Discount only on online purchases
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177177

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
R 200You save R 50
Dié derde bundel van Marais ontgin opnuut bekende temas uit die digter se oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in SA, dikwels met 'n vlymskerp humorsin en 'n nog skerper visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in 'n eenheid wat neig na 'n naamlys, 'n portretuitstalling en selfs na 'n register van herinneringe. Met dié verse vestig Marais hom as een van die mees behendige beoefenaars van die hedendaagse digkuns.
Publication date: 2019-04-04
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178624

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 250
R 200You save R 50
op weg na kû is in vele opsigte 'n gesamtkunstwerk, soortgelyk aan Katalekte in 2012. In die woorde van Andries Visagie: 'Dit word 'n sintese van artistieke talent sonder weerga. Al die elemente in Breytenbach se literêre arsenaal - die voëls, die honde, die maan, die liefde, ballingskap, die metapoëtiese nadenke oor die woord en skryf - is hier aanwesig. Opnuut kan 'n mens net in verbystering staan oor die oorweldigende digterlike idiolek wat die skrywer ontwikkel het.'
Publication date: 2019-03-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310204

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 160
R 144You save R 16
Grondwater sluit aan by die vorige bundels van die gevestigde digter Marlise Joubert, maar het 'n boustof wat getuig van 'n nuwe stel lewenservaringe wat dit laat affilieer by die groeiende tradisie in Afrikaanse laatwerk. Dit is 'n bundel wat spreek van die spreker se terugblik op 'n leeftyd, die besef van eie sterflikheid en die ontginningsproses van die biologiese en psigologiese wortels van die mens, van die impak van ouerfigure en veral van die gestorwe moeder.
Publication date: 2019-02-22
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426349

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 175
R 158You save R 17
Hierdie Namibiese digter maak weer eens opspraak met sy vyfde digbundel. Dit word beskryf as 'n voortsetting van 'n binnewaartse reis op soek na die grense wat sy werklikheid omlyn. Beelde uit Lombard se Namibiese leefwêreld suggereer dat die onsegbare dikwels tussen woorde en in leë spasies skuil; dat die ware God hom verskans tussen vele ander gode.
Publication date: 2018-12-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426288

Fiksie: Poësie

Translator: Cas Vos
Fiksie  -  Poësie
R 240
R 216You save R 24
• Die Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri (1265-1321) se driedelige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit.
• Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans.
Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan en hy vertaal al die Latynse himnes op 'n indrukwekkende wyse.
• Die leser word uitgenooi om die reis na die Paradiso onder die klank van sange en lieflike beelde te onderneem. 'n Youtube-opname deur Hennie Maas van beeld en klank vergesel die bundel. Die uitmuntende akteur Dawid Minnaar lees dele uit die vertaling voor. Die opname laat die leser van Il Paradiso die tersines visueel en klankryk ervaar.
Publication date: 2018-11-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178143

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 245
R 221You save R 24
In dié vertaling van Alfred Schaffer se bekroonde Nederlandse bundel, Mens dier ding, ondersoek die digter die mite van Sjaka Zulu deur dagboekinskrywings, monoloë, briewe en dagdrome. Sjaka word vergestalt as 'n kleurryke figuur; die mites rondom sy geskiedenis word op die kop gedraai en ondermyn, en eindelik, soos almal van ons, word hy akteur in sy eie lewensverhaal. 'n Poëtiese kragtoer, en 'n hoogtepunt ter plaatse dat dié vertaling deur Zandra Bezuidenhout in Afrikaans sal beskikbaar wees.
Publication date: 2018-11-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426516

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 275
R 248You save R 27
Although Olga Kirsch's is the only Jewish voice in Afrikaans poetry, it is scarcely known among members of the South African Jewish community. Olga Kirsch was, after Elisabeth Eybers, only the second woman to publish a collection of poetry in Afrikaans.
The aims of this biography are to reverse this slide into obscurity and to show why her work is important not only in South Africa but also in Israel.

It does not only investigate Kirsch's role as Afrikaans Jewish poet but also examines her as an example of a cross-cultural, multi-lingual immigrant poet. As such some of her English and Hebrew poetry are included in this work.
Publication date: 2018-10-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309567

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 175
R 158You save R 17
Corlia Fourie se debuutbundel Die goeie vrou en ander mites is 'n versameling toeganklike, pretensielose verse met 'n sterk anekdotiese inslag. Die meeste daarvan is satiriese verse wat getuig van 'n fyn intelligente, deurdagte en genuanseerde beleweniswêreld. Die gedigte word in vyf afdelings verdeel. In die eerste afdeling “Die goeie vrou” vind die leser portretstudies van bepaalde vroue, die tweede afdeling “Tuis en uit” handel meestal oor huislike ruimtes, die derde afdeling “Die wye wêreld in” bevat meestal reisverse, die voorlaaste afdeling “Bloeityd” handel oor die digter se kinderjare en latere siekte (kanker) en die slotafdeling “Kierang en ander hebbelikhede” bevat verse wat sosiale kommentaar lewer op die breër gemeenskap.
Publication date: 2018-09-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085614

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 200
R 180You save R 20
Asof geen berge ooit hier gewoon het nie is 'n opwindende en verweefde debuut uit 'n jong digter se pen. Met 'n eietydse en aktuele aanslag skryf Odendaal oor die politiek van verskil in 'n multikulturele samelewing, die natuur en ons ekologiese voetspoor, verganklikheid, menswees, die liefde, asook die onlangse studentepolitiek. Ten einde vra hy: Re mang? Wie is ons? En wie is hulle?
Publication date: 2018-08-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308959

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 170
R 153You save R 17
Willie van der Merwe se debuutbundel handel oor religieuse ontnugtering, geklee in vele vorme, en is 'n verkenning van die eksistensiele vakuum soos selde tevore in Afrikaans. Die titel sinspeel op die eenvoudige kwaliteite van die alledaagse mens aan die een kant, maar aan die ander kant op die fisiese en geestelike dood wat as goue draad deur die bundel loop. Die dualisme tussen skoonheid en weerloosheid word van meet af aan ondersoek en die gebroke werklikheid van die digter se ervaringswêreld word treffend verbeeld. Dit is 'n donker bundel vol swart humor, wat die weersin van erotiek en oorlog op skrydende en dikwels ironiese wyse verwoord. Dit eindig egter met 'n evangeliese optimisme: met van die mooiste liefdesgedigte wat nog in Afrikaans verskyn het.
Publication date: 2018-08-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307969

Fiksie: Poësie

Translator: Henning Pieterse
Fiksie  -  Poësie
R 295
R 266You save R 29
AGTERGROND
Michel Houellebecq, wie se poësie as melankolies, pynlik selfbewus en bytend satiries teenoor die lewe en die verbruikersamelewing beskryf kan word, is al die “Baudelaire van die supermark”, of “Baudelaire gekruis met Philip Larkin” genoem. Benewens die liriese en melancholiese aard van sy werk, is talle van die sy gedigte ook uiters kompleks weens die diep en ryk filosofies-teologiese en kosmologiese idees wat dit onderlê.

Ek het op die rivier gedobber
Naby die Italiaanse karnivore
In die oggend was die gras vars,
Ek het koers gekry na die goeie.

Die bloed van klein soogdiere
Is nodig vir balans,
Hul beendere en hul ingewande
Is die voorwaardes vir 'n vrye lewe.

'n Mens vind hul weer onder die gras,
Jy hoef net die oppervlak te krap
Die plantegroei is manjifiek,
Dis so kragtig soos die graf.

Ek het tussen die wolke gedryf
Absoluut desperaat
Tussen die hemel en die slagting,
Tussen die abjekte en die eteriese.
Publication date: 2018-05-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426110

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 175
R 158You save R 17
Fransi Nieuwoudt is 'n bekende meta-moderne kunstenaar van Lichtenburg. Sy verwerf Golden Key International Society-lidmaatskap in 2002 en 'n honneurs-graad in Media Studies aan die Universiteit van die Vrystaat in 2004. Die omslagontwerp van die bundel sowel as die beelde binne in is gebaseer op haar eie kunswerke. Hierdie bundel voer aan dat woord en beeld interverweef is en bied aan die leser 'n unieke en kunssinnige leeservaring.
Publication date: 2018-05-05
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309659

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 170
R 153You save R 17
Kitaar my kruis is vir die eerste keer in 1962 deur H.A.U.M. gepubliseer, en die tweede uitgawe het sewe herdrukke beleef. In sy huldeblyk getiteld “Die Groot Small”, gelewer te Stellenbosch op 7 Maart 2006 (op LitNet beskikbaar), maak Steward van Wyk die volgende opmerkings oor Small se werk:
'n Deurlopende tema in Small se werk is die uitbeelding van die wel en wee van die onderdruktes en die werkersklasgemeenskap onder die beleid van apartheid. In die digbundels Kitaar my kruis en Sê Sjibbolet loods hy 'n fel aanval op kwessies soos gedwonge verskuiwing, rasseklassifikasie en -diskriminasie en aparte geriewe. Hy maak veral gebruik van satire om die onhoudbaarheid van die stelsel en die valse waardes van gesagsfigure uit te wys.
Small se identifikasie met sy karakters vind neerslag in sy gebruik van Kaaps - volgens hom 'n volwaardige taal waarin mense hul eerste skreeu en hul laaste doodsroggel gee. Wat in heelparty gedigte opval, is die gebruik van refreine en herhaling, wat as 't ware die gemeenskap se vrese waarskuwings en aanklagte van die tyd eggo (Van Wyk, 2006). Verder is daar 'n sterk Ou Testamentiese inslag, maar ook talle verwysings na die geboorte en wederkoms van Christus. Volgens Van Wyk word dié gegewe op die lotgevalle van onderdruktes van toepassing gemaak, oa die geskiedenis van Moses en die Israelitiese volk onder Egiptiese slawerny: Soos Moses met sy staf, moet die digter met sy kitaar sy mense lei, maar omdat die taak so moeilik is, word die kitaar ironies ook sy kruis. Só lui die openingsgedig byvoorbeeld:
Publication date: 2018-04-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426066

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 175
R 158You save R 17
Hierdie is 'n opvolg van die nou reeds onontbeerlike en uiters suksesvolle digbundel Knapsekêrels.
Dit bevat toeganklike gedigte vir alle lesers.

Wye dekking in gedrukte sowel as digitale media
Publication date: 2018-04-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928426080

Fiksie: Poësie

Fiksie  -  Poësie
R 175
R 158You save R 17
Hierdie is Koos Kombuis se eerste gedrukte digbundel in meer as twintig jaar.
Hy is van plan om enkele van die gedigte in hierdie bundel te toonset en dit dan, as promosie vir die bundel, te sing by die talle eenmanskonserte wat hy gedurig in Suid-Afrika doen.
Die bundel is lig en humoristies, met 'n subtiele geestelike element.
Toeganklike poësie vir lesers in alle belangstellingsvelde.
Publication date: 2018-04-12

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.