Kinders
Algemeen

Results 1 to 6 of 6
Sorted by:  Publication date
Click to enlarge
Click to enlarge
9781415209028

Kinders: Algemeen

Illustrator: Fiona Moodie
R 160
Daar woon 'n feetjie by elke soort Kaapse fynbos, en hier stel Antjie Krog hulle op haar unieke manier aan ons voor. Hulle werk en speel, hulle sorg vir die fynbos of maak gemors.
Hulle lag, slaap, droom ... dis 'n besige lewe vir 'n gemiddelde fynbosfeetjie in die veld. Fiona Moodie se asemrowende illustrasies is almal plantkundig akkuraat geteken.

Uit Fynbosfeetjies, bladsy 4
DISA-FEETJIE

so dans die Disa-dogtertjie
so dans sy langs die stroom

so buig sy met die varings saam
en was haar vlerkies skoon

so drink die Disa-dogtertjie
dou van die silwerboom

so het die Disa-dogtertjie
diep in my hart kom woon


Antjie Krog sê
'As kind was ek betower deur kinderryme: die klank en ritme daarvan en die onsêbaarheid wat op 'n manier tog gesê word. Dit is een van die heerlikhede van die lewe om vir 'n kind ryme te lees en te sien hoedat klank 'n onuitwisbare dimensie belig.'

Fiona Moodie sê
'Om hierdie verse te illustreer, was louter plesier omdat hulle my herinner het aan die denkbeeldige wêreld wat ek as gelukkige maar alleenkind bewoon het op die Bolandse plaas waar ek grootgeword het. Dit was 'n vreugde om blomme te skilder en ek hoop dat my prente by kinders 'n belangstelling in die natuurskoon om ons in Suid-Afrika sal help aanwakker.'
Publication date: 2016-02-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781928202929

Kinders: Algemeen

R 45
Paul Brand het in die Kolli Malaiberge in Indië grootgeword. Hy het in die takke van bome skoolgegaan, van jaar tot jaar die lewe geniet en kaalvoet geloop. Hy was van plan om Indië nooit te verlaat nie, nooit skoene te dra nie en nooit 'n dokter te word soos sy pa was nie - veral nie vir melaatses nie.
Publication date: 2014-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869199838

Kinders: Algemeen

R 140
Bly, hartseer, opgewonde, verveeld, laf, skaam, selfversekerd... Ontdek 'n klomp verskillende gevoelens saam met die kinders in hierdie boek! 'n Plesierige, multikulturele ontdekkingstog waarin geleer word hoe om oor gevoelens te praat: by die huis, by die skool en sommer orals!
Publication date: 2013-11-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869198510

Kinders: Algemeen

Translator: Francois Bloemhof
R 130
Roald Dahl se Vreeslike versies is 'n versameling van ses omdigtings van ou bekende sprokies wat reeds in 1982 in die oorspronklike Engels verskyn het en sedertdien verskeie herdrukke en vertalings beleef het. Francois Bloemhof het die versies in prettige Afrikaans vertaal en plek-plek 'n onnutsige plaaslike kleur gegee. Sneeuwitjie ryloop byvoorbeeld van Durban af om die pratende spieël te gaan steel uit die paleis, maar die koningin kom dit glad nie agter nie, want sy is verdiep in 'n Huisgenoot-storie oor 'n dooie kindjie! 'Aspoestertjie', 'Jan en die boontjierank', 'Gouelokkies', 'Rooikappie' en 'Die drie varkies' is die ander sprokies wat oorvertel (en soms lekker verdraai word). In plaas daarvan om op die jagter te wag om haar te red, neem Rooikappie byvoorbeeld sommer sake in eie hande:
Rooikappie glimlag en sy buk
om 'n rewolwer uit te ruk,
waarmee sy mik na Wolfie en
sy skiet hom morsdood, bêng-bêng-bêng.

Nog talle ander verrassings wag op die lesers van dié weergawe van die bekende sprokies!
Publication date: 2013-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9781869194697

Kinders: Algemeen

Illustrator: Diek Grobler
R 125
Hennie Aucamp bewys met hierdie bundel dat hy 'n ewe vernuftige skrywer van kinderverse as van kabarettekste en gedigte is. Baie van die versies verwys na eietydse dinge soos sms'e, pizzas en Croc-skoene wat vir vandag se kinders aantreklik sal wees. Die meeste van die versies handel egter oor die gewone dinge van die kinderwêreld: oumas en oupas, mammas en pappas, troeteldiere, speelgoed, badtyd, voëltjies, goggas en paddas.
Publication date: 2012-01-01
Click to enlarge
Click to enlarge
9780798156059

Kinders: Algemeen

R 145
Uiteindelik - 'n opvolger vir die gewilde en geliefde eerste Bielieblokraaiselboek!
Hierdie nuwe keur van 150 van Huisgenoot se groot blokraaisels, met oplossings agterin, bied al die uitdaging en plesier waarvoor Yvonne van Eeden & Marlene Hammann bekend is.
Publication date: 2011-11-01

© All Rights Reserved 2017
A Product of CEIT Development