●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Fiksie
Christelik

Results 1 to 15 of 50
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770004665

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Agter elke man wat gehelp het om die geskiedenis te vorm, staan die helde wat dit vir altyd verander het. Soos net Francine Rivers dit kan doen, vertel sy die verhale van vyf sulke geloofsmanne wat getrou na God se stem geluister het in die skadu van die leiers wat Hy uitverkies het:

- Aäron wat ons Ewige Hoëpriester simboliseer.

- Kaleb wie se toewyding mense gedring het om hulle geloof in dade om te sit.

- Jonatan wie se nederigheid gelei het tot 'n vriend­-skap met die man wat in sy plek sou koning word.

- Amos wat ten spyte van heftige teenkanting die Israeliete gewaarsku het oor die naderende oor­log wat hulle sou vernietig.

- Silas wat die apostels se woorde op skrif gestel het sodat dit vir die geslagte behoue kon bly.



Deur Francine se meesterlike vertelvermoë en aan­grypende karaktersketse sal lesers elkeen van hier­die manne op 'n besondere wyse leer ken.
Publication date: 2008-05-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620415927

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
R 135You save R 15
Op 'n ongewone manier word God en Sy liefde, die belangrikheid van verhoudinge en die bevrydende krag van vergifnis aan die leser oorgedra.
Ek is van mening dat mense op alle vlakke en grade van spiritualiteit deur hierdie boek geraak en selfs ten diepste verander gaan word.
Die skrywer slaag meesterlik daarin om jou die 'klein-prentjie' mentaliteit van die lewe te laat vervang met die groter prent van 'n genadige God en die ware sin van die lewe.
Dr. Isak Burger, President van die A.G.S.
Publication date: 2008-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796316042

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207You save R 23
Ragel Naudé het naam gemaak as kunstenares, maar sy werk nie meer nie. Sy is nog lief vir haar man, sy het hom nodig, maar kan nie na hom uitreik nie. Sy is depressief en getraumatiseer ná die dood van hul kleuterseuntjie. Sy stry teen God, niks maak meer saak nie, behalwe die herinnering aan sy kort lewetjie. Sy en Stephan dryf uitmekaar, Tienie, wat soos 'n moeder vir haar is, kan nie meer tot haar deurdring nie, ook nie haar beste vriendin, Anke nie. Sy lig nie meer 'n potlood of 'n kwas op nie, sy maak nie huis skoon nie, sy gaan nie meer haarkapper toe of winkels toe nie, sy versorg haarself nie meer nie.

Maar sy word gedwing om tandarts toe te gaan en daar in die spreekkamer waar sy die eerste keer in maande tussen ander mense sit en luister na hulle gesprekke, besef sy dat sy iets moet doen aan haar willose bestaan. Terug by die huis vat sy hier en daar en gooi goed in tasse en bokse, laai haar kar vol en kies koers sonder om vir iemand te sê dat sy weggaan. Vir haar man los sy 'n briefie dat hy haar nie moet soek nie, want sy is weg om haarself te gaan soek.

Ragel beland op 'n klein dorpie waar sy met erger verdriet as haar eie te doen kry. Sy ontmoet 'n vrou wie se dogtertjie verkrag en vermoor is en wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Geleidelik leer die twee vroue wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos.
Publication date: 2013-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868299720

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 180You save R 20
Paul Hudson was vasbeslote om sy kerk op te bou, maar teen watter prys?

Toe Paul Hudson aanvaar het om leraar van 'n sukÂ-keÂ-lende kerk te word, het hy nie geweet wat om te verwag nie. Hy het gehoop hy kan God behaag met sy planne en harde werk.

Dit het Paul nie lank geÂ-neem om Centerville ChrisÂ-teÂ-like Kerk reg te ruk nie. Die bywoning het toeÂ-geÂ-neem en die kinderÂ-proÂ-gram se bywoning was die beste in jare. Alles het goed gegaan. As sy vrou dit maar net wou sien. Tog het hy nie toegelaat dat haar swye hom steur nie ...

Soos sy geesdrif en amÂ-bisie groei, vergeet hy van die Een wat hom geroep het. Terwyl Paul en dié om hom probeer onderskei wat dit beteken om werklik hulle geloof uit te leef, moet hulle kies tussen die wil van mense en dié van God.

In en die Ramshoring het geblaas lees ons van die verskillende maniere waarop mense dink God met hulle praat asook hulle reaksies daarop.
Publication date: 2014-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868294930

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 100
R 90You save R 10
Terwyl hy herstel van 'n wond wat hy in die Eerste Wêreldoorlog opgedoen het, ontdek 'n soldaat wat in die Midde-Ooste gestasioneer is een van die mees opspraakwekkende argeologiese vondste in eeue. Omstandighede keer egter dat hy dit verder kan ondersoek.
Maar een aand in 1920 maak hy die houtkissie oop en ontdek binne-in 'n stuk perkament, drie spykers en die beendere van 'n man se regterhand. En so ontvou die verhaal van Scipio Martialis, 'n Romeinse soldaat uit Christus se tyd; die verhaal van die man wat vir Jesus Christus gekruisig het.
Hierdie boek voer die leser mee op 'n man se aangrypende reis deur die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis van die wêreld. Skrywer J. Fletcher Ray teken Jerusalem in die eerste eeu na Christus en vertel hoe die geboorte, lewe en dood van Jesus gewone mense deel gemaak het van God se groot plan vir die verlossing van die mensdom. Elkeen wat daardie Vrydag op Golgota was, kon nie anders as om geraak te word deur Jesus se dood nie. Veral nie die Romeinse soldaat wat die spykers in Jesus se hande en voete moes inslaan nie.
Publication date: 2015-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431613168

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 170
R 153You save R 17
Met haar liefde vir oudtydse goed moes Jennifer Burns dikwels hoor sy is oudmodies, maar niemand is voorbereid op die jong vrou se besluit om die moderne leefstyl opsy te skuif ten gunste van die Ou Orde Amish nie.
Maar dit is presies wat Jenny sonder haar familie se medewete doen toe sy by Samuel en Rebecca Lapp intrek en vir die biskop se vrou begin werk. Die mense van Hickory Hollow is nuuskierig oor die pragtige jong soeker onder hulle, in die besonder 'n aantreklike Amish-man. Maar hy is nie die enigste man wat om Jenny se aandag meeding nie.
In Die soekende hart word Jenny met baie uitdagings gekonfronteer in die tyd wat die Broeders haar gee om haarself te bewys: Uitdagings van die hart sowel as die gees.
Sal Jenny se geheime haar weerhou van die vrede waarna sy smag? Of sal hulle haar die weg huis toe wys?
Publication date: 2015-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432204891

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 124
R 112You save R 12
Lukas Malherbe is jou tipiese 'verlore seun'. Ontnugter deur die besef dat hy nie 'n toekoms op die familiewynplaas het nie, vra hy sy erfporsie by sy pa en vat die pad na die Groot Stad - die plek van Groot Kanse en Groot Geld.

Hy het 'n aanvoeling vir die finansiële markte, en vir poker, waaraan die verleidelike Claire hom bekend stel. Sy winste met beide is groot. Maar hoe lank gaan sy geluk met geld en kaarte - en vroue - hou?

Want daar is ook Linda, die besadigde een, wat hom nie alles vertel nie. Wat gaan haar rol in sy lewe wees?

En wie gaan seerkry as gevolg van sy dwase besluite?

Die verhaal is oorbekend; die tragedie en verlies is rou vir elke nuwe gesin wat dit beleef. Meer as een seun of dogter verlaat die huis en beland op die verkeerde pad. Vir baie is daar 'n pa en 'n ma na wie hulle kan teruggaan; iemand wat sal sê: 'Jy is ons kind.' Vir talle ander is daar nie.

Maar vir almal is daar hulle hemelse Pa wat altyd in die pad afgehardloop sal kom om hulle terug te verwelkom.

Bloedband is gegrond op die draaiboek deur Japie Teunissen en Lida Meyer vir die Engelse film, Bond of Blood.
Publication date: 2015-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431614387

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 190
R 171You save R 19
Gebed is 'n kragtige wapen.

Dit lyk of Tony en Elizabeth Jordan alles het - 'n gerieflike huis en 'n pragtige dogter en loopbane wat blom, maar hulle is heeltyd aan die stry.

Elizabeth ontmoet Clara Williams met die hoop om nog 'n huis as eiendomsagent te verkoop. Elizabeth is egter geamuseerd en ongemaklik wanneer dié bejaarde weduwee vrae begin vra oor haar huwelik en geloof. Dan ontdek Elizabeth Clara se geheime gebedskamer - 'n plek waar sy op haar knieë baklei met die kragtigste wapen ...

Soos die spanning by hulle huis toeneem, besef Elizabeth haar gesin is die moeite werd om voor te veg en dat sy nie hierdie stryd op haar eie kan wen nie. Om in blinde geloof tot God te bly bid vir haar gesin en hulle toekoms, is die enigste uitweg.

Die oorlogskamer is gebaseer op die fliek War Room deur Alex en Stephen Kendrick (die twee vervaardigers van die topverkoper-flieks Fireproof en Courageous). Hierdie roman bevat ook besprekings-vrae en kleurfoto's uit die fliek.

Ook beskikbaar in Engels onder die titel War Room

Oor die Outeur

Chris Fabry is 'n bekroonde skrywer en radiopersoonlikheid. Chris se romans het gesorg vir drie Christy Awards, 'n ECPA Christian Book Award en Christianity Today se Book Award of Merit. Hy het in 1982 gegradueer aan W. Page Pitt School of Journalism by Marshall University. Chris kom oorspronklik van Wes-Virginië en bly nou saam met sy vrou, Andrea, in Arizona. Hulle het nege kinders.
Publication date: 2015-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319692

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 220
R 198You save R 22
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.
Publication date: 2016-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319968

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207You save R 23
Boek 9.
Rivkah is weer swanger. Terwyl die terreuraanvalle toeneem, wonder beide Marc en Rivkah: Is hierdie die tyd en die plek om nog 'n kind in die wêreld te bring? Dit raak net gevaarliker in Jerusalem se strate. Soos die geboortepyne van sy ma begin, vind Yoshi egter troos in Yeshua se woorde dat sy terugkoms ook soos 'n geboorte gaan wees en dit sal beteken dat die tyd naby is vir Hom om weer Hanukkah shel David op te rig.
Publication date: 2016-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319661

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 210
R 189You save R 21
Hanna is kinderloos. Haar man moet seuns hê om sy priesterlike pligte as Leviet voor die Here na te kom, en ná nege jaar trou Elkana weer. Peninna skenk die lewe aan die een kind ná die ander. Maar Hanna sukkel met Peninna se teenwoordigheid. Hierdie aangrypende verhaal spreek tot elke vrou. Sal Hanna kan vrede maak, met haarself en met Peninna? Sal sy guns kan vind in die oë van God sodat Hy haar lamp weer aansteek en die donker verdryf?
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432205706

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 119
R 107You save R 12
Wanneer vriendinne begin saam bid oor pyn, hoop en tweede kanse
Die vroue van Kosmoslaan kom eenkeer 'n maand bymekaar om te brei en oor koeitjies en kalfies te gesels. Later word hierdie breigroep hulle toevlug en hulle gooi die maskers een vir een af. Hulle begin saam bid en deel in mekaar se hoop en drome, teleurstellings en vreugde.
Publication date: 2016-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796319722

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 245
R 221You save R 24
Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van 'n boervrou op 'n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom.
Publication date: 2017-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781868298419

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 70
R 63You save R 7
Daar word vyf vroue in Jesus se geslagsregister geÂ-noem. Oosterse vroue wat in antieke tye geleef het, en tog kan ons hulle verhale toepas op ons eie lewe en die moeilike kwessies waarvoor ons te staan kom. Hierdie vroue was nie perfek nie, maar God het hulle steeds in sy oneindige genade gebruik in sy perfekte plan om die Christus in die lewe te bring; die Verlosser van die wêÂ-reld. Die laaste van die vroue wat in die geslagsregister genoem word, is Maria.
Maria was 'n vrou van gehoorsaamheid. Haar reÂ-putasie was op die spel, maar sy het steeds gekies om die wil van God te gehoorsaam. Toe God praat, het Maria eenvoudig in gehoorsaamheid gereageer. Hierdie nederige meisie sou die langverwagte MesÂ-sias in die wêreld bring. Sy het nie geweet die grootÂ-maak van 'n perfekte seun sal haar hart breek en haar wêreld vir altyd verander nie.
Publication date: 2017-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431616596

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
R 135You save R 15
Voordat Christus haar aangespreek het as 'my dogter', voor sy genesing gesteel het deur aan die punt van sy kleed te raak, was sy 'n vrou met 'n hart wat gebloei het ...
Elianna word as jong meisie verteer deur skuldgevoelens. Haar enigste boetie sterf terwyl sý na hom moes kyk. Sy probeer vergifnis verdien deur haar werk in haar pa se materiaal-besigheid en deur vir die gesin te sorg. Ná nog 'n tragedie is Elianna in beheer van die besigheid en haar taÂ-lent as ontwerper bring groot sukses, maar nooit die vrede waarna sy hunker nie. Wanneer haar wêreld aan skerwe spat, verbreek sy haar verlowing aan die enigste man wat sy ooit sal liefhê. Dan kom die hartverskeurende siekte wat haar isoleer en alles wat sy oorgehad het van haar af wegÂ-vat.
In Tessa Afshar se 'n Nuwe môre lyk dit vir Elianna of daar geen einde aan haar lyding is nie. Dan hoor sy van die Man wat deur blote aanraking genesing kan bring. Is dit moontlik vir een Man om ná soveel jare van lyding en teÂ-leurstelling die wonde van die liggaam én die siel te genees?
Publication date: 2017-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.