Christelik / Christian
Gebed / Prayer

Results 1 to 14 of 14
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316452

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 220
Waar is God? En waar was God? Waar was God toe derduisende Boerevroue en hulle kinders in Engelse konsentrasiekampe gesterf het? Waar was God toe Christennasies mekaar met die Eerste en Tweede Wereldoorloe aan die keel gegryp het? Waar was God toe apartheid mense se lewens verwoes het? Waar was God met 9/11 in Amerika toe terroriste, nogal in die naam van Allah, in geboue vasgevlieg en duisende mense se dood veroorsaak het? Waar was God met Sharpeville? En met Marikana? Waar was God toe booswigte 'n Vrystaatse boer en sy vrou afgemaai het toe hulle na Sondagoggend- kerk by die huis aangekom het? Waar was God toe 'n kindjie van vier in 'n fratsongeluk dood is? Waar was God? Is daar ooit 'n God? Oor sulke vrae, wat tot in die hart van ons bestaan gryp, gaan dit in hierdie boek. Oor ons geloof en twyfel, oor ons "sekerhede" en ons wanhoop. Dis 'n boek wat jou uitnooi om saam te dink.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431614677

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 160
Gebed beÂ-hoort jou eerste aanvalsplan te wees in die stryd van die lewe, nie jou laaste toevlug nie. En vir 'n geveg van hierdie kaliber het jy 'n doelgerigte strateÂ-gie nodig.

Strategie vir gebed bied vir lesers 'n aksieplan wat hulÂ-le sal lei van die eerste stap wat hulle moet neem tot op die vlak van 'n volwaardige en selfstandige geÂ-bedÂ-Â-soldaat:

Die beginÂ-stappe van 'n sterk gebedslewe -die krag en prioriteit van gebed
Die basiese opleiding - wanneer en waar om te bid
Ingesteldhede - soos gehoorsaamheid en volharding
Strategieë - hoe om te bid
Teikens - vir wie om te bid
Ammunisie - wat kan jy gebruik in jou gebede
Ekstra versterking - besprekingsÂ-vrae wat in groepe gebruik kan word

Strategie vir gebed sluit aan by die Kendrick-broers se fliek War Room. Dit is 'n hulpbron vir enigÂ-een wat vasberade is om as oorwinÂ-naars in gebed uit te styg.
Publication date: 2015-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431604555

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 80
Stephan Joubert bekyk in Die wederkoms hierÂ-die onderwerp vanÂ-uit 'n Bybelse perspektief. Hy beÂ-Â-spreek in hierÂ-die boek veelbesproke temas soos: 'Is 21 DesemÂ-ber 2012 die einde?' 'Kan jy die tekens van die tyd regtig reg lees?' 'Die antichris' en 'Lees God se Woord reg, dan verstaan jy die eindtyd reg'.

Te midde van die onsekerhede en vrae los Stephan Joubert die leser in Die wederkoms met die boodÂ-skap dat die Bybel met goeie nuus eindig. God wen! Hy bring uiteindelik 'n splinternuwe wêreld eens en vir altyd tot stand. Daaroor hoef niemand te twyfel nie.
Publication date: 2015-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431612703

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 40
Om in elke situasie liefde aan ander te bewys, is 'n keuse. Maar voor dit kan gebeur, moet jy ook kies om God se liefde vir jou te aanvaar. Dit is op hierdie liefdeskeuses wat Stormie Omartian biddend fokus in Kies liefde ... (Gebedeboek).
Kies liefde ... (Gebedeboek) bevat 60 betekenisvolle gebede uit Stormie se Kies liefde ... Hierdie sakpas-gebedeboekie het ook plek vir gebedsnotas. Die boekie sal lesers in gebed lei om God se liefde te aanvaar, terug te gee aan Hom en uit te leef aan ander.
Kies liefde ... (Gebedeboek) is die perfekte boekie vir elke gelowige wat God se liefde daagliks wil laat oorvloei na almal om hulle.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415330005

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 80
Stormie Omartian is alombekend vir haar kragtige boeke oor gebed. Sonder om gebed tot 'n blote formule te beperk, bespreek sy sewe basiese soort gebede wat blywende vrede en 'n positiewe verandering in jou lewe kan bring. Hierdie gebede is: - Belydenisgebed - Reddingsgebed - Vryspraakgebed - Beloftegebed - Onderwerpingsgebed - Lofgebed - Seëngebed Sewe gebede wat jou lewe sal verander sal jou help om te verstaan dat gebed nie net is om vir dinge te vra nie, maar om tyd deur te bring met Iemand wat jy liefhet omdat jy Hom beter wil leer ken. Hierdie boek bied aan jou die sleutel tot 'n totaal nuwe manier van leef en sal lesers lei tot vernuwing en verandering in hul geestelike lewe
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319029

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 230
Die Groot gebedeboek bevat meer as 500 klassieke en eietydse gebede. Meer as 300 mense - van verskillende tye en kulture - stort in aangrypende gebede hul emosies, probleme, worsteling in hul liefde vir en verwondering oor God uit.
Die omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die Groot gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan.
'n Onontbeerlike klassieke boek in 'n nuwe baadjie.
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431606467

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 150
Daar is 'n oorlog wat geveg word tussen goed en sleg en elke gelowige is betrokke. Niemand kan vandag meer langs die kantlyn staan wanneer dit by geestelike sake kom nie.
Vir elke Christen wat 'n sinvolle gebedslewe wil hê, wys topverkoper-outeur Stormie Omartian in Gebed - 'n kragtige wapen hoe om met krag en doelgerigtheid te bid.
Die 12 praktiese hoofstukke bespreek temas soos:
- ken jou Bevelvoerder en staan langs Hom
- wees seker oor jou gesag in gebed
- word ervare in jou geestelike wapens
Naas die sterk gebed aan die einde van elke hoofstuk om lesers in gebed te lei, sluit Stormie die boek af met 20 spesifieke gebede vir geestelike oorlogvoering wat elke gebedskryger moet ken.
Gebed - 'n kragtige wapen is 'n moet-lees vir enigiemand wat gretig is om 'n gebedskryger te word en saam met God deur gebed te veg om mense en situasies te verander.
Publication date: 2014-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415321959

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 150
Leer ken Jesus op 'n dieper en meer persoonlike vlak.

In Dag vir dag met Jesus deel Sarah Young, skrywer van die wêreldwye topverkoperboek Jesus Calling (in Afrikaans uitgegee as Jesus roep jou), wat dit beteken om Jesus op 'n dieper en meer persoonlike vlak te leer ken. Sy verduidelik hoe jy al die aspekte van jou lewe met Hom moet deel ... dag vir dag.
Van die onderwerpe wat sy in die oordenkings aanspreek, sluit in:

· Intieme worstelinge en verlange wat swaar op die hart weeg

· Probleme wat tyd en aandag in beslag neem

· Ontevredenheid met voorkoms

· Ander geestelike kwessies

Die dagstukkies is saamgestel in dialoog-formaat en elke inskrywing het twee afdelings: die eerste deel is geskryf vanuit Jesus se perspektief en die tweede bevat gepaste teksverse. Die teks is geskryf asof Jesus self die versekering gee dat Hy in beheer is, dat Hy goed is en dat 'n vreugdevolle toekoms wag op dié wat hul hoop op Hom vestig.

Dag vir dag met Jesus bevat herinnering van Jesus se teenwoordigheid in die Woord van God. Die oordenkings sal jou intiem en vreedsaam met Jesus verbind, die Een wat jou ontmoet, dag vir dag.
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431604869

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 60
Die kragtige en betekenisvolle gebede uit Lei my, o Heilige Gees is saamgevat in 'n sakpas-gebedeboekie. Die 60 gebede in LEI MY, O HEILIGE GEES - GEBEDEBOEK sal elke leser se hart inspireer om met God te praat, maar ook mooi te luister na die leiding wat Hy gee.

Hierdie sakpasgebedeboekie se eerlike en per-soonlike gebede sal jou help:

- om te hoor hoe God met jou hart praat oor spesifieke dinge in jou lewe
- om die lewe te leef wat jy net in God kan kry
- om die leiding te volg wat die Heilige Gees vir jou gee
Elke gebed sluit af met 'n teksvers om oor na te dink en plek vir eie gebedsnotas.

LEI MY, O HEILIGE GEES - GEBEDEBOEK is die ideale geskenk vir elkeen wat God se Gees beter wil leer ken en elke dag die pad saam met Hom wil stap.
Publication date: 2013-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415320112

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 140
Klink die idee van intimiteit met God in jou alledaagse lewe vir jou vergesog en irrelevant?
Het jy al ooit gewonder of jou eie klein storie belangrik is in die groter prentjie, en hoekom God se Woor d nie regtig met jou praat nie?
Die bekroonde skrywer Greg Paul gebruik pragtige prosa, kragtige stories en vindingryke hulpmiddels om die boodskap oor te dra dat God sedert die begin van tyd die hele mensdom met ope arms uitnooi om deel te wees van sy Koninkryk - ieder en elke een.
Die leser leer hoe om die stem van God te herken in daaglikse gebeure en situasies, sowel as in die Skrif.
Paul verd eel die boek in vyf dele:
- Die kern van die saak
- Skepping
- Die sondeval
- Verlossing
- Voleinding
Om die Bybel te lees is soos om jou kop op God se bors te sit. Hierdie is ook die ervaring wa t lesers van Naby genoeg om God se hartklop te hoor sal ondervind,en wanneer dit gebeur sal hulle Hom hoor luister, Jy is my kind, ek het jou lief en jy maak my gelukkig.
Publication date: 2013-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415313466

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 140
Intersessie met vreugde! Dit is die fokus van Vreugdevolle intersessie waarin Beni Johnson, vrou van die bekende Bill Johnson, haar persoonlike reis met jou deel en sy deur middel van haar opwindende avontuur die hartklop van die hemel vasvang.

Gevul met moderne ervarings en relevante antieke waarhede, leer jy:

- Hoe om 'n verskil te maak in die lewens van jou gesin, kollegas, nasie en die wêreld
- Dat mistieke ervarings vandag steeds van belang is
- Hoe om in tale te praat na kragtige intersessie kan lei
- Dat 'n offensiewe leefstyl nodig is
- Dat Jesus die perfekte voorbeeld van geluk was en dat ons 'n aardse voorbeeld moet stel
- Dat om verslaaf te wees aan God se teenwoordigheid troos en vrede bring aan gelowiges

Word geïnspireer en aangemoedig om jouself as interessor uit te leef deur die diepte van liefde en kennis wat in Vreugdevolle intersessie gedeel word.
Publication date: 2012-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431600496

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 100
Stormie Omartian het al mans en vroue oor die hele wêreld gehelp om die krag en vreugde te ervaar om met God te kommunikeer. Hierdie pragboekie bevat 'n keur van gebede uit Die krag van 'n biddende lewe en Kragtige gebed deur God se Woord.

Hierdie versameling van meer as 250 gebede in sakpas-formaat in KRAGTIGE GEBEDE VIR ELKE DAG sal lesers lei om alle areas in hulle lewe volkome aan God oor te gee. Dit sluit onderwerpe in soos:

gesondheid en genesing
liefde en verhoudings
doelwitte en besluite
Stormie se opregte en insigryke woorde sal lesers na God se teenwoordigheid lei en 'n lewe wat oorgegee is aan sy leiding en beskerming.
Publication date: 2012-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770001008

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 60
Ons word telkens in die Bybel beveel om te bid en tog is dit 'n geestelike disÂ-sipline waarmee baie gelowiges worstel. Ons kan egter die disÂ-sipels se voorbeeld volg en JeÂ-sus vra om ons te leer bid.

Die krag van saam bid sal jou nie net hierÂ-mee help nie, maar ook om jou afhanklikheid van God te erken, om jou beÂ-hoeftes aan Hom bekend te maak en om jou lewe aan Hom te onderwerp sodat Hy kragtig deur jou kan werk.
Publication date: 2006-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770000100

Christelik / Christian: Gebed / Prayer

R 60
Wil jy jou lewe met gebed deurdrenk? Dan is hierdie boekie die ideale hulpmiddel om jou op die pad van kragtige gebed te begelei.
Die doel van Kragtige gebede vir die vrou van vandag is om elke vrou te help om geestelik dieper geanker te wees en haar te herinner aan wie sy in die Here is. Die gebede sal jou in staat stel om nader aan God te kom en Hom beter te leer ken.
Publication date: 2006-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development