Christelik / Christian
Vroue / Women's Interest

Results 1 to 15 of 16
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415337516

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 190
Daar is 'n rede waarom ons ander mense as mededingers beskou en onsself inperk deur vergelyking en wedywer: Ons het 'n vyand wat gedurig ons gedagtes, wil en emosies bombardeer in die hoop dat ons onsself en ander sal aanval. Só onstaan 'n siklus wat ons daar van weerhou om intieme konneksies te maak, verwarring oor ons identiteit skep en ons laat misluk in die bereiking van ons doel.
In Jy is sonder gelyke, beskryf die topverkoperskrywer Lisa Bevere hoe 'n onthulling van God se liefde hierdie siklus en beperkings verbreek. Eerder as om ander as mededingers te beskou, leer sy ons hoe om daardie diep, intieme konneksie met ons Skepper te vorm waarna ons smag. Hierdie konneksie bevat die belofte van ware identiteit en intimiteit. Aan die hand van Bybelse lering deurweef met profetiese insig vir die tyd waarin ons lewe, gebruik Lisa humor en passie om jou uit te daag:

'¢ Draai mededinging om sodat dit die beste in jou uitbring

'¢ Hou op om weg te skram van gesprekke waaraan jy eintlik moet deelneem

'¢ Antwoord die argument wat beweer dat vroue nie opgewasse is nie

'¢ Breek geslagsmededinging af en werk saam met die mans in jou lewe

Dit is tyd om die stap te doen om 'n lewe sonder wedywer te leef.
Publication date: 2017-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205645

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 119
Het jy al ooit Spreuke 31 gelees en gewonder hoe kry die vrou dit reg om al die balle in die lug te hou - 'n goeie vrou en ma, wat heeldag werk, die huishouding aan die gang hou en nog tyd vir haarself ook maak? Aletté Winckler het in 31 dae soos dié vrou probeer lee fen help jou om ook 'n Spreuke 31-vrou te word. Met die joernaalbladsye sal jy kan transformeer tot die beste jy
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205577

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 130
Om met iemand te praat moet jy woorde gebruik. Alles wat ons elke dag doen is deur woorde. Of jy praat by die werk, 'n e-pos aan 'n kliënt of 'n boodskap aan 'n vriendin stuur, dit wat jy sê kan 'n baie groot impak op iemand se lewe hê.

Jou woorde het krag en dit is tyd dat vroue in ons land dit verstaan en begryp. Alhoewel ons woorde nie iets kan skep, soos God die wêreld geskep het nie, kan jy iemand se lewe opbou of afbreek.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319630

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 175
Bekende radio-omroeper Este Geldenhuys skryf oor Bybelse vroue vir vandag se vroue: Van Eva, wat haarself uit die tuin redeneer het, tot Rebekka, wat nie noodwendig een kind bo 'n ander voorgetrek het nie, en Maria, 'n doodgewone meisie wat moes instem tot 'n buitengewone versoek. Dan is daar die vrou by die put, wat so deur Jesus aangegryp is dat sy nie daaroor kon stilbly nie. Die skrywer gee duidelike toepassing vir vandag, maar vra bowenal: God soek nabyheid met jou, gaan jy Hom toelaat?
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431614127

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 80
Die vrou van vandag is besig en aan die gang. Daarom is vinnige herlaai-oomblikke om die vonkel terug te sit in haar vrou-wees presies wat sy nodig het. Saam met Bybelverse, aanhalings en vertellings wys Stan en Linda Toler in 1 minuut-inspirasie vir vroue hoe vroue hulle selfvertroue 'n hupstoot kan gee. Die byna 80 kort, praktiese wenke in dié sakpas-boekie sluit in: - Leer iets nuuts - Gee vir iemand 'n drukkie - Bederf jouself 1 minuut-inspirasie vir vroue is 'n minuut se inspirasie en bemoediging vir die besige vrou wat haar sal help om die vrou te word wat sy graag wil wees.
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205959

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 120
Hoe kry jy dit reg om jouself te herlaai en net asem te skep as alles wat moontlik verkeerd kan loop op een slag gebeur?

Ousus het met 'n dik mond uit die bed geklim, die melk is net genoeg vir een koppie koffie, en daar is nog drie ander wat ook moet kry! By die werk laat weet boetie sy taak lê nog by die huis en hy het dit nou nodig of dis 'n nul vir gisteraand se laat werk. En boonop verstaan jou kollega by die werk nie dat jy eintlik baie besig is nie.

As jy al sulke dae beleef het, weet jy dat daar nie sommer iets is wat dit kan omkeer nie. Die issues raak net groter en jou irritasievlakke skiet deur die dak. Later byt jy almal se koppe af en selfs die hond loop wye draaie om jou. Dan is dit tyd dat jy Susan Coetzer se nuwe boek, Mamma het 'n breek nodig, vir jou koop.

Sy sal jou op haar humoristiese manier vertel dat sy ook sulke dae beleef en hoe jy dit beter kan maak. Of dit nou is met 'n lekker stappie om die blok, 'n glas wyn of om terug te grom vir die probleme. Susan se boek sal jou dag beter maak.

Sit terug en lees lekker
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205485

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 130
Te skaam om jou vriendin te vra? Kry maklike, reguit antwoorde op alles waaroor jy wonder, soos:
ï‚· My man het my verkul. Hoe sal ek hom ooit kan vergewe?
ï‚· Die nuus ontstel my. Is God ooit nog in beheer van die wêreld?
ï‚· My kind se kamer is 'n varkhok. Hoe kan ek haar dissiplineer?
ï‚· My lewe is so boring. Hoe kan ek my droom bereik?
Is daar iets wat jou pla oor seks, stout kinders, sonde of selfvertroue? Nou hoef jy nooit meer te wonder wat sal 'n terapeut vir jou sê wanneer jy wysheid en ondersteuning nodig het nie. Die beste oplossings en advies is nou bladsy vir bladsy reg onder jou vingerpunte beskikbaar.
Hulp 24/7 is soos om beraders heeldag met jou saam te dra ...
Ons kenners sal al jou kwelvrae beantwoord - reguit en op die man af. Maak jou reg vir 'n moderne aanbieding van Bybelse beginsels vir getroudes. Praktiese wenke wat vir jou en jou kind se unieke temperamente werk. Raad oor hoe om balans te vind tussen jou uitdagings as vrou en jou geloof. En waardevolle tips wat jou sal help om jou drome te bewaarheid.
Wanneer iets gebeur wat jou vreugde steel, trek hierdie boek nader en vind die beste raad oor jou krisis of probleem. En ontdek die positiewe, selfversekerde en gelukkige jy wat jy nog altyd wou wees!
Publication date: 2016-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868297924

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 180
Het jy al ooit na iemand gekyk en gedink: 'Sjoe, dis nou sowaar 'n vrou na God se hart'? Wel, dis ook binne jou bereik! Ware vrede en vreugde sal deel van jou lewe word wanneer jy God volg op elke terrein.
Die transformasie tot 'n vrou na God se hart is inderdaad God se eie werk. Hierdie boek bied seÂ-kere dissiplines wat ons kan volg om onsself in God se hande te plaas sodat Hy die werk in ons hart kan doen. Elizabeth George deel praktiese riglyne geÂ-baseer op die Bybel rakende ons stiltetyd saam met God, ons eggenoot, ons kinders en huis, ons perÂ-soonlike groei en ook ons betrokkenheid by die kerk.



Die beginsels in 'n Vrou na God se hart sal jou lei tot 'n nuwe verhouding met God en almal rondom jou. Laat God toe om sy wonderlike werk in jou lewe te verrig. Laat Hom toe om jou hart te verander en jou denke te vernuwe. Jy sal ewigdurende vreugde en vrede vind in 'n lewe van gebed en nuwe prioÂ-riteite, en jy sal ondervind wat dit beteken om 'n vrou na God se hart te wees.
Publication date: 2016-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613779

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 120
'n Geskenk is iets wat aan iemand gegee word om daardie persoon te oortuig dat hy of sy geliefd is. Soms lewer God spesiale geskenke by ons deur af - onverwagte seeninge waaraan ons nooit eers self gedink het nie!
'n Reenboog vol verrassings moedig lesers aan om hierdie geskenke te herken, hul eie te maak en vir die res van hul lewe te koester. Die 25 stukkies in hierdie tweekleur-geskenkboek vol Bybelverse, inspirerende aanhalings, uitdagings en gebede is 'n bron van eindelose seen.
In 'n Reenboog vol verrassings wys Nina Smit lesers op die oorvloed seen wat God ons deur sy genade gee.
Publication date: 2015-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204549

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 115
15 bekende skoonma's en 15 bekende skoondagters deel elkeen hulle verhoudings met ons in die boek Help, Ek is 'n skoonma (skoondogter) Hulle deel die leeker en sleg die van hulle verhoudings, maar gee ook raad aan ander kinders, aandvaarding, konflik en hoe om jouself te beperk tot jou rol.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431610006

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 120
Ons het deesdae maar min tyd vir stil word. Dit beteken ook dat ons min tyd het om te besef hoe buitengewoon ons in God se oe is en hoe waardevol ons vir Hom kan wees - met ons issues en al.
Van futloos tot fantasties! - uit die pen van gewilde outeurs Stephan Joubert en Johan Smith - bied 20 hoofstukke oor onderwerpe wat tot die hart van elke vrou spreek, soos die waarde wat een persoon kan hê, wie ons naaste is, die krag van vreugde, hemelse genade en diensbaarheid.
Van futloos tot fantasties! bied 'n verrykende perspektief op ons lewe hier en nou, en beklemtoon dat al wat nodig is vir 'n waarlik vreugdevolle en fantastiese lewe soms net 'n wyer kyk op die wêreld en sy dinge is.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431609987

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 90
Milanie Vosloo spreek tot die siel van elke vrou. Nou kan lesers hulle weereens verlekker in een van haar boeke.

Vreugde vir jou hart is 'n pragtige volkleur-boekie en sal die ideale geskenk vir enige vrou wees. In uiteenlopende stukkies soos: sy woonplek in jou hart, Iemand om jou toe te vou, ek: gekraakte kleipot, 'n gewonde hart en jou genade-reis, bevestig Milanie soos net sy kan dat elke vrou verseker kan wees van God se onvoorwaardelike liefde en trou.
Die 20 stukkies word elk afgerond met 'n gebed en kerngedagte, en sal elke vrou laat met die gedagte dat sy kosbaar is vir God.
Hierdie sielsverrykende stukkies is geneem uit Milanie se rubriek "Siel van 'n vrou" in Leef - met hart & siel.
Publication date: 2014-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431607938

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 170
Jy as vrou staan elke dag voor honderde besluite. Hoe hou jy jou prioriteite reg, stel doelwitte en beplan effektief? Elizabeth George bied in Jy het 'n keuse Bybelsgebaseerde riglyne en honderde wenke om jou hiermee te help. 'n Bonus in hierdie boek is die Bybelleesplan en die studiegids agterin.
Publication date: 2014-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431607679

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 170
God se droom vir jou lewe sal hoop bring vir elke vrou wat wonder of haar lewe ooit kan verander, of sý ooit kan verander. In hierdie boek deel Stasi Eldredge haar eie worsteling met eiewaarde, gewig en haar verlede soos sy vir lesers wys hoe God onthul wie ons werklik is. Stasi moedig vroue aan om hul gedagtes oor hulself uit die verlede neer te lê en God se drome vir hulle aan te gryp. Ons kan onsself nie genees nie. Ons kan nie uit onsself ons ware self word nie. Maar ons is nie aan onsself oorgelaat nie - God wil elke vrou genees. God se droom vir jou lewe is elke vrou se reisgenoot op die belangrikste reis wat sy kan onderÂ-neem - die reis om haar ware self te word deur God se liefde. Die vrou wat God haar geskep het om te wees.
Publication date: 2014-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770313590

Christelik / Christian: Vroue / Women's Interest

R 110
Daar kom 'n tyd in elke vrou se lewe wat sy dinge graag wil verander of verbeter.
Tye wanneer jy wens dat jy beter ma vir jou kinders wees, meer vir die samelewing beteken, 'n gelukkiger huwelik he of meer tyd saam met God deurbring.
Publication date: 2013-07-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development