'n meestersgraad aan die Oxford-universiteit in Engeland verwerf.
Publication date: 2019-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781990915000

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 300
R 270You save R 30
Die feite spreek vanself: Die Afrikaner is in 'n volskaalse bestaanskrisis. Die redes hiervoor is al dikwels in die verlede ondersoek, maar nog nooit só brutaal eerlik, só trompop en só daadwerklik gekonfronteer as in Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur nie.

Dié boek ondersoek die krisis waarin die Afrikanergemeenskap homself bevind sowel as voorstelle vir oplossings om steeds vry, veilig en voorspoedig in hierdie land te kan bly woon. Dit bied 'n padkaart na die enigste beskikbare én werkbare oplossing - groter selfbestuur - met planne om uitvoering daaraan te gee.

Die hede gaan nie weggaan nie, die verlede gaan nie terugkom nie, en die toekoms gaan nie vanself gebeur nie. Daarom is oorspronklike, vindingryke en ingrypende planne wat met skeppende vernuwing uitgevoer word nou nodig. Van hierdie planne vind neerslag in Flip Buys se toekomsblik op Suid-Afrika in 2030 wanneer konsentrasiegebiede van Afrikaners 'n sleutelrol in bevredigende dienslewering, woon- en werkplekke gaan speel.

“Hierdie merkwaardige boek stippel 'n roetekaart uit op die pad van groeiende selfbestuur, 'n toekomsvisie en 'n pad van hoop. Ryk aan internasionale en nasionale voorbeelde van selfbestuur wat die skrywer, soos altyd, op ewewigtige, beskeie, maar kristalhelder wyse oordra. Dié boek kom in 'n tyd waarin wit mense (maar by name Afrikaners) onder geweldige druk verkeer. Dit verdien derhalwe nie net 'n wye leserskring nie, maar doelgerigte aansporing.” Prof. Flip Smit, demograaf

“Afrikaners stoei oor hul toekoms in Suid-Afrika. Die vyandige staat wat verswak laat hulle magteloos voel. Selfbestuur plaas die toekoms in die hande van die gemeenskap. Dit is 'n bevredigende gedagte. Hierdie boek gee diepte aan die idee van selfbestuur en gaan energie losmaak. Dit is 'n tydige boek wat rigting gee.” Dr. Dirk Hermann, uitvoerende hoof: Solidariteit

“Buys se verfrissende boodskap van hoop dui 'n duidelike pad aan wat Afrikaners en hul instellings deur selfbestuur moet volg om 'n beter toekoms te skep. Terwyl AfriForum en ander instellings van die Solidariteit Beweging sal voortgaan om te veg teen agteruitgang en onreg, bied Buys 'n goeie oorsig en vooruitskouing van die Beweging se uiters belangrike boukomponent. Ek het hoop, want ons gaan self die toekoms skep wat ons vir onsself én ons nageslag wil hê.” Kallie Kriel, uitvoerende hoof: AfriForum

“Flip Buys se boek verteenwoordig 'n helder ligbaken in die hedendaagse politieke gesprek. Buys beïndruk nie net met 'n diepgaande historiese kennis nie, maar ook met 'n goed geskryfde, verbeeldingryke en hoopgewende antwoord op die uitdagings van ons tyd. Hierdie boek is 'n absolute móét vir alle nugterdenkende Afrikaners.” Prof. Danie Goosen, akademiese hoof: Akademia

Flip Buys is die voorsitter van die Solidariteit Beweging, 'n sambreelorganisasie wat uit 18 afsonderlike entiteite (waaronder Solidariteit, AfriForum, die FAK en Helpende Hand) bestaan en tans meer as 500 000 gesinne verteenwoordig
Publication date: 2019-10-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426561

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 240
R 216You save R 24
Hierdie boek behandel vier hooftemas:
Die toekoms van Afrikaners in `n uiters onseker land;
Die aard van Afrikaans-wees en Afrikaner-wees - verlede, hede en toekoms;
Sleutelvoorwaardes vir `n vooruitstrewende Suid-Afrika;
Wat staan ons as Afrikaners te doen om `n goeie toekoms te help skep?
Publication date: 2019-02-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624081586

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 300
R 270You save R 30
Bomplanters, sluipmoordenaars, saboteurs. Almal Afrikaners.
Kragstasies is opgeblaas en politieke moorde uitgevoer.
Dié terreurveldtog van militante Afrikaners, wat die land in die
1940's naby aan die afgrond van anargie gebring het, is vandag
grootliks vergete.
In Wit terroriste vlek Albert Blake dit oop. 
Wat het hulle gedryf? Waarvoor het hulle baklei? Was hulle
verraaiers of was hulle ware patriotte?
'n Fassinerende blik op 'n versweë, hoogs
aangrypende deel van die Afrikaner-geskiedenis.
Publication date: 2018-09-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776091843

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 250
R 225You save R 25
In 2008 is Suid-Afrika tot in sy fondamente geskud deur die omstrede Reitz-video-voorval aan die Universiteit van die Vrystaat. In dié video onderwerp vier wit mansstudente vyf swart werkers aan sogenaamde keuringstoetse vir koshuisplasing. Na videobeelde van hoe die werkers kos moes eet waarin daar klaarblyklik geürineer is, het rassespanning op die kampus opgevlam en stemme van protes wêreldwyd opgeklink.
Publication date: 2018-07-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799371635

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 300
R 270You save R 30
Op Dinsdag 5 Desember 2017 was die Steinhoff-groep nog R199 miljard werd. Vier en twintig uur later is meer as R160 miljard daarvan uitgewis. Die Steinhoff-sakeryk, wat oor 20 jaar tot 'n internasionale sakereus opgebou is, het oornag verkrummel.
Markus Jooste, Steinhoff se flambojante grootbaas, het per SMS bedank en vlug sedertdien van die een na die ander geraamte wat uit sy kas val: tientalle spoghuise vir 'n blonde minnares, resiesperde, bewerings van bedrog en 'n blinkswart Jaguar vir 'n ou universiteitskoshuis.
Wat presies het hier gebeur? Wie het wat geweet? Wat is Steinhoff, wie is Markus Jooste en wat het dit met die sogenaamde Stellenbosch-mafia te doen? Hoe pas Christo Wiese, Shoprite en Pepkor in en waarheen is die pensionarisse se geld? Die bekende sakeskrywer James-Brent Styan beantwoord dié en ander vrae in hierdie verstommende verhaal van die grootste finansiële ineenstoring in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Deur onderhoude met betroubare bronne, inligting uit vertroulike dokumente en in- dieptenavorsing oor Steinhoff se geskiedenis, onthul hy dít wat die groep oor jare probeer wegsteek het.

Steinhoff en die Stellenbosse Boys is 'n boeiende sakeriller wat nog dekades lank in sowel raadsale as sitkamers oorvertel sal word.
Publication date: 2018-06-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776092314

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 240
R 216You save R 24
Plofbare opinies was nog altyd 'n onderskeidende kenmerk van Afrikaners. Politici, skrywers, joernaliste en die man op straat was nog nooit skaam om by bekgevegte betrokke te raak nie. Tradisioneel was die gedrukte media die forum waar polemieke uitgewoed het. In die vroegste dae aan die Kaap is die slawekwessie driftig gedebatteer, en toe die Voortrekkers hulle skrede noordwaarts gerig het, het teenstrydige argumente uitgespeel in een van die vroeë Suid-Afrikaanse koerante, Grocott's Mail.
Die waarde van gesprekke in die aanloop en nadraai van geskiedkundige gebeure soos rebellies, opstande en oorloë kan nie onderskat word nie. Politieke verwikkelinge soos Suid- Afrikaners se gesprekke met die ANC toe dié organisasie nog verban was, het die hele land aan die stry gehad. Om nie te praat van Afrikaans en sy rasse-bagasie of kerksake soos die Belharbelydenis en die hantering van gay lidmate nie. En wie sal die spanning wat tussen H.F. Verwoerd en N.P. van Wyk Louw ontstaan het met die pluimsaad-polemiek, vergeet? Piekniek by Dingaan en die Voëlvry-beweging het nie net opskuddings op kultuurgebied veroorsaak nie. Ook het die eggo's van kwessies soos “gemengde” sport en boikotte, en die skandes wat sportsterre soos Hansie Cronjé, Joost van der Westhuizen en Oscar Pistorius veroorsaak het, in alle sfere van die samelewing weerklink.

Misdaad soos plaasaanvalle en -moorde is daagliks op Suid-Afrikaners se lippe, net soos wat daar steeds oor figure soos Daisy de Melker, Gert van Rooyen en Joey Haarhoff gegons word. In Polemieke bied Gabriël Botma lesers 'n blik op bekende én byna vergete woordtwiste wat die Suid-Afrikaanse geskiedenis help slyp het. Karakters wat 'n sentrale rol in Afrikanerpolemieke gespeel het, word aan die vergetelheid ontruk, en hedendaagse polemici kom onder die loep. Binne die konteks van Afrikaner-nasionalisme het dié strydpunte deurgaans gelei tot groter insig onder betrokkenes en lesers, maar terselfdertyd is die verdelingslyne wat van ver af kom, dieper afgeëts.
Publication date: 2018-03-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192563

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 190
R 171You save R 19
Die bekende dr. Pieter Mulder is aan die woord oor sy wedervaringe in die politiek. Dit handel hoofsaaklik oor sy meer onlangse ervarings (ná 1994) as parlementslid, maar ook oor sy ervarings voor die eerste demokratiese verkiesing. Oor byna elke land kan hy 'n storie vertel, o.a. oor die keer toe 'n Duitse regeringsamptenaar nie rekening gehou het met Afrikatyd nie.
Publication date: 2009-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191429

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 50
R 45You save R 5
Die keiser loop in sy pragkleed deur die skare. Net slim mense kan dié kleed sien. 'Hoera vir die keiser se nuwe kleed!' juig die mense. Tot 'n seuntjie verbaas uitroep: 'Maar die keiser is dan kaal!'
Publication date: 2007-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620902847

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 290
R 232You save R 58
In this multi­billion rand corruption memoir, former Bosasa Chief Operating Officer and whistleblower, Angelo Agrizzi rips open the can of worms, exposing two decades of untold greed, politicking, corruption, racism, bribery and deep state capture. In January, 2019, Agrizzi made his first appearance to testify at the ongoing Zondo Commission. Inside the Belly of The Beast is a mind blowing confession of a man who, page by page, exposes the intimate fraudulent workings of a company, founded on deep deception, under the cult­like leadership of the Master himself, Gavin Watson. Having been intimately involved with Bosasa since its inception, having worked and travelled side­by­side with Watson, and having witnessed his unique style of bribery and corruption during this period - something that most certainly assisted in bringing South Africa to her knees during Zuma's rule - Agrizzi is one of few people with a firsthand account of what really happened behind the closed doors of Bosasa.
Publication date: 2020-11-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781529124194

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 695
R 556You save R 139
From the global impact of the Coronavirus to exploring the vast spread of the Australian bushfires, join authors Ian Goldin and Robert Muggah as they trace the ways in which our world has changed and the ways in which it will continue to change over the next hundred years.

Map-making is an ancient impulse. From the moment homo sapiens learnt to communicate we have used them to make sense of our surroundings. But as Albert Einstein once said, 'you can't use old maps to explore a new world.' And now, when the world is changing faster than ever before, our old maps are no longer fit for purpose.

Welcome to Terra Incognita. Based on decades of research, and combining mesmerising, state-of-the-art satellite maps with enlightening and passionately argued analysis, Ian and Robert chart humanity's impact on the planet, and the ways in which we can make a real impact to save it, and to thrive as a species.

Learn about: fires in the arctic; the impact of sea level rise on cities around the world; the truth about immigration - and why fears in the West are a myth; the counter-intuitive future of population rise; the miracles of health and education that are waiting around the corner, and the reality about inequality, and how we end it. The book traces the paths of peoples, cities, wars, climates and technologies, all on a global scale. Full of facts that will confound you, inform you, and ultimately empower you, Terra Incognita guides readers to a new place of understanding, rather than to a physical location.
Publication date: 2020-10-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776095445

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 280
R 224You save R 56
Originally the Venda Building Society, VBS Mutual Bank was a small, little-known lender in Limpopo before it rocketed from obscurity in 2016 by giving President Jacob Zuma a controversial home loan to repay the state for improvements to his Nkandla homestead. The bank was growing rapidly and sold itself as a fearless champion of black advancement. Its owner, Vele Investments, was on a meteoritic trajectory towards becoming a financial conglomerate worthy of national attention.
When the bank abruptly went into curatorship in March 2018, no one had any reason to doubt that it was just another unfortunate corporate failure. Then the astonishing truth emerged: the collapse of VBS was due to an epic R2-billion fraud that had created Vele's empire out of thin air and left the bank a hollow shell. VBS: A Dream Defrauded unravels the fraud, exploring how mastermind Tshifhiwe Matodzi and his associates first took control of VBS, fed off ANC patronage networks and operated under a nationalist mantle endorsed by Venda royalty. The book explains how the bank and its shareholder Vele were seemingly built into a multibillion-rand business; exposes the political machinations that guaranteed VBS up to R3.5 billion in unlawful funding from municipalities and other state institutions; and describes the free-for-all that ensued after the bank's collapse when all involved tried to cover their tracks.

Written by one of the journalists who first broke the story, this is a compelling account of a bank heist whose shockwaves continue to haunt the politicians, businessmen and traditional leaders who enabled it
Publication date: 2020-10-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799396225

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 280
R 224You save R 56
The emigration debate is as old as our democracy itself. When the “new South Africa” dawned in 1994, many people left the country out of fear for what majority rule would hold. More still left in the years that followed to seek a better life elsewhere, and communities of expats can be found all over the world in places such as Canada, England and Australia. Today, 25 years after the dawn of democracy, as optimism about the country's future ebbs and flows, new impetus has been given to the emigration debate. This time around, it is not only being discussed in reactionary circles, but around dinner tables of all creeds as many people leave for better education, job opportunities and safety. With the reality of nine wasted years tugging at our wallets and future prospects, and the allure of a global economy pulling strong, more and more people are
asking, “Should I go?” In Should we go? more than 20 of South Africa's foremost thought leaders such as Jonathan Jansen, Mandy Wiener, Phumzile van Damme and Ferial Haffajee grapple with this question. It is an attempt to find some answers that will give insight to and challenge every person who is thinking of leaving, has already left, or has decided to stay so that they may thrive as South Africans wherever they are.

Alet Law is the newsletter and engagement editor at News24 and former opinions editor. She holds a PhD in political communication from the University of Cape Town.
Publication date: 2020-10-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770107861

Nie-fiksie / Non-fiction: Current Affairs / Aktuele Sake

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Current Affairs / Aktuele Sake
R 310
R 248You save R 62
Closing the Gap is an accessible overview of the fourth industrial revolution (4IR) and the impact it is set to have on various sectors in South Africa and Africa. It explores the previous industrial revolutions that have led up to this point and outlines South Africa's position been through each one.
With a focus on artificial intelligence as a core concept in understanding the 4IR, this book uses familiar concepts to explain artificial intelligence, how it works and how it can be used in banking, mining, medicine and many other fields.

Written from an African perspective, Closing the Gap addresses the challenges and fears around the 4IR by pointing to the opportunities presented by new technologies and outlining some of the challenges and successes to date
Publication date: 2020-10-05

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.