●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Christelik / Christian
Christian Living / Christelike Leefwyse

Results 1 to 15 of 89
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9781775620457

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 250
R 200You save R 50
Die komende Koning en sy Messiaanse koninkryk bied die lering oor die koninkryk van God aan soos wat dit progressief vanaf Genesis tot Openbaring ontvou. Die koninkryk van God is die sentrale tema van die Bybel, van voor die grondlegging van die wêreld af, in die begin, regdeur die geskiedenis, en tot in die ewige bestel. Jesus Christus is nie net die Verlosser nie, maar hy is ook die komende Koning wat suksesvol oor die aarde sal heers tot in alle ewigheid. Die Bybel se meta verhaal vertel hoe die Laaste Adam alles sal herstel wat in Eden verlore gegaan het. Kom ontdek hoe God sy koninkryksplan in Christus tot uitvoering gaan bring in Die komende Koning en sy Messiaanse koninkryk.
Oor die skrywer
JACO SCHOLTZ voltooi sy meestersgraad in teologie aan die Universiteit van Stellenbosch (MTh [Nuwe Testament]) in 2013. Hy is ʼn navorsingsgenoot van die Departement Ou en Nuwe Testament aan die Universiteit van Stellenbosch, die skrywer van ʼn tiental geakkrediteerde artikels asook die artikels wat op die FaithEquip-blog verskyn. Jaco is getroud met Veronica.
Publication date: 2020-09-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928248101

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 220
R 198You save R 22
“God is nie een of ander control freak nie . . . Hy laat die gelowige self keuses maak en self verantwoordelikheid neem.”

Wat beteken dit om vandag 'n Christen te wees? Dit is lankal nie meer genoeg om blindelings net Sondag ná Sondag die erediens by te woon nie, sê die geestelike leier en oudsoldaat Callie Roos. Dit is slegs deur 'n lewe in Christus dat ons werklik God se krag in ons kan beleef.
Volgens Callie beleef die kerk vandag 'n krisis en georganiseerde godsdiens hou gelowiges gevange in dogma en 'n behoefte aan beheer. Christene moet ontsnap uit die geestelike tronk wat hulle inperk en hul bestaande begripsraamwerk bevraagteken.
'n Lewe in Christus behels dat jy uitgaan in die wêreld en daadwerklik 'n verskil maak. Wanneer gewone Christen-mense Christus word vir ander, kan hierdie nuwe manier van glo 'n massabeweging word wat die ganse mensdom ten diepste sal aangryp.
In Christus beloof om te inspireer en gelowiges nuut oor hul Christenskap te laat dink.
Publication date: 2020-06-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622504

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 199
R 179You save R 20
'n Bevestiging van basiese geloofswaarhede, en hoop en bemoediging om geloof doelgerig uit te leef.

Aardverwarming en natuurrampe. Geweldsmisdaad. Politieke onsekerheid en korrupsie. Armoede en werkloosheid. Is God regtig nog in al hierdie dinge? Kan ons ten spyte van al hierdie dinge nog in God glo?

In Geloof in 'n tyd soos hierdie nooi Jan du Rand die vuisvoos, bekommerde en teleurgestelde mens om weer by die begin te begin: om verseker te word God is wie die Bybel sê Hy is, en dat Hy tot aan die einde van tyd ten volle in beheer is van sy skepping.

Jan du Rand bevestig basiese geloofswaarhede, en bied bemoediging om geloof doelgerig uit te leef. Hy bied hoop vir donker dae. Want deur te leef wat ons glo, ervaar ons lewensvervulling en bereik God sy doel in ons lewe - ongeag hoe die wêreld lyk.
Publication date: 2019-12-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415341025

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 180
R 162You save R 18
Hierdie boek sal lesers help om die wildernis te oorleef en alles aan te gryp wat God vir hulle beplan het.

Voel jy vasgekeer deur jou lewensomstandighede? Wonder jy: “God, waar is U?” Miskien het God nog altyd met jou gepraat, maar nou is sy stem skielik stil. Miskien het jy al ver gevorder op jou geloofspad, maar nou is God nêrens te vinde nie. Welkom, in die wildernis - die plek waar jy reeds God se belofte vir jou lewe ontvang het, maar nou wag jy dat dit bewaarheid word.

Maar daar is goeie nuus: Hierdie plek is nie 'n lewelose woestyn nie. God gebruik die wildernis om jou voor te berei en toe te rus om jou lewensdoel te bereik - dis nou te sê dat jy dié tyd reg gebruik. In hierdie insiggewende boek, verskaf die topverkoperskrywer John Bevere die belangrikste Bybelse waarhede en vele ontsagwekkende stories wat jou sal help om jou geloofsdroogte en moeilike seisoene te oorleef, en alles aan te gryp wat God vir jou beplan het.

John Bevere en sy vrou Lisa is die stigters van Messenger International. John se boeke, wat reeds in meer as 60 tale vertaal is, sluit in Die strik van Satan, Goeie werke of God en Ontmoet die Heilige Gees. Hy is 'n internasionale spreker en mede-aanbieder van die “The Messenger”-TV-program wat wêreldwyd uitgesaai word. John, sy vrou en hul vier kinders woon in Colorado Springs in die VSA.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623556

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 199
R 179You save R 20
Ontdek die waarheid oor wie jy werklik is.
Sportman. Seun. Akademiese presteerder. Kunstenaar. Broer. Atleet. Geek...
Beskryf enige van hierdie etikette jou identiteit? Jy kan probeer, maar die probleem is, dit is alles mensgemaak. As jy jou hoop op enige van hulle plaas, sal dit jou in die steek laat.
Jou identiteit kan voel soos 'n raaisel, maar Op my naam, sal jou help om die waarheid te ontdek. Wie jy is, word deur meer bepaal as jou punte, voorkoms of talent op die sportveld.
En jou ware identiteit kan net aan jou geopenbaar word deur die Een wat jou werklik ken. Die Een wat jou geskep het. Die Een met al die wysheid.
God het reeds die deur oopgemaak. Stap daardeur en ontdek wie Hy jou gemaak het om te wees.
Geinspireer deur die fliek Overcomer.
Publication date: 2019-10-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623358

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 199
R 179You save R 20
Jou identiteit bepaal jou gedrag.
Wie kan met meer insig en gesag praat oor wie jy is as God die Een wat jou ontwerp het, jou die beste ken en jou liefhet?
Elkeen van ons is uniek geskep om God te ken en 'n betekenisvolle lewe te leef. Maar om dit te weet, is bloot die begin...
Is jy gereed om te ontdek wie jy geskep is om te wees? Wat God van jou dink en deur jou kan doen, is baie wonderliker as wat jy jou ooit kan voorstel.
Geinspireer die die fliek Overcomer.
Publication date: 2019-10-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321213

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 195
R 176You save R 19
Mense wat in dankbaarheid leef, is gelukkiger, slaap beter, behou beter fokus en is selfs makliker om mee oor die weg te kom! Om
meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakteur van LiG, neem ons op 'n 100 dae
reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid
te leef.
Publication date: 2019-07-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321787

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 225
R 203You save R 22
Hierdie boek handel oor die onderstebo koninkryk van God.

Hierdie koninkryk wat op 'n heel anderster manier werk as wat ons mense werk. Jesus se slagspreuk; die koninkryk van die hemel is hier word getakel in hierdie stuk met 'n spesifieke verwysing na vele van sy gelykenisse en aforismes. Wanneer ons na Jesus se lering en stories, in die maatskaplike en politiese konteks van sy tyd kyk ontbloot dit 'n heel ander perspektief. 'n Perspektief wat ongemaklik, selfs irriterend, tog steeds lewegewend is. Hierdie koninkryk wat alles op sy kop kom draai het, of eintlik weer regop gedraai het, is waar ons, ons menslikheid herontdek.

Die boek is opgedeel in drie dele, drie areas en aspekte van elke mens se lewe wat Jesus op hulle, kop of weer regop, kom draai het. Ek en God, ek en myself, en ek en my dorp.

Hierdie werk se doel is ook om die 'Liewe Jesus' beeld te dekonstrueer, en die radikaliteit van Jesus se boodskap en die koninkryk na vore te bring.
Publication date: 2019-06-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321305

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 205
R 185You save R 20
Kan eet teruggeëis word as heilige daad? Hedendaagse verbruikerskultuur minag die ontasbare en maak 'n bespotting van die geringe. Ons kan dit verander deur Christelike spiritualiteit en die keuse om aandagtig te lewe by die etenstafel. Begin deur bewustelik te eet. Kyk na jou bord, asem die reuke in, kyk saam met wie jy eet, besef dat iets moes sterf vir daardie stuk vleis om op jou bord te beland. Die tafel is die verbindingsplek, met jouself, die natuur, met ander mense en met God.
Publication date: 2019-05-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340929

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 150
R 135You save R 15
In hierdie boek (nou beskikbaar in 'n gerieflike kleiner formaat) verskaf Jentezen Franklin aan jou die sleutels om jou lewe te verander deur die Bybelse gebruik van vas.
Vas is vir Franklin en sy gemeente 'n belangrike gewoonte en een wat hulle jaarliks inspan. In Wanneer julle vas . . . wil hy jou help om te verstaan dat om te vas net so 'n belangrike geestelike aktiwiteit soos gebed is.

Hy deel ook getuienisse oor die wonderwerke wat vas in sy gemeentelede se lewe bewerkstellig het. Hy bespreek die verskeie aspekte van vas sodat jy die krag daarvan in jou lewe kan ervaar, en sodoende 'n dieper, meer intieme verhouding met God kan geniet.
Publication date: 2019-05-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321633

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 200
R 180You save R 20
Ons uitdaging vandag is om almal vir God te bereik. Maar ons moet vars en nuut dink oor die manier hoe dit gedoen word. Ons kort 'n nuwe styl, Jesus s'n. Ons moet weet wat om te doen en ook wanneer om dit te doen: op 'n manier wat die wêreld rondom ons se verbeelding sal aangryp. Ons moet Jesus-lesers wees, mense wat vir Jesus reg aanvoel en verstaan. Dan kan ons stylvolle geloofdelers wees.
Publication date: 2019-05-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928456636

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 230
R 207You save R 23
'n Christelike boek vol daaglikse inspirasiestukkies geskryf uit 'n beradingsoogpunt oor onderwerpe waarme meeste mense sukkel, naamlik selfbeeld en om te besef hoe kosbaar hulle is.
Publication date: 2019-05-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622177

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 170
R 153You save R 17
Die mens is meesterlik aanmekaargesit - liggaam, siel en gees. Maar as een van hierdie aspekte skade ly, beïnvloed dit 'n mens se hele wese.
Die heel beste jy! bespreek hierdie drie aspekte in drie afdelings, naamlik: 1. 'n gesonde liggaam, 2. 'n gesonde sielsdimensie en 3. 'n gesonde geestelike lewe.
In afdeling 1 bespreek Esther van der Spuy die nuutste navorsing oor onder andere eetversteurings, emosionele eet, verslawing, slaap en oefening. Sy kyk na moontlike oorsake en gevolge sowel as moontlike oplossings en stappe vir volhoubare besluitneming en heelwording.
Dalena Vogel belig in afdeling 2 kundig die effek, gevolge en genesing van emosionele seerkry sodat 'n mens jouself kan monitor en wyse besluite kan neem om gesond te word.
Dirkie van der Spuy moedig lesers in afdeling 3 aan om stappe te neem om geestelik te groei en deel te word van 'n gesonde geestelike liggaam waarin die Heilige Gees woon.
Hierdie is 'n alles-in-een-handleiding wat 'n mens inspireer om die heel beste jy te word.
Publication date: 2019-04-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620333

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 170
R 153You save R 17
Leiding om genesing te ervaar van trauma, teleurstelling en verlies, en voluit te leef in hoop en vreugde.

Dit gebeur so dikwels dat mense teruggehou word deur iets wat in hulle verlede gebeur het; deur ʼn traumatiese ervaring of seerkry wat hulle net nie kan vergeet nie. Dit verhoed dat hulle waarlik vry en oorwonne kan leef.

Bekende en gerespekteerde berader H. Norman Wright help lesers met Breek vry van jou verlede om werklik eens en vir altyd hulle verlede oor te gee aan God.

Hy help lesers om hulle toekoms terug te neem deur

· hulle herinneringe te sorteer

· seerkry uit die verlede te identifiseer

· vorige trauma te verwerk

· oor verliese uit hulle verlede te treur

· die ewige vryheid in Christus vir hulleself op te eis

Breek vry van jou verlede bied praktiese wenke om genesing te ervaar van trauma, verlies en teleurstellings, en voluit te leef in hoop en vreugde.
Publication date: 2019-04-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321817

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 165
R 149You save R 16
'Die lewe is 'n lied. Reg? Maar dis beslis nie altyd Beethoven se Maanligsonate nie. Soms is die enigste lied wat ons hoor een van hartseer, rou en doodloopstrate. Ek noem sulke tye in ons lewe 'n suurlemoenseisoen. My hoop is dat die boek jou sal help deur hierdie moeilike tye'.
In Suurmemoenseisoen deel Amanda de Lange, lewensafrigter en joernalis, 52 werkstukke wat on leer om anders na ons omstandighede te kyk. Sy help ons om te besef dat daar in Hom altyd 'n oplossing is vir selfs dit wat ondraaglik lyk. Omskep die pynlike van die lewe in iets soets en leef volledig en met oorgawe.
Publication date: 2019-03-18

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.