●●● R50 delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799358650

Kinders: Kleuters

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Ed Eaves
Kinders  -  Kleuters
R 150
'n Prettige uitstappie na die winkels
Inkopies saam met Mamma? Dis vervelig! Maar by die supermark ontdek Philip onverwags 'n fantastiese wonderwêreld ...
Want hierdie is nie sommer 'n gewone supermark nie - en met 'n hele trollie vol diere op die inkopielys, het Philip hope pret tussen die rakke!
Kinders sal versot wees daarop om nuwe dieremaats te maak in hierdie lawwe, lawaaierige prenteboek.
Publication date: 2019-11-04
Click to enlarge
Click to enlarge

14

9781928446217

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 80
R 64You save R 16
Vandag is Albertus kwaad. Hanno, sy jonger boetie, het hom baie kwaad gemaak. Gelukkig is pappa daar om die gemoedere te sus. Regtigwaar, dit is nie maklik om 'n ouboet te wees nie.
Publication date: 2020-02-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446224

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 80
Vandag is Albertus se verjaardag maar hy wil nie groot word nie! Hy besluit om weg te kruip sodat niemand hom kan gelukwens nie. Maar sonder 'n verjaardag ... sonder 'n koek ... sonder geskenke ... Hy begin nou wonder ... Miskien is dit tog nie só sleg om groot te word nie!
Publication date: 2020-02-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446231

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 80
Vandag neem oupa Takbok vir Albertus en sy maatjies op 'n uitstappie! Hulle sien al die hele week na hierdie dag uit, maar hoe hard hulle ook al probeer om uit te vind waarheen hulle gaan, oupa Takbok hou dit 'n groot verrassing.
Publication date: 2020-02-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928446248

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 80
Vanaand wil Albertus nie gaan slaap nie! O nee, hy is nou groot en wil eerder sy boek lees voordat hy aan die slaap raak! Pappa besluit om nie kwaad te word nie. Hy het 'n blink plan wat ál die jakkalsies gaan verras.
Publication date: 2020-02-18
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798182270

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 125
R 100You save R 25
Kom saam met Hasie wanneer sy die eerste keer die holte verlaat en die wêreld aandurf. Sy vind uit sy het alles wat 'n hasie nodig het - lang ore om mee te luister, 'n knoopneusie om mee te snuffel en sterk agterpote vir hardloop, huppel en hop. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal kinders in 'n kits droomland toe stuur.
Publication date: 2021-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798182287

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 125
Dis Pikkewyntjie se eerste dag by die kleuterskool. Hy hou net mooi niks daarvan om weg te wees van sy mamma en pappa nie! Maar ná 'n dag saam met die ander pikkewyntjies, besef hy dat dit groot pret is om maatjies te hê. Hierdie pragtige hardeband slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in 'n kits droomland toe stuur.
Publication date: 2021-09-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177238

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 180
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Die drie varkies, Jan en die boontjierank, Hansie en Grietjie, Die lelike eendjie en Repelsteeltjie. Dié klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178921

Kinders: Kleuters

Illustrator: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 180
Sleuteltjie, sleuteljie, op sag satyn, laat tog 'n storie uit die boek verskyn! Kom luister saam na nog vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Rooikappie, Die skoenmaker kabouters, Die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie. Die tweede boek in die gewilde reeks met nog klassieke verhale uit Bennie Boekwurm se groot sprokiesboek is ideaal vir voorlees met slaaptyd.
Publication date: 2019-07-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799391077

Kinders: Kleuters

Translator: Jaco Jacobs
Illustrator: Fiona Lumbers
Kinders  -  Kleuters
R 160
Ontdek betowering tussen die rakke van die biblioteek.
Elke week sien Bianca uit na daardie een spesiale dag. Die dag wanneer sy wonderlike dinge tussen die biblioteek se rakke ontdek. Die dag wat sy tyd saam met Pappa kan deurbring.
Saam verken hulle die rakke op soek na betowering, geheime - en 'n manier om dinge tussen hulle twee reg te maak.
'n Inspirerende storie oor die betowering van boeke - en die krag van stories om moeilike persoonlike situasies te bowe te kom. Daar is ook 'n oulike “boek-binne-'n-boek” sodat jy die storie kan lees wat Bianca en haar pa saam geniet!
'n Snaakse en hartroerende prenteboek, geskryf deur een van Brittanje se voorste jong digters, wat die moeilike tema van egskeiding en enkelouers op 'n sensitiewe wyse aanraak.
Publication date: 2018-09-20
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485306740

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 85
'n Baie oulike, eenvoudige Afrikaanse rymvertaling! Perfek om kinders te leer lees.

Die appel is bedroef omdat hy maar net 'n appel is en nie kan sien wat die mense doen nie. 'n Koddige haantjie bied aan dat die appel op sy rug sit terwyl hy oor die dakke van die huise vlieg. Dan kan die appel mooi sien wat die mense in die huise doen.
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389401

Kinders: Kleuters

Illustrator: Johann Strauss
Kinders  -  Kleuters
R 155
Vreemde dinge kan gebeur as jy 'n ertjie eet …
Ontmoet vir Ernst,
Ernst de Vos.
Hy eet so ampertjies
enige kos:
hamburgers, pizza,
herderspastei,
spaghetti, bobotie
(met geelrys daarby),
pampoenkoekies,
kerrievis,
blomkool en beet.
Maar Ernst WEIER om ertjies te eet.
Almal probeer vir Ernst oorreed om 'n ertjie te eet.
Sy ma vertel vir hom dat selfs BEROEMDE popsangers dit elke dag eet -
dalk moet hy dit ook probeer as hy beroemd wil word.
Sy pa bied aan om vir hom meer sakgeld te gee as hy ertjies sal eet - hy kan SKATRYK word.
Sy juffrou vertel vir hom dat ertjies amper 'n hele alfabet vol vitamiene bevat wat jou baie STERK maak.
Maar dit help nie. Ernst weier om ertjies te eet.
Op 'n dag, toe niemand kyk nie, eet hy egter een piepklein ertjie. En meteens begin die vreemdste dinge met Ernst gebeur!
Hy word so BEROEMD soos 'n rockster … hy word SKATRYK … hy word 'n STERK superheld wat die wêreld met sy ertjiegeweer red!
Maar beteken dit hy gaan van nou af ertjies eet?
Hierdie lawwe, rymende prenteboek met sy verrassende einde sal selfs die kieskeurigste kleuter 'n ruk lank van alle kosfiemies laat vergeet! Dalk kry jy selfs lus om aan 'n ertjie te proe …
Publication date: 2018-10-23
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660666

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
Kasper en Karla is heel beste maats. Daar is soveel dinge om te doen waarvan hulle hou. Maar daar is een ding wat hulle nie kan doen nie ... hulle kan nie vir mekaar drukkies gee nie! Hulle is te stekelrig!
Publication date: 2019-03-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660673

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
Kasper en Karla is heel beste maats. Eendag vind hulle iets kleins en baie interessants onder 'n blaar. Wat is dit?
Publication date: 2019-03-14
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660680

Kinders: Kleuters

Kinders  -  Kleuters
R 60
Kasper en Karla is heel beste maats. Hulle wil graag hulle gunsteling spring-speletjie speel, maar dit is te warm! Kan hulle 'n manier vind om koel te bly én te spring?
Publication date: 2019-03-14

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.