●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Christelik / Christian
Christian Living / Christelike Leefwyse

Results 1 to 15 of 90
Sorted by:  Price
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431611621

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 10
R 9You save R 1
In Waarom kan ek in God glo? verskaf Daniel R. Hyde bewyse vir God se bestaan en gee onomstootlike antwoorde om ons twyfel te weerl�. Hy moedig lesers aan om hulle vertroue in God te stel. Die klein en kompakte boekie vorm deel van die Hoekstene van geloof-reeks.
Publication date: 2014-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431611645

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 10
R 9You save R 1
Hoe lyk 'n opregte, reddende geloof? Is dit 'n sprong in die duister? Is dit iets wat waarneembaar is vir die mense om ons? Wat is geloof? is 'n klein, kompakte boekie wat verduidelik wat geloof ten diepste is. Die boekie vorm deel van die Hoekstene van geloof-reeks.
Publication date: 2014-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316001

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 69
R 62You save R 7
Willie Esterhuyse is 'n produk en kind van Suid-Afrika; wêreldbekend as denker, spreker en raadgewer vir staatsleiers. Sy passie vir reis bring hom uit by oerbeskawings waar hy godsdiens se geboorte sien. Tydens besoeke aan Malta raak hy vertroud met dié eilandjie se onstuimige voorgeskiedenis en erfenisterreine. Hy ontdek veral die arena vir die konflik tussen Christene en Moslems, 'n kwessie wat vandag die wêreld aan die praat en vrees het. In opvolg van, God en die gode van Egipte, en Die God van Genesis, sluit hy dié trilogie af met Geagte Jahwe. Meesterlik besluit hy om direk 11 briewe te rig aan God op sy Bybelse noemnaam, Jahwe. Hierin kan Willie vlymskerp die kernsake van ons tyd oopsny en basiese lewensvrae oopboor, soos die stryd tussen gelowe, ineenstorting van samelewings. Hy bied ook rigting vir soekende denkers oor 'n ander kyk op God vir ons tyd. Willie daag ons uit om verder te dink: met die 'gees van omgee' wat verby die stukkkend en seer kyk - na 'n wêreld wat menslik en leefbaar vir almal is.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432114213

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 80
R 72You save R 8
Is Jesus enough for you? If you had to answer this question, could you honestly say that He is? Or do you consider Him a kind of by-the-way add-on to your life - a nice-to-have, but not a necessity? In Is Jesus Enough?, author and evangelist Angus Buchan raises readers' awareness to the fact that Jesus needs to be their main objective. He discusses unconditional surrender, prayer, fasting, forgiveness, mentorship, compromise, Christian service, and much more. Jesus is enough for you and He will give you more than you could have ever imagined. Angus reminds readers that this is indeed a truth they can hold on to - despite all of today's worries, troubles and obstacles.
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431614264

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 80
R 72You save R 8
Is Jesus genoeg vir jou? As jy die vraag moet beantwoord, kan jy met alle eerlikheid sê jy leef elke oomblik tot eer van God? Outeur en evangelis Angus Buchan fokus lesers se aandag in Is Jesus genoeg? op die feit dat Jesus altyd hul hoofdoel moet bly - diens aan ander is 'n uitvloeisel hiervan. Hy raak onderwerpe aan soos gebed, onvoorwaardelike oorgawe, nederigheid, aanbidding en leierskap. Angus deel ware verhale met lesers van hoe die lewens lyk van mense wat werklik geglo het dat Jesus genoeg is vir hulle - van bekendes soos Billy Graham en David Livingstone tot persoonlike verhale van mense wat Angus op sy reise ontmoet het. Jesus ís genoeg vir jou. Angus herinner lesers dat dit inderdaad steeds 'n waarheid is waaraan hulle kan vashou - ten spyte van al die bekommernisse, probleme en struikelblokke van vandag.
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920290573

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 80
R 72You save R 8
Die Here Jesus het ses moordende ure aan die kruis gehang, van nege-uur die oggend tot drie-uur die middag. In daardie ses ure het Jesus sewe keer van die kruis af gepraat. Ons noem dit 'die sewe kruiswoorde'.
Die sewe kruiswoorde word in twee dele opgedeel: Die eerste vier kruiswoorde het betrekking op ander mense, en die laaste drie het betrekking op Homself.
Niemand wat by die kruis kom staan en luister wat daar gesê word en waarneem wat alles daar gebeur, kan ooit weer dieselfde daar weggaan nie. Die boodskap van die kruis het 'n lewens-veranderende krag. Dit raak vriend en vyand, niemand word onaangeroer gelaat nie.
'Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê'. Joh. 3:16
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431610112

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 90
R 81You save R 9
Vind vreugde en genesing in saamwees met ander gelowiges.
Besef jy dat die gemeenskap van gelowiges God se skepping is en nie deur mense uitgedink is nie?
Riekert Botha en Albert Theron daag jou in Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet uit om eers te vergeet wat jy 'weet' van gemeentes. Gaan terug na die kern van die saak en ontdek hoekom God gemeentes geskep het. Besef dat dit Sy eiendom is en ook die draers van Sy lig en waarheid in die gemeenskap. Dan sal jy weer opnuut die vreugde en genesing in die saamwees met gelowiges ontdek wat jou sal help om te groei en te ontwikkel in Christus - die Een waarop jou fokus moet wees.

Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet se praktiese aanslag sal jou veilig laat voel in die geborgenheid van die eenheid wat God daargestel het.

Oor die Outeurs
Riekert Botha is 'n tentmakerleraar en was voorheen leraar van die Baptiste-gemeente op Vredendal in die Wes-Kaap. Riekert beskik oor die grade BTh (honneurs) van die Global University en 'n MTh van die Northwestern Theological Seminary, waar hy ook sy PhD in berading ontvang het. Riekert is die skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks. Hy is getroud met Pippa en hulle het drie kinders.

Albert Theron se bediening het 25 jaar gelede momentum verkry vanuit 'n sendingskool in Nelspruit. Hy was al in verskeie hoedanighede betrokke, van gemeenteplanter tot musiekleier en die hele spektrum tussenin. Hy bedien tans die Goudini-gemeente in Christus. Albert is oor die hele land betrokke by bedieningsgeleenthede en is ook mede-administrateur van die blad In Jesus se voetspore. Hy bestuur ook sy eie webblad, blog en dagstukkies wat weekliks elektronies uitgestuur word.
Publication date: 2016-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432208561

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 99
R 89You save R 10
Ons leef soms bloot van dag tot dag, sonder om te dink waarheen ons op pad is. Dis egter nooit te laat om 'n betekenisvolle lewe te begin leef en vervuld en tevrede te voel nie.
Hoe verander 'n mens jou lewe?

As ons dink aan iets wat ons lewe kan verander, dink ons gewoonlik groot: 'n nuwe werk, 'n verhuising, 'n verhouding wat begin of beëindig word. Soms is dit egter iets kleins wat belangrik genoeg is om 'n groot verskil te maak. Een vraag op 'n slag!

Dit is waar EEN VRAAG PER DAG jou gaan help. Een op-die- man-af-vraag kan die rigting van jou lewe heeltemal verander... Lynette Beer vra 99 vrae oor dinge wat regtig saak maak en jou by lewensveranderende antwoorde sal uitbring. Jy kan op enige tydstip met dié joernaal begin. Skryf bloot vandag se datum by 'n vraag in en gebruik 'n paar minute om daaroor te dink. Skryf jou gedagtes neer en werk dan stelselmatig verder deur die boek. Kyk hoe jou lewe verander

By elke vraag is daar ruimte om op twee verskillende datums 'n antwoord neer te skryf. As die eerste 99 dae om is, kan jy dieselfde vrae weer antwoord. Dit gee jou 'n idee van hoe jou lewe oor 'n paar maande verander het.
Publication date: 2018-08-02
Click to enlarge
Click to enlarge
9780958474153

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 99
R 89You save R 10
Vir te veel jare het die Satan homself in mense se lewens gekamoefleer met die leuen dat ons nie MET Satan moet praat, of OOR hom moet praat, of VAN hom moet praat nie. Op hierdie wyse het die 'vader van die leuens' oor jare kinders van God in tronke vasgebind sonder dat hulle werklik geweet het hulle is daarin vasgesluit. In hierdie boek wil die skrywer die man op straat attent maak op die subtiele, maar baie basiese wyses waarop Satan Christene aanval.
Publication date: 2006-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618026

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 100
R 90You save R 10
In 2017 vier ons die 500 jaar herdenking van die Hervorming. 'n Beweging gebore uit mense soos Martin Luther en Johannes Calvyn se ontevredenheid met die wanpraktyke van die Rooms-Katolieke Kerk van die 16de eeu. 'n Beweging wat die Christendom en Christelike kerk vir ewig sou verander.
Die Protestantse Hervorming het oor basies 5 groot punte met die Rooms-Katolieke verskil. Hierdie punte word bondig weergegee in die 5 solas, wat vandag as die boustene van die Protestantse Kerk beskou kan word:
1. Sola Scriptura - die Skrif alleen
2. Sola Gratia - deur genade alleen
3. Sola Fide - deur geloof alleen
4. Solus Christus - in Christus alleen
5. Soli Deo Gloria - tot eer van God alleen
In Christus alleen kyk na die historiese erfenis van elke sola. Dit doen 'n diepgaande ondersoek na wat elk van die solas is en hulle praktiese implikasie vir hedendaagse Christene. Elke hoofstuk gee 'n aanhaling deur en biografiese inligting oor ʼn baie bekende hervormer, asook sleutel-teksverse om die betekenis van die sola verder te verduidelik.
In Christus alleen met sy luukseleer-buiteblad is 'n pragtige en insiggewende boek geskik vir enige na-slaanrak.
Publication date: 2017-06-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613250

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 100
R 90You save R 10
God van wonders deur Angus Buchan is propvol getuienisse wat die goedheid en genade van God in die lewens van gewone mense weerspieel.
Die boek deel wonderlike verhale van gebede in verskillende situasies wat beantwoord is - van verlossing en bevryding, genesing, voorsiening en ongelooflike geleenthede tot bekering.
Net soos Jesus in die Bybelse tyd wonderwerke gedoen het - nie om Homself te bewys nie, maar omdat Hy ontsaglik lief was vir die mense om Hom - doen God vandag nog wonderwerke. Die 40 ware verhale wat Angus oorvertel in God van wonders sal lesers opnuut laat nadink oor God se ongelooflike krag. Die boek word ook afgerond met persoonlike getuienisse.
God is 'n God van wonderwerke en God van wonders vertel waartoe Hy in staat is in die lewens van gelowiges wanneer hulle hul geloof en vertroue in Hom plaas.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432122638

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 100
R 90You save R 10
God of the Impossible by Angus Buchan is a special book of testimonies reflecting the goodness and grace of God in the lives of ordinary people. It shares some wonderful answers to prayer concerning all kinds of situations - salvation, healing, deliverance, financial provision, and so much more. People knew that Jesus was God because of the miracles He performed in Bible times and still performs today. The 40 true stories that Angus recounts in God of the Impossible will get readers thinking about God's amazing power. The book is also rounded off by personal testimonies. Our God is a miracle-working God and God of the Impossible tells of what He is capable of doing in the lives of ordinary people when they put their faith in Him.
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620364

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
R 108You save R 12
Wanneer ons Jesus se gebed in Matteus 6:10 bid: Laat U Koninkryk kom, word die verhoring van ons gebedsversugting nie slegs in die wêreld rondom ons 'n werklikheid nie, maar in die eerste plek in ons eie lewens.
Die buitengewone gesag wat God aan ons toevertrou om Hom op aarde te verteenwoordig, vereis 'n karakter wat die krag en invloed wat daarmee gepaardgaan, kan hanteer. Daarom wil die Heilige Gees ons identiteit vorm om al meer Christosentries te word. Terselfdertyd rus Hy ons ook toe met spesiale gawes, sodat mense kan sien hoe Hy steeds deur woorde, wonders en tekens sy heerskappy op aarde bevestig.
Enigeen wat wil, kan 'n medewerker in God se Koninkryk word, want Hy gebruik die eenvoud van my en jou storie om 'n verhaal van redding te vertel.
Publication date: 2019-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781404106161

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
R 108You save R 12
This is an audio book about a way of life and a heart attitude that are God's will for everyone who knows Him: an intimate relationship with God, a solid foundation in God's truth, and a commitment to obedience.

'God, if you have a will for my life, I need to know what it is and what to do about it.' Even before she become a Christian, Stormie Omartian prayed those words. In the months that followed, God answered her in ways that she didn't believe possible. As God unfolded His plan for her life, she began to understand what it meant to live in God's will. And she found that she could share her discovery with other people. Praying God's Will for Your Life is not an audio book about finding the right person to marry or deciding on a career. It is an audio book about a way of life and a heart attitude that are God's will for everyone who knows Him. That way of life encompasses three important components: an intimate relationship with God, a solid foundation in God's truth, and a commitment to obedience.
Publication date: 2018-08-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616909

Christelik / Christian: Christian Living / Christelike Leefwyse

Christelik / Christian  -  Christian Living / Christelike Leefwyse
R 120
R 108You save R 12
Stres, stres, stres. Die gonswoord op almal se lippe, want ons elkeen, van kinders tot volwassenes, beleef dit.
Dit hoef jou glad nie moedeloos te maak nie, want hierdie potensiële struikelblokke en breekpunte kán noodsaaklike groeipunte en trapklippe na sukses word.
In Breekpunt wys Henk Gous jou hoe om krisisse reg te hanteer en so persoonlik te groei. Hy verdeel die boek in vier afdelings, naamlik persoonlike stres, stres in verhoudings, stres by die werk en stres oor finansies. As ervare berader bespreek hy onder meer:
• Die oorsake van trauma en praktiese wenke om dit te hanteer.
• Hoe om konflik en krisisse op 'n gesonde manier te hanteer.
• Maak sin uit pyn.
• Stappe van vergifnis.
• Hoe om die bande van verslawing te breek.
• Hoe om op te staan ná 'n nederlaag.
• Hoe om op te hou stres oor finansies.
Neem vandag nog beheer oor jou lewe, want jy kán krisisse reg hanteer en oorkom, en so met selfvertroue die toekoms tegemoetgaan.
Publication date: 2017-09-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.