Fiksie
Romans

Results 1 to 15 of 439
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485903680

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 230
R 184You save R 46
Speurders Storm van der Merwe en Andreas Moerdyk is terug. Storm werk nou in Hermanus en tydens ʼn ete saam met ʼn vriendin in Zebardines, ʼn spoggerige restaurant, slaan ʼn gehate kosblogger dood neer. Dit blyk dat daar giftige sampioene in haar kos was.

Dis maar net die begin van Storm se probleme. Haar oudkollega, Andreas Moerdyk, daag sak en pak op haar drumpel op. Hy het bedank en kom soek ʼn nuwe heenkome in Hermanus. Terwyl al die restaurante in die omgewing reg maak vir fooddotcom, ʼn restaurant- en koswebtuiste, se toekenningsaand, waar die beste sjefs in die land vereer word, eis die moordenaar nog slagoffers.

Gaan Storm daarin slaag om die moordenaar vas te trek voor haar tyd uitloop?
Publication date: 2018-03-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084303

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
R 192You save R 48
Jana is net drie jaar oud toe haar ma spoorloos verdwyn. Op die Bolandse wynplaas Stormkloof treur KleinStorm oor sy pragtige vrou. Jana verlang ook na haar ma. Snags roep die wind haar buitentoe, maar Jana is nie bang vir die storm nie. As sy mooi na die wind luister, hoor sy die soet, hoë note van haar ma se fluit. Een so 'n stormnag ontmoet Jana vir !X'uri. !X'uri het gekom omdat dit tyd is om Jana se ma te soek.
Publication date: 2018-02-28
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485903550

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 176You save R 44
Leon van Nierop se blitsverkoper Plesierengel verskyn twintig jaar gelede en dit is in hierdie boek waar duisende lesers vir Tristan Hansen ontmoet, 'n engel van plesier, 'n manlike prostituut waarvoor Johannesburg se rykste vroue duisende rande betaal.

Dit is egter nie die volle verhaal nie: hoe het die enigmatiese Tristan tot hier gekom? In Katelknaap kry die leser 'n blik op die vroue wat hom gevorm het en van genot geleer het. Veral saam met een vrou, ver weg in Positano, 'n dorpie in Italië, kon hy hom loswikkel van die beklemming van sy konserwatiewe ma wat hom ná sy pa se selfmoord alleen grootmaak.

Maar dit was ook nie die laaste beklemming nie. Op die vooraand van Tristan se 27ste verjaardag vind ons hom in sy luukse dakwoonstel in Maboneng, onrustig ná 'n vreemde foonoproep vol dreigende stilte. Terwyl hy kan voel hoe hy deur 'n verkyker dopgehou word en dat die afloerder met iets anders as begeerte na hom kyk, reik sy herinneringe terug na gelukkiger dae in Positano, en na sy opleiding in die kuns van liefdemaak.
Publication date: 2018-02-19
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307303

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
Rudolf Dreyer en sy gesin steier nog onder die geweld van Moordkoppie. Buks is vermoor. Oupa Helgaardt Dreyer is vermoor. Terwyl hulle probeer herstel van die smart, gaan die laer gebuk onder ander moeilikhede: masels en 'n verwoestende haelstorm. Dit voel vir Rudolf asof die Nuwe Land sy rug op hulle gekeer het. En hy wankel in sy geloof. 'n Hewige konfrontasie met die Zoeloes volg waarin in elke man, vrou, bejaarde en jong kind moet veg. Die Zoeloes word net-net afgeweer, maar dit berei die weg vir die volgende en grootste geveg nog ooit: Die geveg by Bloedrivier.
Publication date: 2018-02-13
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624084983

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 240
R 192You save R 48
'n Verhaal wat die kruis van outisme genadeloos oopvlek. Sentraal in hierdie aangrypende gegewe staan twee onvergeetlike vrouekarakters: Ingrid Dorfling, ma van Alexander, wat die grense van wanhoop oorskry in haar verbete stryd om die kind wat hulle gesinslewe ontwrig 'mens' te laat word. En in die proses omtrent alles wat kosbaar is, verloor. Parallel met Ingrid staan Miriam - oppasma - wat met haar kinderlike godsvertroue en aardse wysheid die enigste is wat tot 'Boetatjie' kan deurdring.
Publication date: 2018-01-22
Click to enlarge
Click to enlarge

14

9780639911014

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 275
R 220You save R 55
Carl Lourens keer terug na Kaapstad se Noordelike Voorstede om sy jonger broer te red uit die kloue van Die Dieretuin:

Maxie Tredoux, die vrou met die styfgetrekte gesig
haar seun Leo met sy liefde vir geweld
en haar dogter Mandie met die speelse, onrustige geaardheid.
Niks gaan maklik en eenvoudig wees nie, besef Carl toe hy by die Tredoux se nuwe onheilighede ingeruk word. En dinge raak self snog erger toe die meisie op wie hy verlief is ook by die spel betrokke raak.
Publication date: 2017-12-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624054672

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
R 59You save R 211
Die fassinerende verhaal van 'n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950's in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing.
Publication date: 2017-12-17
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798170475

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 290
R 59You save R 231
Ná die verbrokkeling van sy verhouding vestig die kunstenaar Niek Steyn hom in Kaapstad. Wanneer een van Marthinus Scheepers se varke in Niek se tuin beland, raak hulle bevriend.  Charelle Koopman, Niek se loseerder, verdwyn eendag, en 'n welaf kunstenaar maak 'n verdagte aanbod op Niek se huis. Op Stellenbosch skryf 'n vrou met 'n haaslip 'n monografie oor die kuns van die Olivier-broers, en word op 'n dag ooggetuie van 'n moord. Kort hierna nader 'n holwangkêrel haar met 'n vreemde voorstel.


Ingrid Winterbach is 'n veel-bekroonde skrywer. Sy het al meermale die Hertzogprys, die M-Net-prys en die UJ-prys ontvang. Winterbach se romans het al in Nederland en Amerika verskyn en 'n Franse vertaling van Karolina Ferreira verskyn binnekort. Sy woon in Stellenbosch en is ook 'n beeldende kunstenaar.
Publication date: 2017-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485303992

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 250
'n Spieël is 'n vreemde ding, want in 'n spieël leef 'n koue leuen; alles is andersom, verkeerdom en plat. Regs is links en links is regs. 'n Spieël lieg, dink hy, want jy kan jouself nie regtig sien nie, nes mens jouself nie kan kielie nie. Tensy jy natuurlik 'n soort aap is, dan kan jy jouself kielie. En lag.
Maar Dolf Eksteen lag nie. Daar's min rede die laaste tyd om te wil lag.

Joe Minnie se lewe raak verweef met dié van een van die rykste besigheidsmanne in die land. Sy opdrag is om Dolf Eksteen met sy lewe te bewaak. Dolf se weelderige bestaan word versuur deur bedelbriewe, afpersboodskappe en doodsdreigemente, en die beeldskone Belinda Eksteen, 'n opkomende vermaaklikheidster, is soos 'n emosionele en finansiële tikkende tydbom aan sy sy.

Met 'n rolverdeling wat 'n deursnit van die Suid-Afrikaanse gemeenskap bied - die onaantasbares, die onderdruktes, die onderduimses - word Spieëlbeeld 'n intense en meesleurende, psigologiese karakterstudie wat nog vir lank by die leser sal spook. 'n Wêreldklas spanningsverhaal waartydens die leser die speurder is.

OOR DIE OUTEUR
Franz Marx is 'n bekroonde akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger met verskeie films, televisiereekse, enkeldramas en minireekse agter sy naam. Hy is ook die skrywer en vervaardiger van Suid-Afrika se eerste sepie, Egoli: Plek van Goud. Sy talle toekennings sluit in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se SAUK-prys vir Televisiedramas vir die draaiboek van Die buitestaander (1986), asook die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se Erepenning vir Rolprentkuns (1995).
Publication date: 2017-11-17
Click to enlarge
Click to enlarge

1

9780798176903

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 190
R 152You save R 38
Bennie moet ring koop. En nie sommer 'n hierjy-ring vir sy Alexa nie. Hoe op aarde moet hy nou dít bekostig? Dan word 'n vroueliggaam gevind en sy word Bennie en Vaughn se probleem toe daar besef word sy's 'n buitelander: Alicia Lewis, 'n kunskenner op die spoor van 'n ou skildery. Wanneer Lithpel Davids die naam Billy de Palma in Alicia se skootrekenaar vind, weet Vaughn daar's gróót fout. Want hy ken vir Billy, en Billy is bad, bad news . . .
Publication date: 2017-11-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795708213

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 280
Jak Stapelberg word die pos van hoofbestuurder van die Sonderkloof-myn aangebied, mits hy doen wat Manfred Steyner vra.
En Jak stem in, want as hy eers die werk het, kan hy die opdrag mos weier. Maar niemand hou rekening met die eintlike magte wat Jak se aanstelling bewerk het nie.
'n Sindikaat wat goud steel, verg Jak se aandag. En so ook Tess, Manfred se begeerlike vrou . . .
Gierigheid en wraak heers op die goudvelde van die 1960's in dié vertaling van Wilbur Smith se Gold Mine.
Publication date: 2017-11-08
Click to enlarge
Click to enlarge

9

9780795801471

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 220
R 176You save R 44
Hans loop op 90 nié met 'n loopring nie. Sy orige kinders maneuvreer hom vanuit hul tuistes oorsee uit sy lekker ou huis en in Huis Madeliefie in, maar Hans skop nog kliphard, en gou lei hy 'n ouetehuisopstand teen die onhoudbaar drakoniese matrone. Dis daggakoekies, ontkleedansers en vet sports net waar jy kyk in hierdie hoogs komiese roman oor oudword op eie terme.
Publication date: 2017-11-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799386110

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en 'n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.
Almal wat kom soek het na 'n diamant so groot soos 'n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan 't sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.
Hieruit groei die verhaal van 'n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog 'n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.
Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van 'n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?
Hans du Plessis is 'n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra - hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.
Publication date: 2017-11-07
Click to enlarge
Click to enlarge

11

9780799386141

Fiksie: Romans

Fiksie  -  Romans
R 270
R 216You save R 54
Hoë politici sweer saam om Suid-Afrika in 'n diktatorskap te dompel. Die armes het genoeg gehad en kom in opstand. Die land brand. Mense vir wie Thys Krige omgee, kry seer. Iemand moet daarvoor boet.
Hierdie keer word hy betrek by korrupsie en komplotte op regeringsvlak. 'n Korrupte president speel in die hand van buitelandse moondhede met imperialistiese ambisies wat 'n voet in die deur soek. Sagte kolonisasie, noem mens dit. Staatskaping noem die media dit. Die tentakels daarvan al so diep in die struktuur van mense in sleutelposte dat niemand meer seker is wie betrokke is en wie vertrou kan word nie. In sulke gevalle protesteer mense gewoonlik. Hulle kan byvoorbeeld so aggressief gemaak word dat hulle mekaar begin uitroei. Traangas word gedokter met dwelms wat ten doel het dat mense mekaar te lyf gaan. Grootskaalse chaos maak 'n land onregeerbaar. Dryf die mense se frustrasie tot breekpunt. Sweep hulle teen mekaar op. Maar daar is maniere om hulle stemme stil te kry.
In Krige se stryd het drie vroue deel van sy wêreld geword: sy halfsuster, 'n gestremde IT-spesialis en 'n genie wat die donkerweb met die donkerbewuste in die mens se psige in verband bring. Al drie gaan gebuk onder pyn en trauma, soos Krige, en vir al drie ervaar hy iets wat aan liefde gelykgestel kan word.
“Hy voel die wonderlike pyn wegsak, diep in, dieper, dieper, tot dit sag word en tot rus kom op die koue en harde ding in hom.”
Publication date: 2017-11-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306825

Fiksie: Romans

Translator: Fanie Olivier
Fiksie  -  Romans
R 250
In België loop die negentiende eeu ook ten einde. Elisabeth, die dogter van die smid, trou met die jong dokter, Guillaume Duponselle. Dit sal nie 'n gelukkige huwelik word nie. As Elisabeth agt maande later aan 'n tweeling geboorte skenk, is die eersgeborene 'n pragtige seun, Valentyn. Die tweede kind is so mismaak dat Guillaume weier om hom 'n naam te gee. Tog bly Naamloos lewe. Omdat sy voorkoms sy vader en die dorpenaars ontstel, gaan Naamloos gesluierd deur die lewe. Dan tree die Eerste Wêreldoorlog op die toneel.
Van kant gemaak vertel 'n broeierige verhaal vol dorpsgefluister. Vir almal verloop die toekoms anders as wat hulle verwag.

OOR DIE OUTEUR
Kris van Steenberge (1963) is (toneel)skrywer, regisseur en dosent. Stories van sy oupa, wat by hulle ingewoon het, oor die “Groot Oorlog” vorm die kiem vir sy debuutroman Woesten. Sy tweede roman, Blindelings, het in 2016 verskyn.

OOR DIE VERTALER
Fanie Olivier is 'n bekende Afrikaanse digter en akademikus, maar ook joernalis en regsgeleerde. Hy het ses digbundels gepubliseer en was die samesteller van drie ander, waarvan Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte reeds vyf uitgawes gehad het. Die Nederlandse Reina Prinsen-Geerligsprys is aan hom toegeken vir die manuskrip van sy eerste, gom uit die sipres. Naas sy studiejare in Utrecht, het hy ook vir die grootste deel van sy akademiese loopbaan kontak met Nederlands behou as dosent in Nederlandse letterkunde. Hy het in hierdie proses heelwat Nederlandse poësie vertaal, maar dit nooit gepubliseer nie. As deel van sy werk as besoekende professor by die Adam Mickiewicz-universiteit in Pole tussen 2004 en 2016, het hy ook begin met 'n projek om Poolse gedigte saam met studente in Afrikaans te vertaal.
Naas enkele vroeëre gepubliseerde vertalings uit Engels, was hy ook verantwoordelik vir die vertaling van J.M. Coetzee se Disgrace.
Publication date: 2017-11-06

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development