●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620415927

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
R 135You save R 15
Op 'n ongewone manier word God en Sy liefde, die belangrikheid van verhoudinge en die bevrydende krag van vergifnis aan die leser oorgedra.
Ek is van mening dat mense op alle vlakke en grade van spiritualiteit deur hierdie boek geraak en selfs ten diepste verander gaan word.
Die skrywer slaag meesterlik daarin om jou die 'klein-prentjie' mentaliteit van die lewe te laat vervang met die groter prent van 'n genadige God en die ware sin van die lewe.
Dr. Isak Burger, President van die A.G.S.
Publication date: 2008-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620579

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207You save R 23
Lidia is die dogter van 'n purperhandelaar. Haar hele wêreld draai om drie dinge: haar pa, die grond van haar voorgeslagte en die pers kleurmiddel. Dan verloor sy bykans alles deur ondraaglike verraad.

Met net haar pa se geheime formules vlug Lidia na Filippi en werp alles in die stryd om haar eie besigheid te vestig. Volharding en mense wat sy onverwags op haar pad leer ken, help haar om een van die stad se beste purperhandelaars te word.

Maar vrees skuil in elke skadu, totdat Lidia die apostel Paulus ontmoet en sy boodskap van hoop hoor en só die eerste Christen in die hele Europa word. Tog kan Lidia nie haar geheime vir ewig begrawe hou nie. Wanneer verlede en hede mekaar ontmoet, moet sy kies om óf sterk te staan en op haar jong geloof te vertrou óf te swig voor die vrees wat haar lewe nog altyd oorheers het.
Publication date: 2018-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616596

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
R 135You save R 15
Voordat Christus haar aangespreek het as 'my dogter', voor sy genesing gesteel het deur aan die punt van sy kleed te raak, was sy 'n vrou met 'n hart wat gebloei het ...
Elianna word as jong meisie verteer deur skuldgevoelens. Haar enigste boetie sterf terwyl sý na hom moes kyk. Sy probeer vergifnis verdien deur haar werk in haar pa se materiaal-besigheid en deur vir die gesin te sorg. Ná nog 'n tragedie is Elianna in beheer van die besigheid en haar taÂ-lent as ontwerper bring groot sukses, maar nooit die vrede waarna sy hunker nie. Wanneer haar wêreld aan skerwe spat, verbreek sy haar verlowing aan die enigste man wat sy ooit sal liefhê. Dan kom die hartverskeurende siekte wat haar isoleer en alles wat sy oorgehad het van haar af wegÂ-vat.
In Tessa Afshar se 'n Nuwe môre lyk dit vir Elianna of daar geen einde aan haar lyding is nie. Dan hoor sy van die Man wat deur blote aanraking genesing kan bring. Is dit moontlik vir een Man om ná soveel jare van lyding en teÂ-leurstelling die wonde van die liggaam én die siel te genees?
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431620326

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207You save R 23
Casey Cox se DNS is oral op die misdaadtoneel. Dit help nie sy praat met die polisie nie; hulle het haar al vantevore in die steek gelaat. Sy moet vlug voordat sy gearresteer word ... of nog erger. Die waarheid maak nie meer saak nie.

Maar wat ís die waarheid? Dié vraag spook by Dylan Roberts, die oorlogsmoeë veteraan-soldaat wat gehuur word om Casey te soek. Post-traumatiese stresversteursing maak hom ongeskik vir polisiewerk, maar as hy Casey terugbring, kan dit in sy guns tel. Alhoewel die misdaadtoneel oënskynlik die hele verhaal vertel, maak al die besonderhede nie mooi sin nie. Casey Cox lyk nie soos jou tipiese moordenaar nie. Maar as sy nie skuldig is nie, waarom het sy gevlug?

Om haar verlede en die verdoemende bewyse teen haar te ontrafel verg meer tyd as wat Dylan het. Maar namate hy haar leer ken, word hy gekonfronteer met twee keuses: Die meisie wat elke oomblik sy gedagtes vul, is 'n psigopatiese moordenaar ... of 'n selfopofferende heldin. En die waarheid kan dalk die dodelikste wapen nog wees.
Publication date: 2018-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321695

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 240
R 216You save R 24
Boek 11.
Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah?
Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks.
Publication date: 2020-06-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321978

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Granate bloei in Jerusalem
Hatikvah

Granate bloei in Jerusalem: Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd - bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef - al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle (met hul uiteenlopende kulturele, politieke en godsdienstige agtergrond) 'n toekoms saam? En wie is Yeshua (Jesus)? Bestaan Hy werklik?

Hatikvah: Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Kort daarna verloor sy die ongebore baba in 'n miskraam. Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word en in die Land van Hoop saam met Marc hoop vir die toekoms vind?
Publication date: 2019-09-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320841

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 240
R 216You save R 24
Boek 10.
Henok kry 'n verrassing wanneer sy vrou laat weet dat sy in Israel kom kuier. Waar die Cohens Erev Shabbat vier, is dit duidelik dat  Re'uven en Shlomit se pyn oor hul eersgeborene se dood nog vlak lê. Dit laat Marc wonder of hy Adonai sal kan liefhê as dit met hom sou gebeur. Hy voel verskeur tussen sy gesin en sy ma met haar eie hartseer in Suid-Afrika. Tog beleef hy God se nabyheid op wonderlike maniere en vind hy troos in die wete dat Adonai se weë ver bo ons verstand verhewe is.
Publication date: 2018-04-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319968

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207You save R 23
Boek 9.
Rivkah is weer swanger. Terwyl die terreuraanvalle toeneem, wonder beide Marc en Rivkah: Is hierdie die tyd en die plek om nog 'n kind in die wêreld te bring? Dit raak net gevaarliker in Jerusalem se strate. Soos die geboortepyne van sy ma begin, vind Yoshi egter troos in Yeshua se woorde dat sy terugkoms ook soos 'n geboorte gaan wees en dit sal beteken dat die tyd naby is vir Hom om weer Hanukkah shel David op te rig.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415341940

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 180
R 144You save R 36
Van ongenooi na ingenooi is werklikheidsfiksie gebaseer op die ware verhaal van trauma en verlies en uiteindelike aanvaarding in die lewe van 'n jong vrou en haar gesin. Dit is ook die verhaal van ware vriendskap. Ná 'n besoek aan 'n chirurg word ulseratiewe kolitis by Tanja gediagnoseer en sy moet hoor dat dit reeds haar rektum en kolon aangetas het. Die dokter hanteer egter nie die saak as spoedeisend nie, verseker haar dat sy maar kan gaan vakansie hou. Die uiteinde is katastrofies. Tanja se kolon perforeer en sy sterf byna aan inwendige bloeding. Tientalle besoeke aan die hospitaal volg en sy moet vir die res van haar lewe met 'n stomasak saamleef. Ná haar ontslag besef en ondervind sy watter letsels die ongenooide siekte, trauma en aanhegsel aan haar liggaam en emosies laat. Van ongenooi na ingenooi is 'n boek vir:

• Vroue op die eensame reis wat in Noodgevalle of 'n onkologiekliniek begin het, waarna jy met jouself, God en jou medemens moet gaan saamleef
• Dié wat al deur groot trauma moes gaan, asook hul gesin en veral vir hul lewensmaat.
• Lesers wat hulle in 'n “nuwe normaal”bevind - in 'n liggaam wat waarskynlik nooit weer soos vroeër sal lyk of wees nie
• Die lewensmaats van vroue soos Tanja, asook die familie en vriende van ernstig siek mense

In Van ongenooi na ingenooi word hoop, innerlike genesing en die onfeilbare trou van die Drie-enige God verwoord. In hierdie ware liefdesverhaal reis jy saam van ongenooi na ingenooi.
Publication date: 2020-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320643

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 245
R 221You save R 24
Hoe praat die Onsigbare, Abram? Onontwykbaar.
In dié roman word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die Bybelse narratief word aangevul deur deeglik nagevorste materiaal uit ander bronne. Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.
Publication date: 2019-01-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319661

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 210
R 189You save R 21
Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou Elkana weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid. Hierdie aangrypende verhaal spreek tot elke vrou. Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oë van God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621002

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 255
R 230You save R 25
Twee vroue soek na antwoorde op vrae uit hulle verlede, maar sal hulle gereed wees vir die ontdekking wat hulle maak.

Ná die verbreking van haar verlowing met die welgestelde William ontvlug Anna na die Ottawa-hotel in Holland, Michigan. Sy het soveel vrae oor haar nuwe geloof, maar word ook voortdurend geteister deur 'n nagmerrie. Derk vander Veen, 'n vakansiewerker wat beplan om 'n leraar te word, beur haar op met sy innemende geaardheid.

Op versoek van haar seun begin Geesje de Jonge deur haar herinneringe sif oor haar reis vanaf Nederland na die dorpie Holland langs die Michiganmeer. Terwyl sy haar verhaal vir die dorpie se halfeeufeesviering skryf, word dit 'n persoonlike reis waarin sy haar stryd, verwyte, terugslae en vreugdes herleef. Derk word meegevoer deur haar storie en sien terselfdertyd die ooreenkomste tussen Geesje en Anna waarna hy 'n ontmoeting tussen dié twee reël.

Verlede en hede ontmoet, maar nie Anna of Geesje verwag die antwoorde wat onthul gaan word in Die pad terug huis toe nie.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321176

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 275
R 69You save R 206
Beroepsgerigtheid, kinderloosheid en 'n huwelik op die rand van egskeiding is nie die enigste beproewing op Jennifer se pad nie. 'n Donker geheim van bejaardemishandeling word oopgevlek toe Jennifer terugvlieg Suid-Afrika toe om onder andere 'n bietjie tyd saam met haar pa deur te bring. En dit aan die hand van iemand wat die naaste aan hom moet wees. Terwyl sy haar pa se geknakte lewe probeer herstel, besef sy ook hoe stukkend haar eie lewe is en dit vra moed en geloof om dit wat verlore gegaan het in haar lewe te probeer herwin. In hierdie proses leer sy wat dit beteken om deur water en vuur gelouter te word en hoe groot die genade is. Combrinck se debuutroman loop nie net die pad van verlies en genesing nie, dit bevat ook 'n spannende avontuurverhaal en 'n liefdesverhaal - 'n sonderlinge kombinasie.
Publication date: 2018-08-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431618651

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 110
R 99You save R 11
'n Feesviering wat tragies eindig, bedreig nie net 'n huwelik nie, maar ook 'n lewe.

Brooke en Peter se huwelik word tot die uiterste beproef terwyl hul driejarige Hayley om haar lewe veg. In Om bly te wees moet die Baxter-familie mekaar ondersteun al lyk selfs gebed buite bereik.

In plaas daarvan om na Brooke te draai om Hayley se ongeluk te verwerk word Peter deur selfverwyt verteer en soek hy op ander maniere troos. Sy besluite slinger hom in 'n bodemlose diepte wat nie net dreig om sy verhouding met sy vrou te vernietig nie, maar ook sy lewe.

In Om bly te wees kom die Baxters te staan voor seer en verlies, maar 'n troue bring weer vir almal 'n rede om te glimlag. Brooke en haar gesin moet hul terugslae verwerk en die toekoms tegemoetgaan. Maar die verlies van 'n baie spesiale vrou in hul lewe sal almal vir altyd verander.

Om bly te wees is die vierde boek in die gewilde Vernuwing-reeks.
Publication date: 2017-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340981

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 89You save R 111
Twee weke is 'n hartroerende verhaal oor liefde, geloof en wat dit werklik beteken om 'n gesin te wees

Cole Blake staan op die punt om universiteit toe te gaan en die eerste treë na sy droom te neem. Maar toe hy sy finale semester in hoërskool begin, ontmoet hy vir Elise, 'n geheimsinnige nuwe meisie wat sy aandag en hart met die eerste oogopslag vasvang. Elise is daarop ingestel om van haar wilde weë agter te laat en weer die goeie meisie te wees wat sy eens was.

Nie lank ná die semester begin het nie, sy ontdek sy sy is swanger. Agtien en alleen, besluit sy om haar geheim met Cole te deel. Cole wat nie afgeskrik word deur die nuus nie en wat vir die eerste keer in sy lewe verlief is, is vasbeslote om Elise te ondersteun. Selfs al beteken dit dat hy universiteit moet misloop, met haar trou en 'n ander man se kind moet grootmaak.

Wanneer Elise besluit om haar baba te laat aanneem, word sy in verbinding gebring met Aaron en Lucy Williams wat na Bloomington, Indiana, getrek het om sewe pynlike jare van onvrugbaarheid te ontsnap. Met Cole wat oor haar waghou en Aaron en Lucy wat angstig wag om hul nuwe baba te verwelkom, neem Elise 'n onverwagte besluit - een wat almal se planne verander. Twee weke is 'n hartroerende verhaal wat wys hoe vinnig dinge in 'n tydperk van twee weke kan verander, maar bowenal oor liefde, geloof en wat dit werklik beteken om 'n gesin te wees.
Publication date: 2019-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.