●●● GRATIS KOERIER AFLEWERING OP BESTELLINGS BO R450 ●●●

Soek resultate: Fanie Viljoen

Results 91 to 105 of 105
Gesorteer volgens:  Publikasiedatum
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362527

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Perde, en mense, se harte sit in hulle oë. As jy 'n hartmaat in 'n perd of 'n mens soek, soek eerste na sy siel in sy oë ...

Kom klim in die saal en maak jou gereed vir 'n wilde, avontuurbelaaide storierit!

Hierdie versameling van dertien perdestories deur van ons bekendste tienerboekskrywers sal enige jong perdeliefhebber se hart vinniger laat galop! Die samesteller, Fanie Viljoen, het daarin geslaag om 'n handvol verhale bymekaar te maak wat verrassend uiteenlopend is, maar almal een ding gemeen het - 'n liefde en bewondering vir perde. Van Elizabeth Wasserman se verhaal oor 'n perd van 'n ander kleur wat sy opwagting in 'n rykmansbuurt maak, tot Nelia Engelbrecht se perde-spookstorie en Jaco Jacobs se aangrypende verhaal oor hoe 'n perd jou kan leer om weer te vertrou ...
Publikasiedatum: 2013-11-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799359848

Leermiddels: Graad 9

Leermiddels  -  Graad 9
R 150
Goedgekeurde CAPS-skooluitgawe van die gewilde boek 'Spring'. Die skooluitgawe bevat volledig uitgewerkte vrae en hope prettige pre- en postlees-aktiwiteite soos blokkiesraaisels, woordspeletjies en skryfopdragte. (LW: Die inhoud verskil van die standaarduitgawe.)
Publikasiedatum: 2013-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799360004

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red?

Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam - die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799362107

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 180
Ontmoet die Rotman met sy verslete jas en sy oog wat lyk soos 'n ou wond wat lankal gesond geword het ...Kom ry saam op 'n baie spesiale mallemeule, waar die kinders se gille van plesier snags omsit in angsgille.
Publikasiedatum: 2013-07-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799361124

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.
Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ...

Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Kan hulle werklik die vrede vertrou?

Die reeks

1. Nova: Die Begin
2. Nova: Vuurdoop
3. Nova: Bloedbroers
Publikasiedatum: 2013-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798159586

Leermiddels: Graad 7

Leermiddels  -  Graad 7
R 175
Buyi voel soos 'n vreemdeling in London die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, in 'n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. 'n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi.
Hoe gaan die avontuurlike Andre en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook die van hy hart, verwerk?
Publikasiedatum: 2013-02-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780798157001

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 196
Buyi voel soos 'n vreemdeling in London - die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Maar toe hy vir die soveelste keer moeilikheid by die skool optel, besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, in 'n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie, veral omdat hy en sy bombastiese pa van dag een af nie oor die weg kom nie en die plek vol vreemde bedreigings is. Hy kom gou agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese diere nie, maar ook gevaar. 'n Mensvreter-leeu sluip in die wildreservaat rond op soek na sy volgende prooi.
Hoe gaan die avontuurlike Andre en saggeaarde Simoshile hom uiteindelik help om die letsels wat die leeu agterlaat, maar ook die in sy hart, verwerk?
Publikasiedatum: 2012-09-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799355109

Kinders: Ouderdomsgroep 10 - 12

Kinders  -  Ouderdomsgroep 10 - 12
R 195
Het jy senuwees van staal?
Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie?
Dan is hierdie net die boek vir jou!
Publikasiedatum: 2012-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799354904

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 170
Terwyl Lucas en sy vriende probeer om Ayanda se dood te verwerk, word hulle gekonfronteer met vreemde gebeure: 'n misterieuse bol lig, so groot soos 'n rugbybal, hang in die donker buite Brandon-hulle se huis; 'n massiewe swart trok ry Nova se strate binne en verdwyn in die Hok. Die skool word ook skielik ontruim wanneer 'n vuur uitbreek en dele van die skool ontplof. Al die leerders en onderwysers soek skuiling in 'n ondergrondse bunker. Om sake te vererger vertel Lucas se ma vir hom 'n geheim ... Dit keer sy hele wêreld om en hy kan nie help as om anders na homself en sy vriende te kyk nie.
Publikasiedatum: 2012-05-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799354881

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 185
Nadia het 'n geheim. En dié geheim is die rede waarom sy by haar ouma in Magoebaskloof moet gaan bly.
In Magoebaskloof ontmoet sy vir Poenk. Bos-Poenk. Geheimsinnige Poenk. Poenk wat haar leer hoe padda-eiertjies ruik. Poenk wat haar wys dat daar kleure soos ritselgroen, bangmaakgroen, fluistergroen, kieliegroen en flikkergroen bestaan. Poenk wie se naam sy oor en oor in haar huiswerkboek skryf. Wat vir haar gedigte lees en vir haar sprokies vertel. Poenk wat self 'n geheim in hom ronddra
Publikasiedatum: 2012-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799349849

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Karen Lilje
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 125
Klou die luiperd is sommer baie in sy skik. Die mantel wat hy gekry het, lyk nes 'n regte superheld s'n. En wat doen superhelde? Hulle werk is tog om ander te help! Daarom bind Klou die mantel om sy skouers en gaan soek iemand wat hulp nodig het. Ienie, Mienie, Maainie en Mou is vier meerkatte wat vir 'n arend vlug. 'Ek moet die meerkatte gaan red!' sê Klou hard vir homself. 'Ek is Super-Klou!' Maar sal Klou die meerkatte kan red ... of sal hulle hóm op die ou end moet help?
'n Prettige, humoristiese dierestorie, perfek vir beginnerlesers.
Publikasiedatum: 2011-06-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot
9780799349740

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
In Nova: Die Begin is Lucas en sy vriende op skrikwekkende wyse na 'n VVV weggevoer. Hulle het ontsnap en nou keer alles weer terug na normaal. Of só dink Lucas ... Hulle mediese toetse wys dat alles piekfyn is, maar dan waag Lucas dit om vir sy pa te vertel wat in die VVV met hulle gebeur het: 'Die aliens het ons vasgemaak op tafels, Pa.
Publikasiedatum: 2011-04-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799349801

Kinders: Tieners

Kinders  -  Tieners
R 200
Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand sien? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het?
Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van 'n wilde avontuurrit vol tergende - en gevaarlike - raaisels.
Publikasiedatum: 2010-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799345025

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Koning Kwaak, die paddakoning, kom Paddavlei toe! En hy bring boonop die Beker van Geluk saam. Enigiemand wat daaruit drink, sal sewe jaar lank dolgelukkig wees. Slym en die paddas in juffrou Plat Anna se klas kan nie wag om te sien wie gekies gaan word om uit die beker te drink nie. Maar dan gebeur 'n vreeslike ding ... Derde titel in die reeks.
Publikasiedatum: 2009-08-01
Klik om te vergroot
Klik om te vergroot

VERSKAFFER UIT VOORRAAD UIT

9780799345513

Kinders: Ouderdomsgroep 6 - 9

Illustreerder: Fanie Viljoen
Kinders  -  Ouderdomsgroep 6 - 9
R 145
Daar gebeur nooit iets opwindends met wurms nie. Hulle kruip maar meestal op die grond rond op soek na iets om te eet.
Publikasiedatum: 2006-04-01

© All Rights Reserved 2018
A Product of CEIT Development
Koop Afrikaanse en Engelse boeke aanlyn en spaar tot 20% op Nuwe Vrystellings, Topverkopers en Engelse algemene publikasies. Graffiti vir nuwe boeke, topverkopers, opvoedkundige boeke, Christelike boeke en winskopies. Kry ook jou Moleskine Joernaal hier teen 20% afslag.Buy Afrikaans and English books online and save up to 20% on Afrikaans New Releases and Bestsellers, as well as on English general publications. Graffiti for new releases, bestsellers, Christian books, educational books and bargains. Stockist of Moleskine Journals.