●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●

Nie-fiksie / Non-fiction
Plants / Plante

Results 1 to 15 of 91
Sorted by:  Language
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217761

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 395
R 356You save R 39
Hierdie wetenskaplik akkurate handleiding is daarop gemik om tuiniers en tuinboukundiges te help om vetplant- en rotspesies van oral in die wêreld te identifiseer.
Publication date: 2019-12-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217846

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 450
R 405You save R 45
Southern Africa has possibly the most beautiful and diverse floral kingdom in the world, but it is also the most polluted and threatened. Agricultural production is under threat from both indigenous and alien weeds and our entire ecosystem is now being seriously threatened by these alien, invasive species.
Awareness of these weeds, the regulations involved an possible control measures have become critical factors. Things change in time, more weeds appear and the scope of this edition is extended up into more Central Africa.
Publication date: 2019-06-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307945

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Translator: Ria Crafford
Illustrator: Katie Scott
Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 450
R 405You save R 45
Botanicum is 'n pragtige volkleur boek wat 'n hele klomp raaisels om plante onthul. Hoe het die eerste plante gelyk? Wanneer het die eerste woude gevorm? Wanneer het plante begin blomme dra? Watter plante is die grootste, kleinste, vreemdste, seldsaamste, lelikste en stinkste op aarde? In Botanicum kan jy die mees eksotiese en veemdste plante bymekaar sien. Leer hoe plante al miljoene jare langer as ons bestaan en fassinerede dinge soos hoekom party plante groen is en ander nie en hoe party plante in water leef en ander in die lug hang sonder enige kontak met die grond. Kom ontdek binne Botanicum die wonderlike planteryk in sy kleurryke, verrassende glorie.
Publication date: 2017-10-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217709

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 245
R 221You save R 24
'Ek wonder watter boom dit is' - as hierdie gedagte ooit in die Krugerwildtuin by jou opgekom het, is hierdie boek vir jou bedoel.

Hierdie boek handel oor bome en is saamgestel rondom plekke in die Krugerwildtuin. Dit beskryf 51 spesies bome in ruskampe en piekniekplekke.
Wanneer jy in 'n ruskamp, by 'n piekniek of uiykykplek kom, sal die boek jou aandag vestig op merkwaardige of interessante bome wat jy daar kan vind. Die kaart aan die linkerkant van elke titelblad dui aan in watter deel van die Krugerpark die boom is - die suidelike, sentrale of noordelike streek.

Dit is eers wanneer jy die wonderlikheid van die veld sien en waardeer, wat jy wens jy het meer geweet van die bome wat gesien kan word. Hierdie boek is 'n pragtige en handige reisgenoot wat jou bekend sal stel aan die eienskappe van spesifieke bome. Dit vergesel jou op jou reis van stopplek na piekniekplek na ruskamp.

Meer as 220 pragtige foto's in volkleur, gebruikersvriendelike beskrywings van 51 spesies en spesiale anekdotes bied die leser interessante algemene kennis asook insig in die geskiedenis van die Park.
Publication date: 2017-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217648

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 390
R 351You save R 39
Die eerste volledige streekgids oor die inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom.
Beskrywing van meer as 170 spesies inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom georden volgens FSA-nommer
Familie- en genusbekrywings van die boomspesies
Oorsprong en verklaring van wetenskaplike name en die beskermingstatus van bome
Afrikaanse streekname wat 'n ryk taal- en kultuurerfenis verteenwoordig
Boomname in Afrikaans, Engels en / of in Setswana of isiZulu
Meer as 350 kleurfoto's
Interessante boomstories, ekologiese inligting en allerlei nuttige praktiese wenke oor die gebruik en aanwending van inheemse bome
Opgedateerde wetenskaplike en gewone name.

OMVANG: 416 bladsye
FORMAAT: 210 x 148 mm
Hardeband, volkleur
Publication date: 2017-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217563

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 315
R 284You save R 31
Veld is 'n lewensbelangrike natuurlike hulpbron vir ons aardse bestaan. Sowat 80%; van ons mooi land bestaan uit veld. Die grootste deel daarvan word vir vee- en wildboerdery asook vir bewaring van biodiversiteit en vir ontspanning gebruik. Goeie veldbestuur is nodig om grondagteruitgang te stuit en om volhoubare voedselproduksie en bewaring van biodiversiteit te verseker. Maar goeie veldbestuur berus op 'n goeie kennis van ekologiese beginsels en veldbestuurspraktyke, iets wat baie grondgebruikers nie beskore was om te verkry nie. Dié boek poog om die nodige kennis te verskaf om grondgebruikers te help om die grond in hul sorg doeltreffend te bestuur - inderdaad 'n reuseverantwoordelikheid.

Die insluiting van meer as 380 foto's en illustrasies en die gebruik van maklik verstaanbare taal in Veldbestuur - Beginsels en Praktyke is daarop gemik om die taamlik tegniese onderwerp te vereenvoudig. Inhoud:
Hoofstuk 1 is 'n inleiding tot die onderwerp en sluit ook belangrike wetgewing in.
Hoofstuk 2 bespreek die natuurlike hulpbronne, soos grond, plantegroei en water, waaroor ons tydens veld- en grondbestuur beheer uitoefen.
Hoofstuk 3 handel oor ekologiese beginsels, met afdelings oor basiese ekologiese prosesse, die rol van plante en diere, en grondagteruitgang.
Hoofstuk 4 bevat al die belangrike praktyke soos eiendomsbeplanning, weidingstelsels, brandbestuur, die beheer van ongewenste plante en nog veel meer.

Bladsye: 256 pages
Formaat:
Publication date: 2016-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217426

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 410
R 369You save R 41
(Derde Hersiene Uitgawe)
Benut ons Inheemse Bome is waarskynlik die nuttigste en mees praktiese boek wat oor die onderwerp in Suid-Afrika gepubliseer is. Dit is gebaseer op n reeks artikels wat oor n periode van twee jaar in die tydskrif Farmers Weekly verskyn het. Honderde versoeke van lesers dat die inligting in boekvorm beskikbaar gestel moet word, het tot hierdie publikasie gelei. n Volledige spesiebeskrywing, kenmerke waaraan die boom uitgeken kan word, blom- en dratye, natuurlike verspreiding en habitat. Die ekologiese rol en benutting deur soogdiere, voëls en insekte. Ekonomiese waarde en gebruik deur die mens in tuine, op plase en elders as n bron van voedsel, vesel en medikasie. Eienskappe van die hout en die benutting daarvan deur die mens. Duidelike riglyne oor die ent en kweek van elke boomsoort. n Kaart wat die natuurlike verspreiding van elke boomsoort in Suid-Afrika, Swaziland en Lesotho aandui. Meer as 750 volkleur fotos wat met sorg uitgesoek is om die teks te komplimenteer en te illustreer. Die boek bevat ook n inleidende afdeling oor die kweek van bome deur saad, steggies en stamsteggies; n tabel wat boombenutting deur diere, voëls en insekte saamvat; bronverwysings; en n indeks van algemene en botaniese name.Hierdie waardevolle werk behoort op die boekrak van elke tuinier, boer, natuurliefhebber, boomkweker, bosbouer en natuurbewaarder trouens enigeen met n liefde en waardering vir bome.
Publication date: 2016-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217396

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 395
R 356You save R 39
Gids tot die aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoë gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieël die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat:

- Volledige beskrywings van al 155 spesies wat tans deur aalwynkenners erken word, met inligting oor kenmerke waarvolgens die plante geïdentifiseer kan word, blomtyd, habitat en geografiese verspreiding, bewaringstatus, oorsprong van die wetenskaplike name, en volksname, asook algemene riglyne vir die kweek van die plante, en inligting oor hul tradisionele gebruike.
- Meer as 400 kleurfoto's wat die habitat en groeivorm aantoon, sowel as nabyfoto's van die blomme en blare.
- Verspreidingskaarte van al die spesies, as 'n verdere hulpmiddel vir identifisering.
- 'n Gebruikersvriendelike klassifikasiestelsel wat die aalwyne in 12 groepe verdeel, hoofsaaklik aan die hand van hul groeivorms.
- Inleidende hoofstukke wat die fokus plaas op aalwynagtige plante (wat met aalwyne verwar kan word); medisinale, kosmetiese en tonikumgebruike; bewaring; kweking en vermeerdering; tuinmaak en landskapontwerp met aalwyne; hibriede en kultivars, plae en siektes; en verwantskappe en genuskonsepte.
- 'n Geïllustreerde woordelys van plantkundige terme, indeks tot die wetenskaplike en volksname, asook 'n literatuurlys vir verdere leeswerk.

Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770079120

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 490
R 441You save R 49
Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto's en 'n nuwe seksie van 87 bladsye met foto's van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld.

Suider-Afrika het 'n ryk verskeidenheid bome, met sowat 2 100 inheemse en meer as 100 genaturaliseerde uitheemse spesies. Veldgids tot bome van Suider-Afrika beskryf en illustreer meer as 1 000 hiervan, met die klem op die algemeenste bome en dié wat waarskynlik die meeste teëgekom word. Spesies is op grond van maklik waarneembare blaar- en stingelkenmerke logies in 43 groepe gerangskik, elke inskrywing met volkleurfoto's van die diagnostiese dele van die plant. Praktiese gebruike van die plante word ook genoem.
Publication date: 2013-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217365

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 295
R 266You save R 29
Die fynbosstreek is een van die skouspelagtigste uiteenlopende plekke op Aarde. Dit is nie 'n ligtelike bewering nie. Wanneer mens die verskeidenheid insekte asook vars- en seewaterspesies wat ook met die Kaap assosieer is, in aanmerking neem, mag hierdie brandpunt een van die warmste ter wêreld wees.

Dit is verwarrend uiteenlopend, met 'n verskeidenheid kleinskaalhabitats, van vleilande in die laagtes tot sypelings in die berge en unieke grond-, voedings-, aspek- en reënvaltoestande, wat almal saamspan om hierdie verskeidenheid te onderhou en te dryf. Fynbos is 'n plantegroeitipe wat by vuur aangepas is (net soos grasvelde en savannes), en benodig vuur om voort te bestaan: sonder vuur sal die plantegroei te dig raak en verouder, bome sal daarin slaag om die stelsel binne te dring en te oorheers, en mettertyd sal kosbare voedingstowwe wat deur vuur vrygestel word en waarvan die stelsel afhanklik is om te verjong, nie meer beskikbaar wees nie.

Hierdie boek is 'n gids om besoekers, inwoners, bestuurders of eienaars van grond in die Fynbosbioom te help om dié uitsonderlike rykdom te waardeer en te bestuur.


Formaat: 240 x 210 mm
Bladsye: 262
Sagteband, meer as 250 volkleurfoto's


DIE REDAKTEURS: Karen J. Esler is professor in die Departement Bewaringsekologie & Entomologie, Universiteit van Stellenbosch, Suid-Afrika.

Shirley M. Pierce, PhD, is 'n plantekoloog en wetenskap-kommunikasiekonsultant.

Charl de Villiers is 'n omgewingskonsultant met 'n ywerige belangstelling in biodiversiteit en ekostelsel-gebaseerde bestuur.
Publication date: 2013-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770078321

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 260
R 234You save R 26
Vir die beginner kan die groot aantal boomspesies wat in Suider-Afrika voorkom - sowat 1 700 inheemse en ingevoerde spesies - oorweldigend wees. Hierdie nuutste toevoeging tot die Watter?- reeks help met hierdie probleem deur die aanskoulike, algemene, opvallende en soms buitengewone spesies in terme van hul 'familiegroepe' te beskryf. Kennis van die boomfamilies help met die herkenning van verwante bome se gemeenskaplike kenmerke en ook die eienskappe waaraan spesies van mekaar onderskei word.

Die boek bied:
- Talle volkleurfoto's van die diagnostiese kenmerke van bome;
- Opsommings van groepkenmerke in verstaanbare taal;
- 'n Geïllustreerde woordelys van plantdele;
- Notas met interessante bykomende inligting.

Alle boomliefhebbers, veral beginners, sal hierdie boek baie nuttig vind.
Publication date: 2013-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217013

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 345
R 311You save R 34
Suid-Afrika het 'n ryk flora van nagenoeg 19 000 verskillende spesies blomplante. Heelwat hiervan, veral proteas, gerberas, bloulelies en clivias, is vandag internasionaal bekend, terwyl die helderkleurige blomme van freesias, nerinas, sparaxis en tjienkerientjees gunstelinge in tuine regoor die wereld geword het. Duisende besoekers word elke jaar na die skouspel van lenteblomme in Namakwaland en die Wes-Kaap gelok. Vir die wat meer van Suid-Afrika se veldblomme wil weet, hou hierdie rykdom sy eie probleme in. Die meeste veldblomgidse dek nie veel meer as net klein dele van die land nie en die ander sluit weer te min spesies in om van veel waarde te wees. Veldblomme van Suid-Afrika is daarop gemik om hierdie tekortkominge uit die weg te ruim. Met sorg saamgestel om die veldblomme in te sluit wat waarskynlik die meeste aandag sal trek, dek hierdie landwye gids byna 900 van die mees algemene en opvallendste veldblomme wat in Suid-Afrika en die buurlande Lesotho, Swaziland en Namibie voorkom. Die keuse van spesies is die resultaat van die skrywer se baie jare ervaring in die veld. Die gebruiker-vriendelike formaat verdeel die land in drie hoof- veldblomstreke, Grasveld en Savanne, Fynbos en Namakwaland, met die spesies in elke streek gegroepeer. 'n Kitsgids verminder die opsies met een oogopslag. Elke spesie word geillustreer en beskryf, met inligting oor die volksnaam en wetenskaplike naam, habitat, blomtye en plaaslike gebruike. Soortgelyke spesies word bymekaar geplaas om vergelyking te vergemaklik en verskille word kortliks uitgewys. Geskryf en geillustreer deur professionele persone met wye ervaring van gidsboeke, is Veldblomme van Suid-Afrika die sleutel tot die ontsluiting van Suid-Afrika se veldblom-erfenis.
Publication date: 2012-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217341

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 350
R 315You save R 35
Hierdie Boek deur Fritz van Oudtshoorn gee reeds vir die afgelope aantal jare die pas aan as die beste publikasie vir gras identifikasie. Dit is 'n volkeur sagteband uitgawe en letterlik alle pioniers grassoorte kan deur die boek se leiding geidentifiseer word.
Publication date: 2012-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781770078741

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 260
R 234You save R 26
Sedert 1984, toe die heel eerste uitgawe van Die Suid-Afrikaanse Watter Blom is Dit? gepubliseer is, was hierdie boek vir Suid-Afrikaanse tuiniers (of voornemende tuiniers) die naslaanwerk van keuse wat blomidentifikasie betref. Nou, heeltemal hersien en opgedateer deur Professor Gideon F Smith, verskyn hierdie nuwe, vierde uitgawe 15 jaar na die afsterwe van die oorspronklike outeur, professor Kristo Pienaar.
Publication date: 2011-10-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920217280

Nie-fiksie / Non-fiction: Plants / Plante

Nie-fiksie / Non-fiction  -  Plants / Plante
R 235
R 212You save R 23
17 van ons land se voorste boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om 'n plaas hier te koop.

In die volksmond verwys 'bos' na 'n houtagtigheid wat in samestelling, digtheid en hoogte verskil.
Publication date: 2010-07-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.