●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415341940

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 180
R 144You save R 36
Van ongenooi na ingenooi is werklikheidsfiksie gebaseer op die ware verhaal van trauma en verlies en uiteindelike aanvaarding in die lewe van 'n jong vrou en haar gesin. Dit is ook die verhaal van ware vriendskap. Ná 'n besoek aan 'n chirurg word ulseratiewe kolitis by Tanja gediagnoseer en sy moet hoor dat dit reeds haar rektum en kolon aangetas het. Die dokter hanteer egter nie die saak as spoedeisend nie, verseker haar dat sy maar kan gaan vakansie hou. Die uiteinde is katastrofies. Tanja se kolon perforeer en sy sterf byna aan inwendige bloeding. Tientalle besoeke aan die hospitaal volg en sy moet vir die res van haar lewe met 'n stomasak saamleef. Ná haar ontslag besef en ondervind sy watter letsels die ongenooide siekte, trauma en aanhegsel aan haar liggaam en emosies laat. Van ongenooi na ingenooi is 'n boek vir:

• Vroue op die eensame reis wat in Noodgevalle of 'n onkologiekliniek begin het, waarna jy met jouself, God en jou medemens moet gaan saamleef
• Dié wat al deur groot trauma moes gaan, asook hul gesin en veral vir hul lewensmaat.
• Lesers wat hulle in 'n “nuwe normaal”bevind - in 'n liggaam wat waarskynlik nooit weer soos vroeër sal lyk of wees nie
• Die lewensmaats van vroue soos Tanja, asook die familie en vriende van ernstig siek mense

In Van ongenooi na ingenooi word hoop, innerlike genesing en die onfeilbare trou van die Drie-enige God verwoord. In hierdie ware liefdesverhaal reis jy saam van ongenooi na ingenooi.
Publication date: 2020-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322456

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 220
R 198You save R 22
Kan jy jou rug op jou verlede draai, jou foute vergeet en nuut begin? Of leef jy vir die res van jou lewe onder die wolk van verhoudings wat skeefgeloop het en verbintenisse wat jy nie kan verbreek nie? Die gevolge van verkeerde keuses is vernederend en vernietigend. Dit slaan jou tot jy omval. Maar God is 'n God van tweede kanse; Hy help jou op en stuur jou na die plek waar jy eens gelukkig was, na mense wat jou onvoorwaardelik liefhet.
Publication date: 2020-08-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605111

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 150
R 135You save R 15
Die noodlot het ander planne vir die twee van hulle ... Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd 'n meisie aan die arm. Die lewe is 'n lied. Tot die dag wat sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is die intense skuldgevoel, die woede. Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede. Drie jaar later speel hy vir die Springbokke. Wanneer hy op die krukkelys beland weens 'n besering vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van 'n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. En Evan weet: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie. Teen die agtergrond van die werklike gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes, word Christenskap en liefde tussen jong mense pragtig verbeeld.
Publication date: 2020-07-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322159

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe.
Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op:
Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind?
Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie?
Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat?
Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme?
Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan.
Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal?
Publication date: 2020-07-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321695

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 240
R 216You save R 24
Boek 11.
Marc se ou kunsdosent Simon kom kuier en hulle wys die hele land vir hom. Ma se Mara en haar oppasser Anna kom kuier in Jerusalem en Mara begin al meer haar Joodse afkoms verwelkom. Dit is Yoshi se bar mitzvah?
Die dae is vir die Kriges soms donker, maar soms ook wondermooi. Shir-HaShirim - 'n hooglied? Dikwels nie. Tog is daar altyd 'n lied om te sing. Die hooglied van Israel is die elfde boek in die reeks.
Publication date: 2020-06-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340981

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 200
R 89You save R 111
Twee weke is 'n hartroerende verhaal oor liefde, geloof en wat dit werklik beteken om 'n gesin te wees

Cole Blake staan op die punt om universiteit toe te gaan en die eerste treë na sy droom te neem. Maar toe hy sy finale semester in hoërskool begin, ontmoet hy vir Elise, 'n geheimsinnige nuwe meisie wat sy aandag en hart met die eerste oogopslag vasvang. Elise is daarop ingestel om van haar wilde weë agter te laat en weer die goeie meisie te wees wat sy eens was.

Nie lank ná die semester begin het nie, sy ontdek sy sy is swanger. Agtien en alleen, besluit sy om haar geheim met Cole te deel. Cole wat nie afgeskrik word deur die nuus nie en wat vir die eerste keer in sy lewe verlief is, is vasbeslote om Elise te ondersteun. Selfs al beteken dit dat hy universiteit moet misloop, met haar trou en 'n ander man se kind moet grootmaak.

Wanneer Elise besluit om haar baba te laat aanneem, word sy in verbinding gebring met Aaron en Lucy Williams wat na Bloomington, Indiana, getrek het om sewe pynlike jare van onvrugbaarheid te ontsnap. Met Cole wat oor haar waghou en Aaron en Lucy wat angstig wag om hul nuwe baba te verwelkom, neem Elise 'n onverwagte besluit - een wat almal se planne verander. Twee weke is 'n hartroerende verhaal wat wys hoe vinnig dinge in 'n tydperk van twee weke kan verander, maar bowenal oor liefde, geloof en wat dit werklik beteken om 'n gesin te wees.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431622894

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 220
R 198You save R 22
'n Aangrypende verhaal van 'n soeke na aanvaarding en liefde
Sewe jaar gelede is Moriyah in Jerigo gevange geneem en met die merk van die Kanaänitiese gode gebrandmerk. En slegs nadat die Israeliete uiteindelik vrede in hulle land ervaar, sukkel Moriyah nog om haar eie vrede te vind. As gevolg van die skandmerk op haar gesig, kruip sy agter haar sluier weg. Die mense in die dorp behandel haar met veragting en daar is geen voooruitsigte vir 'n huwelik nie ..... of is daar?

Wanneer haar pa 'n wewenaar vind wat 'n ma vir sy twee seuns wil hê, is daar nuwe hoop vir Moriyah en sy hoop haar liefde vir kook sal die wewenaar en sy seuns beïndruk. Maar wanneer dinge vreeslik skeefloop, moet Moriyah vlug vir haar lewe. Sy gaan soek skuiling in een van die nuwe Levitiese asielstede, maar sy is glad nie voorbereid op die gevare en vyande - en onverwagte bondgenote - wat sy langs die pad teëkom nie.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431621002

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 255
R 230You save R 25
Twee vroue soek na antwoorde op vrae uit hulle verlede, maar sal hulle gereed wees vir die ontdekking wat hulle maak.

Ná die verbreking van haar verlowing met die welgestelde William ontvlug Anna na die Ottawa-hotel in Holland, Michigan. Sy het soveel vrae oor haar nuwe geloof, maar word ook voortdurend geteister deur 'n nagmerrie. Derk vander Veen, 'n vakansiewerker wat beplan om 'n leraar te word, beur haar op met sy innemende geaardheid.

Op versoek van haar seun begin Geesje de Jonge deur haar herinneringe sif oor haar reis vanaf Nederland na die dorpie Holland langs die Michiganmeer. Terwyl sy haar verhaal vir die dorpie se halfeeufeesviering skryf, word dit 'n persoonlike reis waarin sy haar stryd, verwyte, terugslae en vreugdes herleef. Derk word meegevoer deur haar storie en sien terselfdertyd die ooreenkomste tussen Geesje en Anna waarna hy 'n ontmoeting tussen dié twee reël.

Verlede en hede ontmoet, maar nie Anna of Geesje verwag die antwoorde wat onthul gaan word in Die pad terug huis toe nie.
Publication date: 2019-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321978

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Granate bloei in Jerusalem
Hatikvah

Granate bloei in Jerusalem: Marc, 'n sensitiewe jong Suid-Afrikaanse kunstenaar, gaan na Jerusalem om sy Joodse ouma, Ruwth, te ontmoet en sy eie Joodse wortels na te speur. Hy vind so sterk aanklank by die Joodse geloof dat hy verstrengel raak in 'n geloofstryd - bestaan Jesus regtig? Te midde van geweld en selfmoord-bomaanvalle kry hy Rivkah, die dapper Jodin, lief. Terug in Suid-Afrika moet hy die chaos in sy hart probeer orden: Is hy Christen of Jood? Suid-Afrikaner of Israeli? Sien hy kans om sy aan sy met geweld en onrus in Israel te leef - al is dit saam met Rivkah? Is daar vir hulle (met hul uiteenlopende kulturele, politieke en godsdienstige agtergrond) 'n toekoms saam? En wie is Yeshua (Jesus)? Bestaan Hy werklik?

Hatikvah: Rivkah hoor sy is swanger. Terwyl sy worstel oor die ongebore kind se opvoeding, kyk Marc deur kunstenaarsoë na kinders rondom hom. Kort daarna verloor sy die ongebore baba in 'n miskraam. Onbeantwoorde vrae tussen Marc en Rivkah lei tot huwelikspanning tussen hulle twee. Sal Rivkah weer kans sien om swanger te word en in die Land van Hoop saam met Marc hoop vir die toekoms vind?
Publication date: 2019-09-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620795944

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Dis Paasgebeure nuur aangebied uit die Paasgebeure soos ons dit in die Bybel lees.
Die hele Paasverhaal word saamgevat en uitmekaargehaal tot een groot gehee!
Jopie het die verhaal soos ons dit in die Evangelie lees chronologird laat saamloop terwyl hy die karakters waarvan ons soms net met ;n naaam van kennis neem, laat opstaan en lewe het.
Simon die Malaatse se verontwaardiging omdat sy belangrikheid nie in ag geneem word nie, Judas iskariot se moeder se naakte rou oor haar seun se verraad en selfdood, Annas se stryd met die Jesus-Waarheid en Pontius Pilatus se vrou se invloed is van die mense wat ons eerstehands leer ken.
Publication date: 2019-09-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321510

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 240
R 216You save R 24
In Sirië vrees Ilizabith elke dag vir haar lewe, die man wat haar sy vrou gemaak het is boos. In Libanon probeer Pascale haar roeping uitleef, maar sal haar ouers dit insien? Hoewel hulle in dieselfde skool is in Pretoria verskil Talitha en Yasmine se wêrelde hemelsbreed. Talitha probeer vreesloos veg vir wat reg is en Yasmine probeer oorleef. Deur 'n Goddelike saamloop kruis Ilizabith, Pascale en Talitha en Yasmine se paaie, en elkeen moet besluit of hulle gehoorsaam sal wees aan God.
Publication date: 2019-09-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321428

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 210
R 189You save R 21
Soos papierblomme in die wind, so het haar lewe verwaai. Sal sy dit regkry om die flentertjies weer op te tel? Daar is net een uitweg…

Janine was sewe jaar oud toe haar ouers dood is en sy die deur tussen haar en Jesus toegemaak het. Net sy het dit geweet, want sy was 'n soet kind, oupa Koen en ouma Leen se trots.

Die seer in haar was haar eie en sy wou nie bejammer word nie, sy het haar skoolwerk gedoen en presteer, maats gekies wat haar grootouers goedgekeur het, maar wat saam met haar langs die rand van die afgrond geloop het.

Sy wou groot wees en wegkom van die klein dorpie waar almal mekaar geken het en baie van die oumense, ook die wat sy bewonder het, met hul eie mislukkings geworstel het.

Haar kans het gekom toe Greg Walker die Engelsklas by mister Barlow-Jones oorneem. Met drome in haar oë en haar bruidsruiker in haar hande is sy Londen toe waar sy groter hartseer leer ken, maar ook die grootste ontdekking van haar lewe gemaak het.
Publication date: 2019-08-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9781431623310

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 250
R 225You save R 25
Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van 'n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om 'n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan ontmoet hy 'n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worste...
Die oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal kombineer geloof, 'n bietjie humor en tonne passie en laat jou met een vraag: Wat laat jy toe om jou identiteit te bepaal?
Publication date: 2019-07-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321664

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 230
R 207You save R 23
Ses vroue van verskillende agtergronde beland saam op 'n plaas in die Sederberge. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om 'n groter krisis op te los. 'n Aksiebelaaide roman  'n Christelike agtergrond oor 'n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel.
Publication date: 2019-06-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415340660

Fiksie: Christelik

Fiksie  -  Christelik
R 300
R 129You save R 171
Want liefde maak lig
Liefde weeg die swaarste
Liefde maak heel

Want liefde maak lig is die boeiende verhaal van die 35-jarige Isabelle Karsten wat met 'n swak selfbeeld worstel weens haar gewig. Sy is die persoonlike assistent van senior advokaat Johann Steyl. Toe sy seun, Johann junior, uit Amerika terugkeer, bedank sy en kry 'n ander pos by 'n kerk. Daar ontmoet sy die jeug predikant, Adam Wiese, wat haar begin uitneem. Sy wend ook 'n daadwerklike poging aan om gewig te verloor deur vir 'n paar maande by 'n spa in te boek.

In Liefde weeg die swaarste is Isa baie verlief op die jong predikant Adam. Tog twyfel sy oor hom. Uit nood begin sy bid, maar besef dat haar geloofslewe te kort skiet. Isa ondergaan 'n metamorfose, maar moet stry met haar ou gevoelens vir Johann Steyl, wat intussen by haar begin aanlê het.

In Liefde maak heel leer Isa dat sy net bevry kan word as sy God se geskenk vir die mensdom na waarde ag toe Hy besluit het om sy Seun vir haar sondes te gee. Kos was altyd haar pynstiller en vandat sy dit nie meer het nie, gryp sy na ander verdowingsmiddels soos inkopies en dobbel. In die proses lei sy 'n dubbele lewe. Gaan Isa haar diepste seer bly wegsteek of die moeilike proses aanpak om jare lange verwerping te verwerk?
Publication date: 2019-05-29

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.