Discount only on online purchases

Christelik / Christian
General / Algemeen

Results 1 to 15 of 20
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617975

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 230
R 207You save R 23
Ontdek die ware jy sodat jy bemagtig kan word om die regte keuses in die lewe te maak.

Persoonlikheids- en intelligensietoetse wil jou in 'n bepaalde boksie plaas, maar daar is soveel meer aan jou as wat in dié toetse vasgevang kan word. Jy is uniek gemaak en moet daarom jou unieke self wees.

In Die Perfekte Jy lei dr. Caroline Leaf jou om jou unieke jy te ontdek, inderwaarheid die Perfekte Jy. In hierdie fassinerende boek sal jy:

ontdek wat die Perfekte Jy is in terme van hoe jy dink, voel en keuses maak en hoekom dit belangrik is
meer leer oor die filosofie en wetenskap grondliggend aan die Perfekte Jy
die Perfekte Jy ontsluit met die 300 vrae in die Unieke Kwalitatiewe (UK) Assesseringsinstrument
leer hoe om die Perfekte Jy-kontrolelys te gebruik om te monitor of jy binne jou Perfekte Jy funksioneer
die ongemaksones ontdek wat help reguleer of jy binne of buite jou Perfekte Jy leef
goeie, eenvoudige oefeninge aanleer om jou Perfekte Jy te ontwikkel en te laat groei
Uit haar jare lange ervaring en navorsing help dr. Caroline Leaf jou insien hoe om buite jou Perfekte Jy te leef jou geestes- en fisieke gesondheid negatief kan beïnvloed.

Die Perfekte Jy sal jou vrystel om jou ware bloudruk vir identiteit aan te gryp en 'n duidelike idee van goddelike doelgerigtheid in jou lewe te ontwikkel.

Oor die outeur

Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook haar Meestersgraad en PhD in Kommuni­kasie­patologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing oor die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.
Publication date: 2017-11-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617999

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 70
R 63You save R 7
Dit maak nie saak of jy direk of indirek deur kanker geraak word nie, dit is 'n oorweldigende en ontstellende tydperk wat selfs die mees standvastige individu kan ontstel. Maar kanker is so beperk … dit kan nie hoop vernietig nie … dit kan nie geloof verniel nie … dit kan nie die ewige lewe steel nie …
Wat kanker nie kan doen nie is vol stories van moed vir enigiemand wat tans kanker moet hanteer. Dit kombineer teksverse uit die Nuwe Lewende Vertaling met inspirerende aanhalings en bemoedigende stories van beide mans en vroue wat kanker oorleef het. Hierdie boek is bedoel om te ondersteun, te inspireer en leiding te gee aan enigiemand wat pas gediagnoseer is, tans kankerbehandeling ontvang, weer aan die lewe begin bou ná kanker of net proaktief wil optree om kanker te voorkom.
Die bemoedigende stories van mense wat kanker oorleef het, sal dalk nie die liggaam genees nie, maar sal elke siel aanraak en verryk.
Publication date: 2017-08-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616640

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 200
R 180You save R 20
40 gesprekke wat ouers sal help om hulle kinders te bemagtig om te verstaan wat hulle glo en dit te verdedig.

Dit is geen geheim nie dat kinders van alle ouderdomme by die skool, saam met vriende en aanlyn blootgestel word aan negatiewe kritiek oor Christenskap. Is jy bereid om met jou kinders te praat oor hoe hulle effektief die moeilike vrae kan antwoord wat mense hulle gaan vra oor hulle geloof?

In Kan ons regtig die Bybel glo? sal jy 40 van die algemeenste uitdagings vind wat kinders teëkom, asook duidelike, maklik om te verstaan reaksies wat julle saam kan bespreek. Hierdie boek sal jou help om:

'n oop gesprek met jou kind aan te moedig oor kwessies waaroor hy dalk nie wil praat nie
jou kind se onsekerhede te vervang met vertroue wat slegs God se waarheid kan gee
jou kind goeie vaardighede te leer om op hulle voete te dink
Kan ons regtig die Bybel glo? is 'n gids wat ouers toerus om kritieke (en moeilike) geloofsgesprekke met hulle kinders te hê. As jy wil hê jou kinders moet 'n dinamiese geloofslewe hê, moet jy hierdie boek lees en vandag nog hierdie gesprekke met hulle begin hê.

Oor die outeur

Natasha Crain skryf 'n gewilde blog op ChristianMomThoughts.com. Sy het 'n MBA van UCLA en het die Certificate Program in Christian Apologetics aan Biola University voltooi. Sy en haar man, Bryan, het drie kinders.
356 Bladsye, 140 x 216 mm
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617241

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 190
R 171You save R 19
Die Bybel se diepste waarhede visueel verduidelik vir 'n nuwe generasie.

Ons leef in 'n tyd waarin mense al hoe meer op visuele voorstellings staatmaak om nuwe en moeilike konsepte te verstaan.

Maar die visuele voorstelling van waarheid is nie nuut nie. God het self visuele voorstellings gebruik om sy mense die waarheid te leer. Die tabernakel van die Ou Testament was 'n visuele voorstelling van die mens se verwydering van God en God se afdaling na sy volk toe. Elke deel van die tabernakel was bedoel om iets van die mens se verraad teenoor God en God se liefdevolle antwoord daarop te weerspieël. Net so is die sakramente van die Nuwe Testament visuele voorstellings van die mens se sonde en God se antwoord. Selfs die kruis was beide realiteit en 'n visuele demonstrasie.

Challies en Byers wil die konsepte en beginsels van sistematiese teologie op 'n vars en informatiewe manier oordra. Hulle doen dit met behulp van:

Diagramme en grafiese voorstellings van teologiese uitgangspunte
Praktiese insigte en toepassings vir die daaglikse lewe
Fokusblokkies met ekstra verduidelikings en aanbevelings vir verdere leeswerk
Die visuele evangelie stel die Bybel se diepste waarhede op so 'n manier voor dat dit gesien en verstaan kan word deur 'n generasie wat ingestel is op die visuele.

Oor die outeurs

Tim Challies is 'n leraar, bekende spreker, skrywer van verskeie artikels en 'n pionier in die Christelike blogwêreld. Meer as 20 000 mense besoek Challies.com daagliks, wat dit een van die mees geleesde en erkende Christelike blogs in die wêreld maak. Tim is ook die redakteur van DiscerningReader.com, 'n webtuiste wat daaraan toegewy is om weldeurdagte resensies te plaas oor boeke wat vir Christene van belang is. Tim en sy gesin bly naby Toronto, Ontario.

Josh Byers is 'n leraar, kunstenaar, spreker, eggenoot en pa van Iowa. Sy werk is al op verskeie plekke gesien, van die Gospel Coalition tot die Tonight Show. Hy skryf en publiseer gereeld grafika by joshbyers.com
160 Bladsye , 181 x 231 mm
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616763

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 20
R 18You save R 2
Die Storie wat jou lewe kan verander is 'n uitstekende hulpbron vir kerklike bediening, asook sendingwerk. Die treffende kunswerke en kleurvolle detail vertel die storie van Jesus op 'n vars en Bybelse manier - van die verskyning van engele tot by Saggaria, Jesus se geboorte, Josef en Maria se vlug na Egipte, Jesus se wonderwerke, sy kruisiging, opstanding en hemelvaart.
Hierdie boek bevat:
• 14 volkleurbladsye geneem uit Die Aksie-Bybel geïllustreer deur Sergio Cariello.
• Geloofstellings
• 6 stappe om ʼn volgeling van Jesus te word
• Plek om ʼn naam en persoonlike verlossingsdatum neer te skryf
Die Storie wat jou lewe kan verander is die ideale vertrekpunt om 'n gesprek oor geloof te inisieer. Dit kan gebruik word in kerklike programme, huisgodsdiens, asook uitreikprogramme na oud en jonk.
Publication date: 2017-03-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415336724

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 230
R 207You save R 23
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432206543

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 119
R 107You save R 12
As jy nié hou van hoe jou lewe nou is nie, sal iets moet verander. Hierdie is 'n boek met 'n verskil: Dis nog nie klaar geskryf nie! Na elke stuk volg daar twee vrae om jou aan die dink te sit. Pen jou gedagtes neer en na slegs 50 dae het jy die storie van jou lewe voor jou.
Om 'n boek te skryf was nog nooit so maklik nie!
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205737

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 110
R 99You save R 11
y dink dalk dit hoort so; dis tog wat jy moet doen as jy bo wil uitkom. Jy cope mos darem nog.

Maar op die lange duur kan besigwees jou vreugde steel.

Elke mens is gemaak vir 'n ritme van werk en rus - anders sal jy uitbrand.

Jy móét dus daardie sweet spot kry waar jy optimaal en kragtig, maar op jou heel gemaklikste, kan funksioneer.

Te besig met besigwees? sal jou verstand en jou hart oopmaak sodat jy geïnspireerd sal wees om jou beste lewe rustig te leef.

Ons het 'n groep skrywers, predikante, entrepreneurs, sakelui, sielkundiges, lewensafrigters, mentors en mediapersoonlikhede gevra vir hulle wenke vir beter tydsbestuur.

Nou kan jy deel in die insig van hierdie professionele mense wat moes leer hoe om al die balle in die lug te hou.

Die boek bestaan uit 40 temas, wat week vir week deurgewerk kan word.

By elke tema is daar 'n praktiese vraag of opdrag om jou aan die dink te sit, met 'n spasie waar jy jou eie idees kan neerpen, sodat jy 'n meer produktiewe en minder besige lewe kan lei.
Publication date: 2016-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431615223

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 180
R 162You save R 18
Besef dat God jou nooit verlaat nie en saam met jou in jou hartseer is.

6 miljoen Jode sterf tydens die Tweede Wêreldoorlog in konsentrasiekampe. Dekades later sterf 230 000 mense ná 'n tsunami. Waar was God? Hoekom het Hy dit toegelaat?

Oor die eeue wonder mense oor swaarkry en hoe ons moet dink oor God se betrokkenheid daarby. Adrio König kyk in God, waarom lyk die wêreld so? na teorieë van teoloë soos Calvyn en Arminius, wat geredeneer het oor of God die kwaad net toelaat, of beskik.

Die eerste hoofstuk van God, waarom lyk die wêreld so? vertel ware verhale van mense wat van die geskiedenis se grootste gruwels beleef het, byvoorbeeld die groot Jodeslagting (Holocaust) van die Tweede Wêreldoorlog wat 'n agtergrond bied waarteen die boek gelees kan word. Die boek sluit ook af met 'n bylaag swart-en-wit foto's.

Op die ou end kan ons net weet: Ons verstaan dikwels nie hoekom slegte dinge in die wêreld gebeur nie. In plaas daarvan om met leë woorde te probeer troos, moet ons besef dat God ons nooit verlaat nie en saam met ons in ons hartseer is.

Oor die Outeur

Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by Unisa en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom 'n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders, Mari, Carina en Friedrich, en vyf klein-kinders, Guillaume, Helet, Wiets, Ilani en Joy. En almal dien die Here.
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780801018398

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 250
R 225You save R 25
You are not a victim of your biology!

The vast majority of the illnesses that plague us today are a direct result of our thought life. What you think about truly affects you both physically and emotionally. Today our culture is undergoing an epidemic of toxic thoughts that, left unchecked, create ideal conditions for illnesses.

Supported by current scientific and medical research, Dr Caroline Leaf gives you a prescription for better health and wholeness through correct thinking patterns. She exposes the 'switch' in your brain that will enable you to live a happier, healthier, more enjoyable life where you achieve your goals, get your thought life under control, and even become more intelligent. And her 21-Day Brain Detox Plan guides you step-by-step through the process of replacing toxic thoughts with healthy ones.
Publication date: 2015-09-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432203481

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 130
R 117You save R 13
Dit gaan nie net oor 'n aangrypende historiese gebeurtenis nie. Dit gaan oor die verskil wat dit in die lewens van honderde miljoene mense gemaak het - die verskil tussen hemel en hel.
Jou verhouding met en jou liefde vir God staan in direkte verband met jou begrip en waardering van die gebeure tydens Die laaste dae van Jesus. Hierdie boek wil jou help om God se liefde en die heilsgebeure beter te verstaan. Wat regtig met Jesus gebeur het, maak saak!
Om die volle impak van wat gebeur het te verduidelik, is daar in hierdie boek aanvullende mediese inligting. 'n Forensiese patoloog interpreteer
die Bybelse gebeure vanuit sy kennis en verduidelik wat liggaamlik aan Jesus gedoen is.
Waarom moet gelowiges weet wat die intensiteit van die marteling van Jesus was? Die wrede, forensiese feite is nodig om die suikerlagie wat
mense om die kruisiging geplaas het af te ruk. Dis afgryslik om te wete te kom hoeveel bloedverlies Jesus gely het, hoe geseling en senuwees
wat beskadig is moontlik tot hartversaking gelei het. Maar terselfdertyd kan jy weet dat Hy dit vir jou verlossing gedoen het. Dit kan jou geloof
versterk en hoop gee in 'n wêreld wat nie meer glo nie.

DR ISAK BURGER is bekend as kerkleier en skrywer van boeke soos Die eerste 5 minute in die hemel. Sy grootste passie is om mense aan Jesus bekend te stel. Hy fokus in sy studies, preke, skryfwerk en besoeke aan Israel op wie Jesus is en wat Hy gedoen het.

DR. LEON WAGNER is 'n forensiese patoloog met 'n privaat praktyk wat al meer as 10 000 nadoodse ondersoeke gedoen het. Hy tree gereeld by kerke op om die Bybelse weergawe van die kruisgebeure toe te lig met sy kennis oor die volle impak van wat met Jesus gebeur het.
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415330999

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 170
R 153You save R 17
Wat ons glo is kragtig! Joseph Prince help jou om weg te breek van die houvas wat deur vals oortuigings veroorsaak word en effektiewe gewoontes en gedagtepatrone te kweek vir 'n lewe van oorwinning. Elkeen van hierdie 100 oordenkings bevat: Skrifgedeelte vir die dag: 'n Bybelvers om oor na te dink sodat jy jou gedagtes kan vernuwe en die regte dinge kan glo oor God se hart en sy plan vir jou lewe. Oordenking vir die dag: 'n Kernwaarheid oor die regte oortuigings wat God se lewensveranderende genade in jou hart sal vrystel. Gedagte vir die dag: 'n Positiewe, bevrydendende en kragtige gedagte vir die dag. Nadenke vir die dag: Plek om jou gedagtes neer te skryf. Gebed vir die dag: 'n Eenvoudige maar kragtige gebed om jou te help om jou gedagtes teenoor God uit te druk.
Publication date: 2015-03-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620626286

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 99
R 89You save R 10
Die NG Kerk-familie word daagliks gekonfronteer met 'n keuse oor die Belhar Belydenis. Elkeen in die familie van NG Kerke moet op een of ander wyse die Belhar Belydenis aanspreek. Die vraag word beantwoord: 'Hoe kan Belhar bydra tot die taak van die NG Kerk binne die hedendaagse konteks?' Hierdie boek is gebaseer op jarelange navorsing oor die missionale bydrae van Belhar vir die NG Kerk.
Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620552523

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 160
R 144You save R 16
Publication date: 2014-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620523547

Christelik / Christian: General / Algemeen

Christelik / Christian  -  General / Algemeen
R 130
R 117You save R 13
Publication date: 2014-01-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.