●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R450 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399059

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Ruth Brown
Kinders  -  Prenteboeke
R 120
Die beste versameling kuns …
Terwyl Tom en sy ouma 'n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in 'n syvertrek waar hy 'n baie spesiale uitstalling raakloop …
Ruth Brown, bekende prenteboekskrywer en -illustreerder van onder andere 'n Donker, donker storie, skep meesterstukke in hierdie briljante, speelse ontdekking van die kunsstyle van bekende en geskiedkundige beeldende kunstenaars. 'n Aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.
Publication date: 2020-06-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928530572

Kinders: Prenteboeke

Translator: Naòmi Morgan
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Onder die talle boeke met 'n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van 'n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.

Naòmi Morgan is 'n bekroonde vertaler van kinderliteratuur. In 2015 is die Suid-Afrikaanse Vertalersvereniging se prys vir Uitnemendheid in die Vertaling van Kinderliteratuur aan haar toegeken vir Oskar en die pienk tannie en Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran. Haar vertaling en produksie van Antoine de Saint-Exupéry se Die Klein Prinsie het aan Chris van Niekerk Beste Vrystaatse Akteurtoekenning in 2017 besorg. Sy is hoof van die Franse Afdeling aan die Vrystaatse Universiteit.
Publication date: 2021-10-10
Click to enlarge
Click to enlarge
9780620772167

Kinders: Prenteboeke

Illustrator: Marisa du Toit
Kinders  -  Prenteboeke
R 150
Thomas and the Trumpet
Thomas is a typical, adventurous boy who loves to explore and discover new things. One day his world changes forever when he is diagnosed with asthma.
What does this mean for Thomas?
Can he still have dreams and goals?
Can he still go on crazy adventures?
Most importantly, what about his plans for Granddad's trumpet?

This picture book aims to educate young children about the truths and myths of asthma. It explains how anyone with asthma can live a normal and exciting life.
Publication date: 2017-12-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308874

Kinders: Prenteboeke

Translator: Philip de Vos
Illustrator: David McKee
Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Elmer, die kleurvolle olifant, is 'n kleutergunsteling sedert sy skepping in 1989. Die reeks is bekend aan miljoene, en het al meer as 4 miljoen kopieë verkoop regoor die wêreld, in meer as 40 tale. Die subtiele boodskap, dat dit aanvaarbaar is om anders te wees, word gekombineer met die lewendige kleur en astrante humor van die hoofkarakter.

Dit is twee dae voor die Elmer Dag-optog - die dag wanneer olifante hulleself met helder patrone versier. Maar Elmer, die veelkleurige olifant, is verveeld en besluit om vir die grys olifante 'n yslike poets te bak.
Publication date: 2018-08-21
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308546

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig? 'n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.
Publication date: 2017-12-31
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199616

Kinders: Prenteboeke

Translator: Nicol Stassen
Kinders  -  Prenteboeke
R 155
Andries Anders is 'n skaap. Hy voel eensaam omdat hy anders as die ander skape is. Maar diep in sy hart glo hy daar moet êrens 'n plek wees waar dit normaal is om anders te wees. Gedryf deur hierdie verlange gaan hy op 'n soektog ...


OOR DIE OUTEUR EN ILLUSTREERDER
Miriam Koch (gebore 1980) het visuele kommunikasie, met illustrasie as hoofvak, in Trier gestudeer. Sy is die outeur en illustreerder van verskeie kinderboeke, insluitende Fiete Anders (Andries Anders, Protea 2013) en Keentied (Halsoorkop, Protea 2013). Dit is spesifiek haar liefde vir die Noordsee wat Andries Anders geïnspireer het. Koch woon tans in Bremen.
Publication date: 2014-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191382

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
Eerste Afrikaanse weergawe van die gewilde kinderboek wat ook in Chinees en Spaans gepubliseer is.
Anna het 'n lewendige verbeelding met drome wat vir haar werklik voel. Een oggend word sy wakker en besef dat sy haar droom nie kan onthou nie. Saam met haar hond reis sy deur haar drome op soek na die verlore droom. Hulle ontmoet reuse, vampiere, en 'n herhalende droom. Oplaas vind Anna die antwoord: haar droom was nader as wat sy gedink het.
Publication date: 2006-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191467

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 160
In 'n groot, groen woud met bome wat honderde jare oud is, woon daar 'n heks wat net so oud as die bome is -'n heks met groen hare. Haar naam is Arboreta. Die verskil tussen Arboreta en al die ander hekse in die wêreld is dat sy nie 'n bose of nare heks is nie: Sy het nie moesies of 'n haakneus nie en vang ook nie kindertjies om in haar swart pot te kook later hulle beentjies af te suig nie.
Publication date: 2007-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660123

Kinders: Prenteboeke

Translator: prof M.E. Snyman
Illustrator: Gauthier Dosimont
Kinders  -  Prenteboeke
R 55
Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wêreld van die molle!
Publication date: 2014-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660154

Kinders: Prenteboeke

Translator: prof M.E. Snyman
Illustrator: Gauthier Dosimont
Kinders  -  Prenteboeke
R 55
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wereld van die voels!
Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660130

Kinders: Prenteboeke

Translator: prof M.E. Snyman
Illustrator: Gauthier Dosimont
Kinders  -  Prenteboeke
R 55
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wereld van die paddas!
Publication date: 2014-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781432308322

Kinders: Prenteboeke

Kinders  -  Prenteboeke
R 80
Klaas Vakie is die koddige mannetjie wat elke aand slaapsand in al die kinders se ogies strooi sodat hulle aan die slaap kan raak. Mevrou Muis se muiskinders is geen uitsondering nie. Maar toe sy vir Klaas Vakie weer 'n keer moet ontbied om die kinders aan die slaap te maak, begin sy wonder of daar nie miskien fout is met die slaapsand nie.
Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as Klaas Vakie se sand nie werk nie? Kom lees saam oor die raaisel van die muiskinders wat nie aan die slaap kan bly nie en die plan wat Klaas Vakie maak om die dag - of altans die nag - te red.
Publication date: 2019-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660000

Kinders: Prenteboeke

Translator: Alida Viljoen
Illustrator: Isabella Camino
Kinders  -  Prenteboeke
R 50
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag - sy gaan haar kuikens leer swem!
Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af ...
Publication date: 2014-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660017

Kinders: Prenteboeke

Translator: Alida Viljoen
Illustrator: Isabella Camino
Kinders  -  Prenteboeke
R 50
Manie, die klein muisie, sit en kyk hoe Boer Frans werk. Maar dan steek Boer Frans sy hooivurk in die baal waarop Manie sit ...
Manie trek soos 'n vrot vel deur die lug, in die rigting van die diere se drinkbak ...
Publication date: 2014-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920660024

Kinders: Prenteboeke

Translator: Alida Viljoen
Illustrator: Isabella Camino
Kinders  -  Prenteboeke
R 50
Die lug is vol swaar, grys wolke en die wind waai woes. Daar's 'n storm op pad!
Hansie Haas skuil onder 'n vlieër. Maar dít was dalk nie so 'n goeie plan nie. Die wind waai al hoe sterker ...
Publication date: 2014-06-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.