●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799398397

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 150
R 135You save R 15
Van vennoot na sielsgenoot!
Kristin Kingsley se baas en geliefde, Ray Retief, lig haar en al die personeel van Conferences Etcetera in dat hy die besigheid sluit. Boonop los hy haar vir ʼn ander vrou. Ontnugterde Kristin stig ʼn nuwe besigheid. Haar aantreklike buurman, Ryno Brink, die gastehuiseienaar langsaan haar huis in Stellenbosch, was nog altyd soos haar broer. Hy word haar vennoot en help haar om die nuwe besigheid op die been te bring. Hulle reël ʼn kongres waar dinge verkeerdloop en hulle verskeie dramas beleef.
Kristin besef dat haar liefde vir Ryno verdiep en hy voel dieselfde. Hulle moet egter ʼn aantal struikelblokke trotseer voordat hulle mekaar werklik kan vind.

Ou liefde nuwe liefde is deel van LAPA Uitgewers se SuperRomanza-reeks. Malene Breytenbach se boeke vergelyk goed met Frenette van Wyk, Cynthia Robertson en Leandra Naudé se skryfwerk. Ou liefde nuwe liefde is haar derde SuperRomanza wat in 2019 gepubliseer is. Verlore skatte het in Julie verskyn, en Huis van geheime in Februarie
Publication date: 2019-11-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620865111

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 159
R 143You save R 16
Maryke, met haar vurige geaardheid en bos rooi hare weet maar alte goed ʼn tamatiekissie word nie ʼn sitkamerstoel nie. Sy het immers in die kinderhuis grootgeword. Haar eerste liefde, Gerhard, se ma het ook geen moeite ontsien om haar daaraan te herinner nie.
Die laaste ding wat sy op die vooraand van haar vertrek na Kigali nodig het, is die aantreklike dokter Leon Boshof wat haar kaarte deurmekaar krap. En haar verbied om koffie te drink! Nare ou wolf.
Maryke het haar loopbaan as internasionaal erkende fotograaf met harde werk en deursettingsvermoë gevestig en sy gaan hom nie toelaat om haar van koers af te dwing nie. Maar haar vennoot by die fotografieskool, keur Leon se aansoek om in Maryke se klas te wees, goed. Sy sal die man maar moet verduur.
Gaandeweg kom sy agter sy geniet Leon se geselskap en sien uit daarna om tyd saam met hom te spandeer.

Maar dit is net in sprokies waar die wolf sy rooikoppie betower - of dalk nie?
Publication date: 2020-04-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620865135

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 159
R 143You save R 16
Emma moet onvoorsiens ʼn paar maande in haar geboorteland, Suid-Afrika deurbring. Haar kollegas behandel haar glad nie soos die ervare ouditeur wat sy is nie, maar verwag sy moet die charismatiese Italianer, Roberto, se boekhouding in orde kry.
In Giovanni's se kombuis leer Emma die passievolle sy van Roberto ken. Die warmbloedige Italianer sal sy ten alle koste moet vermy as sy haar hart uit die moeilikheid wil hou, want saam met sy risotto en pasta voer hy haar ook bietjies-bietjies liefde.
Totdat sy agterkom hy kook die boeke, of is sy op die verkeerde spoor?
Terug in Engeland besef sy sy hoort nie meer daar nie, want sy het verknog geraak aan die sonskyn en somer van haar eie land - en die sjarme van die baas van Giovanni's

RAAK WEGGEVOER DEUR DIE BETOWERING VAN DIE LIEFDE
Publication date: 2020-04-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191962

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 160
R 144You save R 16
Willem Adriaen van der Stel is goewerneur aan die Kaap en Nederland steeds aan bewind in Batavia. Dis die tyd van swierige rokke en swaardgevegte, gevaarlike skeepsreise, geheime broederskappe en vyandige inboorlinge. Johanna Maria van Riebeeck, sestien jaar oud, is as vrou beloof aan 'n dronklap van 'n goewerneur wat twee keer so oud soos sy is.
Publication date: 2008-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426165

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 180
R 162You save R 18
Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?
Dit is 'n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.
Publication date: 2018-05-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485302414

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 195
R 176You save R 19
Dot Serfontein het Liefde in die kwepertyd as 'n vervolgverhaal in Sarais Marais geskryf. Dit was egter so gewild, dat dit in boekvorm verskyn het gedurende 1960. In hierdie verhaal raak 'n teruggetrokke boer verlief op die foto van 'n hartseer donkerkopnooi in sy bure se huis. 'n Briefwisseling ontstaan en die boer is oortuig dat hy sy trouvrou ontmoet het. Wanneer sy op die plaas aankom, is die briefskrywer - 'n sagggeaarde blondine met kuiltjies in haar wange - egter glad nie die meisie op die foto nie ...Die boer moet besluit of liefde 'n illusie of werklikheid is.
Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796322005

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 200
R 180You save R 20
Ricardo Jantjies wat die jong Chandré beroof en aangerand het, word onskuldig bevind. Larissa was die prokureur. 
Net daar besluit Larissa om Nederland toe te gaan om verder te gaan studeer. Sy kom egter terug toe sy uitvind dat die jong kind vermoor is. 
Larissa weet dit was Ricardo Jantjies.

Terug in Suid­-Afrika word sy met Gideon gekonfronteer wat 'n baie swaar verlede en trauma het wat hy moet verwerk. 
Intussen begin Ricardo Larissa agtervolg en val haar amper aan, maar Gideon en die polisie gryp in. 
Op die ou end kry Larissa en Gideon dit reg om hulle trauma te verwerk en al die ou vriende kom bymekaar vir Larissa en Gideon se troue.
Publication date: 2020-05-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321008

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 200
R 180You save R 20
Haar ouma sterf op dieselfde dag wat Reina Sauer se lewe weer eens inmekaar val. Sy skei na 'n kortstondige huwelik met Bert Naudé.

Toe haar ouers albei vyf jaar gelede in 'n motorongeluk oorlede is, was ouma Reina nog daar om te troos, maar hierdie keer moet sy alleen die stukke van haar lewe optel.

Ontwikkelaars kontak haar, hulle het planne om haar ouma se huis op McGregor deel van 'n sekuriteitskompleks te maak. Sy los haar oudhede winkel in Rondebosch in Bippie, 'n student wat oor naweke uithelp, se hande en vertrek na McGregor. Sy wil die verkoop van haar ouma huis so gou as moontlik afhandel sodat sy die res van haar lewe kan uitsorteer.

Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak sy met tant Cora Verwey en tant Trina van Zyl wat skynbaar die afgelope jaar by haar ouma gebly het? En hoe gemaak met oom Fred Bouwer wat elke dag iets in en om die huis kry om reg te maak?

Sy begin die huis opruim en kom in die solder op 'n boks vol briewe af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reg gekry het om 'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het.

Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

Op 38 is Derek Retief ontnugter, sinies en kwaad. Destyds met matriek agter sy naam, het hy vinnig die stof van die strate van die klein dorpie waar hy grootgeword het, afgeskud. As oudste moes hy help grootmaak aan sy kleiner boeties en sussies. Hy het sy deel gedoen, enige vrou wat begin gesels oor babas en troues, skud hy vinnig af.

Hy wou geld maak, baie geld sodat hy alles kon koop wat hy nog altyd begeer het. En hy was amper daar, amper op 'n plek waar hy hom nooit weer hoef te bekommer oor geld nie toe hy op 'n dag ontdek sy sogenaamde 'vriend' en mededirekteur is land uit met miljoene van sy geld wat oor maande verduister is. En o ja, ook saam, is Margie, die vrou wie hom amper van plan laat verander het omdat hy gedink het hy kan dalk die res van sy lewe saam met haar deurbring.

Hy is vasbeslote om so vinnig as moontlik weer 'n paar nulle by die belegging in sy bank te voeg. Die nuwe ontwikkeling op McGregor gaan daarvoor sorg. Daar is net nog een handtekening wat tussen hom en sy drome staan. Hy het 'n afspraak met die ou dame gehad wie se huis hy sal moet afbreek om sy planne uit te voer, maar sy is ure voor hy opgedaag het, oorlede. Hy kry uiteindelik 'n afspraak met haar kleindogter, maar om 'n handtekening te kry, raak 'n hele missie.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796320025

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 200
R 180You save R 20
Zander Breedt is 'n Afrikaanse sanger. Roem het egter 'n wrang smaak - hy bid en lees Bybel, maar kry nie antwoorde nie. En sy nuwe aangetroude familielid, Anine, 'n joernalis, maak nie die lewe makliker nie. Anine word bewus van Zander se frustrasie en vrae, maar kan nie oor haar eie hartseer kom nie. Dan moet sy 'n artikel oor Zander skryf. Sy kan nie eens praat met hom sonder om haar woorde te verloor nie, wat nog te sê 'n onderhoud met hom voer.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780796321459

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 210
R 189You save R 21
Bippie se pad word onderbreek met haar onbeplande swangerskap. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer 'n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Maar die man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux. Hy het lankal besluit hy wil nooit trou nie. Toe hy en sy broer klein seuntjies was het sy ma hulle net so gelos en by die voordeur uitgestap. So hy het allerhande issues. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen en Riekert wel wil trou?
Publication date: 2019-06-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624087663

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 240
R 216You save R 24
Zoe is 'n bevryde vrou. Wel . . . soort van. Haar ma en Swietie-pie, 'n brak sonder 'n pedigree, kritiseer haar graag - verál Zoe se losloop-leefstyl. Zak, die wannabe danser, kan dalk die antwoord op almal se drome wees. Zander verskyn ook op die horison. Hy skryf moord- en doodslagboeke en is nou op sy derde vrou. 'n Man om te vermy. Maar ook 'n man wat haar verstand stil soen. Sal sy die regte besluit kan neem? Indien nie, sal sy 'n tweede kans kry om haar foute reg te stel?
Publication date: 2019-01-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624074700

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 245
R 221You save R 24
Zia doen haar bes om "funky" te lyk met tweedehandse ontwerpersklere. Maar 'n ander vrou se rok pas nie aldag aan haar lyf of in haar lewe nie.
Ouma Betta probeer van Zia 'n goeie Afrikanervrou maak sodat sy nie soos haar ma uitdraai nie. Haar kêrel verkies ook 'n ordentlike vrou wat nie skandes maak nie . Toe Zia se onderwysloopbaan ineenstort, hou Karel hom skaars.
Dan begin Zia by 'n nuwe plek met kreatiewe idees werk. Haar baas kies sy meisies om by sy dasse te pas, maar Zia kan nie ontken dat daar iets opwindends tussen hulle aan die gebeur is nie.
Publication date: 2018-02-20
Click to enlarge
Click to enlarge

8

9780639605258

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
R 200You save R 50
Wanneer Emma Louw ná 'n motorongeluk haar bewussyn in die hospitaal herwin het sy geen idee wie sy of die aantreklike vreemdeling is wat langs haar bed waak nie. Daniel Swart slaag egter daarin om haar gerus te stel: Sy is au pair vir sy seuntjie Neal en volgens die dokter is haar geheueverlies net tydelik.
Emma is geskok wanneer Daniel haar vertel dat hulle 'n liefdesverhouding het hoewel hy getroud is. Hy oortuig haar om saam met hom terug te keer na sy plaas Omdraai. Op die plaas begin Emma geleidelik grepe uit haar kinderdae onthou, maar oor haar volwasse lewe is daar steeds 'n donker sluier getrek.
Emma besef gou dat sy meer as blote fisieke aantrekkingskrag voel vir die man wat haar met soveel geduld en deernis versorg. Die emosionele verbintenis tussen hulle verdiep en omdat Emma hom vertrou, is sy bereid om sy seksuele fantasieë saam met Daniel uit te leef. Maar gaan hierdie 'n duur les wees?

Skoolgeld is die opvolg op Klaskamer en die tweede boek in 'n drieluik. BDSM is 'n sterk tema en word deur goeie navorsing gesteun. Aanhangers van 50 Shades of Grey sal Vita se boeke geniet.
Publication date: 2020-08-25
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799398427

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
R 225You save R 25
Jacomien wag al haar lewe lank op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met 'n donderknal te besef 'eendag' is hier, eendag is nóú ...
Jacomien se lewe bestaan daaruit dat sy haar man, 'n eiendomsagent, na begrafnisse vergesel om te 'netwerk' en huise wat te koop mag wees op te spoor. Dis een van die rare maniere waarop die nimlike JanKoos sy sake bedryf en goeie vrou wat sy is ondersteun sy hom daarin.
Maar Jacomien is moeg en verveeld met JanKoos en hulle manier van lewe. Sy verlaat die gesin se huis in Panorama om in 'n strandhuis te gaan bly. Haar lewe lank wag sy op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met 'n donderknal te besef dat eendag nie meer op háár wag nie. Eendag is hier, eendag is nóú. Jacomien is amper sestig en Vader Tyd is 'n ou bogger wat niemand ontsien nie. Ook die mooie Jacomien se uurglas loop leeg.
Om die kroon te span is haar twintigjarige dogter Klara begogel met haar filosofieprofessor en Jacomien, immer die 'interfering mother', se bekommernis hieroor dryf haar om nader kennis te maak met hierdie akademikus; want Jacomien dra die letsels van haar eie aaklige ervaring aan dieselfde universiteit. Een verkeerde keuse het 'n skadu oor die res van haar lewe gegooi en haar in 'n rigting gestuur waarin sy nie werklik wou gaan nie.
Maar haar hart is honger vir liefde en sy besef gister is verby, aan môre kan sy niks doen nie, maar sy kan elke dag leef asof dit haar laaste is. Want 'eendag' is nóú.
Publication date: 2019-11-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799395303

Fiksie: Liefdesromans

Fiksie  -  Liefdesromans
R 250
R 225You save R 25
'n Storie van begin, weer begin en óórbegin ...
Carla Kasselman se lewe val uit mekaar nadat haar man reg in eie hande neem, 'n onnoembare daad pleeg en die skuld op haar pak. Hy neem alles van haar af weg, eers haar babaseuntjie, en daarna pers hy haar af om hul blonde krulkopdogtertjie af te teken. Lewensmoeg en sonder hoop vlug sy na Sannasklip, 'n eenvoudige Weskusdorpie waar die eksentrieke tante Doreen haar op haar voete help.
Die lewe raak weer draaglik, en aangenaam voorspelbaar, totdat 'n weerbarstige grootwildjagter se Landie sonder brandstof voor haar voordeur gaan staan. Carla ontdek dat die lewe bestaan uit probeer en wéér probeer, en dat die liefde nie wag op 'n uitnodiging nie, maar hom ongenooid tuis maak wanneer hy so voel.
Meer as twintig jaar later sien sy weer haar dogter, maar Mignon is gebroke, verslae en sonder 'n wil om voort te gaan. Carla bring haar saam Sannasklip toe, maar sal haar verhouding, en die dorp se kalm ekwilibrium Mignon se donkerte kan absorbeer? Hoe is dit dan dat sy nie die bedorwe, depressiewe entjie mens wat net soos sy lyk, herken nie? Skuldgevoelens en verwyte verteer ma en dogter en dreig om hulle te verswelg. Is daar lig aan die einde van die tonnel? Of dalk binne Sannasklip se vuurtoring waar die aantreklike besigheidsman, Bernard Bartman, besig is om 'n restaurantkoninkryk te vestig?
Mignon ontdek dat sy meer is as die lappop wat haar pa geskep het en dat sy in staat is om lief te hê en liefgehê te word. Vergifnis word onvermydelik en die verlede se donker geheime verloor hul krag.

Elemente van die romantiese komedie, gesinsdrama én 'n buldingsroman is deel van hierdie verhaal. Dit sal aanklank vind by jonk en oud omdat temas soos verraad en verwerping tot die vroulike psige spreek. Hoewel die roman ernstiger is as die skrywer se vorige werke word dit deurtrek met Bergenthuin se heerlike sin vir humor en deernis en laat die leser nadink oor die verloop van haar eie lewe. Dit is toevallig dat die boek kort na die Steinhofskandaal verskyn, maar dit illustreer tot 'n mate die impak wat so 'n korporatiewe skandaal op die familielede van die aandadiges het.
Publication date: 2019-06-27

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.