●●● FREE delivery on orders above R450 in RSA ●●●
Click to enlarge
Click to enlarge
9781920426415

Leermiddels: Voorskool

Leermiddels  -  Voorskool
R 60
R 54You save R 6
Wiskunde gaan oor getalle. Om wiskunde te waardeer moet jy met gemak met getalle kan omgaan. Een van die kenmerke van mense wat beter met wiskunde as ander is, is hulle vermoë om op 'n soepel wyse met getalle te werk. Ons sê hulle het 'n sterk getalbegrip. Hiedie werkboek reeks is ontwerp om die ontwikkeling van 'n sterk getalbegrip te ondersteun. Die reeks werkboeke gee nie aandag aan al die vertakkinge van wiskunde nie. Dit fokus op die ontwikkeling van 'n sterk getalbegrip - 'n aspek wat krities is vir algemene sukses in wiskunde. Die reeks verskaf 'n bladsy -per-dag met aktiwiteite waaraan kinders onafhanklik behoort te kan werk. Die verskeidenheid van die aktiwiteite is breed en interessant. Gesamentlik versterk hulle die ontwikkeling van 'n wye veld van konsepte en vaardighede kenmerkend van mense met 'n sterk getalbegrip.
Die werkboekreeks kan by die daaglikse klaskameraktiwiteite geïnkorporeer word; kan vir daaglikse onafhanklike werksessies gebruik word; kan 'n daaglikse tuiswerkopdrag verskaf en kan ook gebruik word om die selfvertroue van kinders wat met wiskunde sukkel te ontwikkel.
Om optimale voordeel uit die werkboekreeks te put is dit krities dat hulle aangemoedig word om oor die take wat hulle voltooi na te dink. Onderwysers (en ouers) behoort vrae te vra soos:
Het jy iets opgemerk terwyl jy aan die take gewerk het?
Wat het jou gehelp om die vraag te beantwoord?
Hoe is hierdie aktiwiteit verskillend van of dieselfde as ander aktiwiteite wat jy reeds voltooi het?
Publication date: 2019-01-07
Click to enlarge
Click to enlarge
9781776071890

Leermiddels: Voorskool

Leermiddels  -  Voorskool
R 125
R 113You save R 12
Die tweede aktiwiteitsboek sluit aan by temas wat in die eerste boek gedoen is, en brei daarop uit met 30 splinternuwe volkleuraktiwiteite. 'n Verwyderbare handleiding in die middel van dié boek bied praktiese wenke vir elke aktiwiteit/tema. Wenke word byvoorbeeld gegee vir bewegingsaktiwiteite, liedjies en rympies en die oordra van algemene agtergrondkennis. Temas wat behandel word, sluit in, bv.: 'Goggas', 'Water', 'My klere en liggaam', 'Plaasdiere', 'Diere wat binne en buite die water woon'.
Publication date: 2018-10-20

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.