●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796323446

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 320
R 256You save R 64
Twee topverkoper inspirerende romans in een omnibus!
*Ter wille van Talita Die Van den Heevers hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan 'n Kersspel deelneem nie.
*Haar ma se kind Dania Pietersen is Dora en Jonnie se susterskind wat by hulle bly. Sy is 'n modelkind en volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie - sy is haar ma se kind.
Publication date: 2024-04-30
Add to basket
Please note the publication date - dispatch as soon as the book is published
Click to enlarge
Click to enlarge

4

9781779880062

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 290
R 232You save R 58
**Beperkte getekende eksemplare beskikbaar**
Dis twee jaar ná 'n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan. 'n Knorrige man met 'n fyn meisiekind en 'n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor 'n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik? Ida voel en lyk soos 'n ou en halwe vrou na 'n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na 'n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos 'n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter 'n onverwagse band met 'n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander. Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
Publication date: 2024-01-16
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796323163

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 240
Berdine Human is terug in die Karoo en die verhoudings wat sy jare lank verwaarloos het, is aan die herstel.
Haar Ouma Bertha se nalatenskap van diensbaarheid en naasteliefde staan vir haar voorop en haar droom om 'n kliniek en skuiling te help oprig om die Karoomense te dien, gaan nie om eie eer nie.
Ten spyte van haar nuutgevonde geloof is daar soveel struikelblokke om te oorkom dat sy wonder of sy dit sal regkry.
Die pakkie briewe uit Italië wat sy tussen haar ouma se goed kry, bevestig haar vrese dat daar wel goeie drome is wat tot niks kan kom nie.
Wanneer 'n gru-ongeluk Berdine se wêreld onderstebo keer, wag daar nog 'n moeilike keuse.

Met 'Die Skuiling' sit Helena Hugo die verhaal van 'Die lewe wat ek jou gegee het' en sy geliefde Karoomense uitmintend voort.
Publication date: 2023-09-29
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637003599

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 310
Patriarg Tjaart van der Walt se verlede haal sy kleindogters in ná sy dood toe 'n gas onverwags by sy kleindogter, Lenore van der Walt, se bruilof opdaag. Die bewaringstatus van Bateleur Reservaat en Khulula Renosterskuiling word daardeur bedreig. Die gas wil met 'n mynbaas saamspan om 'n steenkoolmyn in die Laeveld te vestig. Sikloon Dineo tref die reservaat langs die Mosambiek-grens en derduisende klimaatvlugtelinge word blootgestel aan mensehandel en ontvoerings. Die toenemende stel van slagysters vir bosslaghuisvleis lei ook tot ernstige vergrype teen diere. Die drie Van der Walt-niggies - Lenore, Tarien en Bella - word meegesleur
in die gety van ontheemding en dierevergrype. Ook op geestelike vlak is daar 'n vervreemding tussen die niggies en hul Skepper wanneer seer uit die verlede hul inhaal en hul binne-vrede moet vind om weer tuis by God te voel. Romanse en nuwe vriendskappe te midde van natuurrampe en aanvalle deur insypelaars word 'n toevlug toe 'n bonkige huursoldaat en die Olifantbekoorder van die Laeveld tot die niggies se lewens toetree.

Wanneer skaduwees kantel word voorafgegaan deur die topverkoper Stil vloei die Komati waar temas soos renosterstroping en mensehandel aangespreek word.
Publication date: 2023-08-31
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000741

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 270
'Gelukkig is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien' - Matt 5:8
Grietjie kniel langs haar bed met die gestreepte grys deken. Netso op haar knieё lees sy die Bybel. Dan bid sy. “Ag, Here, dra my deur hierdie dag. Help my. Sit 'n wag voor my mond, maak elke woord uit my mond sag en soet.”

Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van 'n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar, asook haar innige liefde vir haar kinders, Lienkie en Heinie.
Wanneer haar seun deur 'n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op 'n beter lewe.

Grietjie se geloof word egter getoets wanneer 'n tragedie die gesin tref. “Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”

Die sentrale temas in hierdie boek is verhoudings tussen ouers en kinders, verhoudings tussen werkgewers en werknemers, en 'n verhouding met God wanneer dinge nie goed gaan nie.

Hierdie bedrieglik eenvoudige verhaal sal lank in die leser se hart vertoef. Bettina kry dit reg om 'n roman te skryf oor dinge wat elke dag met baie mense gebeur, maar tog die leser op so 'n wyse vasvang dat die karakters byna tasbaar word in hul menslikheid. Bettina se debuutroman, Troos vir die gebrokenes, is in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon.
Publication date: 2023-07-27
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000765

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
Verbly julle in die hoop is die tweede boek in die drieluik met die temas geloof, hoop en liefde wat verbeeld word deur die lewensverhaal van Andreas Beyers. Ons eerste ontmoeting met 'n jong Andreas is in Geloof soos 'n mosterdsaadjie, en hier vind ons hom waar hy terug delf in die verlede.
Dit is Vrydag 20 Maart 2020: Die huis waar Andreas die afgelope vyf jaar gewoon het, is opgepak. Die volgende dag vertrek hy saam met sy kinders na 'n aftreeoord in die Strand waar hy die laaste jare van sy lewe sal slyt. Hoewel Covid-19 inperkings aan die orde van die dag is, weet die meeste SuidAfrikaners, asook Andreas en die ander mense op die plattelandse dorpie glad nie wat op hulle wag nie. Verbly julle in die hoop sal harte aanraak en twyfelaars nuwe moed gee. Jesus se volgelinge hoop nie omdat hulle wens dat dit eendag beter met hulle sal gaan nie; hulle leef in blydskap omdat hul wense reeds vervul is. Dit moes Andreas Beyers eers leer voordat hy blywende geluk kon vind.

Hierdie is die tweede verhaal in die geloof, hoop en liefde reeks van die immergewilde skrywer, Helena Hugo, en die opvolg op die topverkoper, Geloof soos 'n mosterdsaadjie.
Publication date: 2023-05-30
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796323262

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 290
Twee gewilde Weskus-romans in een. Haar naam is Ragel: Die verhaal van 'n jong ma wat haar seuntjie se dood moet leer verwerk. Sy ontmoet 'n ma wat net soos sy nie kan ophou treur nie. Saam leer die twee vroue geleidelik wat die sin van lyding is en hoe God in Jesus kan troos. Marta: Terwyl die 17-jarige Marta se pa in haar arms sterf, vra hy haar om na haar ma om te sien. Haar geloof verval in roetinewerk, en sy neem haar kort-kort voor om haar lewe beter in te rig, maar dit gebeur nie.
Publication date: 2023-04-18
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780637000796

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
In die stad Magdala, aan die oewers van die See van Galilea, woon 'n hegte gesin wat gerugte hoor van 'n nuwe profeet. Die Israeliete word toenemend deur die Romeine onderdruk en hulle dorpe en stede is onder beleg. Onskuldiges sterf en die Jode raak al hoe meer opstandig. Gerugte begin die rondte doen van 'n nuwe leier wat die volk gaan verlos van die Romeinse juk. Wie is hierdie nuwe profeet van wie almal praat? Die Jode in Magdala gaan hulle gang te midde van al hierdie onrustigheid. Ook húlle is bewus van die gerugte van 'n nuwe profeet en verlosser. Op soek na die waarheid, onderneem die vader van hierdie gesin en sy oudste seun 'n pelgrimstog na die Tempel in Jerusalem. Hierdie besluit hou egter verreikende gevolge vir die gesin in en hulle lewens word onherroeplik verander deur die onvoorsiene gebeure in Jerusalem …

Die verhaal is fiksie losweg gebaseer op gebeurtenisse in die Bybel met spesifiek Lukas 13:1 as uitgangspunt, naamlik die moord op die Galileërs en die nagevolge daarvan op die lede van 'n gewone hardwerkende gesin woonagtig in Magdala naby die See van Galilea.
Publication date: 2023-03-30
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796323002

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
Kanaän ​is die verhaal van twaalf families wat na 'n woestyntrek op die drumpel van hulle bestemming huiwer. Lê die land wat aan hulle belowe is dan nie oorkant hierdie laaste rivier nie? Dit is die aangrypende verhaal van die universele verlange na 'n ander lewe. Van die bykans onnaspeurbare onderskeid tussen geloof, bygeloof en brutale ongeloof. Dit word vertel deur die oë van Itamar, die onwillige hoëpriester, Ragab die prostituut en Josua die leier wat altyd wag op die Wolk.
Publication date: 2023-02-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351510

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 290
'Dawid Uys, 'n jong dominee op die platteland, word gekonfronteer met vrae oor sy herkoms en ook sy geloof wanneer daar skielik geleenthede en uitdagings oor sy pad kom. Hy kom ook te staan voor moeilike keuses
wanneer hy 'n onverwagse oproep van 'n prokureur kry en hoor dat hy Oom Boela se plaas, Aurora, geërf het. Dawid het Oom Boela skaars geken en nou kom die plaas nog met 'n klomp bepalings en voorwaardes. Die plaas en die kerk sorg vir eindelose struikelblokke en dan is daar nog Dawid se liefdeslewe ook. Hy moet konfrontasies op die kerkraad en ook moeilike plaaswerkers hanteer en intussen raak hy verlief op die buurman se
dogter. Daar is ook 'n nuwe intrekker op die dorp, 'n beeldskone enkelma met 'n misterieuse verlede. Aurora neem vir Dawid en die leser op 'n geestelike reis soos min en die uiteinde van die verhaal is amper so onvoorspelbaar soos die lewe self.
Aurora is 'n eietydse roman, oor gewone mense in gewone situasies. Belangrike temas soos menswees, geestelike groei en geloof word aangespreek.'
Publication date: 2023-01-24
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322647

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 245
Berdine se ma en ouma kom tot die gevolgtrekking dat hulle hul eie drome deur Berdine wou uitleef. Berdine word groot met die idee dat sy gebore is om ander tevrede te stel. Ná jare se manipulering in 'n verhouding besef Berdine dat dit nie is wat sy wil hê nie. Haar ma en ouma werk saam om Berdine terug te lok na haar herkoms. Daar wag 'n vreugdevolle weersiens maar ook moeilike keuses. Berdine kry helderheid nadat haar ouma haar die waarheid oor haar grootouma en dié se niggie Emma vertel.
Publication date: 2022-10-20
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351473

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
**Beperkte getekende eksemplare beskikbaar**
Dis die simboliek van die kosmosblom wat Ellie Brink laat besluit het sy wil in dié laan bly en haar kinders hier grootmaak: joy in love and life. Sy is nogal behep met blomme en kinders en toe sy dié beskrywing van die kosmosblom lees, het sy geweet dis háár laan.
Die vroue van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue. Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in 'n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is 'n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem 'n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek. Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer 'n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word 'n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het. Dit is geskryf deur top-skrywer en ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler. Die vroue van Kosmoslaan het voorheen onder dieselfde titel in 2016 verskyn.
Publication date: 2022-08-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776342983

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 199
Wanneer die agtienjarige Tommy Baxter vir sy familie sê dat hy 'n polisiebeampte wil word, wil sy ma, Reagan, niks daarvan weet nie. Sy rou immers steeds oor haar pa wat op 9/11 dood is, en met burgerlike onrus in die strate, is Reagan vasbeslote om haar seun uit gevaar uit te hou. Maar konflik ontstaan wanneer Tommy se pa, Luke, Tommy se besluit ondersteun. Intussen is Tommy vir die eerste keer verlief. Sy liefdevolle verhouding met Annalee Miller is amper te goed om waar te wees. Tommy begin al dink aan eendag wanneer hy haar sal vra om met hom te trou. Maar Annalee voel nie goed nie en mediese toetse onthul die ondenkbare. Terwyl sy meisie met die stryd van haar lewe begin, kom geheime aan die lig wat Tommy se wêreld skud, en hy raak vasbeslote om sy toekoms te wy aan die bekamping van misdaad en die beveiliging van sy gemeenskap. Of probeer hy net vergoed vir die stryd wat hy nie kan wen nie - die een wat Annalee in die gesig staar? Hierdie roman wys ons dat, onder die donker wolk van groot verlies, die enigste manier om waarlik te leef met passie is, met jou hele hart.
Publication date: 2022-05-01
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322623

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 245
Wanneer Rut se skoonmoeder Naomi wil teruggaan na Bethlehem waar sy vandaan kom, volg Rut haar. In Bethlehem vind Naomi haar ou woonhuis en grond beset deur Boas en sy moeder Ragab. Tog is dit juis Ragab se skarlakenverlede wat haar empatie met almal gee. Hier triomfeer een van die mooiste Bybelse liefdesverhale, dié van Rut en Boas. Barend Vos herskep dit met eietydse dialoog en 'n sensitiwiteit wat van hierdie Bybelse figure onthoubare individue met hulle deugde én ondeugde maak.
Publication date: 2022-03-10
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351299

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 310
Geloof soos 'n mosterdsaadjie is die eerste van 'n drieluik wat die boeiende verhaal van Andreas Beyers en Estie Wolmarans vertel. Die temas is geloof, hoop en liefde. Die drieluik skop af in Andreas se kinderjare, waar 'n tragedie sy lewe onherroeplik verander en hy gewikkel raak in die stryd en konflik tussen goed en kwaad. Hierdie eerste boek fokus op geloof en die stryd om die lewe te aanvaar as mens met die dood gekonfronteer word.

Andreas dink as afgetrede predikant terug aan sy lewe - dit is soos om 'n boek te lees waarvan daar bladsye uitgeskeur is. Hy onthou party hoofstukke so helder soos vandag, ander so vaag soos drome. Stories oor sy kleintyd, dié kom van oral af - van sy ma en pa, Safira, ander grootmense en sy boetie, Stephan. Hierdie stories neem hy met 'n knippie sout, glo hy ter wille van die vertellers. Hy is oor die algemeen inskiklik van geaardheid, iemand wat sy kleinkinders 'n people pleaser sou noem. Wat van Afrikaans gaan word, weet hy nie.
Hy en Stephan, het in 'n pastorie grootgeword. Dis ook waar Andreas veronderstel was om die eerste lewenslig te aanskou, op die dubbelbed in die hoofslaapkamer waar hy, soos hy dit later uitgewerk het, waarskynlik ook verwek is. Suster Lenie Joubert, die gemeente se vroedvrou en hul huisdokter, dokter Morrie Jacobs, sou Louisa kom bystaan. Dit sou 'n tuisgeboorte wees, 'n private aangeleentheid in die veiligheid van haar eie huis.
Van kleintyd af word Andreas nie net geestelik getoets nie, maar ook fisiek. Sy eie behoeftes en begeertes kry soms die oorhand. Byna te laat besef hy dat hy op ander dinge as geloof gereken het. Eers dan leer hy om hom geheel en al te onderwerp aan die wil van die Here. Geloof soos 'n mosterdsaadjie, sê Jesus, is al wat jy nodig het.
Publication date: 2022-03-03
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.