●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192297

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 65
R 59You save R 6
Kaapstad is nog net 'n dorpie en die twee neefs, Simon en Wilhelm is nog tieners, maar hulle is mans genoeg om die perdetelery aan die gang te hou op die plaas Heuweluitsig. Toe kom die brief van Simon se moeder waarin sy die twee seuns terugroep Holland toe. Teensinnig berei die neefs voor vir hulle vertrek.
Publication date: 2008-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781919765068

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 75
R 68You save R 7
Tienerspoke, die Hawermoutman, 'n tokkelossie, Mnr. D. Ood, 'n hotel met vreemde inwoners en 'n monster-medikus ... Fantasi se splinternuwe spookbundel met 13 kraakvars grilstories propvol vrees, moord, spoke, lyke en bloed ... Is jy dapper genoeg?
Publication date: 2010-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191986

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 110
R 99You save R 11
Jessica se lewe is maar soos enige ander graadtien s'n: sy leer die liefde ken, gaan skool toe, sukkel met haar tweelingbroer en geniet die lewe voluit. Dan kom die aaklige skoolkonsert nader, en skielik moet die onmusikale Jessica aan 'n musiekitem deelneem. Wat gaan sy doen? Wie gaan haar help? Gelukkig kom die funky ouma Tya net op die regte oomblik met haar motorfiets om die hoek gejaag ...
Publication date: 2008-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485300762

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 130
R 117You save R 13
'Ie liewe is 'n dice game; 'ie dice rol soes hy rol en jy moet 'it ma' vat, broe'.

Jay en Alpha deel 'n wêreld van armoede en bendes en het al twee sonder 'n pa grootgeword. Maar hulle paaie skei: Alpha bly die leier van die Lo$Boys, 'n klein bende in Manenberg, terwyl Jay 'n beurs kry om in Kaapstad te gaan studeer.
Vir Jay is dit 'n nuwe begin, maar dan word dinge meteens kompleks wanneer sy pad met dié van 'n weggooibaba kruis. Kort voor lank is die situasie nie slegs kompleks nie, maar ook gevaarlik.
Waarheen gaan 'n student met 'n baba? Die welsyn en polisie vertrou hy nie, maar sy opsies is beperk. Sou hy dit in Manenberg kon waag? Terwyl 'n bendeoorlog dreig?
Publication date: 2014-05-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869192075

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 130
R 117You save R 13
Tinus, Elke, Chris, Deirdré en Annemie sien uit na nog 'n rustige vakansie op oom Martin se Bosveldplaas naby Mapungubwe. Maar toe hulle daar kom, begin die poppe dans. Eers vind hulle koedoes wat in 'n strik gevang is en dan is daar skielik renosters op die plaas wat nie daar hoort nie.
Publication date: 2008-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624025320

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 134
R 121You save R 13
Om 'n seevakansie by 'n eksentrieke, buierige ou alleen-man deur te bring, is geen opwindende vooruitsig vir 'n meisiekind soos Anita nie. Selfs al reken Rudi, haar jonger broer, die saak het meriete. Maar toe hulle op die lughawe afgehaal word deur 'n heel skaflike, brandermal tiener, kry die vakansie vir Anita 'n ander kleur.
Publication date: 2000-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869191108

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 135
R 122You save R 13
Johannes bly saam met sy ma en broer Petrus op Clanwilliam. Hy gaan kuier vir die Desembervakansie by sy pa op Wuppertal.

Daar is baie lekker dinge wat 'n seunskind op Wuppertal kan doen. Johannes help sy pa in die Velskoenfabriek; hy en sy nuwe maat, Frikkie, loop in die veld rond en grawe kambro; hulle ry botterboom en swem kaal in die bergpoel.
Publication date: 2008-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316414

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 140
R 126You save R 14
Was ek maar 'n lady is 'n tienerangs stream-of-consciousness storie.
Hierdie boek sal geen leser neersit nie! Tieners. Ma's, Oumas! Lanklaas is daar soveel aardsheid, reguit-praat, moed en guts op elke bladsy van 'n boek neergepen. Maar watter manjifieke storie. Die karakter van Jackie gaan jou voete onder jou uitslaan. Die media gaan weghardloop met die storie!
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869195533

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 140
R 126You save R 14
Boela van die blouwater is 'n jeugroman wat afspeel op 'n klein vissersdorpie, Oestermond.
Chris Barnard se gewilde verhaal is die eerste keer in 1962 gepubliseer en die kleurvolle karakters wat teen die agtergrond van die vissersdorpie geteken word, bekoor steeds.
Publication date: 2012-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624035459

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 140
R 126You save R 14
Die eerste Bo-Kaapse jeugroman in Afrikaans, gebaseer op die hoogs suksesvolle musical met dieselfde naam. Ice en Diekie glo, soos Romeo and Juliet, dat daar nog nooit 'n liefde soos hulle s'n was nie. Tot die nag waarin 'n loeiende polisie-sirene en skote wat klap 'n keerpunt in hulle lewens bring.
Publication date: 1997-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624034728

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 140
R 126You save R 14
'n Boeiende en spannende verhaal oor 'n jong meisie wat deur haar liefde vir fotografie voor 'n bitter moeilike keuse te staan kom.
Publication date: 1996-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798136624

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 142
R 128You save R 14
Ditsem, Dawid! is 'n roman wat handel oor Dawid Kroukamp, wat saam met drie ander ouens, wat hy skaars ken, op die jagveld beland. Hy is die nuweling in die skool en het sy pad tot reserwe van die eerste rugbyspan oopgespeel.
Publication date: 2006-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798178846

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 145
R 131You save R 14
Zoe oortuig haar tweelingsussie om na 'n somerskool te gaan, maar sy wil eintlik net die plaaslike spook ontmoet wat volgens legende op die kampus dwaal. Zoya mag net nie uitvind dat daar 'n spook is nie, want sy is doodbang! Sommer gou is Zoya se senuwees op hol . . . En dis nie net omdat mislike Queen Bee Beula byna 'n groot ramp veroorsaak nie. Kan dit wees dat die tweeling se ouer broer Zane se hart gebreek is deur die berugte kampusspook?
Publication date: 2019-04-09
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798177085

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 145
R 131You save R 14
Zoya presteer nie op skool soos haar tweelingsussie Zoe nie. Maar wie gee tog om oor wiskunde en rekeningkunde? Dis veel beter om seker te maak sy lyk altyd fantasties op 'n selfie. Wanneer Zoya gekies word as die hoof van die balkomitee, is sy verheug oor die kans om tyd saam met die aantreklike Erwee te spandeer. Daar is wel 'n paar probleme: Erwee se jaloerse vriendin, Beula, 'n geheimsinnige matchmaker en die feit dat haar pa skielik tienersleng praat en leer skateboard ry . . .
Publication date: 2018-04-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316896

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 145
R 131You save R 14
Hierdie is die storie van Daniel Johannes (DJ) Opperman, 'n seun van Zoar, in die Weskaap. Danny - soos hy bekend is - speel skrumskakel vir sy skool se rugby span. Hy is 'n gelukkige seun en saam met sy maats, Pietie en Sammy, in graad elf.

Hy maak ogies vir die aantreklike Merryll. Hulle het baie pret in hierdie landelike dorpie.

'n Paar maande later word hul familielewe uitmekaar geruk. Sy Oupa van moederskant dring daarop aan dat Danny, sy moeder en suster in Mitchells Plein, Kaapstad kom intrek.

Danny begin matriek in 'n skool in Mitchells Plein. In die groot stad met die berg, die see, mooi meisies en tik, sukkel Danny om aan te pas en word vinnig deur dwelmsmouse in die skool geteiken …

Die DJ deel met die leser 'n boodskap van hoop en drome.
Publication date: 2017-11-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.