Christelik / Christian
Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

Results 1 to 15 of 26
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205478

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 199
Niemand trou met die plan om te misluk of na vyf jaar met 'n nuwe huwelik te begin nie. Baie min paartjies weet egter voor hulle troudag wat dit verg om 'n sukses van die huwelik te maak. Die feit is: Liefde alleen is nie genoeg nie; dit kos harde werk! Liefde is nie om die volmaakte maat te vind nie, maar om jou onvolmaakte maat op die volmaakte manier lief te hê.
Voel dit of julle nie meer in kontak is met mekaar nie?
Veroorsaak issues soos geld, skoonfamilie, seks en kinders rusies?
Sal jy enigiets doen om weer die ou vonk tussen julle terug te kry?
Hier is die geheim van liefde wat vir ewig hou
ONBLUSBARE LIEFDE inspireer paartjies om mekaar weer te ontdek en die ou passie terug te kry. Met hierdie handleiding is julle een tree nader aan 'n supergelukkige huwelik. Die idee is dat jy en jou maat dit saam deurwerk en julle huwelik 'n boost gee - een stappie op 'n slag, in 52 weke.
Gretha deel haar kennis en gee dan praktiese vrae aan die einde van elke hoofstuk. Dit gee julle die kans om oopkop oor belangrike issues te gesels. As ons weet wat die ander een nodig het om werklik geliefd te voel, sal ons ons huwelike soveel makliker gesond kan hou.
Leer om regtig na mekaar te luister, want elke mens wil graag gehoor word. Probeer volgende keer om dalk eerder stil te bly sodat jy jou maat se hart kan verstaan!
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320155

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 280
My bruidsboek is 'n trougids vir elke gelowige bruid. Dit is vol raad oor praktiese dinge soos die voorhuwelikse kontrak, jou trourok en skoene, jou gevolg, blomme en dekor, foto- en videograwe en die onthaal. Dit berei ook die bruid op 'n geestelike vlak voor en bespreek kwessies soos: Wat is 'n verbond, troubeloftes en die dieper betekenis van elke gebeurtenis (soos ringe uitruil). Daar is plek vir lysies maak en baie praktiese wenke. Dit is 'n pragtige bêreboek vir elke gelowige bruid.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616619

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 190
52 maklike maniere om pret en romanse weer deel van jou huwelik te maak.

'Die wittebrood is verby' is 'n uitdrukking wat dikwels gebruik word vir huwelike wat sy vonk verloor het. Daar-die gevoel van eenheid wat aan die begin van die huwelik so opsigtelik was, het al vaer geword.
Vir paartjies wat voel hulle huwelik gaan nou net oor kompromieë of opoffering of onderdanigheid, is daar hoop. In Sit die vonk terug in jou huwelik gee Jay Payleitner 52 prettige en kreatiewe maniere om weer ware eenheid en romanse in die huwelik te ervaar. Die wenke sluit in:
- Deel drome
- Moet nooit kompromieë aangaan nie
- Betaal die kredietkaarte af
- Soen in die kombuis
- Lag saam, huil saam
- Dien en word bedien
Hierdie praktiese en wyse idees word humoristies aangebied en sal huweliksmaats nader aan mekaar trek. Dit sal hulle ook opnuut inspireer om hulle unieke verbinÂ-tenis te geniet en hulle toerus om hulle huwelik nog beter te maak.

Oor die outeur

Jay Payleitner is een van die top-Christenradio-vervaardigers in Amerika. Hy is ook 'n gewilde spreker oor ouerskap en huwelike en die outeur van meer as 'n dosyn boeke. Jay was ook al 'n AWANA-direkteur, 'n stoei-afrigter en uitvoerende direkteur van die Illinois Fatherhood Initiative. Hy is ook 'n medewerker en voorstander van die National Center for Fathering. Jay en sy vrou, Rita, woon naby Chicago waar hulle vyf wonderlike kinders grootgemaak het en liefde uitgestort het op tien pleegsorg-babas.
Publication date: 2017-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319814

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 189
'n Affair is van die grootste pyn en seer wat 'n persoon kan beleef. Bekende Bybel- en seksualiteitkenner Timothy Kieswetter ondersoek affairs en rus jou toe om jou huwelik so ver moontlik affair-bestand te maak. Hy ondersoek wat affairs veroorsaak, hoe dit verloop en wat jy kan doen as jou huwelik deur een bedreig word. Hierdie boek is vir almal - of jy nou pasgetroud is, al jare getroud is, die slagoffer van 'n affair is en of jy die een is wat in die affair is. Daar is hoop vir jou huwelik.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431615131

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 120
Hoe moeilik - of maklik! - is dit werklik om die glimlag in jou huwelik te hou? In Gelukkig getroud vul drs. Les en Leslie Parrott elke kort hoofstuk met insiggewende wenke wat sterk op navorsing steun. Vermeng met inspirerende aanhalings en beginsels uit die Skrif sal dit lesers help om hulle huwelik werklik gelukkig te maak terwyl hulle saam groei. Die 25 eenvoudige, lewensveranderende, praktiese wenke om ware vreugde in die huwelik te vind, sluit in: - Tel julle seëninge saam - Droom saam - Herdefinieer intimiteit - Vermy afbrekende vergelykings Elke hoofstuk van dié sakpas-boekie sluit af met 'n gebedsriglyn wat paartjies sal help om saam te bid vir hulle spesiaalste verhouding.
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770002951

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 200
'n Unieke 2 in 1-boek wat insig gee in die verskillende behoeftes van huweliksmaats en sal lei tot groter intimiteit.
Mans en vroue verskil, en hierdie verskille is nêrens duiÂ-deliker en veroorsaak meer konflik as in 'n huwelik nie.
John en Diana Hagee het uitgebreide navorsing geÂ-doen, en vanuit hulle jare lange ondervinding in be-rading het hierdie leraarspaar Wat elke man in 'n vrou wil hê / Wat elke vrou in 'n man wil hê geÂ-skryf.
In hierdie unieke 2 in 1-boek kry mans en vroue insig in die denke en behoeftes van die teenoorgestel-de geslag. Op humoristiese maar reguit wyse beÂ-spreek die skrywers seÂ-kere huweliksprobleme en slag-gate en gee BybelsgeÂ-baÂ-seerde oplossings.
Wat elke man in 'n vrou wil hê / Wat elke vrou in 'n man wil hê sal egpare toerus om hul huweliksÂ-maat in 'n nuwe lig te sien, en opnuut liefde, vervulÂ-ling en vreugde in hul huwelik te ervaar.
Publication date: 2016-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432114251

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 120
R 96You save R 24
How difficult - or easy! - is it really to keep the smile in your marriage? In 25 Ways to a Happier Marriage, Drs. Les and Leslie Parrott fill each short chapter with insightful tips and encouraging Scriptures to help readers make their marriage truly happy while growing and having fun. The 25 simple, life-changing, yet practical ideas for finding true joy in marriage include: - Curb the complaints - Learn how to count your blessings together - Dream wisely - Redefining intimacy - Avoid those destructive comparisons Each topical "mini-chapter" concludes with a prayer starter to help couples to pray together for their most special relationship.
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432202866

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 125
Julle is verloof! En droom saam oor die dag wanneer julle uiteindelik man en vrou gaan word. Alles is perfek ... totdat julle besef wat alles gedoen moet word en hoeveel dit gaan kos!
Skielik stry julle oor wie genooi gaan word en is jy ongelukkig omdat jy nie meer jou droomrok kan kry nie, want manlief sê dit is te duur! Kort voor lank stry julle oor elke aspek van die troue, julle verhouding ly daaronder en jy wonder of dit ooit die regte besluit was om verloof te raak!
Hierdie boek bevat alles wat julle nodig het om die
perfekte troudag én huwelik te verseker.
Skep moed, julle is nie alleen nie!
Gretha Wiid is 'n kenner as dit by verhoudings kom, terwyl Yolandé Edelinksi van Troukoors weet hoe om die perfekte troue in 52 weke te beplan!
Beplanning sluit in:
ï‚· Begroting
ï‚· Wat om wanneer te betaal
ï‚· Wanneer om wat te doen
ï‚· Vrae om te vrae tydens afsprake
ï‚· Gastelyste
ï‚· Nommers van vendors
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205058

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 100
Is jy seker EGSKEIDING is die enigste, beste, maklikste oplossing vir jou huwelik wat nie werk nie?

Die skrywer van hierdie boek is nie 'n huweliksberader of sielkundige nie. Hy is 'n man wat self die pad van trou en skei (en weer trou en weer skei) geloop het. Dit gee hom 'n ander perspektief op verhoudings as wat hy gehad het as jongman. Ervaring het hom dinge geleer wat hy nou wens hy vroeër geweet het.

In Skei maak seer deel hy hierdie kennis en sy storie. Sommige lesse het hy te laat geleer ... Maar miskien is dit vir ander getroudes presies die regte tyd om sy woorde te lees. Om 'n paar waarhede in die oë te kyk:

ï‚· Is jy gereed vir 'n emosionele oorlog sonder logika wat meer as net twee slagoffers gaan agterlaat?
ï‚· Is jy deeglik bewus van die onbekende oorsake en gevolge wat jou besluit behoort te beïnvloed?
ï‚· Verstaan jy die ware aard van die huwelik en dat gelukkig wees eers na harde werk en toewyding volg?

Dis nooit te laat om te verander en jou huwelik te red nie. Dis die hoop wat getroudes met hulle saam kan neem uit een man se seerkry en heel word.

Dis nugter, eerlik én ontmasker die droom dat dit beter is om te skei. ~Gretha Wiid
Publication date: 2016-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613328

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 130
Dit is die keuses wat mense elke dag maak wat hul verhouding met God en die kwaliteit van hul huwelik bepaal.
In Geheime vir 'n gelukkige huwelik wys Craig en Amy Groeschel lesers vyf keuses wat hul huwelik onbreekbaar kan versterk:
1. Soek God
2. Baklei regverdig
3. Doen goed wat pret is
4. Bly rein
5. Moet nooit opgee nie
As huweliksmaats hulle daartoe verbind om hierdie keuses elke dag uit te voer, sal dit 'n ryker en dieper huweliksverhouding voortbring.
Geheime vir 'n gelukkige huwelik praat reguit met lesers en voeg daardie stukkie humor in wat hulle sal aanspoor om met passie en vreugde te baklei vir die belangrikste verhouding in hul lewe.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319449

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 175
In hierdie boek praat Timothy Kieswetter met elke mens op sy vlak - of jy nou konserwatief of oopkop is oor seks. Kwessies soos hoe God seksualiteit sien, seksrolle in 'n huwelik, orale seks, masturbasie, pornografie en sosiale media word aangeraak..
Publication date: 2015-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613892

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 170
Die behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is 'n baie ernstige saak. Doktor Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskildende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op 'n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. Vyf tale van die liefde bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om sy eie taal asook dié van sy maat te identifiseer.
Vyf tale van die liefde fokus op die vyf tale en hoe om hulle kragtig toe te pas:
- Opbouende woorde
- Kwaliteit-tyd
- Geskenke
- Diensbaarheid
- Fisieke aanraking
Hierdie nuwe, bygewerkte uitgawe kyk ook na die rol van tegnologie in ons verhoudings asook langafstand-verhoudings en bevat 'n bygewerkte vraelys.
"
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432120566

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 90
R 72You save R 18
In his fifth study of Ephesians, T. D. Jakes explores the wonder of our marriage covenant with Jesus Christ. The more we grasp all that earthly marriage is intended to be, the better we understand this most intimate of relationships with the Lord. Find answers to key issues and struggles in marriage relationships: - Why sacrifice is an absolute requirement for "agape" love � and the practical ways you can express this kind of love to your mate and to God - How submission can be a place of influence, especially when one mate is walking out of fellowship with God - Why developing a healthy love for yourself (based on what God says about you in His Word) has tremendous impact on the marriage relationship. Whatever your earthly marital status, you are forever married to Jesus Christ. And through this study, you will be overwhelmed by this incredible expression of His love!
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204037

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 100
Elke vrou se KLEIN BOEKIE oor SEKS
- voorsien van antwoorde op al die vrae wat jy bang is om te vra
- aanmoedig om teleurstellings en verskille te oorkom
- help om jou (en jou man se) lyf lief te kry
- leer om jou man te verstaan deur vraelyste wat julle invul
- wys hoe om 'n opwindende sekslewe te hê.
Met intimiteit as hemelse gawe kan jy 'n gelukkige huwelik in 'n seksmal wêreld hê.
Publication date: 2014-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431611096

Christelik / Christian: Huwelik & Verhoudings / Marriage & Relationship

R 130
Sal dit nie wonderlik wees as jy ná elke konfliksituasie voel dat die uitkoms in jou guns was nie? En is dit moontlik dat julle albei gelyktydig so kan voel? Dr. Willard Harley sê in Hy wen, sy wen dit is beslis moontlik. Hierdie boek sal paartjies help om huwelikskonflik op die regte manier te hanteer en wen-wen-uitkomste te verseker - elke keer.
Publication date: 2014-10-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development