●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776350766

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hy wil berge vir haar versit
Terwyl sy met dwalende gedagtes na die fiets-expo trap, beland Benita amper onder Melt se sportmotor. Daar aangekom, val sy flou in die stalletjie wat Melt bestuur. Die oomblik toe hy haar skraal lyfie op die mat sien lê, kruip Benita diep in Melt se hart sonder dat hy dit besef. Hy wil berge vir haar versit, veral wanneer hy besef watter opdraande die lewe haar gee. Maar ten spyte van haar omstandighede is Benita 'n meisie met 'n wil van haar eie. Hy meng sonder verskoning in haar lewe in, tot haar groot ergernis en frustrasie. Haar lewe is moeilik genoeg sonder nog iemand wat dit kom omkrap. Met drie weke oor voor sy op straat beland, doen Benita haar bes om staande te bly. Intussen probeer Melt juis om haar van haar voete af te swiep.

Die heldin ontglip stereotipe, en kom soos 'n gewone vrou voor wat haar eie pad deur die 'n moeilike lewe moet kap. Buiten die sterk romanse, raak die boek ook aan temas soos armoede en ʼn onbeplande swangerskap.
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776354948

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy is allergies vir mans, en hy het al sy vingers verbrand met 'n vrou...
Berna Erasmus is allergies vir mans. Haar ma was 'n orkaan wat haar eie lewe en die mense om haar s'n met haar leefwyse verwoes het, en hierdie appeltjie gaan beslis sorg dat sy ver van daardie boom af val. Haar tannie wat haar grootgemaak het en haar beste vriendin span saam om haar en die aantreklike Ryno Viljoen vir ses weke in hulle strandhuis op Meeubaai saam te gooi. Hulle reken sy moet romanse beleef voor sy dertig word en dalk op die rak bly sit, maar sy verkies haar liefdeservaring tussen die bladsye van 'n boek. Ryno het 'n duur les geleer met slinkse vroumense en hy gaan hom nie weer laat ore aansit nie; hy fokus liewer op sy studies en sy loopbaan. Die
ongekunstelde Berna laat hom egter dinge voel wat hy nooit verwag het nie. Is dit net 'n ingebore beskermingsdrang, of is dit dalk die ware Jakob?

ʼn Romantiese komedie met baie hart - Madelie het haarself oortref met hierdie boek.
Publication date: 2021-12-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776350704

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
'n Nuwe begin vir almal ...
Dokter Carla Nel is vir die eerste keer in ʼn baie lang tyd enkellopend. Nou maak sy planne om die stukke van haar lewe so gou moontlik op te tel en haar grootste droom te bewaarheid. Sy koop ʼn praktyk en ʼn huis op die kusdorpie, Soutstrand, wat albei net soveel restourasie as haar lewe nodig het. Kobus Retief is ʼn enkelouer met meer hooi op sy vurk as wat hy kan hanteer, maar wanneer hy moet help om die nuwe dokter se praktyk en sommer ook haar huis op te knap, herinner iets hom dat hy ʼn man ook is. Carla se planne sluit egter nie ʼn man in nie en Kobus kan haar niks anders as ʼn tweedehandse lewe bied nie. Tog laat die liefde hom nie keer nie en voor Carla hom kan stop, restoureer Kobus haar vervalle hart en word sy deel van ʼn lewe wat haar wildste drome oortref.

Met 'n Tweedehandse lewe beweeg Didi Potgieter weg van haar Harte-reeks en gee weer 'n nuwe blik op liefde. Die verhaal ondersoek verhoudings tussen ouer mense wat reeds ervaring van die lewe het. Mediese romanses is baie populêr en die hoofkarakter hier is 'n dokter.
Publication date: 2021-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607238

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Hoekom, God?
Christelle se droom om eendag haar eie dansskool te hê, spat aan skerwe toe sy in ʼn motorongeluk beland en verlam is. Sy is kwaad vir God omdat hy die enigste ding weggeneem het wat vir haar saak maak. Daarby stel haar ma Wynand, haar verlore jeugliefde, as hulle tydelike voorman aan, maar ook vir Letsie, die meisie vir wie hy Christelle in matriek gelos het, as haar verpleegster. Sy wil ten gronde gaan toe Wynand besluit om in te gryp. Hy is die enigste een wat haar die waarheid vertel en hanteer soos 'n normale mens. Hoewel sy uitlatings haar seermaak, help dit haar om haar lot te aanvaar en vorentoe te kyk. Sy verstaan net nie hoekom hy hom met haar bemoei nie, nog minder sy vyandigheid teenoor haar. Tot ʼn beroerte haar ma noop om haar jarelange geheim te onthul en net God weet hoekom Hy dít toegelaat het.
Publication date: 2021-05-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799385762

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 285
Aanloklike proposisie - Susan Olivier
Rene sal enigiets doen om hul familiebesigheid uit vreemde hande te hou. Sy sal selfs die nuwe eienaar se proposisie oorweeg: dat sy sy minnares word ... Hy is immers onweerstaanbaar, hoe kwaad hy haar ook al maak.

Goudgeel liefde - Santi Neven
Salome is 'n opkomende skilder wat op die weeklikse kunsmark 'n bestaan probeer maak. Tot 'n vreemdeling met grysblou oe vir haar 'n uitstalling reel. Maar hy is eintlik slegte nuus, te veel soos haar eksman. Of is hy?

Goedgenoeg vir Mienke - Erika Swart
Die testament bepaal Mienke moet Goedgenoeg verdien deur na 'n jaar wins te toon. Daarvoor sien Mienke kans. Waarvoor sy nie kans sien nie, is haar buurman. So dierbaar en behulpsaam as wat hierdie Ruben-man is wanneer hy op sy perd die werf inkom, so kan sy buie wissel. Mienke weet nie genoeg om dit te verklaar nie. Maar sake word wel duidelik toe die modelmooi en bedorwe vroumens en die se ma op die buurplaas aankom, al twee vasberade om Ruben se ring aan die modelletjie se vinger te kry - of niks te erf nie.
Publication date: 2019-02-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394535

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 230
Nuwe seisoen
Tussen twee vure
Raaiselvrou

Altyd wink die liefde is 'n samestelling van drie van immergroen Anna van Tonder se vorige Romanzas wat sy onder die skryfnaam Annetjie van Tonder geskryf het.

Nuwe seisoen:
Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie.
Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar ná kwaadwillige praatjies. En sy het gehoop sy is ontslae van die spanning ná haar egskeiding. Sy en Frans Hugo het egter baie gemeen - albei is nuut in die skool, al twee is enkelouers en hulle dogters is ewe oud en sommer dadelik boesemvriendinne. Wat beteken dat hulle mekaar ná skooltyd moet sien. Maar van selfs net 'n platoniese vriendskap is daar nie eens sprake nie, die skinderstories loop reeds.

Tussen twee vure:
Die laaste ding waarna Helette kom soek het, is om aangestel te word as die au pair van 'n bedorwe kleuter. Maar sy is bereid om enigiets te doen in haar soektog na haar halfsuster. Net jammer die kleuter se pa is 'n te aantreklike en 'n te beduiwelde professor. En net so jammer is dat die ouma glad nie ingenome is met Helette nie - en die professor se jonger broer weer meer as ingenome ...
Helette het egter nie voorsiening gemaak vir die gevoelens wat sy vir die professor ontwikkel nie, hoe befoeterd hy ook al is. Of is die rede vir die man se buierigheid dalk dat hy dieselfde gevoelens vir Helette begin ontwikkel?

Raaiselvrou:
Emma arriveer op 'n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om 'n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar sê dit is nie meer 'n gasteplaas nie en sy suster sê dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar bed kom lê en die hond wat haar uitsoek vir aandag. Dit terwyl Emma glad nie 'n dieremens is nie. En die eienaar met sy sagte bruin oë is juis 'n dieremens, verknog aan sy hond en sy kudde Nguni-beeste. Hoe om hierdie twee wêrelde te versoen word vir Emma 'n saak van groot belang ...
Publication date: 2019-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605746

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Blom waar jy geplant word ... Ná 'n traumatiese ervaring met haar studieleier, is Marileen Kamstra se enigste liefde haar kwekery met die plante wat sy vertroetel vir haar navorsing. Boeke en blomme is meer as genoeg om haar besig te hou. Die tuin hou buitendien haar kop skoon en die skaduwees van die verlede kruip agter die struike weg. Die irriterende Groen Skerpioen Joubert De Wet kom soos 'n slang in haar paradys en jaag haar die harnas in met sy inspeksie en sy belangstelling in meer as haar plante. Sy wil hom so gou moontlik laat besef dat sy glad nie belangstel nie, maar Joubert het ander planne vir die mooie Marileen.
Publication date: 2020-11-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639605821

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Sy gaan alles doen om sy hart te wen
Anna se eerste dag by haar nuwe werk is 'n ramp. Sy beland in die swembad en haar redder is niemand anders as die man wat haar verwerp het nie. Die man wat sy mislei en verneder het. Haar identiese tweelingsuster se eks, Derick. Twee jaar gelede het sy en Hannah plekke geruil. Goed, dit was nie die slimste plan nie, maar sy het nie beplan om hopeloos verlief te raak nie. Sy het ook nie beplan om sy hart te breek nie. Die pad na vergifnis en versoening is moeilik, maar sy is vasbeslote om hom te oortuig dat sy hom liefhet en dat hy die man vir haar is.
Anna se man volg op Dubbel die moeilikheid en speel af in beeldskone Namibië.
Publication date: 2021-01-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639609805

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
'n Nuwe muse ... Gabi gaan op vakansie na Hampshire. Sy is 'n kunstenaar wat 'n nuwe muse moet vind ná 'n liefdesteleurstelling en die dorpie lyk na die ideale plek om haar wonde te lek. Kort na haar aankoms word sy byna vertrap op Robbers' Common deur die enigmatiese Sam Macleod en sy perd. Haar enkel word ernstig beseer en haar planne deeglik in die wiele gery. Sam neem verantwoordelikheid vir Gabi se besering, maar sy vermoed hy is net besorg oor haar omdat hy na ʼn kunsonderwyser soek. Sy weier om by'n man met bymotiewe betrokke te raak. Totdat die pragtige Cloisters en aantreklike Sam vir haar meer as net inspirasie word.
Publication date: 2021-10-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352210

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
R 86You save R 9
Liefde kan die onmoontlike oorkom.
Toe Teda die aantreklike Engelsman Will Thaning met sy sexy aksent ontmoet, laat hy haar hart dadelik vinniger klop. Ongelukkig is dinge heelwat meer gekompliseerd as wat dit lyk en kom albei van hulle met bagasie. Net soos Teda, het Will 'n hartseer verlede wat altyd onlosmaaklik deel van hulle gaan wees. Daar is ook 'n tienerseun wie se gevoelens en leefwêreld hulle in ag moet neem. Saam met Will ontdek Teda nuwe plekke en droom sy oor nuwe moontlikhede. Maar het Will ná al hierdie jare enigsins 'n vrou in sy lewe nodig? Is hulle dalk op twee heeltemal verskillende plekke in hulle lewens met doelwitte wat nié versoenbaar is nie?

Hierdie verhaal kyk na liefde en familie, die soort wat jy kies en die soort wat vir jou gekies word.
Publication date: 2022-06-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639606187

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Haar hart behoort steeds aan hom. Trixane is amper dertig, ongetroud en leef met die vrees dat dieselfde vloek van haar voorgeslagte haar gaan tref. Haar ma en ouma het haar gewaarsku dat die vloek geen Walters-vrou spaar nie. Daarom het sy Marco laat belowe om met haar te trou as sy teen dertig nog nie getrou het nie. Maar dit was sestien jaar gelede en hy het waarskynlik lankal van die belofte vergeet. Hy is eintlik 'n vreemdeling. Sy herken hom egter dadelik toe sy hom weer sien en besef dat haar hart steeds net aan hom behoort. Temas soos jong liefde en bygelowe word in die verhaal geinkorporeer. Dit speel af in die Kaap en Mauritius, met die heldin wat 'n buite-egtelike kind is op soek na haar biologiese pa.
Publication date: 2021-03-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639607016

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Op soek na die skatte van die verlede vind sy iets meer kosbaar in die hede. Wanneer joernalis Ingrid Thesen besluit om 'n gap-jaar te vat, besef sy nie waarvoor sy haarself inlaat nie. Sy vertrek saam met haar Joodse vriendin Sharon na Israel, waar sy 'n span argeoloë wil vergesel op 'n grawe in Galilea. Daar aangekom ontmoet sy die res van die span kenners, insluitende Leif Andersson, die Noorweegse historikus op die spoor wat sy Kruisvaarder voorvaders destyds na die beloofde land aangedurf het. Teen die agtergrond van hierdie antieke landskap probeer die twee bymekaar kom, maar Ingrid besef dat sy nie alleen is in haar aangetrokkenheid tot Leif nie. Op soek na skatte uit die verlede sal hulle ook die politieke onluste in die area moet trotseer as hulle 'n kans op liefde wil hê. Die storie speel af teen 'n interessante historiese agtergrond maar skroom nie weg van die politieke probleme van die hede nie. Malene se werk is kenmerkend vir die diepte van haar geskiedkundige navorsing.
Publication date: 2021-04-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776351978

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Om harte te wen is soms moeiliker as om lewens te red. Doktor Bianca Dempsey is 'n vrou wat antwoorde soek. Sy ontdek dat iets in die water die mense in haar gemeenskap siek maak en is vasbeslote om agter die kap van die byl te kom. Sy ontmoet 'n aantreklike vreemdeling tydens 'n verkenningsekspedisie wat aanbied om haar te help. Haar kop sê nee, maar haar hart weier om te luister. Dié man lyk darem nie of hy geheime het nie. Ryno is nie wie hy sê hy is nie, maar sy beskermingsdrang neem oor wanneer hy die beeldskone Bianca ontmoet. Dié soektog van haar is gevaarlik en sy gaan iemand nodig hê om haar by te staan as sy die waarheid van die watersiekte wil ontbloot. Beste Bianca is die opvolg van Mooiste Eliza wat in 2021 verskyn het. Bianca is Eliza se jonger suster. Hierdie verhaal het 'n sterk spanningslyn wat enige leser sal boei. Die skrywer het duidelik baie navorsing oor watersiektes en biologie gedoen, en vind interessante maniere om haar kennis in te span vir geloofwaardigheid.
Publication date: 2022-03-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776352012

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 95
Kry jy 'n tweede kans met jou eerste liefde? Nina is 'n fyn stadsmeisie wat boerin moet kom speel op haar ouers se plaas. Sy het ietwat aangepas op Kouefontein, maar iets waaraan sy nooit, ooit gewoond gaan raak nie, is om vir Jaco Louw elke dag te sien. Haar jeugliefde. Nuwe buurman. Clooney se dubbelganger. Sy het vir Jaco tien jaar laas gesien toe die mooie Willemien vir Nina allerhande stories oor hom vertel het. Daardie dag het sy haar hart gesluit, maar nou bly hy feitlik óp haar werf en sy moet keer dat sy glimlag weer die sleutel tot haar geluk word ... Boerefeetjie is 'n moderne plaasromanse. Die karakters is goed ontwikkel en die manuskrip is deurspek met humor.
Publication date: 2022-03-29
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798174763

Fiksie: Romanses

Fiksie  -  Romanses
R 290
Die honger hart
Deel van die pakket
Verskuilde liefde

In Die honger hart moet Julia Naudé haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geërf het, te beskerm.  

In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van 'n  nuwe lewe, maar meer veranderinge lê voor. 

In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die leë kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy 'n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.
Publication date: 2017-11-08

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.