Discount only on online purchases

Christelik / Christian
Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Results 1 to 15 of 40
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620517

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
R 225You save R 25
Word elke dag stil by God en ervaar hoe Hy jou siel verkwik en jou bemagtig om jou roeping uit te leef.
As jy God se teenwoordigheid in jou lewe op 'n kragtige wyse wil ervaar, moet jy elke dag tyd aan sy voete deurbring. Dit is in hierdie stilword-oomblikke by Hom wat God jou siel verkwik en jou bemagtig om sy roeping vir jou lewe uit te leef.
Aartappelgeloof ... vir elke dag is 366 bemoedigende oordenkings deur die bekende evangelis Angus Buchan. Met temas soos leef deur die geloof, die krag van gebed, vertrou op die Here se onwankelbare liefde, ontvang krag in God se teenwoordigheid en vele meer, sal jy God se krag in jou lewe ervaar om die wedloop van geloof enduit te hardloop.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Potato Faith for Every Day.
Publication date: 2019-01-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621262

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 200
R 180You save R 20
366 oordenkings wat jou lei om 'n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef.
Volgens navorsers is die meeste van die siektes waaraan ons vandag ly, die volg van ons gedagtes. Wat ons dink, beïnvloed werklik ons fisieke en emosionele lewe. Trouens, vrees alleen is die sneller vir 1 400 fisieke en chemiese reaksies in ons liggame wat meer as 30 hormone aktiveer. Ons hedendaagse wêreld ervaar 'n epidemie van toksiese gedagtes wat, as die onverstoord gelaat word, die ideale toestand vir siektes skep.

In Maak 'n kopskuif - elke dag gee dr. Caroline Leaf vir lesers wenke vir beter gesondheid en heelheid deur net die regte denkpatrone te ontwikkel. Met 366 oordenkings, elk met 'n gesondheidswenk, help sy lesers om elke dag 'n gelukkiger, gesonder en meer aangename lewe te leef. Haar unieke oordenkings bied vir lesers bemoediging en strategieë om die voordeel om elke dag die voordeel geniet van 'n gedagtewêreld wat 'n detoks deurgegaan het.

Ook beskikbaar in Engels onder titel Switch On Your Brain - Every Day.
Publication date: 2018-12-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432207625

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 119
R 107You save R 12
Terwyl die skadu van sy eie dood oor Hom gehang het, het Jesus van troos gepraat. Terwyl Hy geweet het dat Hy enkele ure later in die ongenadige hande van soldate sou wees, het Jesus gesê: “Julle moet nie onsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek ...” (Joh. 14:1-2).

Die dood (veral vir hulle wat agterbly) is een van die mees ontstellende en traumatiese gebeure op aarde. Hoe meer voortydig die dood van 'n geliefde is, hoe groter is die ontsteltenis, hoe meer is die vrae. Jesus Sélf was ontsteld na die dood van sy vriend, Lasarus: “Toe Jesus sien dat Maria huil ... het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan” (Joh. 11:33).
Publication date: 2018-10-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780992200350

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 194
R 175You save R 19
ees Romeine, Galasiërs, Korintiërs en Efesiërs in 'n jaar deur met die Bybeldagboek van 366 dagstukke wat ekstra verwysings en 'n opdrag insluit.

Ons almal se lewens word gekenmerk deur val en opstaan. Jy loop ewe lekker en sonder dat jy dit verwag, gee die lewe jou 'n dwarsklap dat jy dáár lê. Dan kom die moeilike deel - die opstaan. Soms voel dit asof jy liewer wil bly lê, maar jy móét die resies voltooi.

Daar is storms in elkeen se lewe: Tye wanneer jou huwelik se pilare wankel, wanneer die cash flow druk, wanneer jou verhoudings van die pad af beur, wanneer jou gesondheid sukkel, wanneer alles om jou net eenvoudig te veel word. Dan moet jy aan die een draadjie vasklou: Jesus is nog steeds in beheer.

Almal van ons sleep 'n swaar stuk bagasie saam. Die sonde wat sy lêplek in ons lewe kom maak het, het die vreugde en die lag kom steel. Dis egter nie Sy idee vir ons nie. Glo dat God daardie verkeerde keuses en jou sondes sal vergewe en Hy sál jou vryspreek.
Publication date: 2018-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321336

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 230
R 207You save R 23
“Vandag is die enigste tyd wat jy het om iets konstruktief gedoen te kry ... en ook om vir die Here te leef.” 'n Lewe voor God is 366 dagstukkies van een van Suid-Afrika se geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Met dié keur uit dagstukkies wat oorspronklik in Uit die Beek verskyn het, help Stephan ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van temas soos gebed en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
Publication date: 2018-09-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431619009

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
R 225You save R 25
Stap in 366 dae ʼn pad deur Psalms en ervaar hoe jy nader aan God kan groei.
Psalms is nie net die langste boek in die Bybel nie, maar ook een van die gewildste boeke. Miskien omdat ons vandag ook ons eie emosies en vrae daarin kan raaklees. Vrae soos: Waarom gebeur dit? Waar is God? Wat moet ek doen?
Jimi le Roux neem ons in Hou vas aan die hoop in 366 dae op 'n reis deur Psalms. Hy wys hoe ons saam met die psalmskrywers deur ons eie vrese en aanslae, ons eie onsekerhede en twyfel kan werk, maar ook telkens weer ons eie geloof en vertroue terugvind en weer kan jubel en juig! Deur die loop van die jaar wys hy die waarheid dat hierdie lewe sy óp en áf inhou, maar dat die lewe die beste geleef kan word in 'n verhouding met God. Met behulp van teksverse, kort en kragtige oordenkings help Jimi ons om dáárdie verhouding op baie praktiese maniere te ondersoek, te beskryf en te beoefen. Die dagstukke word pragtig afgerond deur volkleur-ontwerpe deur Amylee Weeks.
Word elke dag stil oor een van die psalms en groei vir 'n jaar dieper in 'n verhouding met God in - dag vir dag!
Publication date: 2018-08-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618934

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 170
R 153You save R 17
Wysheid Uit Die Woord (Luukse Leer)
Word geïnspireer om 365 dae van die jaar God se pad te stap en by Hom antwoorde te soek vir jou lewensvrae.
Ons kom elke dag voor soveel keuses te staan, en omdat God ons met vrye wil geskep het, kan ons self kies wat ons wil doen. God het ons egter lief; daarom moedig Hy ons sagkens aan om Hóm te kies.

Wysheid uit die Woord lei ons in 365 dae om elke dag God se aangesig te soek wanneer ons voor groot keuses te staan kom. Die kort, kragtige oordenkings met kleur drukwerk inspireer ons om God se hand te neem, na sy stem te luister, sy Woord te lees en ons hartsbegeertes in gebed met Hom te deel. En omdat Hy ons liefhet, is God naby ons, wag Hy vir ons, luister Hy en lei ons om die pad te kies wat na ware lewe lei, nou en tot in die ewigheid. Insiggewende aanhalings deur groot geeste soos moeder Teresa en Oswald Chambers is met die dagstukke vervleg.
As ons elke dag die pad saam met God wandel en sy antwoorde op ons lewensvrae soek, sal ons keuses maak wat tot liefde, vreugde, vrede en ware vervulling in ons lewe lei.
Ook beskikbaar in Engels onder titel God's Daily Answers
Publication date: 2018-07-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431617357

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 250
R 225You save R 25
Word in 365 dae herinner dat jy ware, blywende vreugde kan vind in 'n hegte verhouding met God.

Wat maak jou gelukkig? Is dit sukses in jou loopbaan? Genoeg geld vir aftrede? Politieke stabiliteit? Wag jy ook nog dat die Here jou omstandighede moet verander voor jy jou neerslagtigheid sal verruil vir vreugde?

In Blydskap wat bly beklemtoon Stephan Joubert in 365 dagstukke dat ware vreugde nie te vind is in jou omstandighede nie, maar in 'n hegte verhouding met God. Daarom kan jy vreugde beleef al is die lewe onregverdig en sterf onskuldiges en seëvier korrupsie. Ware vreugde is nie 'n emosie nie - dis 'n seker wete dat saam met God elke oomblik in die lewe sin het en elke ontmoeting 'n geleentheid is vir omgee, uitreik en vergifnis. Dít bring ware blydskap!
Publication date: 2018-07-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432208271

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 119
R 107You save R 12
Jy het die mooi huis, die blink motor, die suksesvolle man... tog voel dit vir jou asof iets kort.
In die Johannes-evangelie het jesus iets hieroor te sê: ''n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê,en dit in oorvloed' (johannes 10:10). Die duiwel kom steel,vernietig en doodmaak, maar Jesus het gekom sodat ons 'n lewe van oorvloed kan hê. Andries Enslin wys jou oor 40 dae wat dit beteken. Hoekom juis 40 dae? Elke keer wat God iemand wou voorberei om iets vir hom te doen, het Hy 40 dae gebruik.
Publication date: 2018-03-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432116262

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 170
R 153You save R 17
366 devotions by Charles Spurgeon to inspire and enrich today's busy readers in a wonderful way.
Morning by Morning has long been a favorite devotional because of the simple yet profound, practical and deeply spiritual insights from the “Prince of Preachers”, Charles Haddon Spurgeon.
The 366 succinct devotions will inspire and enrich today's busy readers in a wonderful way.
This delightful, compact volume features: a padded hardcover binding; silver gilt-edged pages; an attached ribbon page marker and a presentation page for gift-giving.
Publication date: 2018-03-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620111

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 170
R 153You save R 17
Ervaar God elke dag in jou lewe met hierdie versameling van 366 oordenkings.
Ervaar God elke dag in jou lewe met hierdie versameling van 366 oordenkings.
Beleef God elke dag is 'n versameling van 366 oordenkings deur Henry Blackaby en Claude V. King. Dié volkleur-dagboek bied elke dag 'n teksvers, kort oordenkings en gebed.
Dit is ideaal vir besige mense wat graag stil wil word by God om sy krag en vernuwing in hulle lewe te ervaar.
Ook beskikbaar in Engels onder die titel Day by Day with God
Publication date: 2018-03-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618811

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 140
R 126You save R 14
31 studies om te ontdek hoe om nou al te weet wat God se wil is.

“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.

Op sy unieke manier doen Stephan Joubert 'n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele:

· Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor God se wil en vensters op God se wil.

· Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk waaronder: Verander God se wil my in 'n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.

God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

OOR DIE OUTEUR

Stephan Joubert is 'n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus - 'n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, 'n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van 'n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.
Publication date: 2018-01-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415339787

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 60
R 54You save R 6
10-minuut-oordenkings: Spreuke sal jou herinner aan God se wysheid met betekenisvolle oordenkings van tien minute elk. Op dae wanneer jy leiding nodig het, is 10-minuut-oordenkings: Spreuke die ideale manier om met God in aanraking te kom.
Hierdie dagstukkies nooi jou vir 'n kykie na Spreuke, die boek van wysheid. Bring jou hart in ooreenstemming met God s'n wanneer jy die Woord lees en 'n paar minute met Hom deurbring. Ongeag of jy net 'n paar minute oor middagete het, of iewers in jou middag 'n tydjie wil inruim vir rustigheid en vrede, 10- minuut-oordenkings: Spreuke sal jou van die nodige wysheid verskaf om weer die dag in die oë te kyk. Net tien minute per dag sal jou nader bring aan God en jou help om die Woord beter te leer ken.

Hierdie boekie is klein genoeg om in jou rugsak of handsak te dra. Hou dit byderhand vir wanneer jy ook al 'n kans het om tyd met God deur te bring.
Publication date: 2017-11-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415339794

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 60
R 54You save R 6
10-minuut-oordenkings: Psalms bied bemoedigende insig met betekenisvolle oordenkings van tien minute elk. Op dae wanneer jy God se teenwoordigheid die nodigste het, is 10-minuut-oordenkings: Psalms die ideale manier om geestelik te groei op 'n manier wat jou besige skedule pas.
Hierdie dagstukkies nooi jou vir 'n kykie na Psalms, die boek van lofprysing en nadenke. Bring jou hart in ooreenstemming met God s'n wanneer jy die Woord lees en 'n paar minute met Hom deurbring. Ongeag of jy net 'n paar minute oor middagete het, of iewers in jou middag 'n tydjie wil inruim vir rustigheid en vrede, 10- minuut-oordenkings: Psalms sal jou van die nodige vrede verskaf om weer die dag in die oë te kyk. Net tien minute per dag sal jou nader bring aan God en jou help om die Woord beter te leer ken.

Hierdie boekie is klein genoeg om in jou rugsak of handsak te dra. Hou dit byderhand vir wanneer jy ook al 'n kans het om tyd met God deur te bring.
Publication date: 2017-11-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616923

Christelik / Christian: Devotionals General / Dagstukke - Algemeen

Christelik / Christian  -  Devotionals General / Dagstukke - Algemeen
R 300
R 270You save R 30
Versterk jou huwelik en verhouding met God met die kosbare Mnr. & Mev. - 366 oordenkings vir egpare.
In vandag se gejaagde lewe is dit belangrik dat paartjies gereeld saam met mekaar en saam met God stil word. Hierdie pragtige dagboek sal paartjies help om 'n dieper intimiteit met mekaar en met God te ontwikkel wat hulle huwelik en geloof na 'n nuwe vlak van liefde, vertroue en hoop sal neem.
Beweeg elke dag nader aan jou huweliksmaat en aan God deur 'n paar minute saam stil te word, te lees en na te dink oor die inspirerende oordenkings en bemoedigende teksverse in hierdie dagboek vir paartjies.
Publication date: 2017-10-17

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.