Discount only on online purchases
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395273

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Kan jy liefde in die verkeer vind? Lara ontmoet iemand op die vreemdste manier denkbaar: in die verkeer, op pad werk toe. Sy is egter oortuig dat dit 'n mal man is wat uit een of ander gestig ontsnap het -watter tipe mens wat ál sy varkies op hok het, sal 'n vreemdeling in die verkeer sien en oortuig wees dat hy doodeenvoudig net met die meisie móét praat? Toe sy hom baie deeglik laat verstaan dat sy nie saam met 'n versteurde man eers sal gaan koffie drink nie, daag hy by haar werk op en dring daarop aan om sáam met haar te werk. Die aanbod is te goed om van die hand te wys, maar Lara maak dit baie duidelik dat dit uitsluitlik 'n professionele verhouding sal wees. Net een kans ondersoek hoe afwesige ouers 'n volwassene se siening van liefde beïnvloed. Lara se pa verlaat haar en haar ma wanneer sy 'n baba is, en haar ma het konstant nuwe liefdes in haar lewe. Sy het dus 'n fobie vir verhoudings en vertrou nie baie maklik nie. Net een kans is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon romanses.
Publication date: 2019-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395242

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Ek sal niemand toelaat om my voete onder my uit te slaan nie Jana breek vir 'n rukkie weg Boskloof-gasteplaas toe, maar dit is nie om te gaan ontspan nie. Sy het 'n ouditeursondersoek wat sy hier moet kom doen. Wanneer sy haar op die eerste dag al woordeloos vind in die teenwoordigheid van die nutsman, wek dit onmiddellike opstand in haar oorversigtige hart. Gys toets haar uithouvermoë, maar sy weier volstrek om hierdie man met die deurdringende blou oë, moedswillige glimlag en gemaklike houding toe te laat om haar van haar doelgerigte lewenspaadjie af weg te lok. Boonop weet hy nie wie sy werklik is nie en meer nog, watter man soek dan nou 'n halwe vrou? Selfs al spat die vonke wanneer hulle soen. Vertroue in 'n verhouding en onvrugbaarheid is onderliggende temas in die verhaal. Haar hartsbegeerte en meer is die vyfde boek in Ciska se Hartebreker-reeks wat rondom Boskloof Wildsplaas en Lodge afspeel. Die lodge is suid van Windhoek in die Auasberge met sy baie Acacia-bome gesetel. Die reeks bestaan uit: Krummelpap in Parys; Vir 'n oomblik, vir altyd; Blomme vir Melissa en Ek vertrou jou (Mei 2019).
Publication date: 2019-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395211

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Hierdie man het meer as mediese sorg nodig en sy is van nature 'n versorger …
Suster Tessa Vermaak is gelukkig ... Wel, dinge kan seker beter wees. Haar kêrel is ietwat van 'n chauvinis, haar werk kan op die spel wees en haar hart klop darem té vinnig wanneer haar nuwe pasiënt - die verleidelike wildveearts, Herman Schoeman - na haar kyk. Herman word aangeval deur 'n groep moorddadige renosterstropers wat hom steeds jag, en die trauma van die aanval het skade gelos wat hy nie aan enigiemand, veral Tessa, wil erken nie. Hoe kan sy selfs droom om langs 'n man te slaap wie se nagmerries haar in gevaar kan stel? Wanneer Herman haar 'n werk aanbied as sy assistent besef sy gou dat om in die nabyheid van hierdie aantreklike vreemdeling te werk sy eie gevare inhou. As dokter Herman Schoeman haar hart breek sal nie hy óf sy dié tipe besering kan genees nie …

Lank, donker en verleidelik is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon romanses.
Publication date: 2019-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395181

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Wat as ʼn wildvreemdeling die man van haar drome is?
Gabrielle de Klerk gebruik die Kiss a Stranger-app om die laaste item op haar wenslysie vir haar matriekvakansie in Parys te verwesenlik. Die speletjie het ongeskrewe reëls: geen inligting mag uitgeruil word nie, en geen planne mag gemaak word om mekaar weer te sien nie. Net ʼn soen, en dan moet jy aanbeweeg. Maar kan Gabrielle verby die man van haar drome beweeg wanneer sy hom weer jare later raak loop, en boonop deur sy ouma gevra word om funksies vir hom te reël waar hy die room van die land se beskikbare jong dames kan ontmoet en onder hulle ʼn trouvrou vir hom soek?

Soen ʼn vreemdeling handel oor liefde in die digitale era en die moontlikheid om ware liefde te ontdek, al is dit deur die kuberruimte. Soms ontdek mens ook iemand onder vreemde omstandighede (die heldin word gevra deur die held se ouma om vir hom ʼn trouvrou te soek). Die romanse raak ook aan konsepte soos sosiale vrymoedigheid, depressie ná die verlies van ʼn lewenslange pasmaat en vooropgestelde idees oor rykdom.

Soen ʼn vreemdeling is gesogte skrywer Dina Botha se jongste romanse. Romanza is LAPA Uitgewers se romansereeks, wat vergelyk kan word met Mills & Boon en Harlequin-romanses.
Publication date: 2019-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395365

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 340
R 272You save R 68
Liefde vind 'n pad is 'n samestelling van vier van gewilde Elsa Winckler se vorige Romanzas Perfekte formule, Liefde sonder voorbehoud, Byvoordele gewaarborg en Brug na haar hart.
Perfekte formule:
Elena is pas aangestel as die laboratoriumanalis in 'n wynkelder. Ervaring het sy nie, maar sy moet gou leer want hier moet alles vinnig gebeur. Veral vir een man moet sy bontstaan: die onweerstaanbare, humeurige wynboer met die karamelbruin oë en verskeie gebreekte vroueharte op sy kerfstok.
Elena dans egter nie na sy pype nie en maak geen geheim daarvan dat sy nooit op 'n plaas sal aard nie. Buitendien sal dit nooit tussen hulle werk nie want hy verkies 'n meisie met ervaring, en Elena het nog nooit eens 'n vaste verhouding gehad nie.
En tog, ervaring op die gebied van die liefde kan blykbaar verbasend maklik opgedoen
word ...
Liefde sonder voorbehoud:
Selfs 'n internasionale model se hartsbegeerte word nie noodwendig vervul nie. Dit weet Lynette maar alte goed sedert hierdie man twee jaar gelede haar lewe ingestap het. Alles het so goed gelyk, tot sy weer New York toe moes gaan.
Wat help dit in elk geval? Hy glo nou eenmaal die lewe gaan vir haar oor haar voorkoms, die loopplank en publisiteit.
Van haar ander kant weet hy nie, dié kant wat vermurwe voor hawelose kinders en diere. En sy gaan hom dit nie vertel nie. Ook nie dat sy beplan om 'n wesie aan te neem nie. Hy voel immers nie op sy gemak oor die idee van kinders nie.
Byvoordele gewaarborg:
Lichen glo sy is 'n koue vrou, maar dan ontmoet sy vir Regard, wat haar bloed laat bruis en haar hartklop op loop jaag. Regard sien egter nie kans vir 'n langtermynverhouding nie, wel vir 'n vriendskap met byvoordele.
Wanneer Lichen vir Regard liefkry, weet sy, sy gaan hom verloor, want liefde is nie deel van hulle ooreenkoms nie. Dis juis daar waar die knoop lê, want Regard trap in sy eie strik en weet nie hoe om daaruit te kom nie.
Met alle misverstande uit die weg geruim, sluit hulle 'n nuwe ooreenkoms waarin 'n trouring, babas en vir ewig die gewaarborgde byvoordele is, want van wanneer af laat die liefde hom voorskryf?
Brug na haar hart:
Eva loop Henno ná vyf jaar onverwags raak en besef sy het hom nog geensins vergeet nie - ook nie die soen van destyds wat haar bestaan tot in sy wortels geruk het nie.
Hulle bring 'n onvergeetlike tydjie in die Tankwa Karoo deur, maar Eva weet daar sal nooit iets blywends tussen hulle kan wees nie, want Henno glo nie aan langtermynverhoudings nie en sy begeer 'n tradisionele sprokieshuwelik met al sy lief en leed.
Eva aanvaar die onvermydelike en gaan weer met Pieter uit. Dit is egter in Japan waar sy dit wat sy nie kon glo nie, voor haar oë sien en weet die brug na haar hart is nie 'n hersenskim nie.
Publication date: 2019-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395334

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 240
R 192You save R 48
Tydens ʼn lewensgevaarlike en avontuurlike ekspedisie na die Amasone-reënwoud word Frances se lewe in ʼn totaal nuwe rigting gestuur ...
Frances Wright, 'n botanis, en Riek Vanbrugh, ʼn herpetoloog aan die Universiteit Stellenbosch, gaan saam met 'n Britse argeoloog, John Mansfield, se ekspedisie na die Amasone-reënwoud in Peru. Saam met hulle gaan 'n antropoloog van Kaapstad Universiteit asook Jack Berry, avonturier en skrywer/fotograaf vir National Geographic. Vanaf Iquitos stuur hul borg, Carlos Carraldo, hulle per boot, kleiner rubberbote en te voet die reënwoud in. Die fauna en flora is uitsonderlik, en hulle word deur mens, dier en plant bedreig.
Dit blyk gou tot Frances, Riek en Jack se ontnugtering, dat die ekspedisie se vernaamste doel is om 'n legendariese goue beeld by die verlore stam van Huakan te gaan steel. Ná skrikwekkende avonture, nadat hulle verdwaal het en hulle portiers weggehardloop het, vind die groep wel vir Huakan. 'n Vorige ekspedisie deur 'n Spaanse argeoloog is ook deur Carraldo geborg en hulle tref die argeoloog daar aan. Jack sien ook die goue beeld wat Carraldo begeer. Niemand kom glo weer uit Huakan nie en hulle moet met die Spaanse argeoloog se hulp ontsnap.
Hulle kom ooreen om die bestaan van Huakan geheim te hou, en die ekspedisie word vir die woedende, teleurgestelde en agterdogtige Carraldo as 'n mislukking voorgehou, behalwe dat die Spaanse argeoloog kwansuis by inboorlinge gevind en gered is. Hulle vertel nie van die verlore stam en goue beeld nie, en vlug behoorlik uit Iquitos om van Carraldo af weg te kom.
Terwyl hulle in die reënwoud deur gevare geteister is, het elkeen gewys wat in hom of haar steek. Jack Berry, wat eers spottend skepties was oor Frances se vermoë om die reënwoud te trotseer, kry al meer respek vir haar en hulle liefde vir mekaar groei. Met sy hulp ontdek sy 'n seldsame orgidee.
Nadat hulle terug is by die huis en hulle paaie geskei het, dink sy hy is uit haar lewe en sy sukkel om weer by haar normale lewe aan te pas. Hy kom haar egter haal.
Publication date: 2019-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394757

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Die reuk van liefde Alles in Hansie Liebenberg se lewe loop gelyk skeef, maar sy gaan nie dat dit haar onderkry nie, al voel sy haar beskermengel laat haar in die steek. Sy besluit alle mans is nou taboe en sy gaan alleen en manloos haar onafhanklikheid aan haarself bewys. Toe sy per ongeluk die bruidsruiker van katjiepierings op ʼn troue vang, weier sy om waarheid te heg aan die ou bygeloof. Sy gaan ook nie dat ʼn soen, net daarna, van die ongelooflike sexy Luca van Rhyn haar van stryk bring nie. Ongelukkig is dit onmoontlik om Luca te vermy wanneer sy uitvind die woonstel waarin sy gaan bly, is in sy tuin. Hy is gedurig net ʼn hanetreetjie weg met sy sexy lippe, sy aanloklike lyf, sy onweerstaanbare magnetisme. Liefde ruik soos katjiepiering is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon se boeke.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394726

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Italië is hul Kupido! Isabel Villani staan op die punt om haar professoraat in rotskunsstudies te verwerf. Sy neem ʼn welverdiende breuk in Italië. Saam met haar vriendin gaan sy op ʼn kort toer deur Italië voor sy alleen agterbly om ʼn kort kursus in rotskuns by 'n universiteit in Rome aan te bied. Op die toer ontmoet sy vir Marco wat met sy diep stem en uitsonderlike oë haar verlei en dreig om haar fokus van haar werk en haarfyn beplande toekoms te steel. Ek, jy en Rome is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon se boeke.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394696

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
'n Geliefde uit Italië Lisa se ma was 'n Suid-Afrikaner en al het sy by haar pa in Italië grootgeword, droom sy om haar ma se familie te ontmoet. Ten spyte van haar tante se waarskuwings, vlieg sy halsoorkop na Suid-Afrika om haar langverlore familie op te soek. Op Goedgevond vind sy egter uit dat alles nie is soos sy haar voorgestel het nie. Haar ma se jonger, aangenome broer, Werner, wantrou haar en glo sy is agter erfgoed aan. Al Lisa se pogings om hom van die teendeel te oortuig, misluk. Maar hy het nie rekening gehou met haar vurige Italiaanse humeur nie, so maklik laat sy haar nie verwilder nie. Liefde uit Italië is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon se boeke.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394665

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Van Kroasië na Kaapstad!
Alexandria Muller is 'n tandarts én 'n skrywer; opsoek na haar eie liefdesverhaal in asemrowende Kroasië. Hier ontmoet sy die sjarmante mede-tandarts, Christiaan Beukes, in 'n kafee en hulle is onmiddellik aangetrokke tot mekaar. Dit is in die prentjiemooi Dubrovnik waar hul liefdesverhaal begin.
Christiaan is ongetwyfeld aangetrokke tot Alex, maar haar geslepe eks, Basjan, is ook! Hulle knyp hier en daar alleentyd af met die Kroatiese see as agtergrond en albei besef hoe vinnig die liefde kan blom met die natuurskoon en passie as aanhitser. Maar hoe maak hulle as hulle uiteindelik moet terugkeer na realiteit?
Om dinge verder te kompliseer het Christiaan se pa Alzheimer's, en wanneer Christiaan Kroasië verlaat weet Alex daar is 'n kans dat sy hom nooit weer gaan sien nie …

Genoeg vir my is deel van LAPA Uitgewers se liefdesverhaalreeks, Romanza. Dit kan vergelyk word met Harlequin en Mills & Boon se boeke.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394597

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 160
R 128You save R 32
Geluk maak jou mooier … Agt novelles met sprokiesmooi-eindes om te help! Roekelose harte - Marilinda Murray Adele is op vakansie om van haar eks te vergeet, nie 'n plaasvervanger vir hom te kry nie. Maar een kyk in Lance se broeiende blou oë en haar hart vat vlam. Toe-oë afspraak - Madelie Human Die skrywer JJ Jooste se suster stel vir hom 'n assistent sonder sy medewete aan. Eers wil hy niks van dié afspraak weet nie, maar Martinet mag dalk net die vrou van sy drome wees. Legkaart van die hart - Ildé Grové Helene moet Lientjie Swart word vir haar eie veiligheid. Sy moet haar familie, werk en vriende verlaat - vir hul veiligheid. Gun die noodlot haar egter 'n beskermengel in die vorm van Theuns Krige? 'n Wye, wye horison - Madeleine Malherbe Stella herstel by die gastehuis Paradys ná die ontnugtering van haar huwelik. Chris kom ondersoek daar naby 'n vliegtuigongeluk en leer haar weer vertrou. Maar dan daag haar eksman op … Gelykbreek-liefde - Ernalize du Toit Behati draai om en sien 'n man net binne die deur. Dit is onmoontlik om hom mis te kyk en die geur van sy naskeermiddel tref haar onmiddellik. Dit is asof die volle prentjie haar in 4D oorrompel. 'n Verraderlike rukbeweging ontsnap uit haar bors. Bie op haar hart - Antoinette Venter Met 'n ontwikkelende sangloopbaan en om haar beste vriendin se sopkombuis te ondersteun, het Mika min tyd vir iets anders. Beslis nie tyd vir die skilderydief, Jean-Pierre, wat met die sopkombuis wil help nie. Tog ignoreer haar hart haar prioriteite, maar 'n ander vrou besit reeds Jean-Pierre se hart. 'n Liefdeskeuse - Malene Breytenbach Mona woon die skryfskool by om weer haar skryfvaardighede op te knap. Liefde is die laaste ding op haar prioriteitslys, maar die misdaadskrywer, Winston Webb, trek haar aan en stoot haar weer weg. Waarom voel dit asof haar held twee verskillende persone is? Beter vir haar hart - Jessica Venter Richard het jare gelede Melanie se hart gebreek. Maar selfs met 'n gebreekte hart, was sy steeds lief vir hom. Nou is hy terug en sy voel weer die vrees dat hy nie haar liefde sal beantwoord nie. Jy maak my gelukkig is die tweede omnibus (ná Strooisuikerliefde wat in Maart 2019 verskyn) wat onder die Jongliefde-handelsmerk verskyn.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395099

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 240
R 192You save R 48
Sal liefde die sandkasteel van illusies en ontnugtering waarin Daniella haar bevind, wegwaai in die wind? En is vergifnis moontlik? Daniella het haar man verneuk en hy het van haar geskei, maar nou wil hy hul huwelik weer herstel. Sy gaan besoek 'n ou kasteel in Europa. Haar eksman betaal vir die duur wegbreek, sodat sy kan gaan dink en besluit of sy na hom toe terug wil gaan. Sy aanvaar die sprokiesvakansie omdat sy nog altyd ou kastele wou besoek en omdat sy 'n baie romantiese hart het. Sy besluit egter om eerder in 'n winterslaap daar in die sneeuomgewing te gaan, en eers oor Herman se versoek te besluit wanneer sy weer terug in Suid-Afrika is. Maar sy word telkens gekonfronteer deur haar verlede se geraamtes, veral toe sy Remi ontmoet en op hom verlief raak terwyl hulle die kasteel en al dié se geheime ontdek en begin ontrafel. Sy glo sy verdien nie meer liefde nie. Toe klink dit ook of Remi getroud is en sy besef hy is taboe vir haar. Sy hoor later hy is tog ook geskei, en hoewel sy haar wil oorgee aan die liefde wat groter tussen hulle groei, is sy bang om hom te vertel van die rede vir haar egskeiding. Sy vrou het hom immers ook bedrieg met 'n ander man. Hy sal haar tog nie kan oorsien weens dieselfde oortreding nie. Soene in 'n sandkasteel is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks.
Publication date: 2019-06-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394443

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Yvonne se kêrel verdwyn tussen hoor en sien op Nuwejaar, en sy broer, Kelvin, daag op om sy verdwyning te ondersoek. Die man vryf haar verkeerd op en sy kan nie wag dat hy sy ry kry nie, maar hy is heeltemal te aantreklik wanneer hy die dag besluit om iets anders as 'n suur gesig te trek.
Publication date: 2019-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394412

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Sashen en Olivia deel tydelik 'n meenthuis, maar sy bly vir hom 'n raaisel. Hy moet homself elke dag herinner om nie vir haar te staar nie, maar dis nie net haar skoonheid wat hom gevange hou nie. Dit is haar kwesbaarheid wat hom nadertrek.
• Sal jy lief raak vir iemand, indien jy hul gaan vergeet? Olivia
se ma het Alzheimer's gehad en sy vrees dat sy dit ook eendag mag
kry.
• In goedheid en gesondheid. Dit vra ook: oorleef die liefde so 'n siekte? Olivia se stiefpa, verlaat haar ma tydens haar siekte - wat haar meer huiwerig maak om in 'n verhouding betrokke te raak.
• In sy stilte volg op In sy arms wat in Januarie 2019 verskyn het.
Publication date: 2019-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge

15

9780799394382

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 76You save R 19
Inge se nuwe werk as die Jouberts se au pair beteken sy hoef nie meer slapelose nagte oor finansies te hê nie. Sy sal niks doen wat dié standvastigheid kan bedreig nie. Maar aangetrokkenheid tot haar baas, die aantreklike John Joubert, volg nie dié klousule nie en hy is nie by die werkskontrak ingesluit nie.

• Hierdie is die vyfde boek in Didi se geliefde Parker-reeks. Liefde vir 'n feëprinses gaan oor 'n ouer suster wat moeder vir haar jonger boetie en sussie moet wees. Dit is 'n algemene sosiaal-maatskaplike probleem wat in Suid-Afrika voorkom.
• Die Parker-reeks bestaan uit: Liefde vir 'n vuurvreter, Liefde vir 'n vlinder, Liefde vir 'n ridder, Liefde vir 'n cowboy en Liefde vir 'n feëprinses. Daar sal nog een Parker-boek na Liefde vir 'n feëprinses wees.
Publication date: 2019-04-30

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.