●●● FREE delivery on orders above R500 in RSA ●●● DISCOUNT APPLIES TO ONLINE ORDERS ONLY ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799342383

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 19You save R 171
Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is 'n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa.
Publication date: 2003-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799399752

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171You save R 19
ʼn Buitengewone reis na die buitenste ruim ... Toe Mitch daardie oggend met 'n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat aliens sy tuisdorp sou binneval en sy gesin saam met so baie ander sou ontvoer nie. Nog minder sou hy kon raai dat hy en sy beste vriend Lionel daardie aand die ruimte sou invaar saam met Imke en haar Zenkioniet-vriende. Maar hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig, en Mitch se lewe is op pad om nog méér uitmekaar te val. Hulle ontmoet vir Grol en Slom, twee aliens wat Mitch aan paddas laat dink, en vir Martura en sy makkers, die eenoog-aliens wat hulle gevange neem en op Skurorinok, die alien-swartmark, wil gaan verkoop. Op Skurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde Aardbewoners in die prentjie? Sluit by Mitch aan vir 'n aksiebelaaide avontuur oor aliens, astrotuie en 'n soeke na antwoorde. Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van die eerste boek in die Z-A-K-reeks, Z-A-K: Die Blou Planeet.
Publication date: 2020-06-11
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798179744

Kinders: Tieners

Translator: Jaco Jacobs
Kinders  -  Tieners
R 250
R 225You save R 25
Morrigan Crow het van haar dodelike vloek ontsnap. Sy is nou deel van die Wondergenootskap. Maar sy kry nie die verwelkoming waarop sy gehoop het nie. Sy is 'n seldsame Wondersmid, en dit veroorsaak dat almal haar as gevaarlik beskou. Lede van die Genootskap verdwyn, iemand pers Morrigan se nuwe vriende af en laat hulle teen haar draai. En Ezra Stuim - die boosste man wat ooit gelewe het - is vasbeslote om Morrigan uit die Genootskap weg te lok.
Publication date: 2019-09-03
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799398861

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
R 198You save R 22
Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Hulle het al talle eerstes saam beleef - om te sê hulle is beste vriende is ʼn understatement. Rufus, eintlik Ruth maar Xandr noem haar Rufus, se pa het egter besluit dat die gesin die land moet verlaat. Die vriende moet afskeid van mekaar neem en beplan om hul laaste eerste - die belangrikste eerste - saam te hê. Dis net hulle en ʼn ou Midge wat iewers in die Vrystaat in ʼn grot vir ʼn paar dae gaan bly. Sal hulle die plan kan deurvoer? Wat van die swart-en-oranje wolk wat op die horison verskyn? ʼn Grootwordroman met ʼn verrassende apokaliptiese wending.
Publication date: 2020-07-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780639604039

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 152You save R 38
“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.”
'n Fantasieroman vir tieners. Joshua Reinders maak 'n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand 'n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ...
“Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer.
Die weerwolwe wag vir hom ...
Publication date: 2020-11-30
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799388824

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
R 176You save R 19
Haar naam is Niekie. Sy is sy prinses. En binnekort gaan hy haar vir ewig laat slaap …
Terwyl haar ouers oorsee werk, bly Niekie in haar matriekjaar op haar eie in 'n woonstel in die stad. Kort nadat sy en haar kêrel, Schalk, baklei het, verdwyn Niekie spoorloos.
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers ietwat van 'n losbol-kunstenaarstemperament en het al voorheen uit die bloute saam met haar kunstenaars-oom die pad gevat om te gaan skilder.
Maar Schalk begin al hoe meer bekommerd raak. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom? Maar toe Schalk boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd.
Baie verkeerd.
Intussen word Niekie iewers in 'n vreemde bed wakker met kneusplekke aan haar gesig en kabelbinders wat in haar polse en enkels insny.
By haar in die vertrek is 'n man. Iemand wat sy kort tevore ontmoet het. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar 'n storie vertel. 'n Storie oor 'n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar 'n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …
Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Schalk en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.
Hierdie naelbyt-spanningsverhaal sal tienerlesers tot die laaste bladsy vasgenael hou.
Weg was 'n finalis in die LAPA Jeugromankompetisie in 2017.
Publication date: 2018-07-12
Click to enlarge
Click to enlarge
9780928316414

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 140
R 126You save R 14
Was ek maar 'n lady is 'n tienerangs stream-of-consciousness storie.
Hierdie boek sal geen leser neersit nie! Tieners. Ma's, Oumas! Lanklaas is daar soveel aardsheid, reguit-praat, moed en guts op elke bladsy van 'n boek neergepen. Maar watter manjifieke storie. Die karakter van Jackie gaan jou voete onder jou uitslaan. Die media gaan weghardloop met die storie!
Publication date: 2016-09-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798174510

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 178
R 160You save R 18
Dewald se ouers stuur hom na 'n nuwe skool na sy lewe omvergegooi is. Elke skool het nuwe uitdagings en elke skool het sy boelies, en dis nie maklik om 'n tiener te wees met 'n skielike hakkelprobleem nie. Dewald probeer weer sy balans vind, om sin te maak van hoekom sy beste vriendin hom nooit ingesluit het in haar grootste besluit nie. Dit terwyl een van die grootste boelies in die skool sy lewe hel maak. En hy besluit: genoeg is genoeg.  'n Hartroerende verhaal oor relevante tienerkwessies.
Publication date: 2017-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624031864

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 153
R 138You save R 15
So reg in vandag se tienertaal vertel die bekroonde Barrie Hough die verhaal van Wolfie, die sensitiewe standerd nege-seun wat vir hom 'n oorbel laat insit sodat hy soos 'n regte kunstenaar kan voel. Hy ontmoet vir Anton met die mooi lyf, 'n skitterende balletdanser. Maar dan word Anton siek. Die diagnose is vigs.
Publication date: 1997-06-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799359879

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 155
R 140You save R 15
Watter soort ou breek by 'n akwarium in? En verf graffiti teen die muur? Of gooi bottels en ander gemors in die dolfyntenk? Kevin Pieterse, dis wie. Kevin is moeilikheid met 'n hoofletter 'M'. As straf vir sy vandalisme moet hy gemeenskapsdiens by die akwarium doen. Crystal kan nie glo sy moet die hele Desembervakansie in sy gesig vaskyk nie. Sy wens hy beland pens en pootjies in die haaitenk. Maar dan ontmoet Kevin vir Ginger die dolfyn. En dit is liefde met die eerste oogopslag ...
Publication date: 2013-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780799344592

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171You save R 19
Bly weg van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef ... wel, dís die scary deel.
Publication date: 2014-04-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780636081673

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 168
R 151You save R 17
'Jans beduie opgewonde na 'n bordjie toe ons daarby verbyry. Brandvlei. Verneukpan. Ons tref die grondpad met 'n stofwolk, maar ek draai nie die ruit toe nie. Die wind suis rondom my ore en my neus prikkel van die stof. Ek hys myself aan die handvatsel bokant my kop op sodat ek met my kop en bolyf by die deur uithang, my boude op die deur gestut. Die wind vee my hare plat teen my kop en suis in my ore. Ek trek my oë skrefies teen die stof. En ek skreeu.
Publication date: 2007-12-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780624085379

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 190
R 171You save R 19
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak 'n anonieme YouTube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar Facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens. 'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot 'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?
Publication date: 2018-07-08
Click to enlarge
Click to enlarge
9780195708844

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 218
R 196You save R 22
Veerkrag is 'n bundel met kortverhale, gedigte en eenbedrywe vir eerste- en tweedetaalleerlinge in die hoërskool. Die uitleg en inhoud is innoverend en fokus spesifiek op die moderne tiener.
Publication date: 1993-08-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780795702648

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 220
R 198You save R 22
'n Buitengewone boek waaroor gewone lesers én akademici gaande is. A H M Scholtz was 72 toe hy hierdie topverkoper - sy eerste boek - geskryf het.
Publication date: 2008-05-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.