●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Results 1 to 15 of 255
Sorted by:  Language
No cover available
9780099583462

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 255
Publication date: 2015-04-29
No cover available
9780099281498

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 255
Publication date: 2001-08-27
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485311270

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 350
R 315You save R 35
Al is die gebruik van osse as trekdiere lank nie meer deel van die bestaan van die meeste mense in Suid-Afrika is nie, is die land se geskiedenis sonder inagneming van die bydrae van die trekos ondenkbaar. Vir die eerste keer word die benutting en ontwikkeling van die os en die gepaardgaande trektoerusting, met spesifieke verwysing na die trekos as kragbron, in die ontwikkelingsgeskiedenis van Suid-Afrika deeglik bekyk, na waarde geskat en die os en sy toerusting breedvoerig as kultuurhistoriese entiteit beskryf. Hierdie boek is 'n verwerking van die skrywer se verhandeling ingelewer vir sy Magister in geskiedenis aan die Noordwes-Universiteit.
Publication date: 2020-07-15
Click to enlarge
Click to enlarge

4

9780624090250

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 290
R 232You save R 58
Maggie was net 13 jaar oud toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek. Ná maande in huisarres word sy en haar gesin na 'n konsentrasiekamp gestuur. Hier ervaar hulle honger, onsekerheid en verlies, maar ook die goedhartigheid van Britse soldate. 'n Verhaal van swaarkry en erge ontbering, maar ook van medemenslikheid en vriendskappe oor vyandsgrense heen.
Publication date: 2020-07-11
Click to enlarge
Click to enlarge

15

9781928248088

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 250
R 200You save R 50
In vergeelde foto's van drie dekades gelede staan oopgesigseuns vol bravade voor Ratel-gevegsvoertuie. Hierdie dienspligtiges van 61 Gemeganiseerde Bataljongroep staan aan die begin van hul reis diep in Angola in om vir volk en vaderland te gaan veg.

In 'n bloedige geveg op Valentynsdag 1988 en in die doodsakker by Tumpo sou hul jeugdige onskuld egter sneuwel. In die hitte van die gevegte kom die besef: Nou gaan dit nie oor ideologie nie, maar om oorlewing.

Ná die oorlog gaan die lewe voort, maar die vrae en geestelike letsels wyk nie. In 2018 keer 'n groep van dié ouddienspligtiges terug na Cuito Cuanavale op soek na afsluiting - en om die wrak te vind van die Ratel waarin 'n makker op die laaste dag van die oorlog gesterf het.

Die Brug vertel van hul reis van jong man na veteraan en gee ook 'n stem aan die vroue in hul lewe. Dit is 'n verhaal van ontnugtering, maar ook van trotse kameraderie en genesing.
Publication date: 2020-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310983

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 200
R 180You save R 20
Prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van voor Jan van Riebeeck se landing tot die jongste tye wat in die dagblad Beeld verskyn het. Maak kennis met die helde en hendsoppers, die skurke en sterre van die land se verlede in kort en boeiende rubrieke wat die leser se geheue sal verfris oor al die grootste momente in ons geskiedenis asook 'n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.
Publication date: 2020-03-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928518051

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 240
R 216You save R 24
Menige keer wou hy die skryf van meningsartikels laat vaar, maar dan onthou hy Burke se woorde: die enigste ding wat nodig is vir boosheid om te seevier, is goeie mense wat stilbly ....
Halala (Ewig vir jou) Suid-Afrika bevat 'n keur van Le Cordeur se artikels die afgelope 25 jaar en is 'n besinning van Suid- Afrika as jong demokrasie. Dit bestryk 'n breë spektrum: van onderwys, taal, kultuur, werkloosheid, nasiebou, die jeug tot die versugting na leierskap.

Soos die inwoners van die Bo-Kaap (op die voorblad) met al sy kleure en kulture al vir eeue in vrede saam bestaan, so glo die skrywer dat Suid-Afrika 'n tuiste bied vir al sy mense; dat Suid-Afrikaners in harmonie met mekaar wil en kan lewe; ons is immers een groot familie.
Publication date: 2020-02-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639989204

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 250
R 225You save R 25
Geen Uitspan is 'n fassinerende weergawe van die lewe in Suid-Afrika vanaf die vroeë 1920's tot die vroeë 1940's, toe die skrywer adjunk-premier van Suid-Afrika was. Deneys Reitz het 'n belangrike rol gespeel in die totstandkoming van die Krugerwildtuin en is aangestel as een van die stigterslede, ondanks die feit dat hy destyds 'n parlementslid was. Sy betrokkenheid by die wilde lewe en verskillende wildreservate wat hy help vestig het terwyl hy in die amp was, is 'n tema wat deur die boek heen strek.
'n Uiters interessante episode in die boek is die val van Hertzog as leier van 'n koalisieregering oor die kwessie van Suid-Afrika se stand in die Tweede Wêreldoorlog. As 'n kabinetsminister in die koalisieregering het Deneys Reitz 'n voorste setel in dit alles - en hy vertel die verhaal soos niemand anders kon nie.
Publication date: 2019-12-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310563

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 350
R 315You save R 35
Ben Viljoen (1868-1917) was 'n prominente jonger generaal in die Anglo-Boereoorlog, maar ná die oorlog is hy nie opgeneem in die nuwe politieke elite van die Afrikaners nie. Nadat hy die eed van getrouheid op St. Helena onderteken het, het hy nooit weer permanent na Suid-Afrika teruggekeer nie.
Carel van der Merwe het besluit om Viljoen se spore te volg na Brittanje, Nederland, Mexiko en Amerika en te gaan uitvind hoe dit gebeur het dat dié Boereoorloggeneraal burgerskap van vier verskillende lande gehad het, die ster was van 'n Boereoorlogskouspel, aan 'n Mexikaanse revolusie deelgeneem het, as vredeskommissaris tussen die Yaqui-Indiane opgetree het en voor sy dood op die punt was om 'n film in Hollywood te vervaardig.
'n Prentjie van 'n komplekse persoonlikheid kom na vore wat herinner aan 'n deel van die huidige generasie Afrikaners - minder godvresend, gemaklik in verskillende kulture, en bereid om te emigreer wanneer hulle dink dit tot hul voordeel is.
Publication date: 2019-11-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624087700

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 290
R 261You save R 29
Met die ANC se oorwinning in die 2019-verkiesing staan president Cyril Ramaphosa sterker as ooit. Hy kan nou sy beloftes om korrupsie in die regering uit te roei, uitvoer. Of nie? Wat is die kanse dat hy sukses gaan behaal, en wat beteken dit vir Suid-Afrika en sy mense? Hoe lyk ons toekoms in Suid-Afrika met uitdagings soos die EFF se rooi gevaar, die gronddebat en rassespanning? Gaan Suid-Afrika te midde van al die woelinge staande bly?
Publication date: 2019-10-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310860

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 180
R 162You save R 18
In die onstuimige beginjare van Alexanderbaai se diamantbedryf was dit Kingsley Seale se onbenydenswaardige taak om die blink klippies van die Hans Merensky-assosiasie skoon te maak, te waardeer en veilig in die Kaap te besorg.

In dié verantwoordelik pos het hy eindelik gesorg dat £5 miljoen se diamante ontgin en verhandel word, ten spyte van smokkelaars se vindingryke pogings om hulle hande op die fortuin te lê.
Publication date: 2019-09-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620529204

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 175
R 158You save R 17
Die Suid-Kaapse Agulhas-kus is ongetwyfeld besaai met stories en legendes oor die tientalle skeepsrampe wat hulle aan hierdie gevaarlikste deel van die ganse Suid-Afrikaanse kuslyn afgespeel het.
Met hierdie besonderse boekstawing deur Jeanette Grobbelaar word hierdie boeiende verhale nie net byeengebring nie, maar word dit ook op só 'n manier aangebied dat jy dié boek eenvoudig nie neer wíl sit nie.
Publication date: 2019-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310846

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 230
R 207You save R 23
Van al die gebeure in die Kaapkolonie gedurende die Tweede Vryheidsoorlog het die teregstelling van Hans Lötter, asook dié van kmdt. Gideon Scheepers, die meeste emosie onder Afrikaners ontketen. Lötter en sy mederebelle in die Kolonie het die verbeelding van die plaaslike bevolking aangegryp en die Britte maande lank hoofbrekens besorg. Sy gevangeneming, verhoor en teregstelling deur 'n Britse vuurpeloton op Middelburg, Kaap, het groot woede en verontwaardiging veroorsaak en hom verewig as Boeremartelaar in die Afrikaner-volksoorleweringe. Nou word sy boeiende verhaal vir die eerste keer volledig vertel.
Publication date: 2019-08-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620827812

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 340
R 306You save R 34
Terwyl die vlaktes duskant Uppington droomverlore in die maanlig gelê het, het ek aan Matt White se woorde gedink: 'I want to die with my boots on.' Miskien was dit ook hoe die Ferreiras wou sterf?

Die ink op die Vredesverdrag van Vereeninging was skaars droog, toe John Hendrik Ferreira en vyf makkers die Kaapkolonie vanuit Duits-Suidwes-Afrika binnegeval het om Suid-Afrika van Britse heerskappy te bevry.
Tien dae lank het die 'Ferreiras' die Kalahari op horings geneem en die Kaapse polisie laat bontstaan.
Mense weet van die bekookte Jameson-inval wat die Anglo-Boereoorlog voorafgegaan het, maar van die Ferreira-inval weet hulle niks nie. Louis Bothma, onafhanklike navorser en skrywer van Die Buffel Struikel, Vang 'n Boer en Rebelspoor - het hierdie vergete episode uit die rooi Kalaharisand gaan opdiep, en soos net hy kan, vir die leser in konteks geplaas.
Nadat hy die een laag geskiedenis na die ander tot op die been oopgevlek het, voer Bothma die verhaal tot 'n dramatiese einde.

Alles het toe mooi uitgewerk. Die Kalahari steek sy geheime onder die sand weg. Goed so dat die houtkruis ook nou onder die sand verdwyn het. Jean en Flip hoef nie meer daardie kruis te dra nie. Hulle is nou vry.
Publication date: 2019-04-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9789000037162

Nie-fiksie / Non-fiction: History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika

Nie-fiksie / Non-fiction  -  History & Politics South Africa / Politiek & Geskiedenis Suid Afrika
R 250
R 125You save R 125
Dit is 'n tydskrif-boek, 'n geskiedenisboek met die gevoel van 'n moderne tydskrif, omdat dit nie net die eerste Afrikaanse vrouetydskrif herdenk nie, maar ook die ontwikkeling van die vrouetydskrifwese in die algemeen. Dit vertel vandag, na 100 jaar, die aangrypende verhaal van hoe die vrouens van 'n volk opgestaan het na 'n verpletterende oorlog en deur 'n tydskrif, gewy aan hul belange in hul eie taal, in aanraking met die buitewêreld gebring is. Met die Gedenkboek neem Van Rensburg die leser op 'n reis deur die huise en harte van ons Afrikaanse oumagrootjies, wat self nie meer hier is om hulle eie storie te vertel nie.
Publication date: 2019-03-06

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.