Christelik / Christian
Dagstukke - Vroue / Devotionals Women

Results 1 to 15 of 15
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320360
R 190
Van 'n vrou word in vandag se wêreld baie verwag. Ons is ma's, beroepsvroue, huweliksmaats, vriendinne én steunpilare. Hierdie dagstukkieboek is vir elke vrou wat maar alte goed weet dit is nie altyd so maklik nie. In die boek, deel bekende vroue boodskappe van hoop. Hulle wil jou herinner dat jy nie alleen is nie, dat jy nie skaam hoef te voel wanneer die lewe jou oorweldig nie, en dat jy altyd maar kan vashou aan dié wete: Jou hemelse Vader ken jou.
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616657
R 190
366 vreugdevolle oordenkings wat jou inspireer om voluit te leef terwyl jy omvou word deur God se genade.

Vandat ons ons oë oopmaak in die oggend totdat ons dit toemaak in die aand, is die lewe 'n dolle gejaag. Dit is dus geen wonder dat ons soms uitÂ-geput en totaal oorweldig voel en wonder hoe ons deur die volgende dag gaan kom nie.
Omvou deur genade motiveer vroue om tot God te nader en die vrede van 'n toegewyde en standÂ-houdende geloof te leer ken. Die 366 kort maar kragtige oordenÂ-kings spesiaal vir vroue op alle vlakke van die sameleÂ-wing, sal jou uitkyk op jou dag verander en jou die inspirasie gee wat jy so nodig het! Dalene Reyburn gesels in hierdie volkleur-dagboek oor temas soos gesindheid, verÂ-genoegdÂ-heid, bemoediging, geloof, genade, hoop, vrede, gebed, verhoudings en geestelike groei.
Wees vandag die beste jý! Vier die lewe. Sien die wonder in die alledaagse. Leer om voluit en hartstogtelik vir God te leef terwyl jy omvou word deur sy genade.
Ook beskikbaar in Engels onder die title Walking in Grace.

Oor die Outeur
Dalene Reyburn is 'n skrywer en spreker en deel weekliks oordenkings op dalenereyburn.com. Sy het 'n meestersgraad in toegepaste taalstudies en was 'n hoërskoolonderwyseres voordat sy voltyds ma, skrywer en spreker geword het. Sy en haar man, Murray, en hulle twee seuns woon in Pretoria.
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205010
R 180
Wat ek wel weet, is dat hierdie boek jou gaan vertel van My storie, Jou storie en 'n wildernis. Dit gaan jou konfronteer met soms erge onverpakte keuses. Jy gaan kies tussen doodgaan en oorlewing.Ek vertrou dat jy in die proses ook vaardighede sal ontdek in jouself wat van jou wildernis storie, 'n inspirerende storie sal maak. Jy gaan lewens verander met die lesse wat jy geleer het en ontdek dat jy reeds besig is om jou volgende wildernis te betree. Elke wildernis ervaring en oorlewing laat jou keuses maak, vorentoe beweeg met spore van oorlewing agter jou wat vir die wat ná jou kom, sal bewys dat hulle dit kán maak!Jy mag dalk jou wenkbroue lig as ek sê dat 5- en 10-punt planne vir die voëls is. Dit het nie vir MY gewerk nie. Sal nooit. Vir my, maak dit van boeke topverkopers en sprekers, ikone en ja, ons het ikone nodig vir suurstof in swaarkry, maar dit is dit, want, dis húlle wildernis storie. Met 'n duur boek onder jou arm en 'n ongemaklike middelrif volgestop met koek en tee uit duur koppies, sal jy van funksie na fees en van kamp tot kursus, steeds in die wildernis bly verdwaal, mits...Jý besluit om te wíl oorleef, uit die wildernis te wil stap as 'n bevryde mens, jou oorlewings vaardighede in lesse wil omskakel wat uiteindelik sal lei na 'n storie met inhoud.
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431612185
R 130
Inspireer die Skrif jou gebede? Dit is Stormie Omartian se vraag aan vroue in Gebed: jou verhouding met God - 'n dagboek waarin hulle God se grootheid sal ontdek.
Die New York Times-topverkoper-outeur wys in 101 dagstukke vir vroue hoe hulle die verse van die Bybel as inspirasie vir gebed kan gebruik. Die dagboek sal ook vir vroue wys wat God in hulle lewe en die wêreld om hulle kan doen in antwoord op Geesvervulde gebede.
Gebed: jou verhouding met God sal lesers inspireer en aanvuur in hulle eie gebede.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431610853
R 200
Soos lesers deur Nina Smit se dagboek Jy is Myne lees, sal hulle voel hoe God hulle daagliks omvou met sy onbeskryflike groot liefde. Die 366 dagstukke sal lesers op 'n reis neem waar hulle kan juig oor genade, en bemoediging kan kry in swaarkrytye by die Een aan wie hulle behoort. Die handige Skrifindeks sorg ook vir maklike naslaan. Lesers sal elke dag God se koesterende liefde ervaar wanneer hulle Jy is Myne deel van hul daaglikse stiltetye maak.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415333013
R 140
Dans in die Lig is 'n daaglikse gids vir vandag se Christenvrou om die lewe wat God vir haar beplan het, uit te leef.
Elke dag fokus op 'n Skrifgedeelte wat spesiaal uitgesoek is vir vroue en wat die karakter van God, Jesus en die Heilige Gees uitbeeld en toepas op die lewe van 'n vrou van God.
Karen Whiting wil vroue help om God se Woord prakties uit te leef. Sy wys hoe die Bybel steeds relevant is tot situasies waarin vroue hulself vandag bevind, en dat dit 'n gids is om elke dag as vroue van God te leef.
Die dagstukkies is in agt afdelings verdeel, nl.:
* Betekenisvolheid
* Verhoudings & kommunikasie
* Om mans te verstaan
* Keuses
* Spanning & saamwees
* Skoonheid & gesondheid
* Hoop & tevredenheid
* Geloof & liefde
Dans in die Lig sal vroue inspireer om die Bybel op 'n dieper vlak te bestudeer en deel van hul lewens te maak.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204679
R 120
Hierdie aanhalings vertel van die Pottebakker wat uit elke einde 'n nuwe begin skep. Van die Gees wat jou harde hart sag maak sodat jy heling en geluk kan vind. En dat vrede begin by die bewustheid van God se heilige teenwoordigheid binne-in jou wat jou nooit verlaat nie.
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204631
R 120
Hierdie aanhalings ruk jou tot stilstand oor hoe om ontrouheid te vergewe en te voorkom. Hulle gee jou moed om beter verhoudings met jou man, kinders en selfs jou skoonma te bou. En hoe jy alles - van seks tot geld - in balans kan hou soos God jou leer.
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204662
R 120
Hierdie aanhalings leer jou om jou kind se unieke temperament te verstaan. Hulle gee wenke om met gesag op te tree wat getuig van God se liefde. En hulle verseker jou jy kán jou boompie op die regte manier buig en snoei.
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204686
R 120
Hierdie aanhalings vertel van God wat sy arms om jou wanneer die kommer te veel word. Hulle sal die lag in jou wakkermaak én jou onwrikbaar laat vertrou in jou hemelse versorging. En jy sal bemoedig voel om weer voluit te lééf as vrou, ma en vriendin.
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432121969
R 200
R 160You save R 40
All believers know the value and importance of meaningful Bible-reading time with God. To be able to read through the Bible in one year, we need good guidance.
The Bible in 366 Days for Women offers a unique chance to read through the essence of the Bible in a year. Scripture verses have been taken from the New Living Translation®, and selected with great care to reflect the core of the Bible, while providing a central message for each day.
This devotional is ideal for quiet time with God, as well as for women who desire to get to know the Bible better, and to be equipped and strengthened on a daily basis.
Publication date: 2015-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432121730
R 250
R 200You save R 50
Words of Jesus for Women is a 366-day devotional written especially for women who are seeking a closer relationship with the Lord. Each day features a Bible verse from the New Testament, a devotion for the day and a "Living It" section (a prayer, thought or Scripture verse). Written in Carolyn Larsen's signature down-to-earth style, this devotional focuses on the words of Jesus. It is sure to touch every woman's heart as she finds encouragement and strength in Christ's words of wisdom and tenderness. In a world where women are faced with tough challenges every day, Words of Jesus for Women will draw women closer to Jesus as they fulfill their calling to be all God intended them to be.
Publication date: 2015-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796318770
R 185
In talle huise het Ena Murray deur die jare 'n bekende en geliefde naam geword. Wie haar boeke ken, sal weet: hier is iemand aan die woord na wie 'n mens graag luister, iemand by wie jy tuis voel.
En nou, in dié hersiene, bygewerkte uitgawe (bygewerk met nuwe stukkies en gedigte uit haar boek Roosknop vir 'n engel - verse vir 'n vrou) van Ena Murray Oordenkings kom lê sy weer besoek af by haar duisende vriende - hierdie keer met 'n dwingende uitnodiging: Kom loop saam met my die pad wat die Here vir sy mense bestem het! Uit haar persoonlike omgang met die Skrif, uit haar eie ervaring met die lewe van die gees bring sy in 366 dagstukke boodskappe vir elke dag van die jaar. Sy vermaan, sy verduidelik, sy bemoedig, sy roep op tot nadenke. En dan, aan die einde van elke dagstuk, lei sy haar lesers in 'n kort, kernagtige gebed na die Troon van Genade. Ena Murray Oordenkings is 'n boek vir die private stiltetyd, ongeag die ouderdom van die leser. Dit is ook 'n boek vir die gesin wat sáám oor die dinge van God wil besin.
Publication date: 2014-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432202026
R 100
Begin leef soos God vir jou beplan het.
Ontdek jou Passie!
Benut jou Potensiaal!
Gee jou lewe Betekenis!
Publication date: 2013-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796311825
R 145
Vrouwees kan, nee, móét 'n vreugde wees.
Maar voel jy dikwels asof die lewe vir jou te gejaag is, asof alles wat jy doen tot niks kom nie, asof jy nooit genoeg tyd het om met jou Skepper te verkeer nie?
Dan is Dagboek vir die vrou vir jou!
Publication date: 2010-08-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development