●●● FREE COURIER DELIVERY ON ORDERS OVER R500 WITHIN RSA BORDERS ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485314165

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 220
Wenner van die Woordveertjie vir beste dramateks in 2021.
Die stuk oor drie geslagte is gebaseer op die 17de eeuse slavin in Karel Schoeman se Armosyn van die Kaap, senaatsdebatte van Piet Odendaal in die 1970's, en die geskiedenis van die Odendaal-familie in Suid-Afrika. Dit ondersoek onder andere die gevolge van intergenerasie-trauma en die spanning tussen Westerse psigiatrie en Afrika-spiritualiteit.
Publication date: 2024-01-22
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313892

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 220
Nico Scheepers is 'n jong stem wie se naam tans op almal se lippe is. Sy veel bekroonde drama Nêrens, Noord-Kaap het 'n suksesvolle kykNET-reeks geword en in 2022 skryf hy die Showmax-rillerreeks, Donkerbos. Hiervoor ontvang hy die SA Akademie se 2023 Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir 'n televisiedrama in Afrikaans.
Dié talentvolle dramaturg, regisseur en TV-skrywer is in Louis Trichardt gebore. Een vir een bevat twee van sy solostukke wat hom na aan die hart lê en afspeel in sy geboorteplek, Limpopo.
Rooivalk wen drie kykNET-Fiësta-toekennings (beste solovertoning, beste nuutgeskepte teks, beste aanbieding) asook die ATKV-Woordveertjie vir Dramateks en vertel die verhaal van 'n seun wat grootword op 'n plaas “tussen heinings wat lank voor sy geboorte al vir hom gespan is”.
Moedertaal is 'n verhaal oor woorde en wat van jou word as jy hulle verloor. Nellie kyk terug op haar lewe en vertel die verhaal van haar reis saam met haar man, Johannes, en hul seuntjie Roelf.
Publication date: 2024-01-22
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485314301

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 250
Ook versoek ek u dat u versigtig moet wees, op u hoede vir verraad.
Hy is boosaardig en wreed, Reinaard:
Hy sal u deurentyd vlei en bevlieg;
as hy kan, sal hy u bedrieg
met leuenagtige en vriedelike woorde, voor God, as hy kan, sal hy u bedot.
Publication date: 2023-10-23
Add to basket
In stock - DISPATCH within 1 to 3 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485312420

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
Hertzogpryswenner Nicola Hanekom is bekend vir haar plekspesifieke produksies. In 2023 keer sy terug na die KKNK met hierdie nuwe omgewingspesifieke drama wat afspeel voor 'n vervalle huis buite Oudtshoorn: Jessie keer na baie jare terug na haar ouerhuis met magiese idees en konfrontasie in haar hart. Tydens haar besoek ontdek haar familie dinge wat hul hare laat rys.

Mirre en aalwyn was in 2020 'n Woordveertjie-finalis onder die titel Verwyt.
“In elke Nicola Hanekom-teaterstuk is daar iemand wat snak na sy asem. 'n Snak wat meer is as net na lug; eerder na suurstof vir die siel. Asof jy lank in 'n kis toegesluit was en jy nou kan asem skep.” — Rozanne Els
“As teaterskepper het Hanekom werklik nie 'n gelyke nie. Jy soek nóg, want Hanekom bring nuwe teater wat dinge met jou kop en hart doen.” - Laetitia Pople
“Nicola het 'n verbeelding wat aan die absurde grens. Sy het 'n manier om jou onverhoeds te betrap, jou met elke ademteug te verstom en jou met elke nuwe toneel na plekke te naam waar die wonderbaarlike en die absurde op 'n sekere manier sin maak. Of ook nie sin maak nie, maar jou steeds betower.” - Mariana Malan
*  
Publication date: 2023-03-27
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313885

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
'n Egpaar se lewe word uitmekaar geskeur toe hulle enigste kind doodgaan. Daar is baie vrae, maar geen antwoorde nie. Daar is selfverwyt, woede en beskuldigings. Daar is 'n eerste Kersfees, 'n eerste verjaarsdag en vriende wat nie weet wat om te sê nie. 'n Drama oor twee mense wat hulself en mekaar in die donker gat van rou verloor, en weer moet vind.
Publication date: 2022-03-15
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313410

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
Ont- is ʼn drama oor die reis van “grootword”, ʼn studie oor die samestelling van ʼn gesin en die vreugdes van vryheid en vlug. Die proses van menswording word met deernis geskets met behulp van die Groot Verseboek, Ma se grammofoonspeler en Pa se Camel filters.

Marina Griebenow sê: 'n Mens besef net weer dat ware skoonheid in eenvoud opgesluit lê, oftewel in die skyn van eenvoud. Die treffendste kuns kan altyd aan dié goue reël gemeet word. Die bekroonde Ont het feitlik elke dramaprys verower nadat dit feesgangers en kritici gaande gehad het … kragtoer waarin Pretorius vir ons die estetika van toneelkuns herdefinieer en sodoende ons menswees mateloos verryk.
Publication date: 2022-03-08
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485313069

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
In Slavenhuis 39 is 'n drama wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat 'n woonstel op Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het. Die vier probeer die verlede versoen met hedendaagse kwessies soos manlikheid, bendes, geloof, rassisme, kultuur, homoseksualiteit en doodeenvoudige menslikheid. Hulle sukkel in die dorp waar hulle kom studeer, en hulle sukkel om oor die weg te kom met mekaar. Maar iewers tussenin is daar tog iets wat hulle saamsnoer. Nie net probeer hulle hulle eerste studiejaar slaag nie, maar ondersoek wat bruinwees nou eintlik beteken in hedendaagse Suid-Afrika.

In Slavenhuis 39 het by die Woordfees gedebuteer en is benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings. Die toneelstuk het ook die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.

OOR DIE OUTEUR
Herschelle Benjamin is in 2018 deel van die Kunstekaap se Nuwe Stemme-program, wen die Elizabeth MacLennan Internasionale beurs vir Teater van die Universiteit van Edinburg en 'n Teksmark Skrywersbeurs. In 2019 debuteer hy met In Slavenhuis 39. Sy opdragradiodrama vir die ATKV en Tienertoneel, Drosters, word ook in 2019 op RSG uitgesaai. Hy was deel van die Jakes Gerwel Skrywersresidensie vir Jong Dramaturge onder mentorskap van Amy Jeptha.
Publication date: 2021-07-19
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310266

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
Die drama speel af in die Karoodorpie Willowmore. Die rol van die kerk, verkragting, verlies en familie is van die temas wat aangeraak word. Lekas kyk na 'n kind se weerloosheid en na die familie se verantwoordelikheid om na haar om te sien. Die watermeid (waternimf of meermin) is die mitiese figuur wat tot die dorpie se redding moet kom en drie kinders in die stuk hoop sy sal hulle kom red. Dit raak egter gekompliseerd wanneer die skuldige persoon 'n belangrike figuur in die gemeenskap is - die dominee.

Die dans van die watermeid wen in 2018 die Fleur du Cap-prys vir beste inheemse teks. Die teks is ontwikkel onder mentorskap van Saartjie Botha.

OOR DIE OUTEUR
Lekas (28) is in Willowmore gebore en het haar graad in drama en teaterstudie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Sy bly tans in die Paarl en is 'n dramaonderwyseres.
Publication date: 2021-05-10
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485312208

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 595
Vir die eerste keer ooit word al die dramas, hoorspele en die libretto van N.P. Van Wyk Louw in 'n versamelbundel uitgegee, met 'n voorwoord deur prof. Chris van der Merwe. Van der Merwe sê: “Met die herlees van die dramas, hoorspele, koorspel en libretto van N. P. van Wyk Louw het dit my opgeval hoe dikwels hulle ʼn gesprek met mekaar voer. Soortgelyke temas word herhaaldelik uitgebeeld; die tekste sluit by mekaar aan, komplementeer mekaar, spreek mekaar soms teen. Dikwels kom die temas wat Louw in sy essays bespreek het of in sy poësie tot uiting gebring het, ook in die karakterisering en die intriges van die dramas na vore. Dit is opmerklik dat die denke van Louw nooit stagneer nie; steeds is daar tekens van ʼn voortgaande worsteling en vernuwing. Die indiwiduele dramas, in die groter konteks van sy oeuvre gelees, laat ʼn fassinerende skrywerspersoonlikheid na vore kom.
Publication date: 2021-04-30
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310952

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 190
Nêrens is 'n plaas in die Noord-Kaap waar drie broers saam grootgeword het. Hulle lewens word onherroeplik verander deur die afsterwe van hul ma op 'n jong ouderdom onder tragiese omstandighede. Die drie het mekaar jare laas gesien. Nou moet hulle terugkeer plaas toe vir 'n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word - op soek na die broederskap wat hulle verloor het.
Publication date: 2020-09-30
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309321

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
AGTERGROND
Moderne, eietydse eenbedrywe vir tienertoneel van vier bekroonde, opwindende en opkomende jong dramaturge in ons land wat nog nie voorheen gepubliseer het nie.

OOR DIE SKRYWERS
Herschelle Benjamin het die Elizabeth MacLennan Internasionale beurs vir Teater aan die Universiteit van Edinburg ontvang.
Igna Botha het in 2013 by die ATKV-tienertoneelkompetisie die C.R. Swart-prys gewen vir beste nuutgeskrewe teks vir haar drama Ingeboks. Sy skryf sedert 2016 vir die KykNET-sepie, Getroud met Rugby.
Jason Jacobs is 2016 se wenner van die Kunste Onbeperk Nuwe Stem-prys vir sy bydrae tot toneel- en skryfwerk. Hy is kreatiewe hoof van die onafhanklike toneelproduksiehuis KleiSand en hooffasiliteerder vir die Mothertongue Project se Jeugteater-geselskap op McGregor.
Marcel Spaumer se teks Blaai om is in 2016 vir 'n ATKV-Woordveertjie benoem. Hy werk as storieontwikkelaar en assistent-hoofskrywer vir die kykNET-sepie Suidooster.
Publication date: 2020-08-15
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485310549

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 200
In Wild word 'n jong meisie, Vlooi op 'n plattelandse dorp in 'n hok aangehou. Haar gedrag toon meer ooreenkomste met diere as mense en sy loop handeviervoet. Dié drama, ondersoek wat die mens méns maak. “Die stuk vra vrae oor wat menswees nou eintlik is,” sê Rademeyer. “Is dit biologie, is dit taal, is dit hoe ons omgaan met ander mense? Watter eienskappe is eie aan die mens? En is menswees en 'n menslike bewussyn beter as nie-menswees nie, om soos 'n dier in 'n aanhoudende, onbewuste teenwoordige tyd te lewe? Die stuk poog om menswees, die mens, vreemd te maak deur dit wat ons as vanselfsprekend aanvaar, te betwyfel.”
Publication date: 2020-05-31
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309697

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 190
Die Ontelbare 48 is 'n eenmanstuk is uit die pen van Fiësta-wenner Wessel Pretorius. Dis Woensdagaand op 'n klein plattelandse dorpie in die Laeveld. Die skoolsaal word ingerig vir die maandelikse fliekaand. Agt-en-veertig dorpenaars vergader bymekaar, elkeen met sy eie storie, om The Sound of Music te kyk. Tussen hulle sit ʼn moordenaar met ʼn sluwe plan.
Dit is ʼn mikrokosmiese blik op die alledaagse menslikheid wat ons almal, maak nie saak hoe anders ons dink of leef nie, eindelik saambind. 'n Satiriese drama wat die mens se uithouvermoë vier.
Publication date: 2019-11-05
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485309222

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
Hierdie drama handel oor tien tieners in 'n bos by 'n oorlewingskamp waar spoke, hormone, groepsdruk en goggas die senuwees behoorlik laat knyp. KAMP KOERSHOU is nie vir sissies nie. Want grootword is nie 'lekker' nie. Grootword is pyn. En 'verwonding'.

Die tien jeugdiges vertrek op 'n oorlewingskamp, in 'n bos, onder toesig van 'n paramilitaire instrukteur. Dit is hulle rite of passage sodat hulle weerbaar ' 'paraat! ' die grens na volwassenheid kan oorsteek. Maar hoe hou jy koers as jy nie weet waarheen jy wil gaan nie?

Die toneelstuk is in 2012 by die KKNK opgevoer met regie deur Marthinus Basson en Stian Bam in die hoofrol.
Publication date: 2019-06-30
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days
Click to enlarge
Click to enlarge
9781485308669

Fiksie: Dramas

Fiksie  -  Dramas
R 180
In Mei 2000 skryf die joernalis Chris Louw 'n ope brief aan Willem de Klerk waarin hy sy griewe lug teenoor die regering wat aan bewind was in die tyd van die Grensoorlog (ongeveer 1966-1989). Chris Louw, oftewel “Boetman”, is ontnugter deur die patriargale leiding van die Afrikanermans van daardie tyd. Pieter Fourie het Chris Louw se brief omskryf tot 'n drama waarin verskillende stemme en menings gehoor kan word, onder andere dié van 'n ma wat haar seun in die Grensoorlog verloor het, die joernalis Annesu de Vos wat met Chris Louw 'n debat op LitNet gevoer het en 'n swart aktivis.
Publication date: 2019-06-30
Add to basket
Stock at supplier - Dispatch within 3 to 8 working days

© All Rights Reserved 2024
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.