●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Fanie Viljoen

Results 61 to 75 of 105
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799380149

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 95
Waarom bring 'n baba-kangaroe die eerste paar maande van sy lewe in sy ma se buidel deur?
Hoeveel melk kan 'n olifantkalfie in een dag drink?
Hoe leer 'n baba-sjimpansee om al die dinge te doen wat sy ma en pa kan doen?
Hoe oorleef ysbeerwelpies in die ysige Arktiese koue?
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van babadiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van babadiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontdek van die oulikste babadiere in die wêreld, en vind uit hoe hulle aangepas is om in die natuur te oorleef.
Publikasiedatum: 2017-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799366327

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 150
Ligte, kamera, aksie!
Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in 'n fliek losslaan.
Dit is immers nie sommer enige rol nie - hy speel die hoofrol!
Hy is Aksieheld Austin, 'n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!
Iets is egter nie pluis op die filmstel nie.
Dit lyk asof 'n regte skurk die rolprent probeer saboteer.
Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos 'n REGTE aksieheld moet wees ...
Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in 'n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Publikasiedatum: 2017-01-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799379198

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 95
Hoeveel kos kan 'n olifant in een dag verorber?
Hoe jag leeus hul prooi?
Waar kry die witrenoster sy naam vandaan?
Hoe lyk die luiperd se familie van regoor die wêreld?
Hoe lank kan 'n buffel se horings word?
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van die Groot Vyf te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Maak van naderby kennis met die indrukwekkendste diere in Afrika - en ontmoet die Klein Vyf, wat net so indrukwekkend en interessant is!
Hoezit! was voorheen 'n bekende naam op tydskrifrakke. Die tydskrifformaat van Hoezit! het plek gemaak vir 'n opwindende boekformaat met interessante temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake of sal sorg vir ure se vermaak by die huis. Besoek ook gerus Hoezit! se interaktiewe webtuiste.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624081210

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 189
Gegrond op Jou Romeo, die tienerrolprentsensasie van die jaar. Yvette droom al van graad agt af om Shakespeare se Romeo en Juliet in haar matriekjaar op die planke te bring. Maar die hoof het ander planne - die skool se kuns- en kultuurbegroting word gesny en al die geld word vir die T20-kriekettoernooi aangewend. In 'n poging om te verseker dat die produksie steeds plaasvind, vra Yvette die gewildste ou in die skool, die krieketheld Marko Marais, om die rol van Romeo te vertolk.
Publikasiedatum: 2016-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799379150

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 95
Hoeveel melk kan 'n koei per dag gee? Watter land het die meeste skape ter wêreld? Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van roofdiere te verken!
Hoezit! het die afgelope paar jaar 'n bekende naam op tydskrifrakke geword. Dié lekkerleestydskrif vir kinders is 'n nuttige vriend in die klaskamer - en boonop vet pret. Die tydskrifformaat van Hoezit! het plek gemaak vir 'n interaktiewe webtuiste propvol inligting en vermaak. En die goeie nuus is dat LAPA Uitgewers nou Hoezit! in boekvorm uitgee - met splinternuwe temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake en sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.
Publikasiedatum: 2016-10-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799377262

Kinders: Uitverkoping

Illustreerder: Elsbeth Eksteen
Kinders  -  Uitverkoping
R 160
R 79Jy spaar R 81
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe Tannie Tula-Belle haar vra om 'n rok vir die operakonsert te ontwerp. Maar dit lyk of tannie Tula-Belle haar moeilikste kliënt gaan wees...
En kort voor lank moet Lulu help om die operakonsert te red ...
'n Heerlike boek vir jong lesers wat op soek is na humor en 'n lekker spannende storie - met Elsbeth Eksteen se fantastiese volkleurillustrasies wat bydra tot die pret!
Publikasiedatum: 2016-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799379044

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 160
Kyle is moeg daarvoor dat die skoolboelie op hom pik. Toe Kyle 'n nuwe selfoon kry, laai hy app af wat belowe om jou onsigbaar te maak! Dan verander Kyle in 'n superheld: Kaptein Verdwyn! En dis tyd om die boelie 'n les te leer...
'n Aksiebelaaide storie met 'n positiewe boodskap wat kinders kan bemagtig om hul man te staan teen boelies. Agterin die boek verskyn nuttige raad oor hoe om boelies te identifiseer en wat om te doen as iemand jou boelie.
Publikasiedatum: 2016-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799378986

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 95
Hoeveel tande het 'n witdoodshaai?
Wie spog met die kragtigste kake in die diereryk?
Watter valk kan so vinnig soos 'n Formule 1-renmotor op sy prooi afpyl?
Watter vreesaanjaende roofdiere het in die oertyd geleef?
Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van roofdiere te verken! Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van roofdiere kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontmoet 'n paar vreeslose jagters in die insekwêreld, kyk hoe 'n verkleurmannetjie sy prooi bekruip, en vind uit hoe dinge in 'n leeutrop werk.
Publikasiedatum: 2016-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799372885

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
'n Wilde partytjie.
'n Gesteelde kar.
'n Jaagtog wat in chaos eindig.
'n Sak vol geld.
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
En kan hy regtig sy vriende vertrou?
In hierdie aweregse, doller-as-kop-af spanningsverhaal loop dinge in regte Tarantino-styl skeef en die leser moet behoorlik aan sy sitplek vasklou om by te bly met al die naelbyt-aksie. Hierdie uitdagende, vermaaklike jeugverhaal is Fanie Viljoen op sy heel beste!
Afkop is in 2015 aangewys as naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Fanie Viljoen, een van die opwindendste stemme in die Afrikaanse jeugliteratuur, was in 2010 ook 'n naaswenner in hierdie kompetisie met sy jeugroman Betower.
Publikasiedatum: 2016-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799377255

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 150
Ampie weet sommer hy gaan sy plek in die rugbyspan verloor toe Max sy opwagting in hul skool maak. Max is groot en sterk, hy leef vir rugby en hy is 'n boelie. Maar Max het 'n nare geheim.
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799378979

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 95
Watter troeteldiere is soos konings in antieke Egipte behandel? Hoe groot is die wêreld se grootste kat? Wat beteken jou hond se liggaamstaal? Hoe kies jy die perfekte troeteldier? Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van troeteldiere te verken!
Publikasiedatum: 2016-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799373998

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 90
Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies en kopkrappers waarmee jy die wonderwêreld van dinosourusse kan verken, is hierdie boek gewaarborg om jong feitevrate se tone te laat omkrul van lekkerkry! Ontmoet 'n paar prehistoriese watermonsters, vind uit wat op die dino's se spyskaart was, en ontmoet van die kleinste en grootste dinosourusse wat miljoene jare gelede op die Aarde geleef het.
Hoezit! het die afgelope paar jaar 'n bekende naam op tydskrifrakke geword. Dié lekkerleestydskrif vir kinders is 'n nuttige vriend in die klaskamer - en boonop vet pret. Die tydskrifformaat van Hoezit! het onlangs plek gemaak vir 'n interaktiewe webtuiste propvol inligting en vermaak. En die goeie nuus is dat LAPA Uitgewers nou Hoezit! in boekvorm uitgee - met splinternuwe temas en aktiwiteite wat perfek is vir skooltake en sal sorg vir ure se prettige vermaak by die huis.
Publikasiedatum: 2015-12-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799375398

Leermiddels: Graad 10

Leermiddels  -  Graad 10
R 140
'n Betowerende drama uit die pen van Fanie Viljoen.
* Nasionaal voorgeskryf vir Afrikaans EAT Graad 10 (Drama)
* Bevat agtergrondinligting oor die skrywer
* Pre- en postlees-aktiwiteite en -vrae
* Volledig uitgewerkte antwoorde
* 'n Volledige woordelys
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780624046691

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 195
Die verhaal speel af by 'n elite privaat seunskool waar Greg Owen hoofseun is en Ekhardt, 'n buitestander, in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm 'n band tussen die twee seuns. Ekhardt erken dat hy 'n voortreflike rekenaar hacker is en lei Greg in die geheime van die onderwereld in wat hom, onwillekeurig, in 'n gevaarlike avontuur intrek.
Publikasiedatum: 2015-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799373950

Kinders: Nie-fiksie

Kinders  -  Nie-fiksie
R 95
Hoe kry party voëls dit reg om duisende kilometer te vlieg sonder om te verdwaal? Watter voël se oë is groter as sy brein? Hoe groot is die wêreld se kleinste voëlsoort? Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers te boei vir ure.
Publikasiedatum: 2015-10-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.