●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639600420

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 290
R 261You save R 29
Stylvol en swierig Talia, Didi en Lienka is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Noudat hulle in graad tien is, weet hulle presies wat die skool nodig het: 'n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie. Tussen die agentskap, meisies wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewens te versuur en seuns wat hulle knieë lam maak, is daar nooit 'n vervelige oomblik nie. Lees nou al drie hierdie geliefde verhale saam in een lekkerlees-omnibus.
Publication date: 2020-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307044

Kinders: Tieners

Translator: Gunther Pakendorf
Illustrator: Roswitha Quadflieg
Kinders  -  Tieners
R 285
R 257You save R 28
Bastian Balthasar Bux ontdek in 'n boekwinkel 'n geheimsinnige boek: Die eindelose storie. Opgewonde neem hy dit saam en word ingetrek in die wilde avonture van die helde Atréju en sy gevaarlike opdrag: om die ryk van Fantasieë en sy heerser die kinderlike keiserin te red. Wanneer Bastian besef dat hierdie fantasiewêreld in groot gevaar verkeer, ontdek hy dat hy die aangewese persoon is om dit te red. Kan Bastian die grens tussen realiteit en sy verbeelding oorkom om Fantasieë te red? En hoe verlaat mens 'n ryk wat geen grense het nie?
Publication date: 2018-11-15
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399714

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 280
R 252You save R 28
Nog drie boeke in die immergewilde reeks vir meisies In die volgende drie boeke van die Elle-reeks beleef Elle en haar vriende klomp avonture. In Rocksusters kan Elle nie wag vir die Musikanto-fees wat Oktober in Parys plaasvind nie. Die Musikanto is ʼn splinternuwe, landswye skolefees. Maar eers moet die skoolorkes genoeg geld insamel om in ʼn ordentlike hotel te gaan bly … In Duinebesies moet Elle teësinnig na Namibië gaan om saam met haar oom Eddie goggas te vang. Belaglik! Tog is die woestynuitstappie baie meer opwindend as wat Elle verwag het. Dit het dalk te make met ʼn paar manstudente in die navorsingsgroep wat enige meisie twee keer laat kyk. In Franse vlegsel gee die woord losloper vir Elle koue rillings … Dit is presies wat sy hierdie jaar gaan wees wanneer Alex op ʼn 4x4-toer gaan. Die enigste lekker ding wat vir Elle voorlê, is haar vakansie na Parys in Frankryk saam met Refi. Maar ʼn uitruilstudent met stoute groen oë maak ʼn onverwagse opwagting, en hy doen vreemde dinge aan Elle se hart.
Publication date: 2020-08-06
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799394795

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 280
R 252You save R 28
Vriende, avontuur en die koshuislewe … 'n Heerlike omnibus met die eerste 3 boeke uit die baie gewilde reeks oor die avonture van Elle. Kondensmelk Superhipermega-aaklig. Dis hoe Elle voel oor die vakansie wat voorlê. En daar is 'n paar baie goeie redes waarom sy so voel: 1. Beskaafde mense hou nie vakansie in 'n tent in die diepste bosse van Botswana nie. 2. Die familie en haar pa en ma se universiteitsvriende, die Mosterts, kom sak en pak saam. 3. Die Mosterts se twee irriterende, beterweterige, kondensmelkdrinkende seuns, Divan en Alex. Twee dorpsjapies. Twee koshuisbrakke. Wat haar boonop ignoreer. Vir háár, Elle-Belle. Geen normale ou met gesonde hormone het haar nog ooit geïgnoreer nie. Maar in die bosse van Botswana ontdek Elle boonop 'n nare geheim oor haar ouers ... en teen wil en dank moet sy die twee seuns beter leer ken. Koshuiskoffie Die naam alleen klink al klaar vir Elle soos 'n doodsvonnis. Want terwyl haar ouers 'n jaar lank oorsee werk, moet sy na 'n ander skool toe gaan. 'n Meisieskool. 'n Superstreng meisieskool. Boonop is haar selfoon doodstil terwyl sy die heeltyd wens Alex se naam wil op die skerm flits. Het hy ná hul Botswana-vakansie heeltemal van haar vergeet? Het die blikkie kondensmelk wat hy daardie aand vir haar gegee het, dan heeltemal niks beteken nie? Blou sjokolade In Blou sjokolade vind Elle tot haar skok uit dat die orkestoer Frankryk toe, waarna sy so lank reeds uitsien, afgestel is. Dit beteken sy gaan waarskynlik die hele vakansie alleen by die huis sit en kyk hoe die grasperk doodryp, want haar ma en pa is op 'n navorsingsending na Antarktika. Maar dan kry Elle die kans om die Otter-wandelpad te gaan stap saam met haar kamermaat, Refi, die aantreklike Mostert-boeties, Alex en Divan, en drie kinders wat kanker gehad het. Sommer gou vind Elle uit die Otter is beslis nie vir sissies nie - en twee aantreklike ouens op die staptog laat boonop haar hart vreemde dinge doen ...
Publication date: 2019-08-16
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485307730

Kinders: Tieners

Translator: Helene de Villiers
Illustrator: Dieter Braun
Kinders  -  Tieners
R 265
R 239You save R 26
Momo is Michael Ende se klassieke sprokiesroman vol poësie oor die towerkrag van tyd.
Momo, 'n klein, verflenterde dogtertjie, woon aan die rand van 'n groot stad in die ruïne van 'n amfiteater. Sy besit niks buiten dit wat sy vind of wat sy van ander ontvang nie, maar sy het 'n buitengewone gawe: Sy luister werklik na ander en gee vir hulle tyd. Een dag ruk die gruwelike grys menere met hulle loodgrys aktetasse en sigare in die groot stad op en begin om die kosbare tyd van die mense te steel. Momo is die enigste een wat die donker mag van die tyddiewe kan beteuel.
Publication date: 2018-08-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799389364

Kinders: Tieners

Illustrator: Fanie Viljoen
Kinders  -  Tieners
R 260
R 234You save R 26
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak?
Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar?
Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg?
Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak?

Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 30 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril - en laat smeek vir nog!
Publication date: 2019-02-26
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624090465

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 250
R 200You save R 50
Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .
Publication date: 2020-06-24
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798179744

Kinders: Tieners

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Tieners
R 250
R 225You save R 25
Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is 'n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim - die boosste man wat ooit gelewe het - is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.
Publication date: 2019-09-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485301974

Kinders: Tieners

Translator: Amelia de Vaal
Kinders  -  Tieners
R 250
R 225You save R 25
Vir langer as wat kroonprins Florin oud is, is die twee koninkryke Monfiel en Vinland in 'n wrede oorlog verwikkel. Tot daar op 'n dag 'n bode die goeie tyding bring dat die twee konings vrede gesluit het. Florin word na die vredesfees in Vinland genooi, maar daar aangekom, wag die grootste skok op die jong prins: Die sogenaamde vredesverdrag was 'n lokval. Sy pa, koning Philip, en sy gevolg is gevange geneem en Florin verloor in 'n oogwink alles wat hy het: sy pa, sy titel, sy koninkryk en sy eer. Koning Theodo laat hom leef, maar verdoem hom om opgelei te word as hofnar deur Mimus, Theodo se onvoorspelbare, enigmatiese en met tye gemene hofnar.
Saam met Mimus moet Florin dag na dag leer hoe om die laagste skepsel aan die hof te wees en sy kop te behou deur die koning te laat lag. Maar daar is meer aan Mimus as donkieore, 'n narmasker en lawwe toertjies, wat Florin laat wonder of Mimus dalk sy vertroueling en vriend kan wees ... of 'n pop wat slegs na Theodo se pype dans?

Mimus is 'n verhaal van konings en narre, mag en vernedering, humor en hartseer, en in die middel 'n enkele hofnar wat terselfdertyd lig én donker verteenwoordig. Dit is 'n intrige wat oud en jonk sal meesleur na die Middeleeue en tot op die laaste bladsy sal boei.

OOR DIE OUTEUR:
Lilli Thal het 'n meestersgraad in Middeleeuse geskiedenis en is sedert 2000 voltyds skrywer. Mimus is in 2004 vir die Deutscher Jugenliteraturpreis benoem. Haar ander suksesvolle jeugboek, Joran Noordewind, is in 2012 deur Protea Boekhuis uitgegee.
Publication date: 2015-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798149433

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 247
R 222You save R 25
HIERDIE BOEK WORD GEDRUK OP AANVRAAG. BESTELLINGS KAN TOT 6 WEKE NEEM OM UITGEVOER TE WORD.

Die reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terriër trek hy saam met transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes.
Publication date: 2008-07-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624046226

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 247
R 222You save R 25
Op 'n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald 'n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in 'n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring 'n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met 'n hele gemeenskap werk …
Publication date: 2008-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798146173

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 245
R 221You save R 24
*** Hierdie boek word op aanvraag gedruk en kan tot 8 weke neem om te voorsien ***

Al agt Rillers-boeke van die gewilde en bekroonde skrywer, Francois Bloemhof. Lekker grillerige stories met slim, onverwagte eindes.
Publication date: 2016-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798149594

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 235
R 212You save R 23
Hierdie boek word gedruk op aanvraag en kan tot 6 weke neem om in te kom.


In Die kwart-voor-sewe-lelie skryf Eleanor Baker met 'n satiriese aanslag en fyn insig oor die wel en wee van 'n stadsgesin wat bestaan uit 'n vergeetagtige ma, 'n gemoedelike pa, Iris en haar twee susters, Elsa en Kara, hul 'Hollandse' hond, 'n huishulp wat presies weet wat sy wil hê en 'n buite-aardse beskermengel met 'n aardse humorsin. In die karakters se doen en late sien die leser, met 'n glimlag, baie van hom/haarself.
Publication date: 2009-03-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799393170

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 230
R 207You save R 23
Vir Lucas en sy vriende sal niks ooit weer dieselfde wees by die Nova-weermagbasis nie.
Daar is geheime op Nova - gevaarlike geheime. Alles het begin met vreemde ligte in die naghemel, besoekers uit die buitenste ruimte, Lucas en sy vriende wat ontvoer is deur ruimtewesens - en eksperimente in Nova-eenheid se laboratoriums. Lucas en sy vriende het baie dinge deurgemaak en uitgevind. Maar daar is nog steeds vrae - en die Eindspel is nog op pad.
Die laaste twee titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in 'n omnibus beskikbaar:
Sterreloper
Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...
Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Kan hulle werklik die vrede vertrou?
Eindspel
Lucas Niemand keer terug na Nova. Maar dan kom die skok: Sy vriende onthou glad nie meer van hulle ontmoetings met ruimtewesens of hulle spesiale kragte nie. Hulle weet ook nie waar Lucas al die tyd was nie - vasgevang in 'n nagmerrieagtige, donker ruimteskip waar aaklige goed met hom gebeur het nie.
Die Eindspel het reeds begin, besef Lucas.
Maar sal hy uit die kloue van die donker ruimtewesens kan bly? Watter geheim dra Troy in hom? Waar kom die drie nuwe alien-tieners vandaan en wat wil hulle van Lucas hê? Hoekom vind Lucas nou eers van die Slaper uit - iemand wat nie is wie hy voorgee om te wees nie? Maar die belangrikste van al die vrae: Sal Lucas Niemand die skrikwekkende Eindspel oorleef ...?
Publication date: 2019-03-04
Click to enlarge
Click to enlarge

5

9780639601779

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 225
R 180You save R 45
Op sewentien, toe ons by Opleidingskamp Alpha rapporteer, het ons elkeen ons eie S13 gekry. Daardie dag, toe ek my hande op die swart metaalhuls van die geweer lê, het iets in my doodgegaan. Ek het dit net nie toe al besef nie...
Dertig soldate kry van kleintyd af intense weermagopleiding in 'n distopiese staat.
Ses jong soldate, ontneem van hul menslikheid en hulle jeug, bly oor en word ontplooi na die Front.
Een van hulle vermoor hul seksieleier.
Almal ontken hulle is skuldig.
Wie van hulle lieg?

Wenner van die LAPA Jeugromankompetisie in 2019. Hierdie roman kan beskryf word as 'n jong volwasse 1984. Een van die beoordelaars skryf: “Hierdie verhaal is een van die beste wat ek in 'n lang tyd in Afrikaans gelees het.” Suid-Afrikaanse tieners sal kan identifiseer met temas van geweld, verlies van identiteit en boeliegedrag. Hierdie is 'n uitdagende en grensverskuiwende roman; die eerste van sy soort in Afrikaanse jeugliteratuur.
Publication date: 2020-09-11

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.